Hoop op God vat onrus in die hart weg

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesaja sien die Toekoms

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:25. Die nag toe die tronk n tempel geword het. Psalm 146 : 1, 3. Psalm 4 : 3.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Van Vervolger tot Prediker

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Welkom by Die Storie God se storie

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die brief aan die Filippense

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Teenoor Christus kan n mens nie neutraal staan nie

SKRIFLESING: Rigters 6:1-27. TEKS: Rigters 6: Die Here stuur jóú om op te tree. Psalm 18 : 1. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6.

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Goeie Konings, Slegte Konings

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Pragtige Koningin Ester

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Transcriptie:

SKRIFLESING: Psalm 42 en 43 TEKS: Psalm 42:12 TEMA: Hoop op God vat onrus in die hart weg Psalm 90 : 1, 2 Psalm 90 : 4 Psalm 73 : 1 Psalm 130 : 3, 4 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Pss 42 : 6, 7; 43 : 5; 79 : 6; 115 : 2; 119 : 13

2 Party van u het sekerlik n goeie jaar gehad het: - suksesse en vordering by u werk of in studie; - goeie gesondheid; - finansiële sekuriteit; - n rustige en stabiele geloof - en selfs groei in geestelike sake. As dit so is, het u baie rede om vir die Here dankie te sê, ryke stof waarvoor u Hom kan prys (soos ons altyd Psalm 146 sing). En dan móét u dit ook doen. Dan móét u in u oujaarsgedagtes en reëlings n belangrike plek gee aan dankbaarheid teenoor die Here. Maar daar s kinders van die Here, ook hier by ons, wat nie n maklike jaar gehad het nie, wat hierdie jaar een of ander tyd die stemmetjies gehoor het wat vir jou sê: - Waar is jou God? - Waar was Hy toe dit of dat gebeur het? - Waar is Hy nou dat jy Hom so bitter nodig het? En hoe antwoord n mens hierdie vraag, hoe oorleef n mens die vertwyfeling wat hierdie vraag by jou bring, veral as jy self platgeslaan is deur dinge wat gebeur het, of uitgemergel is deur nood en probleme wat net nie wil einde kry nie? Hoe kom n mens by hierdie vraag verby? In Psalm 42 wys die Heilige Gees ons die pad: - jy hoop op God, want dit bring weer rus. Dis dan wat vanoggend vir u gepreek word: - hoop op God vat onrus in die hart weg. Kom ons kyk eers in meer detail na hierdie vraag en sy effek op n mens, en dan na die oplossing daarvoor wat ons in hierdie Psalm kry. 1. DIE VRAAG EN SY EFFEK

3 Uit die baie kere wat jy van hierdie vraag (En waar is jou God nou?) in die Ou Testament lees, kan n mens aflei dat dit n vraag was waarmee God se volk deur die eeue getreiter is. 1 En dis duidelik uit die kontekste waarin jy daarvan lees, dat dit n vraag was wat vir die Here se kinders gevra is wanneer dit met hulle sleg gegaan het, wanneer die samelewing deur korrupsie en onderlinge rugstekery uitmekaargeskeur is, of hulle deur natuurrampe getref is, of hulle vyande hulle oorval en vertrap en selfs in ballingskap weggevoer het. In Psalm 42 het ons byvoorbeeld die lied van n gelowige wat om een of ander rede weggedryf is van die normale diens aan God daar by die tempel en wat gedurig moet hoor hoe sy teenstanders vir hom sê: En waar is jou God nou? Hierdie vraag is spesifiek op n gelowige se siel gemik, op iemand wat glo en bely: - die Here is by my; - Hy sal my help en red wanneer ek Hom nodig het. En wanneer dit nou lyk asof die Here nie help en red nie, steek die duiwel mense op om vir die gelowige te vra: En waar is jou God nou? met die implikasie: - ag man, God is nie daar nie Hy bestaan nie; - of ás Hy bestaan, is Hy in elk geval nie vir jóú daar nie! En dis n vraag wat die gelowige diep tref en seermaak: - dit laat hom huil (sê die digter hier in vers 4); - dit sny deur sy hele wese (vers 11), dis soos n swaard wat in jou insteek tot teen die been toe. 2 Een van die dinge wat hierdie vraag so diep laat seermaak, is die feit dat daar allerhande redes kan wees waarom die gelowige wat swaarkry, self ook met hierdie vraag worstel. Dit kán partykeer vir n gelowige mens voel asof God jou weggestoot het. Die digter van hierdie Psalm sê: Ek wil vir God sê: My Rots, waarom het U my vergeet? 3 1 Sien bv Pss 10; 79:10; 115:2; Joel 2:17; Miga 7:7-10. 2 Vers 11 meer letterlik. 3 Vers 10. Vgl ook Ps 43:2

