HANDLEIDING INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP GRAAD 11

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HANDLEIDING INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP GRAAD 11"

Transcriptie

1 HANDLEIDING INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP GRAAD 11 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) nie. KABV-aangepas Ë1611-A-EGD-SG01µ µ Î

2 INHOUD HOOFSTUK 1 TEKEN BEGINSELS 1 HOOFSTUK 2 MEGANIESE TEKENING 15 HOOFSTUK 3 MEGANIESE SAMESTELLING 27 HOOFSTUK 4 ELEKTRIESE TEKENING 51 HOOFSTUK 5 SIVIELE TEKENING 59 HOOFSTUK 6 PERSPEKTIEF TEKENING 85 HOOFSTUK 7 ISOMETRIESE TEKENING 113 HOOFSTUK 8 MEETKUNDIGE VASTE LIGGAME 119 HOOFSTUK 9 INTERPENETRASIE 129 HOOFSTUK 10 OORGANGSTUKKE 141 HOOFSTUK 11 LOKKUSSE 149 HOOFSTUK 12 DIE ONTWERP PROSES 163 HOOFSTUK 13 REKENAAR ONDERSTEUNDE TEKENING 169 Roosters 181 Indeks 184 Verwysings 186

3 HOOFSTUK 1 TEKEN BEGINSELS INHOUD Definisie van 'n tekenaar. Karakteristieke van 'n tekenaar. Tekenloopbane. Professionele organisasie. Die menslike immuniteitsgebrekvirus. Oordrag van MIV. HIV en die tekenklas. Die impak van MIV op die omgewing. Die impak van MIV op die ekonomie. Die handves van menseregte. Tekeninstrumente. Tekenskale. Vryhandtekeninge. Orthografiese projeksie. Take. NOTA OOR DIE INHOUD Die hoofstuk kyk na die definisie en karakteristieke van 'n tekenaar asook die loopbane as 'n tekenaar. Daar word na die menslike immuniteitsgebrekvirus gekyk en die impak wat dit op die omgewing en ekonomie het. Die Handves van Menseregte van die Republiek van Suid Afrika 1996, meer spesifiek wet 108 van Die res van die hoofstuk dek onderwerpe wat die vorige jare gedek is. Dit sluit in drukwerk, gebruik van instrumente, skaaltekeninge en ortografiese projeksie. Meeste van die take wat in hierdie hoofstuk ingesluit is, is slegs ontwerp vir bespreking en navorsingstake. 1

