Is Hy Sondagoggend klein, of dalk Kersfees miniatuur? Dalk is Hy voorspoed of krisis mikroskopies?

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesaja sien die Toekoms

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God eer Josef die slaaf

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Welkom by Die Storie God se storie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Kom ons begin by die waarskuwings en negatiewe: Verskeie gedeeltes en onder andere Ps. 31 waarsku teen die stilte van die doderyk.

Petrus en die Krag van Gebed

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1)

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Pragtige Koningin Ester

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Groot Gebod dennis de wet

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

n Tempel Leier besoek Jesus

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Van Vervolger tot Prediker

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Transcriptie:

1 Openbaring 4 PT 25 Jan 15 Tema: Groot, groter, God (2) Broers en susters, kinders en vriende. Is God nog groot genoeg? Of is God dalk te groot? Die manier hoe ons oor God praat en dink, het `n baie groot invloed op hoe ons ons lewens leef, op hoe jy krisisse en vreugdes in jou huis hanteer, op hoe ons mekaar ondersteun en veral op hoe ons Jesus volg om God te eer. Hoe groot is die God wat jy dien? Pas Hy in `n skoendoos onder jou bed? Is Hy Sondagoggend klein, of dalk Kersfees miniatuur? Dalk is Hy voorspoed of krisis mikroskopies? Vanaand hoor ons hoe Johannes die grootheid van God beleef as Jesus hom iets wys van die tye wat kom nadat die kerk volhard het. Maar eers gee Jesus `n boodskap aan elk van die 7 gemeentes. Hier is `n kort herinnering: Ek weet alles wat julle doen. Julle het my nie meer so lief soos in die begin nie. Ek ken julle verdrukking en julle armoede. Bly getrou tot die dood toe, en ek sal julle die lewe as kroon gee (onthou hierdie)

2 Bekeer julle nou, anders kom Ek gou na julle toe en sal Ek daardie mense bestry met die swaard van my mond. Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal ek mag en gesag oor die nasies gee. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Wat julle doen vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. (*) Omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Hierdie boodskap was bedoel om die NT kerk bietjie wakker te skud en te laat volhard in die moeilike omstandighede waarin baie van hulle was, maar ook vir die lyding wat nog vir hulle voorlê. Hulle het `n voller besef van die grote God nodig, en daarom is wat Johannes na die briewe neerskryf `n gesig oor die grootheid van God. Kom ons luister nou na Openbaring 4, maar as dit vir jou kan werk, wil ek hê dat jy jou oë toemaak en probeer sien wat Johannes sien. Moenie skrik nie, want daar mag dalk `n geluid of twee wees wat jou gaan help om ietsie te voel van wat Johannes moes ervaar het. Lees Openbaring 4 Waarmee kan ons so iets vergelyk? Miskien met `n sprokie wat jy gelees of gesien het, maar dit is nie iets wat ons onsself sommer kan voorstel nie, nè, dit voel so bietjie onwerklik. Maar daarom hoor ons aan die begin dat Johannes deur die Gees meegevoer is. Hy was nie fisies in die troonkamer van die hemel nie, en onthou God bly nie in geboue nie, maar hy het ook nie gedroom nie.

3 Deur die Gees wys God aan Johannes alles wat Hy nodig het om te sien, om iets van God se grootheid beter te kan oordra aan die gelowiges wat bemoedig moet word. Die Koning laat Johannes roep deur `n stem wat met gesag trompetter: Kom op hierheen! Die eerste ding wat Johannes dan sien is `n troon. Maar dit is meer as `n meubelstuk in die hemel: dis `n teken van gesag en koninklike outoriteit. Dadelik word die fokus verskuif na die Iemand wat bo-op die troon sit. Arme Johannes moet nou probeer om te beskryf hoe hierdie Iemand lyk, en hy doen dit met beelde wat hy ken. Die Iemand se voorkoms is soos die ryk en diep kleure van edelgesteentes. Dis ongewoon en heerlik. Die kleure en strale wat van hierdie Iemand afgestraal het, het gelyk soos `n reënboog. Die reënboog: teken van belofte, redding en herstel in die skepping. Die troon was dus in die middel, maar die fokus was heeltemal op die Iemand uit wie hierdie skouspel van kleure gestraal het. Wie is dit? Rondom die troon is dan hierdie 24 ander trone waarop 24 ouderlinge in hul wit klere gesit het. Die wit klere en die krone help ons om te weet wie hulle is.

4 Hulle is gelowige kinders van God, verteenwoordigers van sy kerk, wat nie geswig het nie, maar vas gehou het aan wat hulle gehad het, hulle is reeds skoongewas en gered. Die krone op hul koppe is oorwinnaarskrone, krone van lewe. Maar dan ruk weerligstrale, dreunings en donderslae Johannes se aandag terug na die troon toe. Hier is magtigheid, beheersing van die kragtigste natuurkragte, tekens en beloftes van regverdige oordeel. Wie is hierdie Iemand? Om helderheid te bring sien Johannes 7 fakkels, of 7 lampe en net soos met die weerlig en donder, weet hy dat hierdie die volmaakte werking van die Heilige Gees verteenwoordig. Die Heilige Gees verhelder sake, Hy bring insig. Johannes sien nou nog iets sprokiesagtig rondom die troon beweeg: 4 lewende wesens. Hulle is wat die Bybel ook gerubs noem, `n soort engel. Hulle het 4 verskillende voorkomste: `n leeu, `n bul, `n mens en `n arend verteenwoordigend van wild, mak, slim en vry. Toe die Here hierdie gesig vir die profeet Esegiël gewys het, het hy hulle beskryf asof elke een van hulle die vier voorkomste gehad het. Werklik wesens in wie jy iets van die hele skepping kan sien. Self kan hulle ook die skepping sien, alles daarvan, want hulle is voor en agter vol oë. So ook hul 6 vlerke. Niks ontsnap hulle nie, en met hierdie vlerke bedek hulle hul eie minderwaardigheid voor God, en voer hulle ook hul pligte uit.

