Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek 1 Petrus 2:9-12

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Preek 2 Korintiërs 5:7

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Preek oor: Die spreek in tale

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesaja sien die Toekoms

Welkom by Die Storie God se storie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

n Dubbele kruis-belydenis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Groot Gebod dennis de wet

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Preek 2 Timoteus 4:7

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Preek Jakobus 5:4. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Preek 1 Timoteus 4:7

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Les 1 vir 7 Oktober 2017

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

1 Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016) Voor die erediens Sing: Skrifberyming 1-1:1,2 Sing: Lied 205:1,2 Sing: Lied 478:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën Loflied: Psalm 33-1:1,2,6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Skuldbelydenis: Psalm 51:3-6,9-14 (Uit Bybel) Vryspraak: 1 Johannes 1:9 en 2 Korintiërs 5:17 Wetlesing: Kolossense 3:5-17 Sing: Psalm 86-1:6 Gebed Skriflesing: Markus 9:42-50 Sing: Skrifberyming 14-1:1,3 Fokus: Markus 9:50 Preek: Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Lied 231:1,3 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Tema: Ons kan net sout wees as ons sout in ons het. (Preek is op volgende bladsy)

2 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus, Soos julle almal weet, het Jesus tydens sy bergpredikasie gesê: Julle is die sout vir die aarde,... (Matteus 5:13). Ons kan egter slegs sout wees as ons sout in ons het. Of anders gesê: Ons kan slegs sout wees as ons die eienskappe wat eie aan sout is, in ons het. Nou wat beteken dit? Soos julle almal weet, het sout basies twee funksies, naamlik (1) om smaak aan kos te gee en (2) om te keer dat iets sleg word. Dat ons die sout vir die aarde is, beteken dat God ons gebruik om smaak aan die wêreld te gee en om te keer dat die wêreld sleg word, deurdat ons verrotting in die wêreld teëwerk. Ons sal hierdie werk slegs kan doen, as dit in ons aard is om smaak aan die wêreld te gee en om verrotting in die wêreld teë te werk. Ons sal hierdie werk dus slegs kan doen, as ons die eienskappe van sout in ons het. Daarom sê ons fokusvers (Markus 9:50 Nuwe Direkte Vertaling): Julle moet self sout in julle hê... Om sout in jouself te hê, is om die goeie in jou te hê. Dit is om nie meer deur jou sondige vlees of jou eie-ek beheer te word nie, maar om deur die Heilige Gees beheer te word. Dit is om die Christelike waardes en deugde te hê wat veroorsaak dat jy mooi en reg lewe. Dit is om nie meer selfgesentreerd na binne gerig te wees nie, maar in liefde buite jouself gerig te wees. Dit is om jouself te beklee met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld om net n paar dinge te noem. Dit is om lief te hê, en dan nie lief te hê volgens ons voorkeure nie, maar lief te hê soos God in sy Woord van ons vra. Dit is om in vrede met mekaar te leef. Hierdie eienskap van sout wees, naamlik om in vrede met mekaar te leef, is tans baie belangrik. In n wêreld vol haat en baklei waar die slagordes teen mekaar opgestel word, moet ons smaak gee deur, as dit moontlik is, sover dit van ons afhang, in vrede met alle mense te lewe (Romeine 12:18). Die afgelope tyd is ons geruk deur lelike dinge wat mense op die sosiale media gesê het asook ander lelike gebeure in ons land, wat wys hoe gepolariseerd ons samelewing is en wat ook veroorsaak dat ons samelewing al meer gepolariseerd word. In hierdie situasie moet ons sout wees. Dit beteken dat ons die verrotting van om mekaar sleg te sê en te beledig moet teëwerk. Ek sê dit op grond van wat ons in die Heidelbergse Kategismus oor die negende gebod bely. Daar staan in antwoord 112: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder. Ja, alle kwetsende woorde wat ander seermaak, is n verrotting in die samelewing wat ons as die sout vir die aarde moet teëwerk. Deur dit teë te werk, kan ons weer smaak gee aan n wêreld wat bitter geraak het. Die vraag is: Wat doen jy om hierdie verrotting van