4 DIE TEKENAAR - GRAAD 11 DEFINISIE VAN 'N TEKENAAR 'n Tekenaar berei werkstekeninge voor wat gebruik word gedurende vervaardiging en konstruksie wat alles van selfone tot motors, van vliegtuie tot huise, van hoë geboue tot brûe insluit. Hulle tekeninge voorsien grafiese gidslyne, wat die tegniese detail van die produkte en strukture, die afmetings, die materiale wat gebruik moet word en die prosedures en prosesse wat gevolg moet word gedurende konstruksie of vervaardiging aandui. EIENSKAPPE VAN 'N TEKENAAR Individue wat 'n beroep in tekeninge beplan moet eerstens oor 'n goeie visuele aanleg beskik aangesien die vermoë om drie dimensionele voorwerpe, wat in twee dimensionele formaat voorgestel word, waar te neem en te verstaan belangrik is. 'n Essensiële komponent van die werk is goeie probleemoplossing en kommunikasie vaardigheid, beide verbaal en skriftelik. Bo alles moet 'n tekenaar akkuraat en netjies werk met fyn aandag aan detail. Die vermoë om netjiese vryhand tekeninge te maak is belangrik en om tegnologies georiënteerd te wees, word aanbeveel. Alle beroepe wat teken insluit vereis verdere studies na skool, gewoonlik by 'n universiteit of gespesialiseerde tersiêre inrigting. Opleiding sal vakke soos wiskunde, wetenskap, kommunikasie vaardighede en kursusse in spesifieke velde van tegnologie insluit. Tekenaars werk gewoonlik in gemaklike kantore gemeubileer om hulle take te akkomodeer, alhoewel sommige tekeningberoepe vereis dat tekeninge soms op die perseel gedoen moet word. Sommige teken beroepe maak dit dus noodsaaklik om aan te pas by die werksomstandighede. Tekenaars word dikwels onder druk geplaas om by sperdatums te hou en moet hard en lang ure werk. Om 'n tekenaar te wees vereis lewenslange studie. 'n Tekenaar moet op hoogte bly met nuwe tegnieke en ontwikkeling in sy gespesialiseerde rigting. Hy moet ook vertroud wees met nuwe materiale en tegnieke wat tot die arbeidsmark toetree en weet hoe hulle toegepas kan word om produktiwiteit en kwaliteit van die eindproduk te verbeter. Werkgewers is meestal geïnteresseerd in aansoekers met die volgende eienskappe: goed ontwikkelde tekenvermoë; 'n standvastige grondslag in hul gespesialiseerde rigting; 'n deeglike kennis van tekenstandaarde en in staat wees om die relevante gebruikskodes toe te pas. Die vermoë om op 'n ROT stelsel te werk, is 'n essensiële vereiste vir vandag se arbeidsmark. BEROEPE AS 'N TEKENAAR Daar is twee algemene groepe wat tekeninge gebruik- die wat tekeninge produseer en die wat die voorbereide tekeninge lees en daarmee werk. Tekenberoepe het baie spesialisasie-rigtings en die titel van die beroep dui dikwels die spesifieke rigting van ontwerp of tekeninge aan. 'n Lugvaart-tekenaar spesialiseer daarin om ingenieurstekeninge te produseer met gedetailleerdeplanne en spesifikasies vir die vervaardiging van vliegtuie en verwante produkte. 'n Argitektuur-tekenaar berei gedetailleerde tekeninge van geboue en ander soortgelyke strukture voor volgens die bouvak tekeninge se gebruikskodes en in ooreenstemming met spesifikasies wat deur die argitek voorsien is. 'n Voertuig tekenaar berei werkstekeninge voor van voertuig komponente, submonterings en sisteme. Hy/sy analiseer spesifikasies,ingenieurstekeninge en ontwerpdata om kritiese faktore wat die ontwerp van die komponente kan affekteer, vas te stel. Dit is gebaseer op kennis van vorige ontwerpe, vervaardigingsprosesse en beperkings. 'n Siviele tekenaar berei gedetailleerde konstruksietekeninge voor. Met die hulp van topografiese profielkaarte teken hy/sy planne en verhogings van snelweë, tonnels, brûe, dreinering en watertoevoer sisteme en spesialiseer ook in die teken van hawens, kaaie, stutmure en soortgelyke ingenieursprojekte. 'n Elektriese tekenaar berei werkstekeninge vir elektriese toerusting en bedradingsdiagramme vir die vervaardiging, installering en herstelwerk van elektriese toerusting voor. Hy is ook verantwoordelik vir die teken van bedradingsdiagramme vir huishoudelike, kommersiële en industriële terreine. 'n Elektroniese tekenaar berei bedradingsdiagramme, skemas en uiteensettingstekeninge voor wat gebruik word in die vervaardiging, montering en herstel van elektroniese toerusting. 2

5 LOOPBANE VIR TEKENAARS - GRAAD 11 'n Geologiese tekenaar teken kaarte, diagramme, profiele, deursneë, direktiewe landmetings en formasies onder die grond om die geologiese of geo-fisiese ligging van minerale aan te dui. 'n Verhitting en ventilasie tekenaar spesialiseer daarin om planne te teken vir verhitting, lugversorging en ventilasie toerusting. 'n Landskap tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van sketse wat deur landskapargitekte voorsien word van dreineringsplanne, besproeiingsplanne, plaveiselplanne, aanplantplanne en planne vir landskapuitleg. 'n Mariene tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van bote en skepe en al hulle sisteme in ooreenstemming met die gebruikskode vir ingenieurs en maritieme spesifikasies. PROFESSIONELE ORGANISASIE Sodra professionele mense in hulle verkose professie gekwalifiseer het, sluit hulle aan by 'n organisasie wie se taak dit is om die integriteit van daardie professie te beskerm. Dit word gedoen deur standaarde wat professionele gedrag en etiese praktyke binne die professie bepaal, vas te stel en te handhaaf. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir tekenaars is 'n onafhanklike liggaam vir professionele tekenaars. Hulle doel is om die status van hulle lede binne die handel en industrie te verbeter en om tekeninge as 'n gespesialiseerde beroep te bevorder sodat dit regmatig kan aanspraak maak op die voorreg van professionele status. Baie onafhanklike maatskappye en regeringsinstansies beskou lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Instituut vir tekenaars as 'n noodsaaklike vereiste voordat hulle 'n tekenaar in diens sal neem. TAAK 1 NAVORSINGSTAAK Kies enige tekenberoep van die gegewe lys beroepe in tekeninge. 'n Meganiese tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van sub-montering, montering asook werkstekeninge van masjinerie en meganiese toestelle in ooreenstemming met die gebruikskode vir ingenieurstekeninge. 'n Patente tekenaar berei omvattende en gedetailleerde tekeninge van verskeie toestelle voor vir gebruik deur patente prokureurs wanneer hulle nuwe ontwerpe registreer. 'n Loodgieterwerk tekenaar spesialiseer in die voorbereiding van tekeninge vir die installering van waterpypnetwerke en sanitasie-toebehore vir kommersiële, industriële en huishoudelike installasies. 'n Strukturele tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor vir strukturele versterkings van staal, beton, messelwerk en hout of enige ander strukturele materiale. 'n Gereedskap ontwerp tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor vir die vervaardiging van gereedskap, gewoonlik volgens die spesifikasies en ontwerpe wat deur 'n gereedskap ontwerper voorberei is. Gebruik die internet en kry meer inligting oor die beroep wat jy gekies het. Maak 'n lys van twee of meer punte onder die volgende afdelings: tekenkennis wat vir die beroep benodig word. gespesialiseerde kennis wat vir die beroep benodig word. enige spesiale vaardigheid wat nodig is vir die werk. werkkonteks. werkswaardes wat vir die beroep benodig word. Hier is 'n paar webbladsye wat jou kan help in jou soektog: TAAK 2 ONDERSOEKTAAK Gebruik die internet en vind 'n webblad wat jou meer inligting sal gee oor waar jy kan studeer vir die tekenberoep wat jy gekies het. TAAK 3 Bespreek die volgende onderwerpe: 'n Tekenaar voeg waarde by tot 'n konstruksie- of vervaardigingsmaatskappy. 'n Tekenaar is 'n essensiële komponent van 'n ontwikkelende gemeenskap. 3

