Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!
|
|
- Suzanna Bosman
- 6 jaren geleden
- Aantal bezoeken:
Transcriptie
1 Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Inleiding Geliefde gemeente, ons het die boek Openbaring nodig net soos die eerste lesers dit nodig gehad het. Vir die eerste lesers was hierdie boek n groot troos en bemoediging, en vandag nog is hierdie boek n groot troos en bemoediging vir elke gelowige. Vers 3 sê dat elkeen wat die woorde van hierdie profesie lees, en dit hoor en ter harte neem geseënd sal wees! Openbaring is geskryf toe Christene op n wrede manier vervolg is. Dit was een van die ergste en wreedste vervolgings in die geskiedenis van die kerk. Keiser Domitianus het beveel dat almal hom as Here moet aanbid, maar die Christene het geweier en daarom is hulle wreed vervolg. Sommige Christene is lewendig aan die brand gesteek; ander se arms en bene is deur perde van hulle lywe afgeskeur; sommige is gekruisig en ander is vir die leeus gegooi. Die vraag is: Hoe het die Christene dit reggekry om staande te bly tydens so n wrede vervolging? Hoe het hulle getrou gebly en nie hulle geloof verloën nie? Dit is n historiese feit dat hoe meer die Christene vervolg is, hoe meer het die evangelie versprei en die kerk gegroei. Die bloed van die martelare was die saad van die kerk! Die mense het gesien dat Christene vervolging met moed, krag en blydskap hanteer. Dit het hulle laat besef dat die Christene iets baie spesiaal het en dit het hulle aangemoedig om self Christene te word. So, hoe het die Christene dit reggekry om vervolging met soveel moed te hanteer? Die antwoord is dat God hulle in staat gestel het om dit te kan doen. Deur die boek Openbaring het die Heilige Gees hulle versterk en bemoedig sodat hulle enige iets in die oë kon kyk. Dieselfde Heilige Gees gebruik vandag nog die boek Openbaring om Christene te versterk en te bemoedig. As die Heilige Gees Openbaring gebruik het sodat die eerste lesers hulle probleme in die oë kon kyk, dan kan die Heilige Gees mos hierdie boek ook in ons lewens gebruik sodat ons ons probleme in die oë kan kyk. 1. God is die Almagtige Openbaring word aan die begin en die einde van die boek as n profesie beskryf. Dit is nie n boek vir spekulasies, drome of fantasieë nie. Dit gee ook nie n kalender vir die wêreldgebeure nie. Openbaring gaan oor hoe God die hede, verlede en toekoms beheer en daarby betrokke is. En dit is n geweldige troos vir gelowiges wat swaarkry of vervolg word. God het die apostel Johannes gebruik om Openbaring te skryf. Hy was op die eiland Patmos. Keiser Domitianus het hom hierheen verban omdat hy die evangelie verkondig het. Dit was ongeveer in die jaar 95 n.c. en Johannes was toe al n ou man van ongeveer 85 jaar. Waarskynlik was hy die enigste apostel wat toe nog geleef het. Maar al is Johannes al oud die Here gebruik hom, en Hy gebruik hom om hierdie wonderlike troosboek te skryf. Openbaring begin met n seëngroet vir elke gelowige. Vanoggend het die Here ook ons as gemeente met hierdie seëngroet gegroet:
2 Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Hierdie is n seëngroet van die Drie-Enige God. Die beskrywing van God as Hom wat is en wat was en wat kom herinner ons aan God se naam Ek is. Toe God aan Moses verskyn het het Hy vir hom gesê Ek is wat ek is. Hierdie naam leer ons dat God ewig, onveranderlik en aktief is. Die sewe Geeste voor sy troon wys op Heilige Gees en sy volmaakte werk. En dan word ons nie net deur die Vader en die Heilige Gees gegroet, maar ook deur Jesus Christus. Hy word op drie maniere beskryf: 1. Hy is die geloofwaardige getuie; 2. Hy is die eerste wat uit die dood opgestaan het; 3. Hy is die heerser oor die konings van die aarde. Dit is wonderlik dat die Drie-Enige God ons so groet! Op die dag van die Here, met ander woorde die Sondag, verskyn Jesus aan Johannes en beveel hom om dit wat hy sien op te skryf en te stuur aan sewe gemeentes in klein Asië. Die getal sewe in die Bybel beteken volledigheid of volkomenheid. Die sewe gemeentes simboliseer die Here se kerk van alle tye en plekke. Openbaring is dus ook vir ons vandag geskryf! Nadat Johannes die opdrag gekry het om dit wat hy sien op te skryf, draai Hy om en Hy sien Iemand soos die Seun van die mens. Dit is belangrik dat ons verstaan dat Johannes Iemand soos die Seun van die mens sien, en dat Hy nie vir Jesus