Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Welkom by Die Storie God se storie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

In nood kan ons God as Vader aanroep.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

'n Man gestuur deur God

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

PSALM 68:7. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8. Gebed

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Van Vervolger tot Prediker

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Die Groot Gebod dennis de wet

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Die Kerk se Geboorte

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Pragtige Koningin Ester

Transcriptie:

SKRIFLESING: Efesiërs 5:21-33 TEKS: Efesiërs 5:25, 28 TEMA: Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike. Psalm 2 : 6 Psalm 90 : 4 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 4 Psalm 128 : 2, 3 Skrifberyming 89 (13-3)

2 Dis so nodig in ons tyd, dat mans weer sal wees soos wat die Here hulle wil hê in huwelike en in huisgesinne en in die kerk en in die samelewing. Dis een manier waarop die ontbinding van huwelike en die verval van gesinne en die agteruitgang in baie kerke en in die lewe van volke en samelewings omgekeer kan word. Ons gaan vanoggend na een faset van Bybelse man-wees kyk: die man se optrede in sy huwelik; want goeie huwelike is die basis vir goeie huisgesinne, en goeie huisgesinne is een van die boustene van stabiele gemeentes en van gesonde samelewings en van volke wat wil oorleef en wil vooruitgaan! Wat ons hier van Bybelse man-wees in die huwelik hoor, is dat Christen-mans iets van Christus se liefde vir Sy gemeente in hulle liefde vir hulle vrouens moet wys. Dis die hoofgedagte van hierdie preek: - n Christen-man moet iets van Christus se liefde in sy huwelik wys. Kyk na drie sake in besonder: 1. dat dit hier oor Christen-mans gaan; 2. dat hulle hulle vrouens moet liefhê; 3. dat hulle so iets van Christus se liefde wys. 1. CHRISTEN-MANS Hierdie verse staan nie aan die begin van die apostel se brief nie. Dit staan ná verse en hoofstukke waarin hy oor die genade van die Here geskryf het - genade wat hulle uit die donkerte in die lig ingebring het, uit die mag van die duiwel onder die liefdevolle heerskappy van Christus in; - genade wat hulle van vyande van God in kinders van God verander het; - die genade van die Vader se verkiesing, van die verlossing deur die Seun en van die Heilige Gees wat ons verseker dat ons nou God se eiendom is. Dis eers as hierdie genade van die Here jou oorrompel het, wat opdragte soos hierdie wat ons vanoggend gelees het, jou gaan aanspreek, vir jou gaan sin maak, iets gaan word wat jy regtig probeer doen.

3 Vir n man wat nog nie regtig deur die Here se liefde gegryp en verander is nie, gaan hierdie opdragte belaglik klink. En so n man gaan hier uitstap en niks in sy lewe en in sy huwelik anders doen as wat hy dit tot vandag toe gedoen het nie. Die Here praat hier met mans wat aan Hom behoort, wat dit wat in die vorige deel van die brief staan, hulle eie gemaak het. Hy sê dat ons ons vroue 2. MOET LIEFHê Dis nogal n verrassing, nie waar nie? Na die opdrag aan die vroue om aan hulle mans onderdanig te wees, het ons gedink die mans gaan n opdrag kry soos: - gaan wees die hoof van jou vrou! - gaan heers oor haar! - gaan vat die leisels en lei haar! Maar nêrens in die Bybel is daar so n opdrag aan die man nie. Hierdie opdrag is ook n verrassing omdat ons vir n man n soort opdrag wat n bietjie meer van krag maak, verwag het, n opdrag wat pas by spiere en waagmoed en aggressie! Liefhê klink so half verfynd is dít nou iets vir n mán? Kom ons kyk wat hierdie opdrag van die Here aan mans behels; en dan sal u sien dat dit vir helde bedoel is geestelike helde! Dis in die eerste plek n opdrag tot aanhoudende liefhê. As die Here sê: Mans, julle moet julle vrouens liefhê dan is die woord liefhê in die vorm wat sê: aanhou liefhê. Hierdie liefhê is dus iets anders as verliefdheid wat net so n rukkie hou. En dis iets anders as n tydelike emosionele opwelling. 1 1 Mans kla altyd dat vroue hulle deur hulle emosies laat beheers. Hier is dan nou vir mans die geleentheid om te wys hoe dit nie by hulle as mans gebeur nie.