6 MENSLIKE IMMUNITEITSGEBREKVIRUS - GRAAD 11 MENSLIKE IMMUNITEITSGEBREK VIRUS Die menslike immuniteitsgebrek virus, of MIV soos dit meer algemeen bekend is, het 'n vernietigende invloed op mense in Suid-Afrika se lewens. Volgens professor Allan Whiteside van die universiteit van KwaZulu Natal, het Suid-Afrika een van die ergste voorkomste van mense wat met MIV besmet is in Afrika en die getalle styg steeds teen 'n ontstellende tempo. OORDRAG VAN MIV Die MI virus word oorgedra deur direkte kontak met bloed, semen of vaginale vloeistof van 'n besmette persoon. Die virus kan nie oorgedra word deur die tekeninstrumente van 'n besmette persoon te gebruik of deur die rekenaar te gebruik na 'n besmette persoon of selfs deur 'n toebroodjie te eet wat deur iemand met die virus voorberei is nie. Dit kan ook nie oorgedra word deur badkamerkrane of toiletsitplekke nie. Daar is slegs drie algemene maniere waarop die virus oorgedra kan word. Hulle is: deur onbeskermde seks te hê met 'n besmette persoon, deur 'n bloedoortapping met besmette bloed of deur ongesteriliseerde naalde of inspuitings te gebruik wat voorheen deur 'n besmette persoon gebruik is of deur dit na 'n ongebore baba oor te dra van 'n moeder wat met MIV besmet is. MIV EN DIE TEKENKAMER Daar is baie potensiële gevare in 'n tekenkamer wat ernstige beserings aan iemand kan veroorsaak as dit misbruik of verkeerd gebruik word. Bloeding kan veroorsaak word as daar in die klaskamer rondgespeel word. Die kante van die tekentafel, skerp tekeninstrumente en die punte van passers is almal potensieel gevaarlik as hulle gebruik word vir enige ander doeleindes as dit waarvoor hulle ontwerp is. Om die kanse op 'n ongeluk in die tekenkamer tot die minimum te beperk, is dit goeie praktyk om nooit in die tekenkamer rond te speel nie. As daar egter 'n ongeluk plaasvind wat bloeding tot gevolg het, is dit belangrik om te onthou dat die bloed van 'n besmette persoon potensieel gevaarlik is. Dit is daarom aan te bevele dat direkte kontak met bloed vermy moet word en dat 'n skoon paar latex handskoene aangetrek moet word voordat daar na 'n bloeiende wond omgesien word. DIE IMPAK VAN MIV OP DIE GEMEENSKAP Die MIV pandemie teiken sonder om te diskrimineer, ekonomiese, produktiewe en sosiale aktiewe grootmense in die fleur van hulle lewens. Baie kinders word wees agtergelaat en daar word emosionele en finansiële laste op families en samelewings geplaas. Staats- en gesondheidsfasiliteite word tot die uiterstes beproef. Geen sektor van 'n samelewing kan die impak van die siekte ontsnap nie omdat dit op 'n sluwe manier sy pad maak deur elke faset van die samelewing. DIE IMPAK VAN MIV OP DIE EKONOMIE MIV is 'n ernstige bedreiging vir die ekonomiese produktiwiteit van lande met 'n hoë besmettingsyfer. Die siekte het die mees vernietigendste impak op die jonger bevolking en die verlies aan opgeleide en bekwame werkers en hou ernstige gevolge in vir besighede en die ontwikkeling van 'n land. Die impak van MIV in die werksplek het die volgende tot gevolg: verlies aan arbeid, tyd en produktiwiteit deur 'n toename in afwesigheid van personeel as gevolg van siekte; verlies aan opgeleide en bekwame personeel omdat besighede mense met ondervinding nodig het om prosesse te bestuur en om die kapasiteit vir groei te ontwikkel; en geld wat op ontwikkeling en verdere opleiding spandeer behoort te word, word spandeer aan die opleiding van nuwe personeel. MIV is 'n siekte wat voorkom kan word, maar nog nie een wat genees kan word nie. TAAK 4 Bespreek die stelling: 'MIV is 'n siekte wat voorkom kan word, maar nog nie een wat genees kan word nie'. Verwys na maniere waarop 'n mens die verspreiding van die virus kan voorkom. TAAK 5 Bespreek die prosedure wat gevolg behoort te word indien iemand in die tekenkamer 'n besering opdoen. Bespreek die prosedure wat gevolg moet word as die persoon bloei. LET WEL: Maak seker dat jy weet waar om 'n paar skoon latex handskoene te kry. 4

