Preek Esra 10: Inleiding tot Skriflesing:

Vergelijkbare documenten
Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

'n Man gestuur deur God

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek Romeine 1:16-17

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Preek 1 Petrus 2:9-12

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Preek Exodus 23:29-30

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Pragtige Koningin Ester

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God eer Josef die slaaf

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Preek 2 Korintiërs 5:7

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Kerk se Geboorte

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Jona en die Groot Vis

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Transcriptie:

1 Preek Esra 10:10-11 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 Maart 2016) (Dit was die derde preek van n fokustyd wat in GK Welkom-Noord gehou is) Inleiding tot Skriflesing: Uit die Woord van die Here gaan ons vanoggend Esra 10 lees. Die boek Esra is egter nie so bekend nie. Daarom gaan ek net eers n bietjie van die geskiedenis vertel, sodat julle met dit as agtergrond beter sal verstaan waaroor dit in Esra 10 gaan. Ek gaan die geskiedenis vér terug haal, eerstens om vir julle n oorsig te gee van Israel se geskiedenis, en tweedens om vir julle te wys presies waar die boek Esra in die prentjie pas. ü Die geskiedenis begin by Israel wat slawe is in Egipte. Ons lees daarvan in die boek Exodus. ü Dan lei Moses Israel uit Egipte uit steeds die boek Exodus. ü Dan trek Israel deur die woestyn steeds die boek Exodus, maar ook die boeke Levitikus, Numeri en Deuteronomium. ü Dan neem Israel die land Kanaän in. Ons lees daarvan in die boek Josua. ü Dan breek die rigterstyd aan, waarvan ons in die boek Rigters lees. ü Dan breek die koningstyd aan, waarvan ons in die boeke 1 Samuel en 2 Samuel, 1 Konings en 2 Konings, en 1 Kronieke en 2 Kronieke lees. ü Dan word Israel in ballingskap weggevoer. Die boeke 2 Konings en 2 Kronieke eindig met hierdie geskiedenis van waar Israel in ballingskap weggevoer is. ü Dan, ongeveer 70 jaar na die val van Jerusalem, gaan n groep Jode terug na Jerusalem om die tempel te herbou. ü Die boek Esra vertel nou die geskiedenis van hier af. Geliefdes, ek hoop hieruit is dit vir julle duidelik dat die gebeure wat in die boek Esra beskryf word, oor n baie laat stadium van Israel se geskiedenis gaan. Dit is gebeure ná die ballingskap. Dit is die gebeure waar die Jode uit ballingskap teruggekeer het. Kom ons fokus nou in op die gebeure in die boek Esra self: ü Dit begin met die vertelling van hoe n groep Jode teruggekeer het na Jerusalem. Ons lees daarvan in Esra 1 en 2. ü Dan herbou hulle eers die altaar. Ons lees daarvan in Esra 3. ü Dan begin hulle om die tempel te herbou steeds Esra 3. ü Dan kry hulle teenstand, onder andere vanaf die Samaritane. Ons lees daarvan in Esra 4. ü Dan stop die werk aan die tempel, so lees ons in Esra 4:24. ü Dan tree die profete Haggai en Sagaria op en moedig hulle die Jode aan om weer die tempel te bou, so lees ons in Esra 5:1.

