UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013"

Transcriptie

1 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE TOEPASSING UP Nagraadse beurse is beskikbaar vir studente wat vir n honneursgraad, n magistergraad soos uiteengesit in Aanhangsel 1 of n doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria registreer. 2. VERSPREIDING VAN BESKIKBARE FONDS In elke begrotingsiklus doen die Begrotings- en Beplanningskomitee n aanbeveling aan die Viserektor se Komitee oor die bedrag wat vir nagraadse beurse in die onderskeie fakulteite toegeken behoort te word. Toekennings aan individuele studente is onderhewig aan die goedkeuring van die Navorsingskomitee van die onderskeie fakulteite. 3. KWALIFISERENDE KRITERIA VIR UP NAGRAADSE BEURSE 3.1 Studente wat vir n 4-jaar Baccalaureusgraad geregistreer is, kwalifiseer nie vir n honneursgraadbeurs in hulle finale i.e. vierde studiejaar nie. 3.2 Beurse word toegeken aan aansoekers op grond van die bydrae wat hulle studie waarskynlik sal maak tot spesifieke fokusareas van navorsing wat deur die Universiteit van tyd tot tyd vasgestel word. 3.3 Nagraadse studente word outomaties vir n beurs oorweeg wanneer hulle by n nagraadse program aan n fakulteit geregistreer word (geen beursaansoek word vereis nie). (Verwys na 5.3 en 5.4.) Toekennings aan sekere kandidate word deur die fakulteite se Navorsingskomitees bepaal en hulle mag die prestasie van die kandidate oorweeg aan wie die toekennings gemaak word. 3.4 Studente wat nie hulle voorafgaande studieprogram voltooi het nie, sal nie vir n UP-nagraadse beurs in aanmerking kom nie. Spesiale studieprogramme (insluitend diplomas en sertifikate) asook studieprogramme wat nie vir doeleindes van subsidie kwalifiseer nie, word nie oorweeg nie. 3.5 Beurse word slegs eenmalig vir enige nagraadse studieprogram toegeken op ʼn bepaalde vlak. Studente wat dus reeds oor n nagraadse kwalifikasie beskik op ʼn sekere vlak, sal nie vir n beurs vir nagraadse studie op dieselfde vlak oorweeg word nie (bv. studente wat vir n tweede of derde honneurs-, magister- of doktorale graad registreer). 3.6 Studente wat gelyktydig vir n voor- en nagraadse program registreer, bv. BTH en BA (honneurs) in Grieks, mag vir beide die UP-voorgraadse prestasiebeurs en die nagraadse beurs oorweeg word. 3.7 Honneursgrade Studente wat vir n tweede of verskeie honneurs-, meesters of doktorale studieprogram(me) registreer, ongeag of hulle die vorige program(me) gestaak of suksesvol voltooi het, sal nie vir n verdere nagraadse beurs in aanmerking geneem word nie n Student wat vir n honneurstudieprogram registreer maar reeds oor n magister- of doktorsgraad beskik, sal nie oorweeg word vir n honneursgraadbeurs nie Die Fakulteitstoelatingskomitee sal die vereistes vir kwalifisering van die beurse wat op honneursvlak toegeken word, bepaal en n kandidaat wat reeds geregistreer is, sal oorweeg word vir n nagraadse beurs. Toekennings aan spesifieke kandidate sal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee bepaal word, moontlik gebaseer op oorweging van die FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) Bladsy 1 van 5

