Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Vergelijkbare documenten
Preek 2 Timoteus 3:16-17

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 1:16-17

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek Genesis 13:8-9

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Preek 2 Timoteus 4:7

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Preek Hebreërs 4:9-11

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

n Tempel Leier besoek Jesus

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Exodus 23:29-30

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Preek 2 Korintiërs 5:7

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Preek oor: Die spreek in tale

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

GALASIËRS 5:22 (Selfbeheersing)

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Preek 1 Timoteus 4:7

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

n Dubbele kruis-belydenis

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

Dooppreek Mika Bogaards

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Groot Gebod dennis de wet

Preek Efesiërs 4:

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Transcriptie:

1 Preek Efesiërs 4:26 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 7 Augustus 2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer ek woede?) Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën Loflied: Psalm 118-2:5,7 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Sing: Skrifberyming 12-3:1,2 Die Wet van die Here: Matteus 22:37-40 Gebed Skriflesing: Efesiërs 4:17-5:2 Sing: Psalm 19-1:7 Fokus: Efesiërs 4:26-27 Preek: Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 139-1:12 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Tema: As iets of iemand jou kwaad maak, moenie sondig nie. (Die preek is op die volgende vier bladsye)

2 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Inleiding Die wedloop van die lewe, wat ons in die geloof moet hardloop, het ook sy hindernisse. Dinge loop verkeerd. Ons beleef frustrasies en onsekerheid en angs en seerkry. Ons reageer soms hierop deur kwaad te word. Kwaad word is nie aangenaam nie. Verder pas dit nie by n Christen om in woede uit te bars nie. Daarom rus die Heilige Gees ons deur die Woord toe met vaardighede om woede te hanteer, en dít is waaroor vanoggend se preek gaan. Soos die meeste van julle nou al weet, is ons tema vir die kwartaal: Afrigting vir die lewe. Die bedoeling van vanoggend se preek is dat die Heilige Gees deur hierdie preek en deurdat ons dit in ons lewens gaan toepas, aan ons afrigting gee in die vaardighede om woede reg te hanteer. Kyk na die eerste deel van Efesiërs 4:26 (1983/92-Vertaling): As julle kwaad word, moenie sondig nie... Wie van julle het nog nooit kwaad geword nie? Almal van ons word kwaad. In sy genade hou God rekening met hierdie realiteit en sê Hy vir ons wat ons moet doen, as ons kwaad word. Hy sê vir ons: Moenie sondig, as iets of iemand jou kwaad maak nie. Kom ons kyk nou na wat ons moet doen om nie te sondig nie: Dink na Wanneer iets of iemand jou ontstel, het jy primêre emosies en sekondêre emosies. Jou primêre emosies is dit wat jy in die hitte van die oomblik voel. In die hitte van die oomblik voel jy om vuis te slaan of te skreeu of watter woede-uitbarsting ookal. Jou sekondêre emosie is dit wat jy voel, nadat jy n bietjie oor die saak nagedink het. Nadat jy oor die saak nagedink het, ontdek jy wanneer dit nie die moeite werd is om jou te veel oor die saak te ontstel nie. Wanneer jy optree volgens wat jy in die hitte van die oomblik voel, staan jy n groter kans om sonde te doen as wanneer jy optree volgens wat jy voel, nadat jy eers oor die saak nagedink het. Kyk nou na Psalm 4:5 (1983/92-Vertaling): As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Hier het ons n baie belangrike riglyn vir die hantering van woede: Moenie in die hitte van die oomblik optree nie! Gaan dink eers oor die saak na! Of soos wat ons baie keer sê: Tel tot by tien. As jy jouself nie kan beheer nie, sal jy dit nie regkry om nie in die hitte van die oomblik op te tree nie. Selfbeheersing is dus noodsaaklik. Selfbeheersing word in Galasiërs 5:23

