PPS die Krag van n Onderlinge Struktuur

Vergelijkbare documenten
Deel in die wins van PPS PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel PPS Professional Life Provider PPS Professional Disability Provider

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Gids vir Byvoordele eise

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Les 14: Entrepreneurskap

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Statistieke met een oogopslag

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maandagoggend Vooruitsig 10 April 2017

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Briewe, posseëls en elektroniese pos

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Maandagoggend Vooruitsig 26 September 2016

Sentraalbeplande stelsel

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

ARBEIDSREG ABR214. T:

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Gids vir Lewende-voordeel eise

VOORBEELD VAN HOE ONS GAPING VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

TERUG TE VEG GREENLIGHT ERNSTIGE SIEKTE-DEKKING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

EUROPA Trust Company 2

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Gids vir Werkgewers en Werknemers

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Dit mag dalk vir ons eise-afdeling nodig wees om met hulle in verbinding te tree vir meer inligting.

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Transcriptie:

PPS die Krag van n Onderlinge Struktuur PPS bestaan suiwer tot voordeel van sy lede. Mike Jackson, Uitvoerende Hoof Dit is juis die onderlinge karakter van PPS wat sorg dat hy suiwer tot voordeel van sy lede bestaan. PPS-lidmaatskap is eksklusief beskikbaar vir gegradueerde professionele persone wat n vierjaar-graad* het of besig is om te voltooi. Met bykans 200 000 gegradueerde professionele lede is PPS die grootste multidissiplinêre groep professionele persone in die wêreld. Binne sy ledekorps is daar n besonderse gevoel van samehorigheid en eienaarskap. Die krag van n onderlinge struktuur stel lede in staat om eksklusief in die maatskappy se wins te deel, en terselfdertyd gefokusde en buitengewone finansiële voordele te kry wat by hul beroepslewe aangepas is. *Onderhewig aan PPS se kriteria vir lidmaatskap PPS-lidmaatskap en n Geïnspireerde Begin PPS-lede is deel van n binnekring wat sedert 1941 na hul belange omsien. PPS is deur n groep tandartse in die lewe geroep as die Professionele Voorsieningsvereniging van Suid-Afrika, om aan sy lede unieke siektevoordele te verskaf in geval van siekte of wanneer hulle nie kon werk nie. Sedertdien het beide die ledetal van die vereniging en sy diensreeks aansienlik uitgebrei. Vandag het PPS-lede eksklusiewe toegang tot n portefeulje met buitengewone voordele, wat nou versekerings-, gesondheidsorg-, aftree-, spaar- en beleggingsprodukte insluit. Sy ledekorps het uitgebrei en sluit nou n breë spektrum van professies in, soos rekenmeesters, aktuarisse, argitekte, prokureurs, ingenieurs, regters, aptekers, sielkundiges, chirurge, veeartse en ander professionele persone. Na bykans 70 jaar geniet PPS as n beproefde en betroubare maatskappy erkenning vir sy waarde, goeie naam en integriteit. PPS is daar vir sy lede, altyd gereed om te luister en te ondersteun en te help, deur elke fase van hul professionele lewe vanaf hul gradedag tot hul aftrede en daarna. 2

PPS-lidmaatskapvoordele Eksklusiewe toegang tot lededienste by www.pps.co.za PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel Beveilig u toekoms en verlaag finansiële risiko. Dekking vir uself wanneer u nie kan werk nie PPS Professional Life Provider Sorg dat u gesin nie finansiële sorge het ingeval u sterf of medies ongeskik raak nie PPS Professional Health Provider Dekking vir uself, teen ernstige siekte, fisiese inkorting en trauma PPS Professional Disability Provider Ongeskiktheidsdekking vir uself PPS Business Provider Sakeversekeringsdekking om u bydrae tot u onderneming te beskerm PPS Beleggings Kostedoeltreffende en aanpasbare aftree- en spaarprodukte PPS Korttermynversekering Dek u kosbare besittings met motor- en huishoudelike versekering Profmed Mediese Skema Mediese fondsvoordele wat vir die behoeftes van gegradueerde professionele persone voorsiening maak PPS Begunstigdetrust n Nalatenskap vir u geliefdes. In plaas van om n nuwe trust te stig, kan bates by sterfte na die PPS Begunstigdetrust oorgeplaas word