2 prestasie van die kandidaat aan wie die toekenning gemaak word, asook ander kriteria soos bepaal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee. 3.8 Magister of Doktorsgrade Studente wat geregistreer is vir n magisterprogram wat lei tot n professionele kwalifikasie, word nie oorweeg vir hierdie beurse nie (bv. MMed, MMedVet, MBA, MPA en MPhil (Toegepaste Teologie)) Studente wat aan UP registreer vir n tweede of verskeie magister- of doktorsgraadprogram(me) kan vir slegs een nagraadse beurs op n spesifieke vlak oorweeg word. n Nagraadse beurs sal ook nie aan n magistergraadstudent toegeken word wat reeds oor n doktorsgraad beskik nie (sien ook 3.5) Die enigste uitsondering is beurse vir studie aan die Fakulteit Teologie in MTh, PhD en DD waar beurse wel toegeken kan word aan magister- en doktorsgraadstudente wat reeds oor n vorige magister- of doktorsgraad beskik wat deur die Fakulteit van Teologie uitgereik is (Rt 513/05) Die vereistes vir kwalifisering vir beurse op magister- en doktorsgraadvlak sal deur die Fakulteit bepaal word deur registrasie van n kandidaat tot die magister- of doktorsgraad. Toekennings aan n spesifieke kandidaat sal bepaal word deur die Fakulteit se Navorsingskomitee wat moontlik die prestasie van die kandidate aan wie toekennings gemaak word, oorweeg, asook ander kriteria soos bepaal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee. 3.9 Studiebeurse Die toekenning van beurse en daaropvolgende beurswaardes word nie gewaarborg nie. Beurswaardes sal aan die fakulteite gekommunikeer word deur die Divisie vir Studiefinansiering nadat dit bepaal is deur die Strategiese Komitee vir Studiefinansiering en goedgekeur is deur die Begroting- en Finansieringskomitee Die waardes van studiebeurse vir 2013, is soos volg: Studieprogram Waarde Honneurs R Magister R Doktoraal R Die Universiteit behou die reg voor om sonder voorafkennisgewing die regulasie en beurswaardes en/of voorwaardes toepaslik op die toekenning van beurse, aan te pas. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) Bladsy 2 van 5

3 4. VOORWAARDES VIR STUDIEBEURSE 4.1 Die houer van n UP nagraadse beurs moet sy/haar nagraadse studieprogram binne die volgende tydperk voltooi: Graad Tydperk van finansiële ondersteuning Maksimum tydperk vir voltooiing van studieprogram Honneurs 1 jaar 2 jaar Magister 2 jaar 3 jaar (met uitsondering van Gesondheidwetenskappe waar 5 jaar toegelaat mag word) Doktoraal 3 jaar 4 jaar 4.2 n Beurs gelykstaande aan die bedrag soos per 3.9 word in die eerste jaar toegeken en n herregistrasiefooi vir die tweede (magister) of derde (doktoraal) is beskikbaar vir houers van beurse vir magister en doktorsgrade Vir honneursstudie word n beurs vir slegs een jaar toegeken Vir magisterstudies kwalifiseer die beurshouer vir n herregistrasiefooi slegs vir die tweede studiejaar Vir doktorsgraadstudie kwalifiseer die beurshouer vir n herregistrasie-fooi in die tweede en derde studiejare. 4.3 Indien n student se registrasietydperk vir n nagraadse program langer is as die tydperk aangedui in 4.1, sal die student nie vir n beurs oorweeg word nie. 4.4 Die Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studie mag uitsonderings oorweeg in gevalle waar die voorgeskrewe kurrikulum langer is as die maksimum tydperk soos aangedui in 4.1 vir voltooiing van die studieprogram. 4.5 Houers van beurse wat nie hulle nagraadse studie in die voorgeskrewe maksimum tydperk voltooi nie, sal aanspreeklik wees vir die terugbetaling van die volle beurs met rente teen die koers soos aangedui in die UP-lenings wat die beurshouer onderteken. 4.6 Oorweging kan geskenk word aan die toestaan van n addisionele jaar tot die maksimum tydperk soos gedefinieer in 4.1 om n student in staat te stel om sy of haar graadprogram te voltooi. Sulke oorweging is onderworpe aan n aanbeveling van die toesighouer/dekaan en n vorderingsverslag wat deur die toesighouer goedgekeur is, moet aan die Komitee van Viserektore voorgelê word. 4.7 In gevalle waar die fakulteite se Nagraadse Komitee aanbeveel dat n student toegelaat moet word om sy magistergraad na n doktorsgraad op te gradeer, sal die bepaling van 4.5 nie geld nie aangesien die kandidaat beskou word as dat n magistergraad reeds behaal is. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) Bladsy 3 van 5