4 Wat n verskrikllike gedagte: dat God dalk van jou vergeet het Hoe antwoord n mens in elk hierdie vraag as jy self nie verstaan waarom God doen wat Hy doen en toelaat wat Hy toelaat in jou lewe nie? God se plan en die manier waarop Hy oor die wêreld en oor Sy kerk en oor kinders van Hom regeer, is mos partykeer vir ons onverstaanbaar, ondeurgrondelik. Hoe antwoord jy die vraag: En waar is jou God nou? as jy self nie begryp wat God besig is om te doen nie? En partykeer tref hierdie vraag ons baie diep, omdat ons hier diep binne in ons voel: - maar ek ís so n slegte mens dat ek dit eintlik verdien dat God van my af weggaan; - dit het dalk nou regtig gebeur dat Hy my gelos het! Verstaan u nou hoekom die digter hier in ons teks op n vra-manier kan sê dat hy vol vertwyfeling is en kerm? Letterlik sê hy dat hy diep neergebuig is platgeslaan is (sal ons in ons taal sê), en dat hy onrustig is. Dis n verskriklike vraag, n messteek, veral in die siel van n gelowige wat al klaar swaarkry: - En waar is jou God nou? Hoe kom ons hier verby? 2. DIE OPLOSSING IN HIERDIE PSALM Die Heilige Gees het hierdie digter geïnspireer om die woorde van ons teksvers nie net die klagte nie, maar ook die oplossing drie keer te herhaal: - eers in vers 6; - hier in vers 12; - en dan ook in Ps 43:5 (wat waarskynlik eintlik deel van dieselfde Psalm was, of ten minste deur dieselfde digter gedig is). Drie keer die drie-enige God se spesiale stempel. Dis die oplossing wat Hý vir ons gee: - Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom n loflied sing. Hy is my helper en my God!

5 - Hoop op God! (sê die ander Afrikaanse vertaling.) Die gelowige (so hoor ons in hierdie vers) veg teen die vertwyfeling en die onrus wat sy swaarkry en wat die twfelvraag van sy teenstanders in sy binneste bring. Ons teksvers is die woorde van iemand wat met hom-/haarself veg: - Hoekom is jy onrustig? - Nee man, moenie so wees nie: Hoop op God! Hy sál jou help! Die drie keer herhaling sê ook dat jy hierdie stryd teen die vertwyfeling en onrus in jou binneste moet aanhou stry; - dis nie n oorlog wat na net een veldslag verby is nie; - die vyand gaan jou aanhou aanval met die vraag: Waar is jou God? - en jy gaan jou moet aanhou terugveg met die aansporing aan jouself om op God te vertrou. Wat beteken hierdie selfaansporing: om op God te vertrou, te hoop? Die woord wat hier gebruik word, praat van die afwagting dat God gaan kom en gaan help. Hoop is hier om vas te gryp aan wat God nog vorentoe gaan doen. Hoe weet ons of Hy vorentoe nog iets gaan doen en wat Hy vorentoe gaan doen? Dis maklik: ons kyk wat Hy belowe het, en dan weet ons dit! In vers 9 het die digter ietsie van waarop hy hoop, laat deurskemer toe hy gesê het: - Tog sal die Here weer op n dag sy trou laat blyk Dis een van die beloftes van die Here aan Sy kinders: - dat Hy en Sy hulp een of ander tyd deur die wat met gelowige geduld daarop bly wag, 4 gesien sál word! 5 Hierdie hoop/afwagting sien vooruit dat daar n dag gaan wees waarop jy nie meer gaan wil kla en kerm nie, maar vir God n loflief gaan sing vir Hom wat jou helper en jou God is. God ís mos jou helper en jou God. Dis dan wat die Here Jesus vir ons gedoen het: om God weer óns God te maak. 4 Luk 18:1-8 5 Vgl bv Ps 37:34; 91:8, 16 (AV 1933/53); Hab 3:2; Mal 1:5; Mat 5:8; Rom 8:24-25;

