Preek Genesis 13:8-9

Vergelijkbare documenten
Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Welkom by Die Storie God se storie

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Preek Romeine 1:16-17

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Jesaja sien die Toekoms

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Goeie Konings, Slegte Konings

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Preek 2 Korintiërs 5:7

'n Man gestuur deur God

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Die brief aan die Filippense

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek oor: Die spreek in tale

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

n Tempel Leier besoek Jesus

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

FAKTORE EN VEELVOUDE

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Fontein van die lewe. Liturgie

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Baie welkom by vanoggend se erediens

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Transcriptie:

1 Preek Genesis 13:8-9 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 14 Augustus 2016) (Dit was die vierde preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer ek konflik?) Voor die erediens Sing: Lied 305:1,4 Sing: Psalm 149-1:1,2 Sing: Psalm 148-2:1,9 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën Loflied: Lied 205:1,2,3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Matteus 22:37-40 Sing: Psalm 65-1:2 Gebed Skriflesing: Genesis 13:1-18 Sing: Psalm 34-1:6 Fokus: Genesis 13:8-9 Preek: Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 43-2:2 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Tema: Laat God jou lei om konflik op te los. (Die preek is op die volgende vyf bladsye)

2 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Inleiding Konflik is deel van die lewe. Dit is deel van die wedloop, wat ons in die geloof moet hardloop. In hierdie preek gaan ons kyk na hoe God vir Abram gelei het om die konflik tussen sy veewagters en Lot se veewagters op te los. Mag die Heilige Gees (ons geestelike Afrigter) hierdeur vir julle die regte vaardighede aanleer hoe om konflik te hanteer. En mag julle dit ook gaan inoefen in die erediens van die lewe. Laat God jou lei Julle sal met my saamstem dat Abram die konflik tussen sy veewagters en Lot se veewagters baie goed hanteer het. n Mens wil amper sê: Hier het ons n mooi voorbeeld van hoe konflik gehanteer moet word. Kom ons dink n bietjie: Hoekom Abram dit reggekry het om hierdie konflik so mooi te hanteer? Was dit omdat hy so n wonderlike man was? Ek sal nogal versigtig wees om dit te sê. Veral as ek die direk voorafgaande gedeelte in Genesis 12:10-20 lees. Daar word vertel hoe Abram ter wille van sy eie oorlewing gejok het en gesê het dat Sarai sy suster is. En later in Genesis 16 word vertel dat Abram ook n aandeel daarin gehad het dat sy Sarai haar slavin sleg behandel het. Daarom dink ek dit is beter om te sê dat die rede waarom Abram hierdie konflik so mooi hanteer het, was omdat God hom gelei het. Ek dink dat die wyse waarop die verhaal eindig, dit bevestig. In Genesis 13:18 staan daar dat Abram n altaar vir die Here gebou het. Dit sê vir ons dat hier meer in hierdie verhaal as bloot die sigbare gebeure is. God was al die tyd aan die werk in alles wat gebeur het. Hy het vir Abram gelei. En Abram het dit erken deur vir die Here n altaar te bou. Die mens se natuurlike manier van konflik hanteer loop meestal skeef. Omdat dit in die mens se aard is om te haat, sukkel die mens om konflik in liefde te hanteer en by n goeie oplossing te kom. Ons sien dit in die talle gevegte en gebroke verhoudings en oorloë in die wêreld. Daarom is dit noodsaaklik dat jy jou deur God moet laat lei, wanneer jy konflik hanteer. Wanneer God jou lei, neem die Heilige Gees beheer oor in jou lewe. Dan is jou eie-ek nie meer in beheer nie. Dit is juis wanneer jou eie-ek nog in beheer is, dat dinge skeefloop. n Getwis pas nie by God se kinders nie Abram het na Lot toe gegaan en vir hom gesê: Daar behoort nie n getwis te wees tussen my en jou en tussen my veewagters en joune nie, want ons is familie (Genesis 13:8 1983/92-Vertaling). Of soos die 1933/53-vertaling sê:... ons is mos broers. n Getwis pas nie tussen broers nie. Daar moet vrede heers tussen broers. Veral waar Abram ter