self sien nie. Want niemand kan God sien en bly leef nie (vgl. Eks. 33:20). Johannes sien n beskrywing van Jesus se almag en majesteit. In vers 13 lees ons dat Hy n lang kleed aangehad het en n goue band om sy bors gedra het. Hierdie beskrywing wys daarop dat Jesus die volmaakte Hoëpriester is wat sy werk voltooi het. Hy het klaar die volmaakte offer gebring en daarom is die band nie meer om sy heupe nie, maar om sy bors. In vers 14 lees ons dat sy hare soos wit soos wol was en dit wys op sy heiligheid en heerlikheid. Vers 14 sê verder dat sy oë soos vuur gevlam het en dit simboliseer sy insig en alwetendheid. Niks is vir Jesus onbekend nie. In vers 15 lees ons dat sy voete soos geelkoper was wat in n smeltoond gloei. Dit wys op Jesus se standvastigheid en onveranderlikheid. Hy is dieselfde gister, vandag, more en tot in alle ewigheid. Vers 15 sê verder dat sy stem soos die gedruis van n groot watermassa was. Dit simboliseer die gesag waarmee Jesus optree en praat. In vers 16 lees ons dat n skerp swaard met twee snykante uit sy mond uitgekom het. God se Woord sny tot in die diepste deel van jou lewe, en maak skeiding tussen gelowiges en ongelowiges. Vers 16 sê verder dat sy voorkoms soos die son was wat op sy helderste skyn. Dit wys op die heerlikheid wat vanaf Jesus uitstraal. Die hele beskrywing van Jesus wys op sy almag en dat Hy die oorwinnaar is. Hierdie Jesus is tussen die sewe goue lampe wat die sewe gemeentes is. Die betekenis hiervan is dat Hy tussen sy gemeentes is. Hy is in sy kerk teenwoordig; Hy weet wat in sy kerk aangaan en Hy regeer en beskerm sy kerk. Verder hou Jesus die sewe sterre in sy regterhand wat die leraars of boodskappers van die
3 sewe gemeentes is. Die betekenis hiervan is dat Hy die leraars van sy kerk vashou en beskerm sodat hulle sy boodskap kan verkondig. Hierdie beskrywing van Jesus is n geweldige vir gelowiges wat swaarkry en vervolg word. Dit verseker ons dat God almagtig is en dat Hy sy kerk versorg en regeer. Dit verseker ons dat God die Alfa en Omega is van alles wat bestaan. 2. God is die Alfa Alfa is die eerste letter van die Griekse alfabet. Dat God die Alfa genoem word beteken dat Hy die begin van alle dinge is. Jesus was daar toe die Vader alles gemaak is, en saam met die Vader het Hy alles gemaak. Luister wat sê Kol. 1:16: God het deur Hom (Jesus HZ) alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. En nadat Hy ons van die sonde verlos het, het Jesus die Heilige Gees aan gelowiges gegee om hulle te herskep. Deur die Heilige Gees is Hy besig om ons nou al nuut te maak en hierdie proses gaan voltooi word met die nuwe hemel en aarde. Dat God die Alfa is, is dus n groot troos en verantwoordelikheid. Dit is n groot troos want ons weet dat ons lewe by God begin het. Hy het ons gemaak en is in beheer van ons lewe. Hy het n plan met ons lewe en niks gebeur sonder sy wil nie. Ons is nie n ongeluk of n ontploffing van molekules nie. Ons is ook nie soos n klok wat op sy eie loop tot dit eendag gaan staan nie. Nee, God het ons gemaak en Hy onderhou en regeer ons lewe. Dat God die Alfa is, gee ons ook n verantwoordelikheid. Ons moet verder as onsself en ons eie planne kyk. Ons moet raaksien dat God ons gemaak het dat Hy in beheer is. Alles begin by sy plan en nie die planne wat ons probeer maak nie. Wanneer ons planne nie deel is van God se planne nie gaan dit misluk. En daarom moet God se plan met die wêreld leer ken sodat ons daarvan deel kan wees. En wanneer ons probleme het dan moet ons nie na onsself kan vir oplossings nie, maar na God. Vra Hom vir hulp, soek sy wil! Begin alles wat jy doen by God en dan sal jou lewe betekenis hê! (soek alleereers die koninkryk van God en dan sal Hy jou paaie gelyk maak) God moet die beginpunt die Alfa-punt in jou lewe wees. 3. God is die Omega God is nie net die Alfa nie, maar Hy is ook die Omega. Omega is die laaste letter van die Griekse alfabet. Dat God die Omega genoem word beteken dat God die eindpunt van alle dinge is. Alles is nie net deur God gemaak nie, maar alles is ook vir Hom gemaak. Alles in die skepping se einddoel is om God te eer en te verheerlik. Alles is vir Hom vir sy koninkryk, sy eer en sy heerlikheid. Hierdie waarheid het n belangrike toepassing vir ons lewe, geliefde gemeente. Dit beteken dat God die omega punt die eindpunt van ons hele lewe moet wees. Ons lewe vir sy doel en sy eer.
