VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE"

Transcriptie

1 Wat is bestaande gebruike van water? Bestaande watergebruike word ingevolge artikel 32 van die Nasionale Waterwet (NWW), wet 36 van 1998, gedefinieer. Dit is daardie watergebruike wat inderdaad gedurende die twee jaar periode (genoem die kwalifiserende periode) wat die inwerkingtreding van die tersaaklike artikels van die NWW voorafgaan, plaasgevind het. In die geval van ondergrondse water (bv. boorgate) is die kwalifiserende periode die twee jaar wat strek vanaf 1 Oktober 1996 tot 30 September In die geval van oppervlakte water (bv. riviere) is die kwalifiserende periode die twee jaar wat strek vanaf 1 Oktober 1997 tot 30 September Wat is wettige gebruike van water? Wettige watergebruike is watergebruike wat ingevolge enige wet wat van krag was onmiddellik voor die inwerkingtreding van die NWW gemagtig was. Wettige watergebruike sluit dus Waterhoftoekennings, toekennings in staatswaterbeheer-gebiede, inlystings in staatswaterskemas en besproeiingsrade, geldige serwituutbepalings, oewerregaansprake en dies meer in. Die gebruik van ondergrondse water (boorgate), buite ondergrondse staatswaterbeheer-gebiede, was wettig tot die mate wat die water nuttig gebruik was voor die inwerkingtreding van die NWW. 1 / 8

2 Wat is bestaande wettige gebruike van water? Enige watergebruik wat kragtens artikel 33 van die NWW as bestaande wettige watergebruik verklaar is, is per definisie dan n bestaande wettige watergebruik. Enige watergebruik wat inderdaad binne die tersaaklike kwalifiserende periode en wettiglik uitgeoefen was, is n bestaande wettige watergebruik. Kragtens artikel 34 van die NWW kan n persoon of sy/haar regsopvolger n bestaande wettige watergebruik voortsit, onderhewig aan die voorwaardes en verpligtinge wat aan daardie gebruik geheg is, tot tyd en wyl daardie gebruik deur n lisensie vervang word, of onderhewig aan enige verbod of beperking wat kragtens die NWW ingestel word. Wat bemagtig die bevestigingsproses? Artikel 35 van die NWW bemagtig die bevestigingsproses. Kragtens hierdie artikel kan die verantwoordelike gesag van enige watergebruiker vereis om aansoek om bevestiging van daardie watergebruik te doen. Hierdie artikel bemagtig ook die verantwoordelike gesag om sy eie ondersoeke uit te voer. Natuurlik kan die watergebruiker ook uit eie beweging aansoek om bevestiging van sy/haar watergebruike as bestaande wettige gebruike doen. Waarom is bevestiging van watergebruike nodig? Registrasieproses Die registrasie van watergebruike wat landswyd gedurende plaasgevind het, het 2 / 8

3 vereis dat alle watergebruike, hetsy wettig of onwettig, wat op daardie stadium inderdaad plaasgevind het, geregistreer moes word. Dit was dus nie noodwendig die registrasie van bestaande wettige watergebruike nie. Gedurende die registrasieproses het daar ook probleme ontstaan deurdat sommige watergebruike oorgeregistreer is (te veel water), terwyl sommiges ondergeregistreer is (te min water). Inderdaad is daar heelwat watergebruike wat glad nie geregistreer is nie. Die uitkoms van die registrasieproses was n registrasiesertifikaat wat die watergebruike aantoon net soos wat dit geregistreer is, sonder enige erkenning van die wettigheid of omvang daarvan. Betalings vir die tersaaklike opvanggebiedsbestuursheffings word tans gehef op grond van die geregistreerde watervolume, ongeag daarvan of die watergebruik wettig is of nie en ongeag die werklike omvang van die gebruike. Ten einde die geregistreerde watergebruike te verbeter sodat dit die bestaande wettige watergebruike weerspieël, is dit nodig dat die wettigheid en omvang van die bestaande gebruike bevestig moet word. As dit nie gedoen word nie, kan dit daartoe lei dat sommige gebruikers te veel betaal, terwyl ander gebruikers te min, of glad nie betaal nie. Dit is ook nie sinvol om vir n watergebruik te betaal wat nie as bestaande wettige gebruik kwalifiseer nie, aangesien daardie gebruik in elk geval gestaak moet word. Lisensiëringsproses Wanneer verpligte lisensiëring in n bepaalde gebied ingestel word, word die waterbalans van die hele gebied ondersoek. Een van die prioriteite wat tydens die berekening van die waterbalans in ag geneem moet word, is bestaande wettige watergebruike. Die hele proses van lisensiëring is dus daarvan afhanklik dat die bestaande wettige watergebruike in die gebied bevestig moet wees alvorens die verdere take afgehandel kan word. Verhandeling van eiendomme Aangesien die registrasiesertifikaat van watergebruike geensins n aanduiding is van die 3 / 8