sprake kom. God het immers met hom n verbond aangegaan en hom geseën, sodat hy ook tot seën vir ander kan wees. 3 Maar as daar nou n getwis is? Dan is Abram nie meer geseënd nie en is hy ook nie tot seën vir ander nie. Boonop woon daar ook Kanaäniete en Feresiete in die land. As hulle nou hierdie getwis sien, wat vir n getuienis sou Abram en Lot vir hulle wees? Die seën aan Abram is bedoel vir al die nasies van die aarde. Maar watter nasie sou wou deel hê aan n belofte van seën wat lyk soos die getwis tussen Abram en Lot se veewagters? Hier is dus meer op die spel! Nie net die vrede tussen Abram en Lot nie, maar ook die Naam van God en die seën wat Hy aan Abram en sy nageslag en aan die nasies van die aarde beloof het, is in die gedrang. Dieselfde geld vir ons as gelowiges. God het Hom aan ons verbind. Die doop wat elkeen van julle ontvang het, is n teken hiervan. Verder het God ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel. En Hy het vir ons die roeping gegee het om tot seën vir ander te wees. Daarom pas n getwis nie by ons nie. Veral nie as ons besef watter pad van lyding ons Here Jesus Christus moes loop en watter prys Hy moes betaal om ons te seën en tot seën vir ander te maak nie! Laat God jou gesindheid bepaal Hoe moet ons nou te werk gaan om konflik op te los? Die antwoord (so dink ek) lê nie noodwendig in n spesifieke metode nie, maar in n spesifieke gesindheid. Dit lê in die gesindheid wat God aan Abram gegee het, naamlik om Lot eerste te laat kies. Dit is n gesindheid om nie net in jou eie belang op te tree nie. Dit is n gesindheid om nie ten koste van ander op te tree nie. Abram se besluit om Lot eerste te laat kies, laat my aan die volgende storie dink: Kosie en Jannie sit aan die ontbyttafel waar daar twee worsies in n bordjie lê, n grote en n kleintjie. Toe sê Kosie: Kies jy maar eerste. Maar Jannie sê: Kies jy eerste. Uiteindelik kies Kosie eerste en vat hy die groot stuk wors! Jannie is op die plek kwaad en sê: Om te dink dat jy sowaar die grootste stuk vat. Watter een sou jy dan gevat het, as jy eerste gekies het? vra Kosie. Natuurlik sou ek die kleinste worsie gevat het, antwoord Jannie. Kosie se kommentaar is toe: Waarom kla jy dan? Jy hét mos nou die kleinste worsie gekry! Hierdie storie beskryf nogal die gesindheid waarin mense soms optree. Mense gee soms voor dat hulle nie net aan hulle eie belange dink nie, maar baie keer is dit maar net voorgee. Soms is dit maar net om ander te manipuleer om hulle eie sin te kry. Wanneer mense konflik hanteer, is dit baie keer net om hulle eie belange dien, soms ten koste van ander. Wanneer God jou lei, doen jy anders. Wanneer God se Gees jou lei, is jou eie-ek (soos ek vroeër in die preek gesê het) nie meer in beheer nie. Hy lei jou om nie net aan jou eie belange te dink nie, maar ook aan dié van ander. Volgens Filippense 2:5-8 is dit dieselfde

gesindheid wat daar Jesus Christus gehad het, toe Hy Homself verneder het om mens te word. 4 Die gesindheid wat God aan Abram gegee het, naamlik om Lot eerste te laat kies en dan tevrede daarmee te wees dat Lot die beste deel vir homself gekies het, word soms beskryf as n gesindheid van om die minste te wees. Baie mense dink dan dat jy n swakkeling is. Dit is egter n wan-persepsie wat mense soms het. Die eintlike swakkeling is die een in wie se lewe die eie-ek nog baas is, want hy is te swak om vir sy eie-ek nee te sê. Wanneer die Heilige Gees jou lewe beheer, gee Hy vir jou die krag en die moed om vir jouself nee te sê. Onderhandel Al lê die antwoord om konflik op te los nie soseer in n spesifieke metode nie, maar eerder in n spesifieke gesindheid, kan ek darem ook sê dat onderhandeling n baie goeie metode is om konflik mee op te los. Die Here het vir Abram gelei om met Lot oor die saak te gaan praat. Abram het met Lot gaan onderhandel. Dit was die verstandige ding om te doen. Wanneer jy met iemand gaan praat, is die volgende dinge belangrik: Jy het twee ore en een mond. Wanneer mense stry, luister hulle baie keer nie na mekaar nie. Die een weet na die tyd nie wat die ander een gesê het nie. Hoekom gebeur dit? Want almal het die uitsluitlike doelwit dat die ander party hulle kant van die storie moet hoor. Jou doelwit moet eerder wees om die ander een se kant van die storie te hoor. Hoekom? Want n saak het altyd twee kante. Jy sal slegs sinvolle oplossings kan soek, wanneer jy ook die ander kant van die saak gehoor het. Probeer daarom om jou in die ander een se skoene te plaas. As jy jou in die ander persoon se skoene plaas, kry jy soms inligting wat jou die saak in heeltemal n ander lig laat sien. Onthou, mense het gewoonlik nie onredelike behoeftes nie. Moenie jou eie foute ontken nie. Die deursnee mens sukkel om te erken wanneer hy of sy verkeerd was. Onderhandel oor maniere waarop jou behoeftes sowel as die ander een se behoeftes aangespreek kan word, sonder dat die prys vir een van julle te hoog is. Om in liefde ooreen te kom om te verskil, kan ook n oplossing vir konflik wees. God bewerk die goeie uit konflik Die wonderlike is dat, wanneer Abram in die droë landstreek agterbly, God aan Hom verskyn en sy belofte van n land en n groot nageslag bevestig. God het vir Abram ryklik geseën en hy was ook tot seën vir ander. God het die goeie vir Abram bewerk. Konflik is nie noodwendig sleg nie. Indien dit reg hanteer word, kan dit vertroue bou. Wat ek hiermee bedoel is dit: Wanneer mense konflik het en dit nie opgelos kry nie, raak hulle bang om die sake waaroor hulle konflik het, aan te spreek. Hulle sal eerder stilbly, want hulle onthou dat dit die vorige keer te pynlik was. Aan die ander kant, wanneer mense konflik het en dit hanteer en oplos, kry hulle vertroue in mekaar dat hulle enige iets wat