4 Geliefde broer en suster en kind. Wat is die einddoel van jou lewe? Wat is jou omega-punt? Waarvoor leef jy en wat gee betekenis aan jou lewe? Daar is twee maniere waarop n mens na God kan kyk: 1. Die eerste manier is om God te sien as die middel. 2. Die tweede manier is om God te sien as die doel. Baie mense sien God as die middel en hulleself as die doel. Hulle dien God sodat hulle kan kry wat hulle wil hê. Vir hulle is God belangrik want Hy moet hulle seën en hulle help om hulle eie doelwitte te bereik. En wanneer dinge nie uitwerk soos hulle dit wil hê nie, dan gooi hulle hulle hande en die lug en sê: Wat help dit om n Christen te wees? Ek kry niks daaruit nie! Geliefde gemeente, die Bybel leer ons dat dit nie so werk nie. God is nie daar vir ons doel nie. Ons is daar vir sy doel. Ons is die middel en Hy is die doel! Ons kan net een omega punt hê en dit is God self. God sê vir ons vanoggend: Moenie my dien om iets daaruit te kry nie, maar dien my om My te kry. Dien my om my koninkryk te laat kom en om my te eer en te verheerlik! Wat is jou omega punte daardie dinge wat betekenis aan jou lewe gee. Miskien is dit die goeie punte wat jy kry, of jou vriende, of jou werk. Dalk is dit jou huis of jou motor. Ons kan net een omega punt hê en dit is God self. Hy is die doel en alles wat ons is en het is die middel. Beteken dit dat ons nie ideale en drome mag hê nie? Nee, dit is nie wat dit beteken nie. Ons mag ideale en drome hê vir onsself en ons kinders. Maar in ons ideale en drome moet ons die begeerte hê om God daarmee te dien en Hom te eer. God belowe ons dat Hy ons alles sal gee wat ons nodig het om te kan leef en werk tot sy eer. Ons behoeftes is nie vir God onbelangrik nie. Dit is vir hom baie belangrik en daarom leer Jesus ons dat ons dit elke dag daarvoor moet bid. Maar wanneer God in ons behoeftes voorsien dan moet ons onthou dat God dit aan ons gee sodat ons Hom daarmee moet dien. In Matt. 6:33 sê Jesus: beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Die verhaal word vertel van n man wie die koningin van Engeland op n ontdekkingsreis wou stuur. Die man sê toe vir haar: Ek het n klein besigheid en dit gaan relatief goed met my besigheid. Maar as ek nou weggaan, gaan my besigheid ten gronde gaan. Die koningin van Engeland kyk toe na hom en sê: As jy my belange behartig, sal ek na jou besigheid kyk! Onmiddelik was daardie man se bekommernis oor sy besigheid weg. Want sien, hier is die koningin van Engeland met mag en rykdom, en sy sal na sy besigheid kyk. Wat n gerusstelling! Hy kan met vrymoedigheid op die ontdekkingsreis gehad. En dit is presies wat ons God ons leer. Wanneer Hy die doel in ons lewe is, wanneer ons sy belange behartig en doen wat Hy van ons vra, dan sal Hy na ons besigheid kyk! Is dit nie n wonderlike bevrydende waarheid nie?! Slot Geliefde gemeente, ons ervaar baie keer probleme. Ons kry finansiëel swaar, of ons sukkel met gesondheid, of ons word vervolg en gespot. En daarom is Openbaring n wonderlike troosboek vir elke gelowige. Openbaring leer ons om verby onsself te kyk en God raak te sien. Openbaring laat ons besef dat God die
5 almagtig is en dat Hy die Alfa en die Omega is. Ons kan rustig wees - Hy is in beheer van die verlede, hede en toekoms! AMEN
Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1)
Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Liturgie Votum Seën Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor
Nadere informatieWelkom by Die Storie God se storie
Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle
Nadere informatieMaar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.
1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou
Nadere informatieTema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken
Nadere informatieMaak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13
1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind
Nadere informatieJesaja sien die Toekoms
Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieIn die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.
1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se
Nadere informatieJOHANNES 19:26-27 NAGMAAL
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27
Nadere informatien Tempel Leier besoek Jesus
Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
Nadere informatieOPENBARING 5:5 HK Sondag 48
OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms
Nadere informatieBybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene
Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieBYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.
1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te
Nadere informatieGoeie Konings, Slegte Konings
Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieDie Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra
SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)
Nadere informatieNAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.
NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,
Nadere informatieBybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatieDie ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee
Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei
Nadere informatieNIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.
1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan
Nadere informatieBYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22
1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei
Nadere informatieHoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer
Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,
Nadere informatieNAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3
NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor
Nadere informatieJesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.
Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name
Nadere informatieDie ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.
SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)
Nadere informatieVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatieBybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding
Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9
Nadere informatieSoos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK
Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun
Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieSONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels
Nadere informatieKINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens
Nadere informatieGod is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30
Nadere informatieDie Kerk se Geboorte
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for
Nadere informatieDie Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?
Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God
Nadere informatieLes 2 vir 13 Oktober 2018
Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed
Nadere informatieTwyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...
Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...
Nadere informatie15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24
1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en
Nadere informatieVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible
Nadere informatieKINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees
Nadere informatieSTASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?
STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle
Nadere informatieSkriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3
1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,
Nadere informatieToe God alles gemaak het
Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:
Nadere informatieLes 1 vir 7 Oktober 2017
Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd
Nadere informatieAanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus
2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons
Nadere informatieTEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8
SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,
Nadere informatieSKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.
SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps
Nadere informatieKINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus
KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as
Nadere informatieJesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol
SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u
Nadere informatieGereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)
Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van
Nadere informatieDie Groot Gebod dennis de wet
Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Nadere informatieVRUGTE VAN DIE GEES VRAE:
VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:
Nadere informatieJona en die Groot Vis
Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieOns hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by
Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...
Nadere informatieHet jy al jou kruis opgeneem Die Besluit
Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging
Nadere informatiePetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org
Nadere informatieBaie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet
Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")
Nadere informatietoegewy aan God ross os s v an v nieker i k
toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug
Nadere informatieToe God alles gemaak het
Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:
Nadere informatieDIE VLEUELS VAN GEBED (9)
DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord
Nadere informatiePreek Romeine 1:16-17
1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm
Nadere informatieSKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2
SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense
Nadere informatieGod het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra
SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :
Nadere informatieGalasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)
Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes
Nadere informatie'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man
Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatieHeilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,
Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,
Nadere informatieGod se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg
SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,
Nadere informatiePreek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff
1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4
Nadere informatiePreek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011
Preek, Ds Freddie Schoeman Sondag 27 Februarie 2011 [Skyfie 1] Op ons almanak staan daar dat ons vandag spesiaal aandag gee aan n organisasie met die naam Bibles for Believers wat Bybels gratis vesprei
Nadere informatieJesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was
Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig
Nadere informatieGod red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.
SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis
Nadere informatieSLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN
Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR
Nadere informatieNaäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie
Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters
Nadere informatieBybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010
Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010 Fokusteks = Efes. 3: 5-6; Kol. 1: 26-29. Tema = Christene wat Skinder. Voorafsang. Afkondiginge. Wydingslied (Sittende) = 157: 1, 2. Seëngroet. Votum = Efes.
Nadere informatieQuo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.
Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA Geregistreer by die poskantoor as nuusblad NR. 242 (Geen datum) Die Bybel: God se wonderwerk * * * * * "Die Woord van die Here is
Nadere informatiePSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)
PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming
Nadere informatieGod eer Josef die slaaf
Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer
Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
Nadere informatieTema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3
Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 9 2: 1,6 Votum seëngroe tloflied Sb 1 1: 1, 2,7. Woorddiens Gebed
Nadere informatieGemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?
Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap
Nadere informatieWAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?
WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles
Nadere informatieHoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?
Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? Kobus Kok Yvonne vra: Ek wil net weet of dit moonlik is om te verduidelik hoe die Drie eenheid van God verstaan moet word of
Nadere informatiePREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman
PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal
Nadere informatie6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25
1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese
Nadere informatieBybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër
Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children
Nadere informatie4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings
Nadere informatieDis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.
1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in
Nadere informatieTEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun
SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders
Nadere informatie14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12
14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes
Nadere informatieMeer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture
Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,
Nadere informatieJesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society
"Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes
Nadere informatieDie Here laat ons maai wat ons gesaai het
SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)
Nadere informatieEk kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.
Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan
Nadere informatieSkriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)
Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u
Nadere informatiePreek 2 Korintiërs 5:7
1 Preek 2 Korintiërs 5:7 (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 8 Oktober 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 588:1,2,3
Nadere informatie1 Johannes 5: /03/2014
1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand
Nadere informatie1 JOHANNES 4:20 HK 34:93
1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde
Nadere informatieDie Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.
SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11
Nadere informatiePragtige Koningin Ester
Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible
Nadere informatieTema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.
Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van
Nadere informatieGod bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan
God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks
Nadere informatie10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31
10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse
Nadere informatie