ü Dan begin hulle weer bou, so lees ons in Esra 5:2. ü Uiteindelik word die tempel voltooi en ingewy, so lees ons in Esra 6. 2 Geliefdes, dit is dan die geskiedenis waaroor dit in Esra 1-6 gaan en waarby ons in die afgelope week se dagstukkies stilgestaan het. Tussen Esra 6 en Esra 7 is daar n gaping van n hele klomp jare. Dit is ook belangrik om te onthou dat Esra nie deel was van die groep wat aanvanklik na Jerusalem teruggekeer het en begin het om die tempel te herbou nie. Esra was dus nie betrokke by die gebeure wat in Esra 1-6 beskryf word en waarby ons verlede week stilgestaan het nie. ü Daar in die vreemde het Esra (en dalk ander ook) die wet van die HERE bestudeer, tot so n mate dat hy volgens Esra 7:6 bekend geword het as n geleerde man, kundig in die wet van Moses wat deur die HERE God aan Israel gegee is. ü Dit het daartoe gelei dat Esra en n aantal Jode saam met hom besluit het om na Jerusalem toe te gaan. ü Dan ontdek Esra dat daar nie Leviete in sy groep is wat na Jerusalem toe wil gaan nie, so lees ons in Esra 8:14. ü Dan werf Esra Leviete om saam met hom te gaan, so lees ons verder in Esra 8. ü Dan verootmoedig hulle hulle eers, voordat hulle na Jerusalem toe gaan steeds Esra 8. ü Dan, nadat Esra-hulle in Jerusalem aangekom het, kry hy skokkende nuus. Die leiers van die gemeente sê vir hom (Esra 9:1-2 1983/92-Vertaling): Die mense van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die nie-joodse bevolking met sy afskuwelike gebruike nie, en dié, is nog dieselfde as dié, van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. Ons mense en hulle seuns het getrou met nie-joodse vrouens; hulle het hierdie volk hom laat vermeng met heidene. Leiers en ampsdraers het die voortou geneem in dié trouelose optrede. ü Dan, as Esra hierdie skokkende nuus kry, skeer hy sy klere, trek sy hare en sy baard uit en gaan sit verslae, so lees ons in Esra 9:3. ü Dan verootmoedig hy hom voor die HERE en bid hy tot die HERE God, so lees ons in die res van Esra 9. Met hierdie as agtergrond, kom ons gaan lees nou Esra 10. Skriflesing: Esra 10 Fokus: Esra 10:10-11

3 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Dit was nogal in n ingrypende ding wat die manne wat met vreemde vroue getroud was, gedoen het. Hulle het van die vroue geskei en hulle kinders saam weggestuur. n Mens wil amper sê dit was n wrede ding om te doen. Moontlik het die mans en vroue mekaar liefgehad. En nou moet hulle paaie skei. En wat van hulle kinders? Hoe hartseer moes dit nie vir die pa s gewees het om hulle kinders weg te stuur nie! En hoe hartseer moes dit nie vir die kinders gewees het nie! Wat hier gebeur het, bring nogal vrae in n mens se gemoed. Dit is egter insiggewend dat daar eers hofsake gehou is om elke geval op sy eie meriete te beoordeel. So lees ons in Esra 10:16-17 (1983/92-Vertaling): Die ballinge wat teruggekom het, het die plan aanvaar. Die priester Esra het manne by die naam aangewys, die hoofde van al die families. Hulle het op die eerste dag van die tiende maand sitting geneem vir die ondersoek en het al die sake van die manne wat met vreemde vrouens getrou het, afgehandel gehad op die eerste dag van die eerste maand. Die hofsake het dus drie maande geduur, wat daarop dui dat elke geval deeglik op sy eie meriete beoordeel is. Moontlik was daar gevalle waar daar vir die man gesê is dat hy nie van sy vreemde vrou hoef te skei nie. Moontlik was daar van die heidense vroue wat soos Ragab en Rut tot bekering gekom het en dan kon bly. Of dit wel gebeur het, word nie hier gesê nie. Maar dalk het dit tog gebeur, al was dit net in n paar gevalle. Hoe dit ookal sy, baie manne het geskei van die vreemde vroue met wie hulle getroud was, en hulle kinders saam weggestuur. Soos ek reeds gesê het, op die oog af lyk dit baie wreed en bring dit vrae in n mens se gemoed. En tog, al kan ons nie al hierdie vrae beantwoord nie, sit hierdie gebeure jou nogal aan die dink. Dit wys vir ons hoe n ernstige saak sonde is. En juis omdat dit so n ernstige saak is, eis dit ingrypende optrede om daarvan ontslae te raak. Wat het gemaak dat Israel se sonde so n ernstige saak is? Die antwoord lê in Esra se woorde aan hulle in Esra 10:10 (1983/92-Vertaling): Julle het troueloos opgetree. In die 1933/53-Vertaling staan daar: Julle was ontrou. Soos n man ontrou is aan sy vrou of soos n vrou ontrou is aan haar man, so was hulle ontrou teenoor God. Hulle het hulle God by wyse van spreke verneuk! Hulle ontrou was niks anders as verraad nie. Hulle het die HERE hulle God verraai. En hulle het dit willens en wetens gedoen, want die HERE het verskeie kere vir hulle gesê dat hulle nie met die heidense vroue mag trou nie. Waarom het die HERE Israel verbied om met die heidense vroue te trou? Wat was so verkeerd daarmee? Die antwoord kry ons in Deuteronomium 7:3-4 (1983/92-Vertaling): Jy mag nie met hulle ondertrou nie: jou dogter mag jy nie aan een van hulle seuns gee nie en vir jou seun mag jy nie een van hulle dogters as vrou vat nie, want hulle sal jou