4 wettigheid of omvang van die watergebruike op n bepaalde eiendom nie, is dit noodsaaklik dat die watergebruike bevestig moet word alvorens enige koop- of verkooptransaksie plaasvind. Sonder die afgehandelde bevestiging is daar geen regsekerheid omtrent die watergebruik aansprake van die betrokke eiendom nie. Inderdaad vereis finansiële instellings soos handelsbanke en Landbank deesdae n bevestiging alvorens enige finansiering toegestaan word. Waar enige kommersiële transaksie met betrekking tot watergrond beplan word, is dit noodsaaklik dat hetsy die lener, koper of verkoper aansoek om bevestiging van die watergebruike moet doen. Verhandeling van watergebruike Dit is moontlik om watergebruike onder die bepalings van die NWW te verhandel. Hierdie proses word deur die bepalings van artikel 25(2) van die NWW bemagtig. Alvorens die verhandeling van watergebruike egter kan plaasvind, moet die omvang en die wettigheid van die gebruike wat verhandel staan te word, eers deur die verantwoordelike gesag bevestig word. Ná hierdie bevestiging voltooi is, word daar dan om n lisensie aansoek gedoen om die verhandelde water na die koper oor te dra. Voordat die bevestigingsproses afgehandel is, bestaan daar geen regsekerheid oor die status van die watergebruik wat verhandel word nie. Wat behels die bevestigingsproses? Opdatering van eiendoms- en eienaarsgegewens 4 / 8

5 Die nuutste aktegegewens en kadastrale inligting word gebruik om die tersaaklike eiendom en watergebruiker eenduidig te identifiseer. Bepaling van wettige aansprake op watergebruik Tersaaklike proklamasies, waterhofbevele en serwitute vervat in die titelaktes word ondersoek om wettige aansprake te bepaal. Die aansprake word sover moontlik na volumetriese eenhede omgeskakel. Lessenaarstudie vir vinnige identifisering van moontlike onwettige gebruike Satellietbeelde en/of lugfoto s wat so na as prakties moontlik aan die tersaaklike inwerkingtreding datum van die NWW geneem is, word vergelyk met die mees onlangse beskikbare satellietbeelde of lugfoto s. Watergebruike wat tans bespeur word, maar nie op die datum van inwerkingtreding waarneembaar is nie, word gemerk as moontlike onwettige watergebruike. Hierdie gebruikers word dan so gou doenlik versoek om ingevolge artikel 35 aansoek om bevestiging te doen en terselfdertyd bewys te lewer van die wettigheid en omvang van die watergebruike. Inwerkingstelling van die artikel 35 proses Nadat die vinnige proses afgehandel is, word elke geïdentifiseerde watergebruik in die betrokke gebied ondersoek. Die ondersoek behels onder andere dat die volume water wat gebruik word, met behulp van n rekenaarprogram (SAPWAT) bereken word. In gevalle waar die werklike watergebruik met geregistreerde gebruik ooreenstem en waar daardie gebruik ook wettig is, word die registrasie bevestig en word die gebruiker in kennis gestel dat daardie gebruike wel bestaande wettige gebruike is. In die geval waar daar verskille bestaan tussen die geïdentifiseerde gebruike en die geregistreerde gebruike, word daar ingevolge artikel 35 met die gebruiker in verbinding getree met die versoek dat verdere bewyse voorgelê moet word om die wettigheid en omvang van die watergebruik te bewys. Indien die verskille dan bevredigend bygelê word, word die 5 / 8