3 genoem as deel van die vrug van die Heilige Gees. Wanneer die Heilige Gees jou lewe beheer, is jou eie-ek nie meer jou baas nie. Dan kan jy jouself beheer en kan jy dit regkry om nie in die hitte van die oomblik op te tree nie. Wanneer die Heilige Gees nie jou lewe beheer nie, is jou eie-ek steeds jou baas. Dan kan jy nie jouself beheer nie en sal jy optree volgens wat jy in die hitte van die oomblik voel. Onthou net dat Jesus vir jou aan die kruis gesterf het, sodat die Heilige Gees jou lewe kan beheer. Jesus het nie vir jou aan die kruis gesterf, sodat jou eie-ek nog baas in jou lewe kan wees nie. Wanneer jy doen wat Psalm 4:5 sê en oor die saak nadink, dink dan na oor die volgende: Hoe belangrik is die saak waaroor jy jou ontstel het? Is dit rêrig n saak van lewe en dood? Gaan jy oor n jaar of selfs n week onthou waaroor jy jou ontstel het? Baie keer gaan jy agterkom dat dit in vergelyking met die dinge wat werklik saak maak, eintlik maar n nietigheid is. Wat doen jy, as jy nie jou sin kry nie? Tree jy op soos iemand wat dink die wêreld sal vergaan, as dinge nie gebeur soos jy dit wil hê nie? Onthou, die wêreld draai nie om jou nie. Het jy nie dalk onrealistiese verwagtings nie? Wat mense ontstel, is nie noodwendig dit wat gebeur nie, maar wanneer hulle verwagtings teleurgestel word. Ons leef in n gebroke wêreld waarin dinge skeefloop en waarin almal nie noodwendig op jou skedule is nie. As jy nie verwag dat almal op jou skedule gaan wees nie, sal dit jy nie so ontsteld wees as hulle nie op jou skedule is nie. Wie is jy in elk geval om te verwag dat die res van die wêreld op jou skedule moet wees? Waaroor word jy kwaad? Ons word kwaad vir dinge soos swak dienslewering, krag onderbrekings, stukkende waterpype, slaggate en swak bestuurders. Dit is alles dinge wat óns negatief raak. Maar wie van ons word kwaad, as die eer van God aangetas word of as die kerk van die Here benadeel word? Dink daarom na oor jou prioriteite, oor wat vir jou belangrik is en wat nie. Die vermoë om nie in die hitte van die oomblik op te tree nie, maar eers oor die saak na te dink, is n vaardigheid wat jy as gelowige onder leiding van die jou geestelike Afrigter (die Heilige Gees) kan aanleer en inoefen. Hoe meer jy dit inoefen, hoe meer sal jy dit in die wedloop van die lewe toegepas kry. Kry vrede Kyk weer na Psalm 4:5 (1983/92-Vertaling): As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Die laaste woorde en laat dit daarby beteken nie dat jy dit moet los nie. Die 1933/53-Vertaling en die Nuwe Direkte Vertaling vertaal dit met wees stil. Wees stil beteken: kry vrede. Sorg dat jy iets doen om vrede te kry. Wanneer kry jy vrede? Wanneer jy nie meer kwaad is nie. In aansluiting hierby staan daar in Efesiërs 4:26 (1983/92-Vertaling):... en moenie n dag kwaad afsluit nie. Doen iets omtrent jou kwaad wees. Raak daarvan ontslae.

