HEMELVAART HEBREËRS 9:24

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Goeie Konings, Slegte Konings

Welkom by Die Storie God se storie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Van Vervolger tot Prediker

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesaja sien die Toekoms

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Kerk se Geboorte

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Van Vervolger tot Prediker

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

Toe God alles gemaak het

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Die Here gee ons in Sy Woord goeie nuus

Toe God alles gemaak het

JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Jona en die Groot Vis

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

MATTEUS 22:14. Votum en seën. Psalm 8 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983/91) Belydenis: DL 3/4:8-10. Teks: Matteus 22:14 (AV 1983/91)

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Transcriptie:

HEMELVAART HEBREËRS 9:24 Votum en seën Skrifberyming 11 (6-1) : 1, 2, 3 Gebed Skriflesing: Hebreërs 9 (AV 1983) Teks: Hebreërs 9:24 (AV 1983) Psalm 32 : 3, 4 Preek: Christus is in die ware heiligdom in vir ons Gebed Kollekte Psalm 103 : 10, 11 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Samesang: Psalm 2 : 3, 4 Psalm 72 : 2, 6 Psalm 93 : 1, 2, 3 Sb 45 (18-7) : 8, 9

2 Ons dink gewoonlik by hemelvaart aan Jesus se vertrek vanaf hierdie aarde 1 - aan Sy laaste opdragte aan die dissipels; - aan Sy opstyging; - aan seënende hande; 2 - aan n wolk wat Hom wegvat sodat Hy nie meer gesien kan word nie; - aan engele wat die starende dissipels verseker dat Hy weer gaan kom; - aan dissipels wat vol blydskap teruggaan Jerusalem toe. Die aandag is nie so baie by die adres waarheen Hy is en wat by Sy aankoms en daarná daar gebeur het nie. Terwyl die Heilige Gees ons tog in die Bybel ook iets daarvan vertel: o Christus se aankoms daar by Sy bestemming het n oorlog in die hemel ontketen: die Satan en sy bose geeste teen die engele-leër van God. 3 o Hy is die hoogste pos in die heelal gegee, bo alle soorte owerhede en magte en kragte en heersers wat daar ook al mag wees. 4 o Én Hy het Sy versoeningswerk daar gaan afrond/verseël/amptelik maak dít wat in die hoofstuk wat ons gelees het, beskryf word. Kom ons fokus vanaand op die adres waarheen Christus opgevaar het en wat Hy daar doen. Die kernsin van hierdie preek is dat Christus in die ware heiligdom in is vir ons. Kom ons gee aan die volgende aandag: 1. dat die aardse heiligdom nie die ware heiligdom was nie; 2. dat Christus in die ware hiligdom in is; 3. dat Hy daar in is vir ons. 1. DIE AARDSE HEILIGDOM WAS NIE DIE WARE NIE Hebreërs is n boek, n aansporings-preek, waarvan n groot deel gaan oor die feit dat die nuwe verbond beter is as die ou verbond. 1 Vgl veral Hand 1:1-12 2 Luk 24:50-51 3 Openbaring 12:5 e.v. 4 Efes 1:20-21. Vgl ook Ps 110:1 + Hand 2:34-35

3 Die manier waarop God in die Nuwe Testamentiese bedeling die band tussen Hom en Sy kinders bedryf, is n ryker manier as waarop Hy dit in die Ou Testamentiese bedeling gedoen het; - Christus is tog meer as die engele wat in die Ou Bedeling soms baie prominent (gebruik) was; 5 - Hy s meer as Moses, soos wat n seun en erfgenaam in n huis meer is as n dienaar in daardie huis; 6 - Christus se hoëpriesterskap oortref die status en betekenis van die priesters en hoëpriesters van die Ou Testamentiese tyd by verre; 7 - die Offer wat Hy gebring het, is anders as al die offers van die Ou Testamentiese bedeling n offer met blywende en ewige waarde; 8 - die goeie dinge wat Hý in die nuwe verbond belowe, is baie ryker as dit wat in die ou verbond gegee was, 9 ens. In die hoofstuk wat ons vanaand gelees het, word dit ook duidelik gemaak dat Christus se versoeningswerk die aardse heiligdom en die versoenings-bediening wat daar gedoen was, by verre oortref. Ons hoor onder andere hier van twee heiligdomme: n aardse 10 en n hemelse. 11 Die aardse heiligdom waarvan hier gepraat word, is die tabernakel die tent-tempel wat Israel gedurende hulle veertig jaar in die woestyn na die bevryding uit Egipte gehad het. Vir hierdie tabernakel en almal wat daar moes werk en alles wat hulle daar moes doen, het die Here tot in die fynste detail toe voorskrifte gegee. 12 Hy t selfs vir Moses n plan en n voorbeeld van dié heiligdom en van wat daarin moes kom, laat wys toe Moses die veertig dae daar op die berg Sinai was. 13 En die Here het ook ambagsmanne en kunstenaars spesiaal bekwaam gemaak om hierdie tabernakel, met alles wat daarby behoort het, presies te kan maak volgens die bedoeling van die Here. 14 5 Hebr 1:4 e.v. 6 Hebr 3:5-6 7 Hebr 4:14-7:28 8 Hebr 10:11-14 9 Hebr 8:6-13 10 Vers 1 11 Verse 11-12, 24 12 Vgl Exod 25 e.v. 13 Exod 24:18; 25:9, 40; 26:30; 27:8; Num 8:4 14 Exodus 31:1-11

4 Hierdie tabernakel was regtig n heiligdom wat die stempel van die Here self gedra het. Die doel van die tabernakel was om n heilige plek te wees waarin die Here by Sy volk gewoon het, én om die plek te wees waar die offerdiens, wat op die versoening tussen God en sondaar gewys het, kon plaasvind. En tog was hierdie wonderlike heiligdom nie die ware heiligdom nie. Net soos wat die asemrowende tempel wat Salomo later gebou het, ook nie die ware heiligdom was nie, al was Dawid, wat die plan daarvan opgetrek het, ook spesiaal deur die Here daarin gelei. 15 Nie dat daar iets verkeerd was met hierdie aardse heiligdom nie. Dat dit nie die ware heiligdom was nie, beteken nie dat dit n valse heiligdom was nie. Maar dit beteken dat dit nie die eintlike heiligdom is nie. Dit was net n namaaksel, n teëbeeld, 16 n aardse kopié en modelletjie van die eintlike heiligdom. 17 Dit was nie die eintlike nie, want God het nie regtig daar gewoon nie. 18 Die verbondsark, wat in die allerheiligste deel van die tabernakel gestaan het, het net die teenwoordigheid van die Here gesimboliseer. En die eintlike versoening is nie daar bewerk nie. 19 Die offers wat daar gebring is, was net heenwysings na die eintlike Offer wat later daar op Golgota gebring sou word. En die hoëpriester, wat een keer per jaar in die allerheiligste van die tabernakel moes ingaan om met die bloed van n offerdier versoening vir sy eie en die volk se sondes te doen, was nog maar net n skaduwee van die eintlike Hoëpriester wat sou kom 20 Die aardse heiligdom was nie die ware nie. 15 1 Kron 28:12, 19 16 AV 1933/53 17 Vgl Hebr 9:23-24; 8:2, 5 18 Bv Hand 7:48; 17:24 19 Hebr 10:4 20 Hebr 7:26-28; 9:7-12

5 2. CHRISTUS IS IN DIE WÁRE HEILIGDOM IN Wat is die ware heiligdom? Dis (so hoor ons dit ons teksvers) die hemel self! Daar is God. 21 Daar woon Hy. 22 Daar sit Hy op Sy troon. 23 Dis die eintlike, die volmaakte tabernakel/verbondstent. 24 Dis die heiligdom wat nie deur mense se hande gemaak is, maar deur God self. 25 Dis die heiligdom wat nie n beeld of n namaaksel van n ander een is nie, maar die een waarvan die aardse heiligdomme beelde en namaaksels is. 26 En dáárdie heiligdom, die hemel, is die adres waarheen Christus met Sy hemelvaart gegaan het. Hy het (so laat die Heilige Gees dit in ons teksvers opskryf) dáár ingegaan. 27 En dit word op baie ander maniere en plekke in die Skrif bevestig dat die Here Jesus daarheen is: o Hy t vir Sy dissipels gesê dat Hy vir hulle plek in die huis van Sy Vader gaan gereedmaak 28 en as Sy Vader dan in die hemel woon, beteken dit mos dat Hy sóóntoe is. o Toe Hy hier op aarde weg is, het Hy aan die regterhand van God gaan sit (lees ons in die Woord 29 ) en as God op die troon in die hemel sit, beteken dit mos dat Jesus daar in die hemel moet wees om aan die regterhand van God te sit. 21 Pred 5:1 22 1 Kon 8:30, 39, 43 23 Openb 4:2 24 Hebr 9:11 25 Hebr 9:24; 8:2 26 Vgl ook Openb 11:19; 14:17; 15:5; 16:17; 21:22 27 Vgl ook Hebr 6:20 28 Joh 14:2 29 Efes 1:20; Kol 3:1

6 o En om net dit nog te noem: in Openb 5 is die Lam, die opgestane Here Jesus Christus, daar in die middel van die troon by God. 30 Toe Christus op daardie hemelvaartdag jare gelede daar van die Olyfberg af opgevaar het voor Sy dissipels se oë, toe is Hy na die ware heiligdom die hemel toe, waar Hy ingegaan het. Vir ons. 3. HY S DAAR IN VIR ONS Hy t in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn. Let wel: - nou; - nie eers eendag nie; - Christus het dadelik vir ons voor God gaan verskyn. Die woord verskyn is in die eerste plek n woord wat praat van fisies sigbaar word. Die Here Jesus se verheerlikte liggaam, waarmee Hy uit die dood opgestaan het en wat sigbaar hier van die aarde af opgevaar het, het nou werklik, fisies, daar in die hemel verskyn aangekom. Maar die term verskyn het ook n ryker betekenis as dit. Dit beteken ook dat Hy namens ons daar ons saak behartig. Hy s die Advokaat wat namens ons daar verskyn, optree. Hy tree vir ons in. 31 En Sy verskyning vir ons beteken dan veral dat Hy (om dit so te sê) Sy eie bloed, 32 wat Hy met Sy lyding hier op aarde vir ons gestort het, daar in die ware heiligdom aan die Vader voorlê as bewys dat die ware offer vir ons sondes gebring is, dat die straf wat ons verdien, vir ons gedra is, dat ons sondeskuld betaal is, 30 Openb 4:1-2 + 5:6-7. Vgl ook Efes 2:6; Hebr 12:24 31 Rom 8:34; Hebr 7:25. Vgl ook Mat 10:32; Openb 3:5 32 Hebr 9:12

7 en dat ons dus nou vergewe kan word en weer kinders van God kan wees wat n ewige kamer in die Vaderhuis kry en wat erfgename van al die lieflike rykdomme van ons hemelse Vader kan word. Kan n mens dalk sê dat Sy ingaan daar in die hemel en Sy verskyning voor God vir ons met Sy eie bloed die laaste stap is in hierdie deel van die versoeningsplan wat die Vader en die Seun en die Heilige Gees opgestel het en elkeen met Sy eie aandeel, saam uitgevoer het? 33 Want natuurlik word Christus se verskyning vir ons en die aanbieding van Sy versoeningsbloed positief deur die Vader ontvang. Dis dan waarvoor die Vader Sy Seun in die eerste plek laat gáán het: om vir Sy uitverkorenes versoening te gaan bewerk, dis vir hiérdie moment wat die Vader Sy Seun gegéé het. Wanneer Christus daar in die ware allerheiligste van die ware heiligdom vir ons ingaan met Sy bloed, wórd al ons sondes vir altyd vergewe, word gedoemde sondaars verloste kinders, word reisigers na die hel pelgrims na die hemel Dis iets om by hemelvaart aan te dink: - nie net die vertrek van Christus nie, maar ook Sy aankoms daar TOEPASSING Wil vanaand hierdie lieflike boodskap dat Christus in die ware heiligdom in is vir ons in drie opsigte toepas in ons lewens nou. In die eerste plek Christus se hemelvaart is nie n soort van n allegorie n storie met spesiale betekenis wat teoloë uitgedink het om Jesus se afwesigheid op hierdie aarde te verklaar nie. Dis ook nie een of ander versmeltingmet die groot kosmiese gees, soos wat party mense glo met alle figure gebeur wat een of ander besondere religieuse plato bereik het nie. 33 Vgl ook Rom 8:34; 1 Joh 2:1

8 Dit was n werklike historiese gáán, na n werklike bestemming toe: - die hemel waar God woon; - die ware heiligdom al is die presiese hoe en die waar daarvan dan vir ons nog n misterie. Die hemelvaart is nie n fabel nie: dis n feitlike gáán met n adres en n doel. In die tweede plek: Hoe jy ook al daarna kyk: - oor Christus se hemelvaart behoort Christene bly te wees; - dis n feesgeleentheid, nie n treurgeleentheid nie. Juis omdat dit die afsluiting van Sy hele versoeningswerk beteken, is dit vir ons net nog n geleentheid om ons redding te vier. Wie by die Heilige Gees n hart gekry het wat opreg glo dat die Here vir jóú ook in die hemel ingegaan het en voor God verskyn het, word n mens wat wil feesvier, wat selfs in donker nagte lofliedere sing in afwagting van die dag wanneer óns ook na Jesus toe gaan daar waar Hy in die hemel is. Sy hemelvaart is rede vir onblusbare blydskap! In die derde plek Ons moet nooit by die aardse dinge en die godsdienstige vorms en maniere, veral van die Ou Testamentiese bedeling vashaak nie. Selfs in die maniere waarop ons nou kerk is en godsdiens beoefen, eredienste hou, is daar nog steeds iets tydeliks in, iets voorlopigs. Onder andere die sonde, wat alles hier aantas, maak dat niks hier in elk geval die werklike en wesentlike kan wees nie. Alles hier sal eers skoongewas en nuutgemaak moet word, voordat dit deel van die werklike kan word. Die ware heiligdom, waar God werklik woon en die ware Hoëpriester vir ons voor Hom staan, is nou nie hier nie.

9 Ons moet dan ook nie leef asof hierdie aarde en hierdie lewe en hoe ons God hier dien en hier kerkhou, álles is en álles tel nie. Hierdie is maar net oefening, voorbereiding, aanloop tot die ware, die eintlike. Wat hier gebeur, is op sy beste net n flou afskynsel van die ware, die eintlike. Ook ons kerklike toekoms (as n mens dit so kan stel) is nie hier nie, maar daar waar ons Here heen is AMEN