pla, kan noem en dit hanteer. Konflik kan dus baie goed wees, want konflik wat opgelos word, bou verhoudings op. 5 In sy genade kan God selfs uit konflik wat verkeerd hanteer is, die goeie bewerk. n Voorbeeld hiervan is Josef en sy broers. Die konflik tussen hulle het aanvanklik n hartseer gevolg gehad, naamlik: dat daar skeiding en vervreemding tussen familie gekom het, deurdat Josef na Egipte weggevoer is; dat Josef baie teëspoed beleef het (in die tronk ensovoorts) en dat Jakob geglo het sy lieflingseun dood is en hy geweldig oor hom getreur het. Uiteindelik het God die goeie uit hierdie kwaad bewerk. Die wete dat God die goeie bewerk en dat Hy vir sy kinders sorg, is bevrydend ook vir hoe ons konflik hanteer. Dit maak ons vergenoegd en tevrede. Dít bevry ons van alle angstigheid oor wat ons het en nie het nie. Geestelike fiksheid bring rustigheid en help jou om kalm te kan bly in konflik. Dit stel jou in staat om soos Abram die regte en eerbare ding voor God te doen, selfs al lyk dit asof dit tot jou nadeel sal wees. Vier riglyne vir die hantering van konflik Dit is wel so dat die antwoord om konflik op te los eerder in n spesifieke gesindheid as n spesifieke metode lê. Tog wil ek vanuit Efesiërs 4:25-32 vier praktiese riglyne vir die hantering van konflik gee: Riglyn 1: Wees openlik en eerlik met mekaar. In Efesiërs 4:25 staan daar: Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam. Wanneer mense oor iets ongelukkig is, maar maak n moordkuil van hulle deurdat hulle nie openlik en eerlik met mekaar is nie, doen dit die verhouding glad nie goed nie. Die ongelukkigheid sal altyd in die lug hang. Riglyn 2: Moenie opkrop nie. In Efesiërs 4:26 staan daar: As julle kwaad word, moet nie sondig nie, en moenie n dag kwaad afsluit nie. Wanneer mense dinge opkrop, doen dit die verhouding glad nie goed nie. Nee, hanteer die saak! Riglyn 3: Sê die dinge wat opbou, nie die dinge wat afbreek nie. In Efesiërs 4:29 staan daar: Vuil taal moet daar nooit uit jou mond kom nie, praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Daar is sekere dinge wat olie op die vuur is. Moenie daardie dinge sê wat vet in die vuur is nie. Sê eerder die dinge wat die konflik nader aan n oplossing kan bring. Riglyn 4: Moenie op n sondige wyse reageer nie. In Efesiërs 4:31 staan daar: Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie, moet niks doen wat sleg is nie. Hierdie is almal sondige reaksies op wat ander doen of sê. In konflik gaan dit so: Ons baklei en stry, omdat ons op

n sondige wyse reageer op ander. Nee, moenie jou mag prysgee dat wat ander doen of sê, nou bepaal wat jy doen of sê nie. Slot Om konflik te hanteer en op te los, is iets wat jy nie vir jouself, vir jou onthalwe doen nie. Jy doen dit vir God! En die groot sleutel is dat God jou deur sy Gees moet lei. Anders gaan jou eie-ek jou optrede bepaal. Die mens se eie-ek bly maar die grootste probleem as dit by woede (verlede week se tema) en die hantering van konflik (vandag se tema) kom. Dink maar aan elke keer wat jy gevoel het dat jy te na gekom is en jy toe (soos die spreekwoord sê) jou speelgoed uit die kot gegooi het. Dit was jou eie-ek wat jou dit laat doen het. Laat God daarom deur sy Gees jou lei om woede en konflik te hanteer en oplossings te vind. Wees so die draer van God se vrede. Amen. 6