4 5. ADMINISTRATIEWE PROSEDURES 5.1 Aansoeke vir UP-nagraadse studiebeurse is deur middel van aansoeke vir registrasie in n nagraadse graadprogram. 5.2 n Voornemende nagraadse student sal slegs vir n nagraadse beurs oorweeg word wanneer die student vir n nagraadse studieprogram geregistreer is. 5.3 Nagraadse studente moet vir hulle toepaslike studieprogramme teen 31 Mei 2013 registreer (die jaar waarin die toekennings gemaak word) om vir n toekenning in ag geneem te word. 5.4 Magister- en doktorsgraadstudente wat na 31 Mei 2013 registreer, sal vir n beurs oorweeg word in die daaropvolgende studiejaar op voorwaarde dat hulle die sperdatum soos in 5.3 aangedui vir die 2014 akademiese jaar nakom. Dit is slegs van toepassing op studente wat vir magisterstudies ingeskryf is en in hulle eerste jaar van studie in 2013 is en vir studente wat vir doktorsgraadstudies ingeskryf is en wat in 2013 in hulle eerste of tweede studiejaar is. 5.5 Dit is die verantwoordelikheid van die aansoeker om n volle akademiese rekord in te dien (wat alle vorige studies aandui) tesame met alle vereiste dokumentasie wat hulle aansoeke vir registrasie in n nagraadse studieprogram vergesel. Die dokumentasie moet by die fakulteite ingedien word. 5.6 Die fakulteite se Navorsingskomitees ken beurse toe. 5.7 Nadat n beurs toegeken is, moet beide die student en die studieleier die voorgeskrewe ooreenkoms volledig invul. Die vorm moet by die Kliëntedienssentrum se Nagraadse toonbank ingehandig word vir prosessering van die toekenning deur die Divisie vir Studiefinansiering. 5.8 Na ontvangs van die korrek ingevulde ooreenkoms, word die volle bedrag in die student se rekening gekrediteer. Die beurs word eers gebruik om vir klasgelde te betaal. n Kredietbalans sal slegs uitgekeer word na ontvangs van die aansoekvorm vir die uitbetaling daarvan. Die vorms is by die Kliëntedienssentrum beskikbaar. 5.9 Beurse wat voorlopig toegeken is maar wat nie teen 31 Julie 2013 aanvaar is nie, sal gekanselleer word. 6. VERHALING VAN BEURSBEDRAE WAT TERUGBETAALBAAR IS 6.1 n Beurs word terugbetaalbaar indien die beurshouer nie die voorwaardes soos in paragraaf 4 bo aangedui, nakom nie of indien die studie gestaak of beëindig word vir watter rede ookal. 6.2 Wanneer n beurs terugbetaalbaar word, moet die hele bedrag terugbetaal word plus die rente soos aangedui in die nagraadse beursooreenkoms. 6.3 Die Afdeling Studenterekeninge hanteer die verhaling van beursbedrae wat terugbetaal moet word. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) Bladsy 4 van 5

5 AANHANGSEL A DEFINISIE: NAVORSINGSMAGISTERGRAAD Die beleid van die Raad op Hoër Onderwys (CHE) wat verband hou met nagraadse navorsing lui soos volg: Nagraadse navorsing is navorsing wat gedoen word vir óf n navorsingsmagister- of doktorsgraad. Navorsingsmagistergraad word gedefinieer as enige magistergraad waar n onafhanklike navorsingsverhandeling ten minste 50 persent van die krediete vir die graad tel. Die huidige praktyk aan die Universiteit is dat n magistergraad op een van die volgende twee maniere behaal kan word: 1. deur voltooiing van n enkele gevorderde navorsingprojek wat uitloop in die produksie en aanvaarding van n verhandeling, of 2. deur n kursuswerkprogram met n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid en intellektuele onafhanklikheid suksesvol te voltooi, asook n navorsingsprojek wat uitloop in die aanvaarding van n verhandeling. In hierdie geval moet n minimum van 60 krediete op vlak 9 toegewy word aan die navorsing en verslaglewering. Die nagraadse beurse op magistervlak moet slegs aan kandidate toegeken word wat vir graadprogramme geregistreer is waarvan ten minste 25% van die krediete vir navorsing (60 krediete uit n totaal van 240 krediete op vlak 9) is. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) Bladsy 5 van 5

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE REËLS EN REGULASIES VIR DIE FONDS VIR VOORGRAADSE KONFERENSIEAANBIEDINGS EN VOORGRAADSE PUBLIKASIE AANSPORINGS 1. DOELSTELLING

Nadere informatie

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW) Keuringsriglyne vir nuweling eerstejaars: 2019-inname 1. TERMINOLOGIE Voorwaardelike toelating: Studente ontvang voorwaardelike toelating op grond van

Nadere informatie

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan: AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2018 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Aansoeke

Nadere informatie

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan: AANSOEK OM N STUDIEBEURS AANSOEKVORMS MOET DIE ATKV JAARLIKS VOOR OF OP 15 JANUARIE 2016 BEREIK VOORWAARDES VIR AANSOEKE: 1. Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word. 2. Net