6 geregistreerde gebruike dienooreenkomstig aangepas. Detail evaluering van inligting ontvang vanaf die watergebruiker Die bewyse wat die watergebruiker ten aansien van sy/haar watergebruike kan voorlê, is talryk en sluit dinge soos kragmeterlesings, saadaankope, bewyse van produklewerings, ander metodes van volumebepalings en detail ondersoeke deur konsultante van die watergebruiker in. Die verantwoordelike gesag evalueer die bewyse en, waar dit voldoende bevind word, word die gebruike bevestig. Verdere kommunikasie met die watergebruiker Indien die bewyse wat die watergebruiker voorgelê het, nie as voldoende geag word nie, word die gebruiker weer die geleentheid gegee om verdere bewyse voor te lê. Hierdie proses duur voort totdat die verantwoordelike gesag in staat is om n finale beslissing te gee. Finale beslissing deur die verantwoordelike gesag Indien die verantwoordelike gesag van mening is dat die bewyse voldoende is, word die betrokke watergebruik as bestaande wettige watergebruik bevestig. Wanneer die verantwoordelike gesag van mening is dat geen behoorlike bewys gelewer kon word nie, word die gebruik as n onwettige watergebruik verklaar. Hierna kan n lasgewing uitgereik word wat die gebruiker verplig om die betrokke gebruik te staak. Alternatiewe regsremedies 6 / 8

7 As die watergebruiker nie met die finale beslissing van die verantwoordelike gesag saamstem nie, kan hy/sy by die Watertribunaal appelleer teen die beslissing. As die watergebruiker nie met die beslissing van die Watertribunaal saamstem nie, kan hy/sy op n regsvraag na die Hoërhof teen die beslissing appelleer. Wat van boerdery eenhede wat oor verskeie onderverdelings strek? Waar n boer se plaas uit n aantal onderverdelings bestaan, vereis die NWW dat elke onderverdeling se watergebruike individueel ondersoek en bevestig word. Daar word dus na die bestaan en wettigheid van watergebruike op elke onderverdeling afsonderlik gekyk. In die gevalle waar die gesamentlike watergebruike op n boerdery eenheid wettig sou kon wees, maar die gebruike op sommige van die onderverdelings oorskry die wettige hoeveelheid vir daardie betrokke onderverdelings, terwyl daar minder as die wettige hoeveelheid op die oorblywende onderverdelings gebruik word, word die gebruiker aanbeveel om bepaalde aksies te neem. Hierdie aksies behels die aansoek ingevolge artikel 33 van die NWW vir die verklaring van die ongebruikte water, op daardie onderverdelings waar te min water gebruik is, as bestaande wettige watergebruike. Vervolgens word daar dan ingevolge artikel 25(2) aansoek gedoen om hierdie verklaarde water na die onderverdelings oor te dra waar daar in werklikheid te veel water gebruik word. Opsomming Die doel van die bevestigingsproses is beslis nie om bestaande wettige watergebruikers te frustreer nie. Die doel is juis om toe te sien dat wettige watergebruikers hulle watergebruike onverstoord kan voortsit. Onwettighede moet uit die weg geruim word. Sulke onwettige gebruikers benadeel hoofsaaklik medegebruikers wat binne die wet optree. Dit is in nasionale belang dat regverdige toekenning van ons skaars waterhulpbronne gedoen 7 / 8

8 moet word en dat die beskikbare waterhulpbronne na behore bestuur sal word. Vir meer inligting kan u gerus die Departement van Waterwese en Bosbou se webtuiste by ww w.dwaf.gov.za besoek. 8 / 8

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING INLEIDING 1. Die doel van hierdie dokument is om riglyne te verskaf aan mineraalreghouers wat die wettige houers van 'n

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE BESONDERHEDE VAN AANSOEKER Naam van boerdery/besigheid/instansie BTW nommer Straatadres: Posadres:

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur : VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON Koper(s): Opgestel deur : CRAWFORDS Posbus 25 Donkinstraat 27 BEAUFORT-WES 9670 Tel : (023) 414 2161 Faks

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 13 Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993 Hoofstuk 6 (par 6.1-6.8) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths:

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

TERME EN VOORWAARDES

TERME EN VOORWAARDES TERME EN VOORWAARDES 1. Die Afslaer het die reg om te veiling na sy goeddunke te beheer en te reguleer. 2. Die veilingverrigtinge sal per band opgeneem word welke opname nie aan die publiek of die Koper

Nadere informatie

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word Vereistes vir Fica Tipe dokumentasie wat vereis word Geen verskil bestaan tussen die tipe(s) dokumentasie wat vir Fica-doeleindes by Nuwe Besigheid, uitbetaling of enige ander stadium vereis word nie.