Gevoel van Eienaarskap PPS fokus op die lewering van volhoubare langtermyngroei vir sy lede, terwyl die onderlinge karakter die hoeksteen van sy sakemodel bly. Lede word werklik deel van die maatskappy omdat wins eksklusief met hulle gedeel word. As n ongenoteerde maatskappy hoef PPS nie aggressiewe winsteikens te stel om onbestendige korttermyn-opbrengste aan aandeelhouers te lewer nie. PPS se onderlinge vorm van eienaarskap verbind hom op unieke wyse met sy lede, en sy onbetwisbare finansiële krag rugsteun die langtermynbeloftes wat hy maak. PPS-struktuur 4

Reeks Lidmaatskapvoordele

Wins bly in die binnekring Alle lede van PPS wat die PPS Provider -reeks voordele het, kan in PPS se finansiële sukses deel, deur die unieke Surpluskortingrekening (SKR). Elke rand se waarde wat PPS skep, is tot voordeel van ons lede nou sowel as in die toekoms Chris de Klerk, Maatskappy-aktuaris Daar is geen premiekoste verbonde aan die SKR nie. Die SKR word outomaties geskep vir lede wat die PPS Provider -versekeringspolis aangaan. Wins word aan die SKR toegewys volgens die getal Voordeeleenhede wat in PPS Versekering se PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel gehou word. Addisionele jaarlikse toewysings kan verkry word deur enige van PPS Beleggings se produkte by u portefeulje te voeg. Gedurende die afgelope vyf jaar alleen, het PPS wins van sowat R6.1 miljard aan sy lede se Surpluskortingrekenings toegewys. Dit is n ongeëwenaarde model in die mark. Baie lede het SKR-saldo s opgebou wat groter is as hul totale premiebetalings. HET U GEWEET? Baie van ons lede het SKR-saldo s opgebou wat groter is as hul totale premiebetalings! Voorbeeld: Mnr Professionele Persoon, ouderdom 67, PPS-lid vir 37 jaar Totale premies betaal: R 639,825 Totale siektedekking ontvang: R 104,947 SKR-saldo op 31/12/2008: R 807,109 Mnr Professionele Persoon het dus baat gevind by toewysings van meer as R800 000 aan sy SKR wat aansienlik meer is as sy totale premiebetalings aan PPS Versekering! Inligting oor vorige prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Die geskiedenis het bewys dat die waarde van n SKR binne slegs sewe jaar gelyk kan wees aan die totale premiebetalings ten opsigte van die Voordeeleenhede wat gehou word Chris de Klerk, Maatskappy-aktuaris 6