6 En dis wat Hy vir ons waarborg: dat God dié wie se God Hy is, sal help. Die Here Jesus het ook sielsbenoudheid geken. Hy t byvoorbeeld, toe Hy vir ons daar in Getsemané geworstel het om God se wil te aanvaar, vir Sy dissipels gesê: - Ek voel doodsbenoud. 6 En toe Hy daar aan die kruis gehang het om te boet vir óns sondes, het Hy ook hierdie duiwelse spot beleef, toe van die priesterhoofde en skrifgeleerdes en familiehoofde gesê het: - Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gesê hy is die Seun van God! 7 = Waar s jou God van wie jy gepraat het, nou? Die Here Jesus het selfs die angs van die hel geken daar waar God regtig weg is! Maar Hy t dit in ons plek, vir ons gedra, sodat ons elkeen wat in Hom glo, nooit daardie benoudheid sal ken nie, nie deur God verstoot sal word oor ons sondes nie, maar vergewe sal word, deur die hemelse Vader as Sy kinders aangeneem sal word, en op die regte tyd gehelp sal word deur n volmaakte Vader wat nooit vir Sy kinders klippe sal gee as hulle brode vra nie 8 Die Here Jesus het met Sy lyding en benoudheid en dood God weer ons God laat word van wie se hulp ons doodseker kan wees, vir Wie ons met die grootste sekerheid kan afwag. 9 En na Sy opstanding uit die dood en Sy hemelvaart, het die Here Jesus Sy Heilige Gees oor ons uitgestort, wat die Stem in ons word wat al die twyfelstemme stilmaak, wat ons, as allerhande stemmetjie vir jou sê En waar is jou God nou? laat antwoord: - Bly julle stil! Want ek hoop op God! - Ek weet ek gaan weer vir Hom n loflied sing, want omn Christus ontwil ís Hy my helper en my God! 6 Mat 26:38. Vgl ook Joh 12:27 7 Mat 27:43 8 Mat 7:7-11 9 Jy kan nie sê dat jy glo dat Jesus aan die kruis vir jou gesterf het, en dan nie glo dat God jóú God ook is en jou sál help nie.

7 En só met die hoop wat die Heilige Gees ons op God gee word die onrus in ons binneste weggevat TOEPASSING U móénie vergeet om die Here spesiaal te dank as u n mooi en voorspoedige 2012 gehad het nie. Hoor julle kindertjies dit ook? Jy moet môre, wanneer dit die laaste dag van hierdie jaar is, onthou om vir die Here dankie te sê vir al die mooi en lekker dinge wat Hy hierdie jaar vir jou gegee het, en vir al die kere wat Hy jou gehelp het toe jy vir Hom gevra het. Dit sal baie lelik wees as julle vergeet om dit te doen Maar daar ís ook dié van u wat hierdie jaar swaar gekry het, en wat die stemmetjie gehoor het wat vir jou gevra het: - En waar is jou God? - Waar was Hy toe die makelaar jou geldjies op die verkeerde plek belê het? - Waar was Hy toe die vuur jou bates verwoes het? - Waar was Hy toe jou kind die pad byster geraak het? - Waar was Hy toe jy daar by die werk onregverdig van n verhoging beroof is? - Waar is Hy nou dat jy permanent met die pyne van jou siekte of van die ouderdom worstel? - Waar is Hy nou dat jou huwelik voor jou oë besig is om te verkrummel? - Waar is Hy nou dat die sorge en bekommernisse jou dag en nag ry en al die vreugde uit jou lewe uitwurg? - Waar is Hy as jy met trane smeek vir dit wat jy so graag wil hê? - Waar is Hy as dit vir jou voel of jou geloof besig is om weg te sypel? U moenie dat hierdie stemmetjie onbeantwoord bly nie. Moenie hierdie jaar uitgaan met hierdie duiwelse steekvraag in u ore nie. Veg terug en hou aan terugveg. Sê vir uself:

8 - Hoekom sal ek met vertwyfeling en onrus bly sit? - God is mos daar! - En deur Jesus ís Hy mos mý God en my Helper! - Hoop op Hom, my siel! - Wees vol afwagting op wat Hy vir my gáán doen! - Daar gáán weer n dag kom wat Sy trou gaan blyk! Sê dit vir uself. As u alleen is by die huis of in u motor is, of waar ook al die spotstemmetjies kom: sê dit sommer hardop. En begin ook sommer solank n lofsang oefen Laat dít die laaste woorde van 2012 by u wees en dan sommer die eerste van 2013 ook: - Vertrou op God! - Hoop op God! AMEN