ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Jesaja sien die Toekoms

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

n Tempel Leier besoek Jesus

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Welkom by Die Storie God se storie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Baie welkom by vanoggend se erediens

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

TEKS: Jeremia 42:5-6 en 43:2-3 HK 38. Die Here se volk moet hulle regtig deur Sy Woord laat lei

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Van Vervolger tot Prediker

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Toe God alles gemaak het

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Kerk se Geboorte

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

n Dubbele kruis-belydenis

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

Toe God alles gemaak het

'n Man gestuur deur God

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Pragtige Koningin Ester

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Transcriptie:

ESEGIËL 17:19 HK 37 Votum en seën Psalm 89 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 Psalm 24 : 2 Gebed Psalm 24 : 3 Skriflesing: Esegiel 17 (AV 1983) Belydenis: HK 37 Teks: Esegiël 17:19 (AV 1983) Preek: Eer die Here se Naam ook deur woord te hou Gebed Kollekte Psalm 145 : 1, 12 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Om n eed af te lê om formeel te sê: ek sweer voor die Here dat ek dit of dat gaan doen; of om by n verklaring jou hand op te steek en te sê: so help my God dis iets wat meeste van ons eintlik nooit meer in ons lewens doen nie. Maar as ons onthou dat die Here Jesus ons geleer het dat alles wat ons belowe en alles wat ons verklaar só waar moet wees asof ons dit met n eed gedoen het, 1 dan s dit mos duidelik dat alles wat die Here se Woord en die kerk se belydenis oor die eed sê, net so veel geld van alles wat ons belowe en verklaar. En as n valse eed n belofte wat jy onder eed gedoen het en dan nie hou nie, of n verklaring wat jy met n eed bevestig het en dan onwaar is die Here se Naam ontheilig, dan doen elke gewone belofte wat ons breek en elke gewone onwaarheid wat ons vertel, dit ook. Terwyl die Here volgens die derde gebod wil hê dat Sy kinders Sy Naam moet eer deur die waarheid te praat en deur hulle beloftes na te kom. En hoe ernstig Hy daaroor is, word duidelik in hierdie hoofstuk vir ons gewys. Kom ons ontleed hierdie hoofstuk deur eers te kyk na wat gebeur het, en dan na hoe die Here dit beoordeel, en dan sal ons verstaan dat n mens in n ware Christelike lewe die Here se Naam eer deur jou woord te hou. 1. WAT GEBEUR HET Die Here se profeet vertel dit wat gebeur het eers in die vorm van n gelykenis: o Daar was hierdie groot arend wat die boonste takkie van n sederboom op die Libanon-gebergtes afgebreek het en in n ver land gaan plant het. o Daarna het hy n ander soort steggie gevat en die steggie daar in sy eie land geplant met die gedagte dat hy daar moes groei maar laag met sy blare na hierdie arend se kant toe gedraai. o Maar toe gaan hierdie steggie, wat intussen gegroei het tot n wingerdstok met ranke en lote, en hy stuur sy ranke in die rigting van n ander arend wat op die toneel verskyn het. 1 Mat 5:33-37

3 o Met die gevolg dat die eerste arend nou gaan terugkom en hom uit die grond gaan pluk, sodat die dor oostewind hom heeltemal gaan laat verdroog. Ken u die gebeure waarna hierdie gelykenis verwys? o As gevolg van hulle aanhoudende ongehoorsaamheid aan Hom het die Here Sy volk op n stadium oorgegee in die mag van Nebukadnesar, die koning van Babel die groot arend. o En hierdie Nebukadnesar het koning Jojagin en die ander hooggeplaaste Israeliete toe weggevat na Babel toe die ver land. o En hy t Jojagin se oom, Sedekia, as koning aangestel oor die Israeliete wat daar in hulle eie land agtergebly het, met die gedagte dat hulle daar kon voortgaan met hulle bestaan as hulle maar net tevrede sou wees om onderdane van die Babiloniërs te wees. o En Sedekia het n eed in die Naam van die Here afgelê dat hy nie teen Babel in opstand sou kom nie. o Maar na net n paar jaar, kom hy toe tog in opstand teen die koning van Babel en gaan soek hy hulp by die Egiptenare die ander arend in die gelykenis. o Die uiteinde van dit alles was dat die Here Nebukadnesar toegelaat het om Juda en Jerusalem heeltemal te verwoes en amper al die oorblywende Israeliete as ballinge na Babel toe weg te voer. 2 Dis wat gebeur het. 2. HOE DIE HERE DIT BEOORDEEL Dis duidelik dat die Here dit wat Sedekia en die volk gedoen het ten sterkste afkeur en hulle daaroor bestraf. Maar het u opgelet watter een van die verskeie sondes wat begaan is, Hy hier bestraf, watter een Hom die meeste grief? o Hy bestraf Sedekia-hulle nie in die eerste plek omdat hulle onder die Babiloniese juk probeer uitkom het nie, 2 2 Kon 24-25; 2 Kron 36; Jer 52