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8 HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7 HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9 HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4 HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Afdeling A: Ekonomiese stelsels Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Vraestel 13 Graad 8 Totaal: 65 Ekonomiese stelsels Ekonomiese probleme Invoere/Uitvoere Afdeling A: Ekonomiese stelsels 1. Wat is 'n ekonomiese stelsel? (4) 2. Verduidelik

Nadere informatie

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië

Nadere informatie

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10 HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg,

Nadere informatie

EKURHULENI NOORD DISTRIK

EKURHULENI NOORD DISTRIK EKURHULENI NOORD DISTRIK MEMO TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 60 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE OMGEWING EN

Nadere informatie

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore Hoofstuk 5: Ekonomiese e 1 Drie Ekonomiese e Die drie ekonomiese e verwys na die verskillende stadia waardeur produkte gaan van: die ontginning van die grondstof (primêre ) na die vervaardigingsproses

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11 HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- GRAAD 10

HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- GRAAD 10 HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- PRAKTYKE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk

Nadere informatie

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel. Natuurwetenskappe Vraestel 15 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA Handleiding 2 Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 1 GKSA 2.1.1 INLEIDING Die World Wide Web (www) het ʼn inligtinggebaseerde samelewing geskep, waar beheer oor inligting in die hande van die

Nadere informatie

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. 2 ONTWERP EERSTE

Nadere informatie

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH UNIVERSITEIT STELLENBOSCH BEKENDMAKINGSVORM Die doel van hierdie vorm is die bekendmaking van inligting oor 'n nuwe sakeidee of innovasie aan die Universiteit. Dit sal die Universiteit in staat stel om

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die

Nadere informatie

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10 HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO n Land se ekonomie bestaan uit drie vlakke. Die primêre sektor moet die natuurlike hulpbronne ontgin en die roumateriaal

Nadere informatie

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING GRAAD 7 LEWENSORIENTERING Lewensoriëntering is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit is gemoeid met leerders se vaardighede, kennis en waardes oor die sosiale, persoonlike, intellektuele,

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê. Ek wil asseblief aansoek doen vir werk by u maatskappy. Hoe oud is jy? Die Arbeidswet

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE KLASSIFIKASIE VAN ONDERWERPE VIR DIE GRAAD 11 VRAESTELLE LEER DIE VOLGENDE: Vraestel

Nadere informatie

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 10

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 10 HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek

Nadere informatie

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11 HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11 EKSAMINATRISE: MODERATRISE : DATUM : TYD : TOTAAL: ME CJ VAN STADEN ME B JONES SIEKTETOETS SEPT 50 MINUTE 60 PUNTE LEERUITKOMSTE GEDEK: INSTRUKSIES LU 1 AS 2, 3, 4,

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make? Jou brein fokus op oorlewing Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make? Jy het n oorlewingsbrein Jy het jou brein oorgeërf van mense wat oorlewe het. Daarom is jou brein op oorlewing ingestel. Jy mag