Nadere informatie

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL Die algemene kennisgewing oor Fasiliteitsbestuur se Planon-stelsel wat op 15 Augustus 2018 uitgereik is via die info @ StellenboschUni-nuusbrief, verwys. Meer besonderhede

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 2015/2016 Inhoudsopgawe AANHEF... 3 ONDERSTEUNING VAN HULPBEHOEWENDES... 1.1 BEFONDSING... 4 1.2 REGISTRASIE PROSES... 4 1.3 VOORDELE PER HUISHOUDING TEN OPSIGTE VAN SUBSIDIE...

Nadere informatie

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) OMSKREWE GEBEURTENISSE n Ongeluk aan masjinerie gespesifiseer in Bylae II in gebruik deur die Versekerde op die perseel vir die doel van die besigheid en wat

Nadere informatie

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A 2 5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER 2017 Bylae A PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OM 13:00 OP 7 NOVEMBER 2017 PNS-KANTOORGEBOU, WOODMEAD 1. OPENING

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 1. TOEPASSING UP Nagraadse beurse is beskikbaar vir studente wat vir n honneursgraad, n magistergraad soos uiteengesit in Aanhangsel 1 of n

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG) MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 20162017/20172018 (HERSIEN EN GEWYSIG) A A N H E F Artikel 96 van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet 32 van 2000) bepaal dat 'n munisipaliteit 'n kredietbeheer-, skuldinvorderings-

Nadere informatie

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER Daar is twee tipes eise wat teen grond ingestel kan word, naamlik n restitusie-eis of n huurarbeider-eis. Huurarbeider-eise is grootliks beperk tot twee

Nadere informatie

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) OMSKREWE GEBEURTENISSE 'n Ongeluk aan masjinerie gespesifiseer in Bylae II in gebruik deur die Versekerde op die perseel vir die doel van die besigheid en wat

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE Lenings wat aan werkers gegee word se terugbetalings-paaiemente kan deur middel van die betaalstelselsel van hul vergoeding verhaal word. Indien 'n paaiement met die volgende

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID Ek/Ons, die ondergetekendes, Fisiese adres: (hierna "die Koper" genoem) bied hiermee aan om van: BRICKVEST CONSTRUCTION BK Registrasienommer: 2005/087157/23

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF JANUARIE 214 Januarie is reeds op sy rug en dit is moeilik om te dink dat binne 8 na 1 weke die planters gaan begin woel om die nuwe seisoen weer aan die gang te kry. Hierdie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: 52629/2007 31 OCTOBER 2008 In die saak tussen: ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS APPLIKANT EN ABSA BANK BEPERK RESPONDENT

Nadere informatie

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD ONDERWERP: INVESTERING BELEID DOELWITTE VAN BELEID: Om Bestuur en werknemers van die Raad te help om konsekwente, effektiewe en doeltreffende investering beginsels

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit

Nadere informatie

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016 Kliënte kommunikasie - Begroting 2016 Die 2016 Begroting is uiteindelik verby en die spekulasie oor wat dit sou behels het nou plek gemaak vir besprekings oor of dit genoeg gaan wees. In die geheel gesien

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid

Nadere informatie

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) Keuringsriglyne vir nuweling eerstejaars: 2019-inname 1. TERMINOLOGIE Voorwaardelike toelating: Studente ontvang voorwaardelike toelating op grond van