Die krag van die SKR Bonustoewysings aan lede Rm 600 500 400 300 200 100 554 388 401 243 278 2004 2005 2006 2007 2008 Die SKR word by aftrede, na ouderdom 60 of by afsterwe belastingvry uitbetaal. Toewysings aan die SKR gaan voort ongeag n lid se eisgeskiedenis of eisstatus. Die SKR Retensie-opsie is by aftrede beskikbaar. Dit stel lede in staat om steeds hul geld by PPS te belê, met volle toegang tot die fondse en sonder transaksiekoste. Inligting oor vorige prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Omtrent PPS Versekering PPS Versekering is n toonaangewende spesialisversekeraar met n lang geskiedenis van voorsiening van buitengewone versekeringsvoordele aan gegradueerde professionele lede van PPS. Sy siektevoordeel vir professionele persone die eerste van sy soort in die mark dek spesialisrisiko s wat n bietjie meer begrip verg. Die sukses van PPS Versekering berus op n grondige kennis van die gegradueerde professionele mark. Sy toegewyde onderskrywers en versekeringsdeskundiges verstaan die besondere risiko s waaraan professionele persone blootgestel is, en kan voordele aanbied wat by elke spesifieke beroep aangepas is. PPS Versekering het was nog altyd eerder ingestel op wie hy verseker, as op wat hy verseker. Dit beteken dat u as polishouer nie die onverskillige gedrag van die klein minderheid hoef te subsidieer nie. Dit lei tot minder eise en meer mededingende premies, danksy n lae-risiko -ledepoel. Die belangrikste deel van PPS Versekering se besigheid is die verwerking van eise. Dit is eers wanneer u eis dat u agterkom presies hoe goed u versekeringsmaatskappy is. By PPS Versekering sal u altyd praat met iemand wat u posisie verstaan en u eis simpatiek sal hanteer. PPS Versekeringsvoordele Raadpleeg asseblief die produkbrosjures vir die PPS Provider en PPS Business Provider om te sien watter omvattende reeks voordele vir lede beskikbaar is. Die brosjures is by u toegewyde finansiële adviseur en by www.pps.co.za verkrygbaar. PPS bied wêreldwye dekking met geen ekstra beladings, uitsluitings of beperkings nie, ongeag waar u in die wêreld reis, woon of werk. Daar is ook nie beladings of uitsluitings vir gevaarlike stokperdjies of aktiwiteite soos valskermsweef of privaat vlieg nie, en eise voortspruitend uit sulke aktiwiteite word ten volle gedek. Wat belangrik is, is dat eise vanaf enige plek in die wêreld ingedien kan word, selfs wanneer u met vakansie is, en anders as by ander versekeraars, is daar geen vereiste dat u in Suid-Afrika mediese ondersoeke moet ondergaan nie. My ervaring by PPS Versekering was moeitevry en werklik merkwaardig. Al wat ek moes doen, was om my eisvorm saam met die mediese sertifikaat van my dokter in te dien, en PPS het my binne n week vergoed vir die tyd wat ek nie kon werk nie. Dr Mark Colin Human, PPS-lid 7

Opsomming van PPS Versekeringsvoordele PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel Die eerste voordeel wat ooit deur PPS bekend gestel is, is deur die jare verbeter sonder ekstra koste vir lede en bied beskerming van wêreldgehalte, waar u ook al in die wêreld is. Unieke dekking van Bruto Professionele Inkomste belasbare inkomste en besigheidsuitgawes vir die volle duur van die eis Geen bewys van verlies van inkomste nodig nie Geen saamvoeging met ander voordele nie voordele word betaal ongeag enige ander dekking wat u moontlik het Studente in hul vierde akademiese studiejaar kan hierdie dekking en hospitaalvoordele vanaf slegs R19,80 p.m. verkry PPS Siektevoordeel Betaal vanaf dag 1, wanneer u 7 dae of langer aaneen siek is, naweke en openbare vakansiedae ingesluit Dek gedeeltelike siekte-eise n uiters waardevolle voordeel terwyl u weer op die been kom Geen staakouderdom nie dekking gaan voort so lank as wat u in n privaat praktyk werk Eenvoudige en moeitevrye eisproses Geen belasting op voordeelbetalings nie PPS Permanente Ongeskiktheidsvoordeel Eise vir permanente ongeskiktheid word hetsy totaal of gedeeltelik betaal n Totale toekenning betaal 100% van die voordeel (84% van bruto professionele inkomste) en premies staak n Gedeeltelike toekenning kan óf 20% (minder ernstige toestande) óf 60% (ernstiger toestande) wees Enige ongeskiktheid bo 20% is ernstig en sal vir n toekenning kwalifiseer Met n gedeeltelike toekenning kan u kies om aan te hou werk of glad nie te werk nie Vir eisers wat aanhou werk: Premies gaan voort Kan eis vir enige onverwante siekte of permanente ongeskiktheid Sal n opwaartse aanpassing kry indien die toestand vererger. Vir eisers wat kies om nie te werk nie: Premies staak Kan nie vir onverwante siekte of permanente ongeskiktheid eis nie. Geen opwaartse aanpassing van n 20%-toekenning nie 60%-toekenning sal opwaarts aangepas word indien die toestand vererger Daar is geen verrekening van inkomste wat verdien is nie Die voordeel word bepaal met inagneming van onder meer die eiser se eie spesifieke beroep Die voorbeeld illustreer die verskil tussen PPS Permanente Ongeskiktheidsvoordeel en n inkomstebeskermingsproduk: PPS: n Hofprokureur wat sy spraakvermoë verloor en steeds n inkomste uit ander regswerk verdien, sal kragtens die Permanente Ongeskiktheidsvoordeel beoordeel word en beslis n gedeeltelike toekenning ontvang omdat hy nie in die hof sake kan aanvoer nie. Hoewel hy as n prokureur beoordeel word, word die feit dat sy werk ook hofsake behels het ook in ag geneem. Daarom sal hy nog steeds vir n voordeel kwalifiseer. Inkomstebeskermingsproduk: Die inkomstebeskermingsvoordeel sou, met die aanname dat hy as n hofprokureur en nie net as n prokureur beoordeel word nie, bepaal of hy n beduidende inkomste verloor weens ongeskiktheid om sy eie beroep te beoefen. Hy sal dan n voordeel kry waaruit alle inkomste wat hy uit die ander regswerk verdien, verwyder word d.w.s. n gedeeltelike voordeelbetaling. Beide PPS Permanente Ongeskiktheidsvoordeel en die inkomstebeskermingsproduk neem die eiser se beroep in ag, wat die beste vergelyking van soort met soort bied. 8