5 Hul heel belangrikste plig was om die hele skepping in lofprysing en aanbidding voor God te lei. Hierdie vier indrukwekkende wesens, met vlerke en oë en voorkomste wat jou in jou spore stuit, het niks beter om te doen as om dag en nag sonder rus te sê: Heilig,...heilig,...heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom. Dit doen hulle terwyl hulle hulself met hul vlerke toemaak, want hulle is voor die heilige. Elke keer as hierdie lied opklink, kniel die 24 ouderlinge voor Hom wat op die troon is, en sit hul krone voor Hom neer. Alhoewel daar vir hul trone is, is daar nie tyd om dit te gebruik nie, want daar is net een wat waardig is om op die troon te sit. Ook hulle krone, is nie hul eiendom nie, en sê niks van hul eie bevoegdheid nie, dit behoort aan Hom wat die oorwinning aan hulle gegee het. Die hemel is nie vir hulle `n beter plek as die aarde nie, `n plek waar hulle nou alles kan doen en kan besit wat hul harte begeer nie. Die hemel is die woonplek van die enigste waardige wese, Hom waaroor alles gaan. Die sin van die lewe. Wie is hierdie Iemand op die troon? Hoor wat sê die ouderlinge: Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep. Wie is die Iemand wat Johannes hier op die troon sien, en voor wie die Skepping en die Kerk neerval in eerbetoning? Dit is die Skepper van alle dinge, God die Vader.

6 God word geëer as Skepper van alle dinge! Edelgesteentes, kleure, alle lewende dinge van die aarde, wild, mak, slim en vry. Weerlig en donder, die reënboog. Dit is Hy: groot, groter, God. Hier begin God met Johannes, want om die Skepper te erken, is die eerste stap op die pad om die Redder te vertrou en aan Hom oor te gee. En daarom word hierdie lied in hoofstuk 5 voortgesit en fokus dit weer meer op die Lam en die Redding wat deur Hom bewerk is. Hierdie lied in Hoofstuk 4 wil die hele skepping op haar knieë bring voor die almag en die heerlikheid van God. Deur te verstaan wat die doel van die Skepping is, en hoe dit ontstaan het, verstaan ons iets meer van God se grootheid en sy reddingsplan. Luister na 1 Kolossense 1 (KLIK) 16 God het deur Hom ( dit is Jesus) alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (KLIK) Alles is geskep, sodat ons krag van die Redding in Christus sou verstaan. Ons het ook nodig om te verstaan watter geweldige invloed die sondeval op die skepping gehad het: (KLIK) Rom. 8:22 22 Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. 23 En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. (KLIK) Waarom sug ons saam met die Skepping, want ons het God se koninklike heerlikheid verloor deur ons sonde.

7 Die skepsel het opgehou om sy Skepper te aanbid, maar eerder ander skepsels of dit wat hulself gemaak het. So het die mens ook begin om die aarde te vernietig, omdat ons nie genoeg agting vir God die Skepper het wat beveel het dat ons die aarde moet bewoon en bewerk, verryk en beter maak nie. Daarom is een van die uitsprake van God, dat hulle wat die aarde vernietig het, ook vernietig sal word as deel van sy regverdigheid. Hoe groot is die God wat jy dien? Kan hy in `n skoenboksie bo in jou kas pas, of in `n inskrywing in jou dagboek? Nie die God van die Bybel nie. Broer en suster, as ons in hierdie jaar die Here Jesus met ywer wil volg, het ons `n groter dosis ontsag vir God nodig. As ons as gemeente in gehoorsaamheid die goeie nuus van die evangelie in ons gemeenskappe wil demonstreer en dupliseer, as ons die koninkryk kultuur wil leef, sal ons baie meer moet maak van wie Hy is en waarmee Hy besig is, as wie ek is, en waarmee ek besig is. Ons sal ons kinders moet help om die onsin van evolusionisme te weerstaan, want dit steel ons Koning se eer om te beweer dat die aarde haarself uit niks geskep het. Ons sal beter moet kyk na die gawes wat God ons gegee het. Hoekom moet daar gesmeek word vir hulp, as alles in elk geval reeds aan die Koning behoort? Bring jou gawe van kinders leer, bring jou finansiële gawe, jou gawe van musiek, gesels, tegnologie, luister en laat dit God verheerlik soos dit hoort. Die vraag is egter of God se grootheid vir jou so werklik is, dat jy hierdie verhoudinge binne die gemeente sal uitbou en verdiep tot die eer van sy Naam.

8 Hy het jou roep om `n oorwinnaar met `n kroon te wees, wat voor Hom kniel. Mag jou lewe roep: heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige. Hy is, Hy was, Hy kom! Groot, groter, God!