Nadere informatie

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) DSGN ISEBE LEMFUNDO LEMPUMA KOLONI EASTERN CAPE EDUCATION DEPARTMENT OOS-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT IIMVIWO ZEBANGA LESHUMI ELINANYE GRADE 11 EXAMINATIONS GRAAD 11-EKSAMEN NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is. Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is. Vraag 2: Wanneer is dit n ylbevolkte plek? Ons sê plekke met slegs n paar mense in verhouding

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie

Nadere informatie

INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP

INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2009 Hierdie riglyne bestaan uit 11 bladsye. Blaai om asseblief Ingenieursgrafika en -Ontwerp 2 DoE/Eksamenriglyne 2009 INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12 HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12 EERSTE KWARTAAL : 2015 DERDE SESSIE 13 MAART 2015 EKSAMINATOR: ME M SCHOEMAN TOTAAL: 100 MODERATOR: ME R PRETORIUS TYD: 1 UUR INSTRUKSIES LW: 1. Skryf netjies

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT GEOGRAFIE VRAESTEL 1 HALF JAARLIKSE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 5 PUNTE: 30 TYDSDUUR: 1 UUR NAAM EN VAN: NAAM VAN SKOOL: INSTRUKSIES Beantwoord

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) Keuringsriglyne vir nuweling eerstejaars: 2019-inname 1. TERMINOLOGIE Voorwaardelike toelating: Studente ontvang voorwaardelike toelating op grond van

Nadere informatie

RUGBY VERSTAAN DIE SPEL. ʼn Visuele uiteensetting. Dr. Gerrit Pool

RUGBY VERSTAAN DIE SPEL. ʼn Visuele uiteensetting. Dr. Gerrit Pool RUGBY VERSTAAN DIE SPEL ʼn Visuele uiteensetting Dr. Gerrit Pool RUGBY: VERSTAAN DIE SPEL n Visuele uiteensetting Uitgegee deur RAPID ACCESS PUBLISHERS, n afdeling van AFRICAN SUN MeDIA, Victoriastraat,

Nadere informatie

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE WAT IS SOSIALE WETENSKAPPE? Die vak Sosiale Wetenskappe bestaan uit Geskiedenis en Geografie. Beide Geskiedenis en Geografie moet gedurende elke kwartaal van die skooljaar onderrig

Nadere informatie

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017 Jireh Electronics het n visie om sosiale waarde by te voeg tot die jeug van Afrika, deur die verskaffing van opvoedkundige instrumente, wat deur hulle praktiese applikasie verbeterde lewenstegnieke kweek,

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

Meganiese stelsels en beheer:

Meganiese stelsels en beheer: Eenheid 6 Meganiese stelsels en beheer: ratverhouding die aantal omwentelings van een rat in verhouding tot n ander rat. Het betrekking op twee verskillende ratgroottes spoedverhouding word bepaal deur

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer.

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 Tyd: 45 minute Totaal: 70 Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer. Kolom A Kolom B 1. Skaarsheid A Produkte soos tennisrakette

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie PUNTE: 40 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer

Nadere informatie

Nokke. Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 4 5 NOKKE NOKKE

Nokke. Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 4 5 NOKKE NOKKE OpenStax-CNX module: m25254 1 Nokke Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING

Nadere informatie

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B.

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. CAPS Persoonlike- en Sosiale Welstand Vraestel 7 Graad 6 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. Kolom A 1.1 Oordraagbare siektes A 1.2 Voorkoming B Kolom B Stowwe wat

Nadere informatie

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei Hier is meer by https://ignitioncoin.org - die Ignition Coin Projek :: Inleiding :: Die Ignition Netwerk en sy netwerk

Nadere informatie

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. DIE OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. BELASTINGVRYE PLAN Dink net hoeveel gemoedsrus n belegging jou kan gee wat jou toelaat om vir jou drome en doelwitte te

Nadere informatie

LEWENSORIËNTERING VRAESTEL 1/1 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014

LEWENSORIËNTERING VRAESTEL 1/1 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 LEWENSORIËNTERING VRAESTEL 1/1 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL: 80 TYD: 1½ ure Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye Bladsy 1 van 9 LEWENSORIËNTERING VRAESTEL 1/1 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL:

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 INSTRUKSIES

Nadere informatie

HANDLEIDING GRAAD 11

HANDLEIDING GRAAD 11 HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- PRAKTYKE GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150 - 1 - CAMI Education (PTY) Ltd Reg. No. 1996/01609/0 CAMI House Fir Drive, North Cliff Posbus 160 CRESTA, 118 TEL: + (11) 46-00 Faks: 086 601 4400 Web: www.camiweb.com e-pos: info@camiweb.com Wiskunde

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie