SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

Vergelijkbare documenten
SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesaja sien die Toekoms

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

n Tempel Leier besoek Jesus

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Welkom by Die Storie God se storie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

TEKS: 1 Tessalonisense 4:18 HK 22. Jesus se wederkoms bring troos

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

Paulus kritiseer sy tyd se manier

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Dit is juis wat Paulus ook leer vir die gemeente in Kolosse. God hou mense vuil en onverdienstelik soos hulle is vas in sy arms.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Transcriptie:

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1

Die einde van n jaar laat allerhande gevoelens by mense opkom: - Party ouer mense beleef iets van n angstigheid: Kyk hoe vlieg ons lewens verby! - Party jonger mense beleef iets van teleurstelling: Is dit wat die lewe is? n Klompie jare soos die een wat verby is, en dis dit? - Baie mense voel onseker en selfs bang. Daar s dinge wat die afgelope jaar skeefgeloop het in hulle eie lewe, in die land, in die wñreld; en wat gaan nou in die nuwe jaar gebeur? Die oujaar laat n mens n bietjie weerloos voel, nie waar nie? Daarom is dit goed om hierdie wonderlike, gerusstellende sin uit die Here se mond te hoor, dat Hy die Alfa en die Omega is, dat Hy alles altyd omvat Kom ons gaan vanoggend hierdie uitspraak na: - eers die algemene trant daarvan; - dan die spesifieke betekenis daarvan; en dan pas ons dit toe op die oujaar-situasie en -gevoelens wat ons beleef. 1. DIE ALGEMENE TRANT VAN HIERDIE UITSPRAAK Met hierdie uitspraak sñ die Here iets van Sy grootheid / hoogheid. n Mens kan dit sommer al aflei uit die feit dat hierdie uitspraak in die boek Openbaring voorkom. Hierdie openbaring is vir die kerk / gelowiges gegee in n tyd toe hulle troos en aanmoediging baie nodig gehad het. Daar was baie druk op hulle en van verskillende kante af vyandskap: van die kant van die Jode en van die kant van die Romeinse keisers en owerhede. Daar was selfs by tye doelbewuste vendettas teen die Christene gevoer. Die apostel Johannes, een van die groot voorgangers van die vroeü Christelike tyd, was bv. op hierdie stadium self n banneling op die eiland Patmos omdat hy die evangelie gepreek het. 2

Maar nou kry die kerk deur hierdie openbaring die troosvolle boodskap dat agter al die gebeure in die wñreld en bo al die magte in die wñreld waarteen hulle as mense magteloos staan, is daar die Here wat besig is om Sy plan met alles uit te voer. En Hy gáán wen, en niemand kan dit keer nie! En almal wat aan Hom behoort, gaan saam met Hom deel in Sy oorwinning. En in hierdie boek, waarin die Here se onaantasbare grootheid en Sy onoorwinlike mag oral beklemtoon word, is die eerste woorde van selfbekendstelling van die Here hàârdie woorde: Ek is die Alfa en die Omega. Sommer net die feit dat hierdie sin in hàârdie boek staan, wys al vir ons dat dit n uitdrukking is wat op een of ander manier die grootheid en die hoogheid van die Here sñ. Dit word bevestig deur die Ou Testamentiese agtergrond van hierdie woorde. As jy die sinne hoor wat die Here later bysñ, bv. in Op 22:13, dan lui daar dadelik n Ou Testamentiese klokkie in jou kop. In Op 22:13 lees ons dat die Here sñ: Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Dis taal wat die Here al in die tyd van die profeet Jesaja laat hoor het, veral in die tweede deel van Jesaja se profesie (van hfst. 40 af), wat gaan oor hoe die Here Sy volk uit die kloue van die magtige BailoniÜrs gaan red en gaan terugbring na hulle eie land toe. Op verskeie plekke lees ons daar hoe die Here sñ dat Hy die Eerste en die Laaste is, en elke keer in n gedeelte wat gaan oor Sy abolute mag oor alles en almal: Sy mag oor Kores, die heerser van die Perse en Meders wat die BabiloniÜrs gaan oorwin het en oor al die nasies en oor al die gode van die heidene en oor die hele skepping en oor alles wat in die wñreld gebeur. 1 Luister net na een van hierdie uitsprake in Jes.: So sç die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten my is daar geen God nie. 2 1 Jes 41:4; 43:10; 44:6; 48:12 2 Jes 44:6 3

As die Here sñ dat Hy die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die begin en die Einde is, dan hoor jy al van die OT-tyd af die grootheid en die hoogheid van die Here wat daarmee gesñ word. Voor n mens nog na die detailbetekenis van hierdie woorde gaan kyk het, weet jy al dat dit van die Here se mag en majesteit praat 2. DIE SPESIFIEKE BETEKENIS DAARVAN Met hierdie uitdrukking dat Hy die Alfa en die Omega is maak die Here ten minste drie dinge aan ons bekend. In die eerste plek sñ Hy daarmee dat Hy altyd daar was en altyd daar sal wees. Alfa is die eerste letter van die Griekse alfabet soos ons a, en omega is die laaste letter van die Griekse alfabet soos ons z. As die Here dan die Alfa is, die Eerste, dan beteken dit dat Hy daar was voor enige iets en iemand anders. Daar was tot in die verste van ver verlede nooit n tyd wat iets of iemand bestaan het wat die Here nie daar was nie. En as Hy die Omega is, die Laaste, dan beteken dit dat Hy tot in die ewigheid van die ewighede daar gaan wees en dat niemand Hom ooit sal kan oorleef nie. Daar sal nooit n tyd kom wat iets of iemand sal bestaan wat Hy nie daar sal wees nie. Die Here was altyd en sal altyd wees In die tweede plek sñ hierdie uitdrukking (dat Hy die Alfa en die Omega is) ook dat Hy alles wat gebeur stuur. Die Here self verduidelik hierdie uitdrukking verder met die woorde: Hy is die Begin die Einde. En hierdie twee woorde, begin en einde, beteken in Grieks ook: oorsprong en doel. En omdat dit n gedagte is wat dwarsdeur die Bybel op verskillende plekke en maniere geleer word, kan en moet ons in hierdie die laaste boek van die Bybel ook hierdie betekenis in hierdie woorde hoor: - die Here is ook die Oorsprong en die Doel van alles. 4