4 kinders wegrokkel van die HERE af en hulle sal ander gode dien. Dan sal die toorn van die HERE teen jou ontvlam en Hy sal jou gou uitdelg. Die rede waarom die HERE Israel verbied het om met die heidense vroue te trou, is omdat die gevaar bestaan het dat die vreemde vroue hulle sou wegrokkel van die HERE af sodat hulle dan ander gode dien. Hoe wesenlik hierdie gevaar is, kan gesien word in die lewe van Salomo. Die baie vroue wat hy gehad het, het hom verlei om ander gode te dien, so lees ons in 1 Konings 11:4. Ek dink dat hierdie saak nogal iets te sê het vir die wyse waarop ons ons huweliksmaats kies. Dit is vir my verbasend hoe godsdiens soms geen rol speel, wanneer jong mense n verhouding met iemand aanknoop nie. Dit gebeur selfs dat n jong man nie eens weet aan watter kerk sy vriendin behoort of wat haar geloofsoortuigings is nie of dat n jong meisie nie eens weet aan watter kerk haar vriend behoort of wat sy geloofsoortuigings is nie. So asof hulle dink: Maak dit saak? Glo my, dit maak saak, veral wanneer jy met iemand trou. Al wanneer dit nie saak maak nie, is wanneer jy self nie juis gepla is of jy aan die HERE jou God getrou wil bly of nie. As dit wel vir jou saak maak en jy wel aan die HERE God getrou wil bly, onthou net: Ongelukkig is die feit dat iemand aan n kerk of selfs dieselfde kerk as jy behoort, nie noodwendig n waarborg nie. Kyk maar na die persoon se lewe ook, of hy die HERE ook met sy manier van lewe dien, en in die geval van n vroulike persoon of sy die HERE ook met haar manier van lewe dien. Geliefdes, dit gaan oor meer as net wie jy kies om mee te trou. Dit gaan ook oor die vraag: Wat is daar in jou lewe wat jou ontrou aan God kan maak? Wat is daar in jou lewe wat jou kan verlei om ongehoorsaam aan die HERE jou God te wees? Wat is daar in jou lewe wat kan veroorsaak dat jy die HERE jou God se gebooie oortree? Wat is daar in jou lewe wat kan veroorsaak dat jy die HERE jou God vergeet? Die HERE jou God sê vanoggend vir jou: Raak ontslae van hierdie dinge; roei dit uit. En as dit ingrypende optrede van jou vereis, soos die manne wat destyds van hulle vroue moes skei en hulle kinders wegstuur, moenie terugdeins nie. Doen wat jy moet doen om te sorg dat jy nie verlei word om ontrou aan die HERE jou God te word nie! Wanneer jy dit doen, pas op dat jy nie jouself bluf nie. Dít is juis een van die probleme van die mensdom: Ons bluf onsself so maklik. Ons leef so dikwels in ontkenning oor dit wat verkeerd is in ons lewe. In Esra 10:9 lees ons dat dit gereën het en dat dit koud was. Dit was nie n goeie tyd nie. Ons kan sê, dit was nie n geleë tyd nie. As jy van sonde ontslae wil raak, kan jy egter nie wag tot die tyd sogenaamd reg is nie. Jy mag nie uitstel nie. Van uitstel kom afstel. Ons sien dit gereeld. Mense stel soms teikendatums: Wanneer die nuwe jaar begin, sal ek hierdie verkeerde dinge in my lewe los ; wanneer ek trou, sal ek hierdie verkeerde dinge in my lewe los ; wanneer my kind gebore word, sal ek hierdie verkeerde dinge in my lewe los. En hoeveel kere het die teikendatums in jou lewe gekom en gegaan, sonder dat jy van die verkeerde dinge in jou lewe ontslae geraak het? Ja, ons wag partykeer totdat dit te laat is!