PPS Beroepspesifieke Byvoordeel Verhoog enige toekenning vir permanente ongeskiktheid tot 100% selfs n 20%-toekenning sal 100% betaal n Uiters belangrike voordeel nadat die Beroepspesifieke Byvoordeel toegeken is, word dit nooit hersien nie. Die voordeel bly betaalbaar totdat die eiser 66 word Die Beroepspesifieke Byvoordeel is deur PPS-lede aangevra as n voordeel wat volkome gemoedsrus bied, enige onduidelikheid uitskakel oor die voordeelbedrag wat vir gedeeltelike ongeskiktheid ontvang sal word, en ook die risiko en las van gedurige hersienings van die voordeelvlak en geldigheid van die eis uitskakel Die byvoeging van hierdie voordeel verbeter die aard van die PPS-voordeel fundamenteel, en enige premievergelyking van soort met soort is dan nie meer moontlik nie PPS Professional Life Provider Ontwerp om u geliefdes te beskerm en vir hulle voorsiening te maak indien u te sterwe kom of medies ongeskik raak Help om uitstaande skuld te dek en kinders se hoër onderrig te befonds Gee finansiële gemoedsrus vir geliefdes wat agterbly Sluit Terminale Siektevoordeel* en Onmiddellike Behoefte-voordeel* in Het n opsionele enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel*, met of sonder die Beroepspesifieke Byvoordeel daarby * Versnelde of vervroegde voordele eise vir hierdie voordele sal die oorblywende versekerde bedrag van die lewensdekking verminder. PPS Professional Disability Provider n Selfstandige enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel Beskikbaar vir PPS-lede wat jonger as 62 is Het n opsionele Beroepspesifieke Byvoordeel wat as ongeskiktheidsvoordeel bygevoeg kan word Op ouderdom 66 of by vroeër aftrede (na ouderdom 60) word die voordeel in die lewenslange Ernstige Siektevoordeel omskep en betaal dan uit indien u n ernstige siekte opdoen PPS Professional Health Provider n Omvattende en innoverende enkelbedragvoordeel vir gekwalifiseerde gegradueerde professionele persone, in geval van ernstige siekte, trauma en fisiese inkorting Opsionele Kraamdekking* betaal uit in geval van swangerskapkomplikasies Opsionele CatchAll-dekking* dek alle bekende en onbekende ernstige en permanente mediese of fisiese toestande ** Beskikbaar by aanvang van die PPS Professional Health Provider -polis 9