Nadere informatie

JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE :00 12:00 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE :00 12:00 GEOGRAFIE V1 BYLAAG JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE 2018 09:00 12:00 GEOGRAFIE V1 2018 BYLAAG PUNTE: 225 TYD: 3 ure Die bylaag bestaan uit 10 bladsye. Geography P1 2 June 2018 FIGUUR 1.2: TIPES RIVIERE BRON: Verwerk vanhttp://geologylearn.blogspot.co.za/2015/12/groundwater-flow.html

Nadere informatie

EUROPA Trust Company 2

EUROPA Trust Company 2 www.europa.gi EUROPA Trust Company 2 www.europa.gi WELKOM Sedert 1985, streef ons om besighede, individue en gesinne op n doeltreffende manier te beskerm om hulle rykdom te geniet. Ons missie is om n platform

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL Saak No 622/95 DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL In die saak tussen: CHRISTIAAN WILLEM BROODRYK APPELLANT en BOSCHHOEK MEULE BK RESPONDENT VOOR: HEFER, F H GROSSKOPF, HARMS, SCOTT ARR en STREICHER WndAR DATUM

Nadere informatie

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 MUNISIPALE KANTORE, PIKETBERG. TEENWOORDIG: LEDE VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE Rdh EB Manuel [DA] : Uitvoerende

Nadere informatie

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied. VEILINGVOORWAARDES Waarop LOUW EN MULLER AFSLAERS TRUST IT3131/1996 in opdrag van die Eksekuteur in die boedel van WAJ PRETORIUS, NO. 1038/2015 voorneme is om PER PUBLIEKE VEILING aan te bied en aan die

Nadere informatie

Toepaslike Eenheidstandaarde

Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE 5 Werksopdrag.indd 75 WATERVAARTUIE Toepaslike Eenheidstandaarde 120118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 120008 Demonstrate knowledge and understanding of pleasure craft

Nadere informatie

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : ERF : GELEë : GROOT : GEHOU KRAGTENS : aangebied sal word

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS BKB BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienr: 1998/012435/06) ( BKB ) of ( die Maatskappy ) DIREKSIE D C Louw (Voorsitter) # W Edmayr (Besturende Direkteur) G E J Kingwill

Nadere informatie

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID Tel.: 023-626 3060 Faks: 023-626 4566 Epos: head@lsrobertson.wcape.school.za Die toelatingsbeleid van Laerskool Robertson fungeer binne die raamwerk van bestaande Nasionale en departementele wette en regulasies.

Nadere informatie

GEHS. Ons verwelkom jou graag tuis. Government Employees Housing Scheme IN VENNOOTSKAP MET

GEHS. Ons verwelkom jou graag tuis. Government Employees Housing Scheme IN VENNOOTSKAP MET GEHS Government Employees Housing Scheme Ons verwelkom jou graag tuis IN VENNOOTSKAP MET ONS HET N PUIK BELEGGING GEBRING Huiseienaarskap is die grootste finansiële belegging wat jy waarskynlik ooit sal

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018 GEARRESTEER IN JERUSALEM Les 11 vir 15 September 2018 Paulus verlang na 'n verenigde kerk (Galasiërs 3:28). Hy het die heidense kerke aangemoedig om hulle Joodse broers in Jerusalem te help deur offergawes

Nadere informatie

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder ) TENDERVOORWAARDES GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder ) sal per tender te huur aanbied sekere vaste eiendom beter bekend as Plaas

Nadere informatie

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF Let Wel: Die riglyne hieronder is nie bedoel om regsadvies te wees nie, maar bloot AfriKlok se praktiese riglyne van hoe afdanking van n

Nadere informatie

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word. Skooltoerbeleid Hierdie dokument is die skooltoerbeleid van Laerskool Rustenburg soos die beheerliggaam dit op 1 Januarie 2017 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike

Nadere informatie

HOOFSTUK 9 Regspleging

HOOFSTUK 9 Regspleging HOOFSTUK 9 Regspleging Artikel 78 - Die Regbank (1) Die regterlike gesag berus by die howe van Namibië wat bestaan uit: (a) n Hoogste Hof van Namibië (b) n Hoërhof van Namibië (c) Laerhowe van Namibië

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS 1. FEITE Konvensionele Elektrisiteitsmeter Meter ( Prepaid ) Keypad KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS a. Redelik

Nadere informatie

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x VIERKANTSVOLTOOIING Jy het al verskeie maniere teëgekom waarmee jy kwadratiese vergelykings kan oplos, en een wat jy dalk nog nie gesien het nie, en wat ook goed werk, staan bekend as vierkantsvoltooiing.