5 Een van die belangrike redes waarom jy van die verkeerde dinge in jou lewe ontslae moet raak, is omdat sonde so maklik deel van ons lewe en lewenswyse word. As jy elke dag met sonde te doen kry, word dit makliker vir jou aanvaarbaar. Hoe meer kontak jy met sonde het, hoe gouer verloor dit sy afstootlikheid. Jy raak gewoond daaraan en dan lyk dit nie meer so erg nie. Is dit nie soms die rede hoekom mense nie altyd die nodige erns en dringendheid het om van die verkeerde dinge in hulle lewe ontslae te raak nie? Die ontdekking dat die volk van die HERE weer eens gruwelik gefaal het, was vir Esra en die volk n seerkry-ervaring. In Esra 10:1 lees ons (1983/92-Vertaling): Terwyl Esra voor die tempel gekniel en gebid en belydenis gedoen het, het n groot aantal Israeliete rondom hom kom staan, mans en vrouens en kinders. Hy het gehuil en die mense het ook hard gehuil. In Esra 10:2 lees ons dat Sekanja vir Esra gesê het: Tog is daar nog hoop vir Israel. Hoekom was daar nog hoop vir Israel? Omdat daar iets soos n nuwe begin is, waar dit wat verkeerd gedoen is, reg gemaak kan word. Iets hiervan sien ons in Esra 10 waar deur middel van ingrypende stappe teruggekeer is na om te doen wat God wil hê. Dit het begin by n besef dat hulle verkeerd gedoen het. En dan nie net n besef dat hulle verkeerd gedoen het nie, maar ook n besef hoe erg dit was, naamlik dat hulle God ontheilig het. Dit het gelei tot n opregte berou en dat hulle hulle weer tot God verbind het. Deel van die verbintenis was dat hulle besluit het om ontslae te raak van dit wat verkeerd is in hulle lewe en te doen wat reg is voor God. Geliefdes, ons Here Jesus Christus het gekom om die sonde en die gevolge van die sonde in ons lewens uit te roei. Dit het Hy kom doen deur die mees ingrypende daad ooit, naamlik om al ons sondes op Hom te neem en aan die kruis namens ons daarvoor te boet. So het Hy ons skuldig wees en die skande wat ons oor onsself gebring het, uitgewis. Hy het dit met sy bloed afgewas en so vir goed daarvan ontslae geraak. Deurdat Hy uit die dood opgestaan het, het Hy die dood oorwin en n nuwe lewe vir ons moontlik gemaak. Hy het ook sy Heilige Gees gegee om aan ons nuwe harte te gee en n nuwe lewe van gehoorsaamheid aan God. Die Heilige Gees lei ons om ontslae te raak van alles wat verkeerd is in ons lewe en om te doen wat reg is. Wanneer jy die seerkry ontdekking maak dat jy gefaal het, onthou dan: Daar is nog hoop. Daar is nog hoop, omdat Jesus Christus vir jou n nuwe begin moontlik gemaak het. Hierdie hoop sal eers werklikheid word, wanneer jy God se roete na n nuwe lewe volg. Hierdie roete is: Herken en erken jou sonde. Erken dat jy gefaal het. Glo dat Jesus Christus reggemaak het wat jy deur jou sonde stukkend gemaak het. Glo dat God vir jou n nuwe lewe gegee het. Lewe die nuwe lewe wat God vir jou gegee het. Dit behels onder andere om (soos Israel in Esra 10) ontslae te raak van al die verkeerde dinge in jou lewe en dit met die goeie te vervang. Dit behels dat jy ontslae sal raak van al die dinge wat jou kan verlei en ontrou aan die HERE jou God kan maak.

Bid dat God jou deur sy Heilige Gees op hierdie roete sal lei. Hy maak die nuwe begin werklikheid in jou lewe. 6 Ek wil afsluit deur terug te keer na die tema van ons fokustyd. Soos julle weet, is dit: Onthou om te onthou, vergeet om te vergeet. As jy die HERE jou God wil onthou, moet jy ontslae raak van alles wat kan veroorsaak dat jy die HERE jou God vergeet. Dít is hoe vandag se preek inpas by die tema van ons fokustyd. Amen.