Alles wat bestaan, is deur die Here uitgedink en beplan en gemaak. sonder Hom (so het die Heilige Gees Johannes in sy evangelie laat skryf) het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 3 Maar God het niks sommer net doelloos gemaak, soos iemand wat sommer net met klei sit en speel nie: - Hy het alles met n baie spesifieke doel gemaak: om Sy deugde te wys (= om te wys wat Hy kan doen) en om Hom so te verheerlik. - Hy self às die doel van alles wat Hy geskep het. En aan die einde van hierdie aardse bedeling, as die sonde weggevat is deur die verlossingswerk wat Jesus veral aan die kruis gedoen het en as alles wat stukkend is, veral deur die vernuwende werk van die Heilige Gees heelgemaak is vir die volmaakte bedeling, dan sal elke mens wat opreg in Jesus geglo het, duidelik sien hoe alles wat God gemaak het Sy deugde tentoonstel en hoe alles en almal note is in die ewige lofsang van die skepping tot eer van God. Dat God die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Oorsprong en die Doel is, sñ dat Hy die wñreld, vandat Hy dit gemaak het, stuur na die punt toe waar Hy verheerlik sal word soos dit hoort In die derde plek verwys hierdie uitdrukking ook na Sy almag. Soos wat geen letter van die alfabet, waarmee alles wat gebeur beskryf kan word, buite die grens is wat a en z daarvoor stel nie, so is niks wat in hierdie lewe gebeur buite die grense / mag / beheer van die groot Alfa en Omega nie. Die hele Openbaring-boek beskryf dit so duidelik: alle mense hoe groot en sterk en belangrik ook al en alle geeste die goeie engele en die bose geeste, die duiwel inkluis, en alles wat in die natuur gebeur en alles wat in die kosmos gebeur, word deur God beheer. Selfs die vreemde / slegte / verkeerde dinge wat gebeur, is nie buite God se beheer nie. Soos die kruisiging van Jesus, die enigste werklike Regverdige wat hierdie wñreld nog geken het, deel van God se verlossingsplan was, 3 Jh 1:3 5

so is al die vreemde / slegte / verkeerde dinge wat vandag gebeur, ook deel van God se finalisering van Sy verlossingswerk. Dat Hy die Alfa en die Omega is, sñ ook dat die Here met Sy almag alles omvat en beheer Hy s die Alfa en die Omega beteken: - Hy is altyd daar. - Hy het alles met homself as Doel gemaak. - Niks in hierdie heelal is buite Sy beheer nie. TOEPASSING Watter gerusstellende woorde is hierdie nie ook vir mense wat iets van die angstigheid en die teleurgesteldheid en die weerloosheid en die onsekerheid beleef wat ons baie kere hier by die oujaar bekruip. Ons Here is die Alfa en die Omega. Hy s altyd daar. Ons gaan nooit in n wñreld lewe waarin die Here nie is nie: - om te probeer lewe asof Hy nie daar is nie, is eintlik belaglik; - om bang te wees dat Hy dalk op n tyd nie meer daar gaan wees nie, is totaal onnodig. Daar gaan nooit een dag aanbreek waarop die Here nie daar gaan wees nie en waarop Hy nie presies dieselfde God gaan wees wat ons nog altyd geken het nie en waarop ons Hom nie sal kan aanroep en op Sy liefde sal kan reken nie. Hy is ook van elke jaar waarin ons lewe op die eerste Januarie en op die een-endertigste Desember daar En Hy is die Oorsprong en die Doel ook van ons lewens. Die lewe is nie n doellose en koerslose geploeter van n klompie atome wat toevallig chemiese verbindings gevorm het en in n massiewe kosmiese lugsak rondbeweeg nie. 6

Die lewe bestaan nie uit n eindelose sirkel van jare waarin eintlik maar net dieselfde dinge altyd oor en oor gebeur nie. Jäã bestaan is nie n niks op pad na nñrens toe nie. Op ons elkeen is daar n merk wat sñ: Gemaak deur God. En ons elkeen is gemaak om een van die note te wees van daardie magtige simfonie wat uiteindelik in die volmaakte bedeling hierna vir ewig tot God se eer gespeel gaan word En die wñreld is nie buite beheer nie. Nie een letter van dit wat ook die afgelope jaar in ons lewens en in hierdie land en in die wñreld gebeur het, lñ buite die grense van die A en die Z van die heelal nie. Om die waarheid te sñ: alles wat gebeur het, is letters van die wonderlike wñreldboek waarvan God die eintlike Skrywer is Dis seker van die gerusstellendste sinne om te hoor, dat die Here sñ dat äns Here sñ: Ek is die Alfa en die Omega. Met hierdie sin in n mens se ore kan jy op die oujaarsaand rustig gaan slaap en op nuwejaarsoggend vol moed opstaan AMEN 7