4 Jy sal nie vrede kry, as jy jou woede ontken of dit probeer onderdruk nie. Om jou woede te onderdruk beteken nie dat dit sal weggaan nie. Dit sal steeds hier binne-in jou kook en uiteindelik jou eie liggaam en jou menswees aanval. Erken daarom jou woede en hanteer dit. Doen iets daaromtrent. Soms sal jou nadink oor die saak jou help om vrede te vind. Wanneer jy ontdek dat die saak waaroor jy kwaad geword het, nie so belangrik is nie of dat die wêreld nie om jou draai nie of dat jy onrealistiese verwagtings gehad het of dat jou prioriteite nie reg was nie, sal jou aanvanklike kwaad word verdwyn en sal jy vrede vind. As jy, nadat jy oor die saak nagedink het, steeds nie vrede vind nie, is daar ten minste nog twee dinge wat jy kan doen om jou kwaad word te hanteer. Die eerste kry ons in Matteus 18:15 (1983/92-Vertaling): As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. Gaan praat sake uit. Moenie n moordkuil van jou hart maak nie. Jy sal net kwaad bly en nie vrede vind nie. Soms is omstandighede so dat jy nie die saak kan gaan uitpraat nie. Of dat jy nie kans sien om die saak uit te praat nie. Dan moet jy steeds iets omtrent jou kwaad word doen, op so n wyse dat jy die saak afhandel en agter jou kan laat. Dit bring my by die volgende ding wat jy kan doen om jou kwaad word te hanteer, en dit is om te vergewe. Vergifnis is n wonderlike geskenk wat God aan ons gegee het om dinge agter ons te laat en vrede te vind. Dit kan gebeur dat jy na alles steeds kwaad bly of met woede sukkel. Dit is iets wat maklik kan gebeur, as jy groot trauma of seerkry ervarings beleef het. In daardie gevalle is dit goed om vir berading te gaan. God het in sy groot genade ook aan ons mense gegee wat ons in sulke situasies kan begelei om weer vrede te vind. In Efesiërs 4:27 staan daar (1983/92-Vertaling): En moenie die duiwel vatkans gee nie. Wanneer kry die duiwel vatkans? Wanneer jy kwaad word koester, wanneer dit hier binne-in jou broei. As jy jou woede koester, gee jy die duiwel vatkans. Want dan kan dit uitloop op bitterheid, haat, ensovoorts (vers 31). Lewe nuut volgens jou roeping Waarom is dit belangrik dat jy nie sondig, as iets of iemand jou kwaad maak nie? Die antwoord is dat God aan jou n nuwe lewe gegee het. En jou roeping is om hierdie nuwe lewe gaan leef. Efesiërs 1-3 gaan oor hierdie nuwe lewe wat God aan jou gegee het en wat God alles gedoen het dat jy hierdie nuwe lewe kan hê. Dit het begin, deurdat God het jou nog voordat Hy die wêreld geskape het, gekies het om heilig voor Hom te lewe. Hy het jou toe al daarvoor bestem om sy kind te wees. Deur die bloed van sy Seun is jou sonde vergewe en kon jy deel word van die volk van God. Jy is deur die Heilige Gees beseël as God se eiendom. Jy is God s n. En jou roeping is om soos God s n te leef. Verder is ons as kerk

5 as t ware die vertoonvenster van Wie God is. Wanneer jy kwaad word nie reg hanteer nie en sondig, trek jy as t ware n streep hierdeur en deur jou roeping om soos God s n te leef. Jy is deur Jesus Christus verlos om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy jou bestem het. En deel daarvan is om nie te sondig, wanneer jy kwaad word nie. Verder het Jesus Christus ons een gemaak. Hy is ons vrede, deurdat Hy die middelmuur van skeiding afgebreek het. Wanneer ons kwaad word en baklei, doen dit afbreek aan hierdie eenheid. In Efesiërs 3 kom dit na vore dat ons as kerk n sendingtaak het. Ons moet die Evangelie uitdra en uitleef na buite. Ons sal nie getroue kan bly aan hierdie taak, as ons sondig, wanneer ons kwaad word nie. Wanneer woede verdeeldheid en rusies veroorsaak, trek dit nie mense in nie, maar stoot dit hulle weg. In die lig hiervan is dit verstaanbaar dat Efesiërs 4 begin met die woorde (1983/92- Vertaling): Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Of soos die 1933/53-Vertaling sê: wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is. Wanneer lewe jy in ooreenstemming met die roeping wat jy van God ontvang het? Die antwoord word in Efesiërs 4-6 gegee. Jy lewe volgens jou roeping, wanneer breek met die ou, sondige mens wat deur sondige begeertes verteer word. Jy lewe volgens jou roeping, wanneer jou gees en gedagtes nuut word en jy as n nuwe mens lewe wat as beeld van God geskep is. Wat dít prakties behels, word vanaf Efesiërs 4:25 uitgespel. Een van die dinge, is om nie te sondig, wanneer iets of iemand jou kwaad maak nie. Dít is prakties hoe jy nuut lewe volgens jou roeping. Slot Jesus Christus het aan die kruis gesterf, sodat jy n nuwe lewe kan hê. Die Heilige Gees het jou deur die geloof laat deel kry aan hierdie nuwe lewe. Verder lei die Heilige Gees jou hoe om hierdie nuwe lewe te lewe. Hy gee as jou Afrigter vir die wedloop wat jy as gelowige hardloop, die vaardighede om hierdie wedloop in die geloof te kan hardloop. En een van die vaardighede wat Hy aan jou gee, is wat jy moet doen, wanneer iets of iemand jou kwaad maak. Gaan en leer hierdie vaardigheid aan en oefen jou in hierdie vaardigheid, tot eer van God. Ons lewe in n wêreld wat kwaad is. Gaan wees in hierdie wêreld deur die wyse waarop jy woede hanteer, n advertensie van God se nuwe wêreld wat aan die kom is. Amen.