4 alhoewel dit verkeerd was, want die Here het uitdruklik deur die profeet Jeremia vir Sy volk gesê dat hulle hulle aan die koning van Babel moet onderwerp, 3 omdat die Here hom gebruik om Sy volk te tugtig. o Hy bestraf hulle ook nie omdat hulle by die heidense farao gaan hulp soek het toe hulle in die nood was nie, alhoewel dit ook verkeerd was, want die Here het Sy volk uitdruklik verbied om heidene se hulp te gaan soek 4 en Hy t hulle beveel om Hóm aan te roep as hulle in die nood is. 5 o Maar Hy bestraf Sedekia, én die volk wat dit maar goedgekeur het, omdat hy (Sedekia) die eed van onderdanigheid aan Nebukadnesar wat hy gesweer het, verbreek het; - hy t nie sy woord gehou nie; - hy t sy onderneming, wat hy onder eed gegee het, verbreek; - hy t meineed geplaag. En vir die Here is dít n gruwelike sonde, selfs erger as die ander sondes wat ook in die proses begaan is. Want wat doen jy as jy n eed sweer? o Jy sê dat God met jou sal saamstem dat jy nou die waarheid praat. Jy sê met ander woorde daarmee dat jy oortuig is dat daar n God in die hemel is en dat Hy alles wat hier op aarde gesê word en gedink word, weet. En jy roep Hom nou (wanneer jy die eed aflê) aan as Getuie daarvan dat dit wat jy sê, die waarheid is, of dat jy die belofte wat jy nou maak, regtig bedoel. o Én jy sê (wanneer jy die eed aflê) dat Hy jou kan straf as jy nou lieg of as jy hierdie belofte van jou nie gaan nakom nie. Hy wat bestaan en wat alles wat gesê of gedoen of nie gedoen word nie, weet, sal met ander woorde ook weet as jy jou eed verbreek en Hy, wat die mag het om dit te doen, sal dan ook (as jy jou eed verbreek) die reg hê om jou daarvoor te straf. 3 Jer 27 4 Jes 30:1-2; 31:1; Jer 2:18 5 Ps 50:15

5 Wanneer jy n eed aflê, koppel jy dus as t ware die Here aan dit wat jy verklaar of aan dit wat jy belowe. Met die gevolg dat as dit wat jy verklaar, onwaar is, of as jy jou belofte wat jy maak, nie nakom nie, dan sleep jy die Here se Naam, wat jy aan jou verklaring of belofte gekoppel het, ook deur die modder! Hier in ons teksvers praat die Here van die eed wat Sedekia teenoor Nebukadnesar gesweer het en van die oorenkoms wat tussen dié twee mense aangegaan is, as: - die eed van getrouheid aan My; en - die verbond met My. Die Here is deur die eed van Sedekia aan hierdie gebeure gekoppel asof Hy een van die partye in hierdie saak is! n Mens kan nie help om te wonder wat iemand soos Sedekia gedink het toe hy sy eed verbreek het nie. Het hy gedink dat die Here nie regtig alles sien en weet nie, en dat hy dus met sy bedrog sal kan wegkom? Of het hy dalk gedink dat die Here hom nie regtig kan of sal straf as hy sy woord verbreek nie? Was dit vir hom sommer maar net leë woorde toe hy by die eedswering gesê het dat God hom kan straf as hy nie woord hou nie? Enige een van hierdie gedagtes is n belediging vir God! En daarom kan die Here hierdie sonde van Sedekia nie ongestraf laat bly nie soos wat die derde gebod dan ook sê van sondes wat God se Naam beledig. As God niks aan Sedekia sou doen nie, sou dit óf lyk of Hy nie regtig bestaan of weet wat aangaan nie, óf dit sou lyk asof Hy dit maar goedvind as Sy mense lieg! Hy móét optree om Sy Naam en eer te beskerm. Hy s dan die absolute Betroubare, die Een by Wie daar nie die geringste vlekkie van valsheid en leuenagtigheid is nie! En Hy s die God wat Sý beloftes hou,