PPS Business Provider Sakeversekeringsdekking om u bydrae tot u onderneming te beskerm Bestaan uit PPS Business Health Provider - en PPS Business Life Provider -voordele, wat verskeie sakeversekeringsbehoeftes dek, soos Sleutelpersoonversekering, Koop-en-verkoop-ooreenkomste, Gebeurlikheidsaanspreeklikheidsversekering PPS Korttermynversekering Omvattende korttermynversekeringsdekking Motor- en huisinhoudversekering Profmed Mediese Skema Van basiese hospitaalvoordele tot omvattende gesinsdekking Profmed het opsies wat voordele teen privaat tariewe laat uitbetaal PPS Beleggings Kostedoeltreffende en aanpasbare aftree- en spaarprodukte Bied toegang tot voortreflike beleggingsopbrengste vir aktiewe en afgetrede PPS-lede PPS Begunstigdetrust Bewaar alles waarvoor u hard gewerk het, vir u geliefdes n Nie-diskresionêre, vestigende trust (alle voordele word volgens u wense in kontant aan u benoemde begunstigdes betaal) 10

Kontrolelys van PPS Provider -voordele Kwalifiseringskriteria: PPS-lidmaatskap SPPI PLP PDP PHP Voordele vir self Voordele vir begunstigdes Helelewensvoordele Voordele met emigrasie of werk in buiteland Gevaarlike aktiwiteite gedek sonder addisionele premie (bv. skubaduik, privaat vlieg, valskermsweef ) Beskerming teen inflasie* 100% Enkelbedrag-ongeskiktheidsdekking beskikbaar CatchAII-dekking beskikbaar Kraamdekking beskikbaar Terminale Siekte-voordeel Onmiddellike Behoefte-voordeel Beroepspesifieke Byvoordeel PPS Hospitaalvoordeel beskikbaar Tydelike staking van premies beskikbaar Sekuriteit op n lening beskikbaar Verlaagde premie vir polishouers onder 30 jaar PPS Surpluskortingrekening * Jaarlikse verhogings word na goeddunke van die direksie van PPS Versekering verklaar om die verwerende uitwerking van inflasie te help verminder. Voordele word op 1 Januarie elke jaar met die verklaarde persentasie verhoog en premies neem dienooreenkomstig toe. SPPI PLP PDP PHP = Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel = PPS Professional Life Provider = PPS Professional Disability Provider = PPS Professional Health Provider 11

Raadpleeg n PPS-produkgeakkrediteerde finansiële adviseur of skakel ons by 0861 777 121 vir n volledige finansiële behoefte-ontleding. Die keuse van PPS Provider -voordele is eksklusief beskikbaar vir lede van die Professionele Voorsieningsvereniging Beperk (PPS). Besoek www.pps.co.za vir kwalifiseringskriteria vir lidmaatskap. PPS Beperk (Beperk deur Garansie) Reg.nr. 2001/011016/09 (PPS) PPS Versekeringsmaatskappy Beperk Reg.nr. 2001/017730/06 (PPS Versekering) Lisensienr. 1044 Professionele Voorsieningsvereniging Beleggings (Eiendoms) Beperk Reg.nr. 2005/02/9098/07 PPS Bemarkingsdienste (Edms) Bpk Reg.nr. 2005/000531/07 Lisensienr. 20239 PPS Versekering en PPS Bemarkingsdienste is Gemagtigde Finansiële Diensverskaffers. Alle inligting en menings wat gegee word, is van n algemene aard en nie bedoel om die omstandighede van enige spesifieke persoon aan te spreek nie. Ons tree nie op en gee nie voor om op enige wyse as n adviseur of in n vertrouenshoedanigheid op te tree nie. Enige voorstelling of mening word bloot ter inligting gegee. Die inligting wat in hierdie dokument verstrek word, is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van toepassing op enige polis wat deur PPS Versekering uitgereik word. 2009 PPS. Alle regte voorbehou. Why/11/09