kwetsende woorde wat seermaak, teë te werk? Of is jy deel van hierdie verrotting in die samelewing? 3 Ons kan hierdie verrotting in die wêreld slegs teëwerk, as ons die nodige eienskappe in onsself het om dit te doen. Solank dit nog in ons aard is om op ander neer te sien of ander sleg te sê en te beledig of allerhande kwetsende woorde te gebruik wat ander seermaak, sal ons nooit die verrotting in die samelewing kan teëwerk en smaak aan die wêreld kan gee nie. Dan is ons maar net soos sout wat sy sout verloor en smaakloos geword het. Dan is ons soos Christene wat hulle Christenwees verloor het en net in naam Christene is. Hoor wat sê Jesus hieroor in ons fokusvers (Markus 9:50 Nuwe Direkte Vertaling): Sout is goed, maar as sout smaakloos geword het, waarmee sal julle dit weer smaak gee? En dan is daar maar net een antwoord: Met niks nie. As sout eers sy souterigheid verloor het en smaakloos geword het, is daar niks wat jy kan doen om dit weer sout te maak en daaraan smaak te gee nie. Dan beteken dit niks. Dieselfde geld vir ons as Christene. As ons wat die sout vir die aarde is, eers ons sout verloor het en smaakloos geword het, beteken ons niks nie. Geliefdes, al die lelike gebeure in ons land sê nogal heelwat oor die aard van ons samelewing. Dit sê in n sekere sin hoeveel sout ons in ons het. In hierdie konteks is Jesus se woorde julle moet self sout in julle hê belangrik. Sorg dat julle daardie eienskappe in julle het wat julle in staat sal stel om soos die sout vir die aarde op te tree. Goed, julle het nou gehoor dat julle sout in julle moet hê om sout te wees. Maar hoe kry ons sout in ons? Wat moet gebeur dat ons sout in ons het? Die antwoord is: Jy moet gesout word. Nog beter gestel: Jy moet deur God gesout word. Die rede hoekom ons deur God gesout moet word, is omdat die mens nie van nature sout is nie. Dit is in die mens se aard om ander te beledig en sleg te sê en kwetsende woorde te gebruik wat ander seermaak. Dit is wat ons van mense kan verwag en dit is dan ook wat ons in die wêreld sien gebeur. Dit is in die mens se aard om te haat en te baklei. Ook dít is wat ons van mense kan verwag en ook dit is wat ons in die wêreld sien gebeur. Dit is in die mens se aard om selfgesentreerd te wees. En hoe duidelik kom dit nie in Markus 9 na vore nie. In vers 34 lees ons dat Jesus se dissipels onder mekaar geredekawel het oor wie die belangrikste is. En dit net nadat Jesus vir hulle vertel het dat Hy in die hande van mense oorgelewer gaan word, doodgemaak gaan word en na drie dae gaan opstaan! Dit is omdat die mens só is, dat God ons moet verander. Dit is omdat die mens se aard só is, dat God aan ons n nuwe aard moet gee. In hierdie konteks is die woorde van Markus 9:49, die vers net voor ons fokusvers, nogal insiggewend. Daar staan: Want elkeen sal met vuur gesout word. Hierdie vers is nogal moeilik om te verstaan en daar is ook n mate van onduidelikheid oor wat presies hier geskrywe staan. Wat wel duidelik is, is dat dit hier oor reiniging gaan.