4 En dis iets anders as hartstog wat jou kan oorval. Hierdie liefhê is n voortdurende verpligting 2 wat die man het, n permanente ingesteldheid en manier van optrede teenoor sy vrou. En daarom is dit ook n onvoorwaardelike liefde. n Liefde wat moet aanhou, kan nie sê: ek sal jou liefhê as jy dit, of: ek sal jou liefhê solank jy dat nie. n Liefde wat voorwaardes stel, is n liefde wat oorweeg om iewers op te hou, maar n man mag nie ophou om sy vrou lief te hê nie. n Christen-man moet sy vrou sonder ophou liefhê. Hy moet haar liefhê (sê die Here hier) soos Christus die kerk liefgehad het. Wat n opdrag! Besef u wat dit beteken? Ten minste drie dinge. In die eerste plek het Christus se liefde gemaak dat Hy Homself vir die kerk oorgegee het, soveel so dat Hy Sy lewe vir die kerk afgelê het. Die Seun van God het Sy hemelse plek en eer en voorregte eenkant toe geskuif, n mens ook geword, in hierdie stukkende lewe saam met ons kom lewe, en uiteindelik aan die kruis die verskriklike Godverlatenheid gely en die dood gesterf, wat die straf is op die sondes van hulle vir wie Hy Homself so oorgegee het. Hy t álles wat Hy was en gehad het, opgeoffer, nie net vir n kort tydjie wat Hy deur Sy gevoelens oorweldig is nie, maar as Sy lewenstaak wat Hy getrou en tot die einde toe uitgevoer het. Só moet jy, broer, jou vrou liefhê. Jy moet bereid wees om, wanneer liefde dit van jou vereis, enige iets vir haar op te offer: - n droom of ideaal wat jy nog altyd gehad het; 2 Vers 28 in Grieks

5 - n stokperdjie; - n sport; - n gewoonte wat negatief op julle twee se verhouding inwerk; - jou naweek; - jou vakansie; - jou aftreeplanne; - selfs jou lewe, as dit die dag nodig mag wees. Christus het niks teruggehou nie En Christus se liefde, wat jy moet navolg, was in die tweede plek n liefde vir n kerk wat dit glad nie werd was nie Nie een van die mense vir wie die Here Jesus Sy lewe afgelê het, was dit werd nie. Nie een van hulle verdien enige iets van Sy liefde nie. Nie een van hulle het Hóm liefgehad en gedien soos hulle dit behoort te doen nie, inteendeel En tog het Hy Sy lewe vir hulle afgelê. Só moet jy, broer, jou vrou liefhê. Al voel jy dat sy dit nie verdien nie. Sy tree dalk nie teenoor jou op soos wat sy behoort te doen nie en nou voel jy dat jy haar n bietjie moet terugkry, moet laat voel wat sy aan jou doen. Maar dis nie soos Christus liefgehad het nie. Onthou dat jy as gelowige man daardie liefde wat die Here Jesus vir jou het en wat die grootste feit en wonder in jou lewe is, glad nie verdien nie! En tog het jy dit gekry verniet, uit genade. So moet jy ook jou vrou liefhê. Net soos jy, is sy ook n sondaar.

6 En net soos jy al baie kere verkeerd teenoor haar opgetree het, het sy sekerlik ook al verkeerd teenoor jou opgetree. Maar dit mag nie jou liefde vir haar stop nie. As ons sondes Christus se liefde vir ons gestop het, wat sou dan van ons geword het? Die derde wat ons hier van Christus se liefde vir Sy kerk hoor, is dat dit Sy kerk mooi maak in n geestelike sin. Christus se liefde het Sy kerk skoongewas van sondes, en innerlik nuut gemaak aan God gewy, en n lewe gegee waar die kerk uiteindelik n volmaakte liggaam en siel sal hê sonder enige vlek of rimpel of iets dergeliks. Natuurlik kan ons nie ons vrouens se sondes wegvat of hulle innerlik verander nie. Tog moet jou liefde vir jou vrou, broer, haar op n manier mooi maak. Jou liefde vir haar moet dit vir haar n vreugde maak om uiterlik mooi vir jou te wees, én jou liefde moet die mooie en die goeie in haar gees aanmoedig Soos Christus Sy kerk liefgehad het, só moet jy jou vrou liefhê. Ook soos jy jouself liefhet, jou eie liggaam. Mans moet hulle vroue ook liefhê soos hulle eie liggame. Die huwelik maak n man en vrou mos een, so een dat die ander een as t ware deel van jouself raak. En wie sorg nie vir homself nie? So vanselfsprekend soos wat n mens na jou eie liggaam kyk, so vanselfsprekend moet mans na hulle vrouens kyk. En hoe kyk n mens na jou liggaam? - Jy voed en versorg dit. 3 - Jy voed en koester dit. 4 3 AV 1983 4 AV 1933/53