6 selfs toe Sy belofte om die sondaars wat Hy vir Hom tot kinders wou aanneem te verlos, Hom Sy eie Seun gekos het, wat mens ook moes word en wat vir ons sondes moes kom boet het op die pad van die ergste denkbare lyding en dood sodat elkeen wat in Hom glo, van al hulle sondes verlos kan word en die ewige lewe kan kry selfs toe dít moes gebeur om Sy belofte van verlossing te hou, het Hy dit laat gebeur, omdat Hy altyd Sy Woord hou. En omdat Hy so is, kan en mag Hy dit nie duld as mense Sy Naam aan leuens koppel en dit so deur die modder sleep nie. En daarom hoor ons hier hierdie streng bestraffing van Sedekia se verbreking van sy woord selfs al is dit n beëdigde belofte wat teenoor n heidense, imperialistiese vyand van die Here se volk gemaak is en van die voltrekking van die straf daaroor. Vir die Here is verklarings en beloftes wat onder eed gedoen is, maar vals is, n gruwelike sonde ontering van Sy Naam, en daarom iets wat Hy (so hoor ons hier) nie ongestraf gaan los nie. TOEPASSING As ons dan verloste mense is - mense wat glo dat dit wat Jesus Christus gedoen het, vir ons ook tel, - mense in wie die Gees van Christus, die Heilige Gees die Gees van die waarheid (word Hy in die Bybel genoem 6 ) woon en werk, hoe kan jy dan leuens vertel in n verklaring en beloftes maak wat jy verbreek? En onthou nou dat ons nie eers n formele eed hoef af te lê om dit wat ons verklaar of belowe aan die Naam van die Here te koppel nie. As jy in Christus glo, staan jy bekend as n Christen jy dra as t ware die Naam van jou Here! En dan is alles wat jy sê en doen aan die Naam van die Here gekoppel! 6 Joh 15:26

7 As jy die waarheid praat en jou beloftes hou, dan doen jy dit as Christen en dan eer dit die Naam van jou Here. Maar as nie jou woord hou nie, dan is jy as Christen vals en dan sleep jy daarmee ook die naam van Christus deur die modder net soos wat dit hier op aarde ook n refleksie op ouers sou werp as hulle kinders leuenaars en bedrieërs sou wees Valse verklarings en leë beloftes het in ons tyd n epidemie geword. Gróot beloftes soos Ek sal die Here my lewe lank getrou bly dien en klein beloftetjies soos ek sal jou terugbel word links en regs verbreek. Selfs onder Christene kry jy dit al hoe meer: dat hulle dinge sê wat later nie so heeltemal waar blyk te wees nie en dat hulle allerhande dinge onderneem en belowe, en dan nié doen nie. Maar as ek belowe het om die Here altyd getrou te dien, of om n lewende lidmaat van Sy kerk te wees, dan is die Here se Naam en eer gekoppel aan wat van daardie belofte word. Net so as ons belowe om ons ampswerk getrou te doen. Net so as ek onderneem om enige ander takie in die gemeente uit te voer. Net so as ek by die werk belowe om iets te doen, of belowe om sekere inligting vertroulik te hanteer. Dis selfs by die kleinste beloftetjies so, byvoorbeeld as ek vir iemand sou sê: Ek bel jou terug. As ek n Christen genoem word, en ek hou dan nie my belofte nie, dan doen ek die Here se Naam oneer aan In Psalm 15:4 word daar van die kind van die Here gesê dat hy sy woord (en sy haar woord) sal hou selfs as dit tot jou eie skade is. Al kos die uitvoering van n onderneming wat ek gemaak het my dan moeite en geld en tyd wat ek vooraf nie voorsien het nie, sál ek my woord hou, want ek mag die Naam van die Here, wat aan my gekoppel is, nie oneer aandoen nie. En dit maak nie saak vir wie ek my woord gegee het nie.

8 Of dit vir n kind is en of dit vir n heiden is en of dit vir n gemeente is en of dit vir my baas by die werk is as jy ja gesê het, moet dit ja wees, en as jy nee gesê het moet dit nee wees. 7 Is dit nie dalk een van die redes waarom die respek vir die Here besig is om te verdwyn nie, omdat selfs mense wat as Christene bekend staan, hulle woord so maklik breek? En is dit dan nie n manier waarop ons die Naam en die eer van die Here hoog kan hou nie deur Christene te wees wat bekend is as mense wat hulle woord altyd hou? Onthou, dis eintlik waarom ons hier is: - om die Here se Naam hoog te hou - om Sy Naam te eer AMEN 7 Mat 5:37