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid LAERSKOOL SAAMTREK Grond-en-gebouebeleid 1. Inleiding Hierdie dokument is die grond-en-gebouebeleid van (skool)laerskool SAAMTREK, wat die skoolbeheerliggaam op (datum)4 Oktober 2014 goedgekeur het. Die

Nadere informatie

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees 1 Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 9 September 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Oowinningslied

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 REKENINGKUNDE: VRAESTEL I EKSAMENNOMMER Tyd: 2 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE 2007-2011 GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (DIE 2009/2010 JAARPLAN) AAN DIE RAAD OP 28 MEI 2009 Mnr die Speaker en

Nadere informatie

BARRETT SE TAKSONOMIE

BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak en gevolg, verhoudings, karaktereienskappe. Wie? Wat? Waar? Wanneer? Hoekom?

Nadere informatie

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid HI E AMPTELIKE KOMMUNIKASIE VAN DIE VERSO SAMBREEL AFTREEFONDS THE NUUSBRIEF APRIL 2017 Hoofbeampte se kennisgewing Geagte lid Een van die onderwerpe wat die afgelope jaar die meeste bespreek was, is die

Nadere informatie

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 Goedere in Transito Module 6 Kopiereg Santam Bpk. 2007 Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 1 Module inleiding Ons reken dat dit voordelig sal wees om met hierdie projek ook klem op Afdeling Goedere in Transito

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN In die aansoek tussen:- Saaknr. : 5107/2013 SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK Applikant en JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. Respondent AANGEHOOR OP:

Nadere informatie

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES (Soos ingedien by die Nasionale Vergadering (voorgestelde artikel 75); verklarende opsomming van Wetsontwerp gepubliseer in Staatskoerant

Nadere informatie

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou. KOMPETISIE INLIGTING Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496

Nadere informatie

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, diagramvel en formuleblad.

Nadere informatie

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE Slegs vir kantoorgebruik SENWESBEL (Ingelyf in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1996/017629/06) ("Senwesbel ) Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE BELANGRIKE

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. B. FAKULTEITSRADE WOORDBEPALING Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: Assessorlid: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. Fakulteitsraad: Die Raad

Nadere informatie

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID SA Braford Beestelersgenootskap AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID Also available in English Vorms 1 en 3 moet deur almal voltooi word en vorm 2 indien van toepassing. E-Pos aan info@braford.co.za Of Faks aan

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : MAGNIFICENT MILE TRADING 73 (PTY) LIMITED REGISTRASIENOMMER 2003/006953/07 hierin verteenwoordig deur PIETER HENDRIK VAN STADEN in sy hoedanigheid as Direkteur

Nadere informatie

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop. 2.2 Debiteure: n Besigheid mag besluit om slegs kontant te verkoop of om ook op krediet aan kliënte te verkoop. Beide kontantverkope en kredietverkope het sekere voordele: Voordele van kontantverkope:

Nadere informatie

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 1 Oogmerk van die wet 1 2 Basiese beginsels 2 2.1 Die gade as enigste erfgenaam 2 2.2 (e) as enigste erfgenaam(e) 3 2.3 Gade

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA 1 SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING,

Nadere informatie

Waterreg en die effek op Landbou Sanet de Klerk

Waterreg en die effek op Landbou Sanet de Klerk Waterreg en die effek op Landbou Sanet de Klerk Hoekom is dit belangrik? Water regte verval met die bekendstelling van die Nasionale Water Wet op 1 Oktober 1998. Water gebruik regte voeg waarde toe tot

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid FlitsFeit Maart 2016 Geldterugvoordeel Beskikbaarheid Die Geldterugvoordeel is n opsionele voor deel wat by n kwalifiserende plan gevoeg kan word. Dit word per versekerde lewe geselekteer en is nie outomaties

Nadere informatie

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as JC AFSLAERS (hierna "die AFSLAER" genoem) per Openbare veiling,

Nadere informatie