4 Daar staan dat elkeen gesout sal word. Om gesout te word, beteken om gesuiwer of gereinig of bruikbaar gemaak te word. So lees ons byvoorbeeld in 2 Konings 2:20-22: Elisa sê toe: Bring vir my n nuwe skottel en gooi sout daarin. Hulle het dit na hom toe gevat. Hy het uitgegaan na die plek waar die water uitkom en die sout daar ingegooi, met die woorde: So sê die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie. Die water is vandag nog bruikbaar, net soos Elisa gesê het. Hier het sout die water bruikbaar gemaak, waarskynlik omdat dit die water gesuiwer het, sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie. Daar staan nie net dat elkeen gesout sal word nie. Daar staan ook dat elkeen met vuur gesout sal word. Vuur brand skoon, soos wanneer jy jou braaivleisrooster in die vuur se vlamme skoonbrand. So lees ons in Numeri 31:23:... alles wat nie kan verbrand nie, moet deur julle met vuur gereinig word... As julle na die 1933/53-Vertaling kyk, sal julle sien dat daar n ekstra sin in Markus 9:49 staan, wat nie in die 1983/92-Vertaling of in die Nuwe Direkte Vertaling staan nie. Dit is die woorde en elke offerande sal met sout gesout word. Die rede is dat daar nogal onsekerheid is of hierdie woorde in die eerste oorspronklike weergawe van die boek Markus gestaan het. Julle hoef egter nie julle koppe daaroor te breek nie, want die ekstra sin en elke offerande sal met sout gesout word beteken basies dieselfde as die eerste sin. Daar is slegs n klemverskil, deurdat elke offerande gesuiwer of gereinig sal word. Elke offerande is ons toewyding aan God en die offers wat ons aan Hom bring. En volgens Romeine 12:1 is dit eintlik onsself wat ons as lewende en heilige offers aan God moet gee. As Markus 9:49 sê dat elkeen met vuur gesout sal word, beteken dit dat elkeen met n reinigingsvuur skoongebrand sal word om bruikbaar vir God te wees. En indien jy die ekstra sin van die 1933/53-Vertaling sou byneem, beteken dit dat ook ons toewyding aan God gesuiwer sal word om vir God aanneemlik te wees. Hierdie skoonbrand met n reinigingsvuur wat ons bruikbaar maak vir God, kan met verskillende sake in verband gebring word. Dit kan in verband gebring word met die vuur van God se oordeel en straf wat Jesus namens ons deurgegaan het, om ons te suiwer van ons sonde en sondeskuld. Dit kan in verband gebring word met hoe God deur sy Heilige Gees ons binnekant suiwer. En baie keer is dit n pynlike proses, dat ons by wyse van spreke deur die reinigingsvuur van die Heilige Gees skoongebrand moet word, omdat die sondigheid so diep in ons lê. Dit kan ook in verband gebring word die beproewings en swaarkry wat God soms moet gebruik om ons oë te laat oopgaan of ons geloof te suiwer. Dit kan ook in verband gebring word met die dinge wat ons self moet doen om onsself te suiwer van dit wat verkeerd is. In hierdie opsig sluit dit aan by die voorafgaande verse, naamlik Markus 9:42-28, waar gesê word wat ons alles bereid moet wees om van afstand te doen, indien dit in ons pad staan om rêrig die sout vir die aarde te wees. Die slegte dinge wat ons tans ervaar, kan dalk ook deel wees van hoe God ons met n reinigingsvuur skoonbrand, sodat ons weer vir Hom bruikbaar sal wees en sodat ons

toewyding aan Hom weer vir Hom aanneemlik sal wees. Soms is dit pynlik, maar juis dié pynlike dinge maak ons al meer en meer gesout vir die lewe en om sout vir die aarde te wees. Soms maak dit ons oë oop vir waar ons gefaal het. Soms maak dit ons oë vir ander se nood en behoeftes, sodat ons meer begrip vir mekaar het en met nuwe oë vol ontferming na ander kyk. Ja, God is besig om ons te louter. Hy louter alles uit wat ons van Hom afvallig maak. Hy sout ons, sodat ons gesout kan wees, sodat ons sout vir die wêreld kan wees. Terug na Jesus se woorde julle moet self sout in julle hê. Dit impliseer dat ons sal bid dat God ons sal sout. Om sout in ons te hê, is iets wat God doen, op al die maniere wat ek aangetoon het. Kom ons bid daarom dat God dit sal doen. Kom ons bid dat God ons sal skoonbrand deur watter reinigingsvuur Hy ookal op besluit. Kom ons sê ook vir God dankie, wanneer Hy dit wel doen, al is dit soms vir ons pynlik. Kom ons sê ook vir God dankie vir die reinigingsvuur deur Jesus en die Heilige Gees waardeur Hy ons reeds skoongebrand het en steeds skoonbrand. Amen. 5