7 Om jou vrou lief te hê, beteken om te sorg dat sy kos en klere en n dak oor haar kop het en álles wat n mens en spesifiek n vróú nodig het. 5 Maar om jou vrou lief te hê, beteken ook om haar te koester, om haar warmte te gee, emosionele sorg en ondersteuning, geborgenheid, om een te wees wat met begrip luister na haar probleme en frustrasies en na dinge wat haar ongelukkig maak, en wat haar dan daarin probeer troos en goeie leiding gee. Om jou vrou lief te hê, is om haar te voed én te koester, om haar fisies én emosioneel by te staan. As jy vir haar sorg sonder om haar te koester, is jy n koue mens. As jy haar goed koester, maar nie vir haar sorg nie, is jy net nog n luiaard met n gladde tong. Mans moet hulle vroue so vanselfsprekend voed en koester soos wat n mens vir jou eie liggaam sorg Jy moet jou vrou aanhoudend liefhê, liefhê soos Christus die gemeente liefgehad het, liefhê soos wat jy jou eie liggaam liefhet. Kan u nou hoor dat hierdie opdragte opdragte vir n mán is? Dit verg geweldige krag om jou natuurlike selfsug en selfgesentreerdheid te bowe te kom in jou huwelik. Dit verg baie opofferings en jare se harde werk van n man om voldoende vir sy vrou en gesin voorsiening te maak. Dit verg eie emosionele standvastigheid om n ander een emosioneel te kan bystaan. Dit verg moed om, wanneer dit nodig mag wees, jóú lewe op die spel te plaas ter wille van jou vrou. Dis net die Heilige Gees wat n man sterk genoeg vir hierdie liefhê kan maak 5 Volgens die Bybel is die versorgingsplig hoofsaaklik die man se verantwoordelikheid. Daarom is dit so verkeerd dat verwronge ekonomiese- en arbeidsbeleide in hierdie wêreld dit baie kere vir n man moeilik maak om werk te kry. Maar sover dit van hom self afhang, is n man die een wat vir sy vrou moet sorg.

8 3. SO WYS DIE MAN IETS VAN CHRISTUS SE LIEFDE Dis iets wonderliks in hierdie gedeelte, dat dit die huwelik optel tot n afbeelding van die verhouding tussen Christus en Sy kerk. Vir almal wat dit sien, behoort n Christelike huwelik iets te wys van hoe dit tussen Christus en Sy kerk gaan: - in die vrou se gewillige onderdanigheid aan haar man, moet iets gesien kan word van hoe die gemeente die Here gewillig volg; - en in die man se liefde vir sy vrou, moet iets gesien kan word van Christus se liefde vir Sy gemeente, Sy bruid, vir wie Hy Sy lewe afgelê het om haar te red van die straf van God wat sy eintlik met haar sondes verdien het. Ons eie geluk is nie die eerste doel van ons huwelike nie. Ons huwelike is in die eerste plek huwelike wat moet afbeeld wat die Here afgebeeld wil hê, huwelike vir die Here! Wanneer jy as man jou vrou liefhet soos wat hier staan, preek jy met jou liefde iets van daardie wonderlike liefde van jou Here wat Hy aan jou ook bewys het. En dis n preek wat jou vrou hoor en wat jou kinders sien en wat ook al die ander familie en vriende en medegelowiges en ongelowiges wat op een of ander manier met jou en jou vrou te doen kry, bereik. Wat n voorreg wat ons as mans het om in hierdie harde en ongenaakbare en liefdelose wêreld iets van die glans van die liefde van Christus te kan weerkaats vir ons Here Wat n ontsaglike verantwoordelikheid Julle klein outjies, veral julle seuntjies: Eendag as jy groot is en die Here vir jou n vrou gegee het met wie jy getroud is, dan moet jy baie lief wees vir haar, en jy moet mooi vir haar sorg en haar altyd help. Sy moet sommer baie gelukkig wees by jou.

9 Dis wat die Here van n man wil hê. TEN SLOTTE Huwelike breek omdat mans en vroue nie daarin leef soos hulle dit behoort te doen nie. En waar huwelike breek, word gesinne ontwrig en ly ook kerk en volk en samelewing daaronder. Vanoggend is dit wat die Here wil hê wat mans in hulle huwelike moet doen, onderstreep. En die meeste van ons as mans is nou sekerlik skaam oor hoe ver ons tekortskiet en hoe baie ons heeltemal anders gedoen het as wat die Here van ons verwag. Maar as ons die Here opreg vra, sal Hy ons ook hiervoor vergewe. Hy het Homself ook vir ons huweliksondes oorgegee. Ons moet nou maar net nie verder gaan sondig nie. Gaan loop dan voor, broer, daar in jou huis as jy dan die hoof is, soos hier in vers 23 staan in die uitvoering van die Here se opdragte. Moenie vir jou vrou wag om te verander nie. Gaan wees vir haar lief soos wat die Here jou liefgehad het. Gaan doen iets daaraan om kerk en volk en samelewing regop te help hou: - gaan wees lief vir jou vrou! Gaan preek vir mense van Christus se liefde, deur jou vrou te gaan liefhê soos Hy Sy kerk liefgehad het! En u, susters, gaan bid sonder ophou dat die Heilige Gees alle Christen-mans só sal maak AMEN