Nadere informatie

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure 1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure AANSOEK- & REGISTRASIEPROSEDURE Die volgende diagram sal u help om die aansoek- en registrasieprosesse beter te verstaan en om die belangrikheid daarvan in te

Nadere informatie

2015 AKADEMIESE JAAR

2015 AKADEMIESE JAAR Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria

Nadere informatie

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS) UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT OPVOEDKUNDE RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS) 1. DOEL EN RASIONAAL 1.1 DOEL VAN DIE FAKULTEIT OPVOEDKUNDE SE INSKRYWINGSBESTUUR- EN KEURINGSTELSEL

Nadere informatie

Dit begin alles hier. Teologie

Dit begin alles hier. Teologie Dit begin alles hier Teologie VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog

Nadere informatie

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS - 2 - RIGLYNE VIR DIE INDIENING VAN N AANSOEK Opmerking: Die aantal projekte wat ondersteun gaan word, word beperk tot twee per

Nadere informatie

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3 DIE SUID-AFRIKAANSE INSTITUUT VAN LANDBOU-INGENIEURS THE SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF AGRICULTURAL ENGINEERS POSBUS/P O BOX 912 719, SILVERTON,0127 TEL: (012) 842 4000, FAX: (012) 804 0753 Nuusbrief Okt

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS) UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT OPVOEDKUNDE RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS) 1. DOEL EN RASIONAAL 1.1 DOEL VAN DIE FAKULTEIT OPVOEDKUNDE SE INSKRYWINGSBESTUUR- EN

Nadere informatie

ALGEMENE REGULASIES EN REËLS

ALGEMENE REGULASIES EN REËLS ALGEMENE REGULASIES EN REËLS ISBN 978-1-77592-088-5 Algemene regulasies 2015 AFDELING A ALGEMENE REGULASIES Hierdie afdeling bevat die Algemene Regulasies (G-regulasies) wat op alle fakulteite van die

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015 Departement Fakulteit Geesteswetenskappe Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste 2015 Die BA Honneursgraadprogram in Toegepaste bestaan uit vyf modules. Studente kies vier modules uit onderstaande lys;

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016 INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016 Voorsitter: Elet Diedericks 072 910 9494 elet_d@hotmail.com Die algemene reëls moet saam met die spesifieke reëls gelees word LET WEL: Vir die klassieke

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015 INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015 Voorsitter: Miranda van Heerden 081 735 2089 arrievanheerden@gmail.com Die algemene reëls moet saam met die spesifieke reëls gelees word INSKRYWINGSFOOIE

Nadere informatie

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

OUERAAND BEROEPSLEIDING: OUERAAND BEROEPSLEIDING: 2017 www.nelliesh.co.za Wat bepaal beroepskeuse? Kind se profiel (vermoë, persoonlikheid en belangstelling) Toelatingsvereistes vir opleiding Keuringvereistes vir opleiding Finansiële

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid

Nadere informatie

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD ONDERWERP: INVESTERING BELEID DOELWITTE VAN BELEID: Om Bestuur en werknemers van die Raad te help om konsekwente, effektiewe en doeltreffende investering beginsels

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED 2015/2016 Inhoudsopgawe 1. Die beleid is van toepassing op die verhuring van die volgende fasiliteite

Nadere informatie

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE BESONDERHEDE VAN AANSOEKER Naam van boerdery/besigheid/instansie BTW nommer Straatadres: Posadres:

Nadere informatie

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word Vereistes vir Fica Tipe dokumentasie wat vereis word Geen verskil bestaan tussen die tipe(s) dokumentasie wat vir Fica-doeleindes by Nuwe Besigheid, uitbetaling of enige ander stadium vereis word nie.

Nadere informatie

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003 A B C Toekenning 15 Februarie 2003 VEREISTES Die jeuglid / volwasselid moet die nodige vereiste punte behaal soos in die tabel hieronder uiteengesit. Daar is vir beide jeuglede en volwasselede n punte

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL Die algemene kennisgewing oor Fasiliteitsbestuur se Planon-stelsel wat op 15 Augustus 2018 uitgereik is via die info @ StellenboschUni-nuusbrief, verwys. Meer besonderhede

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid 2019 OPSOMMING (lees die dokument vanaf p2 vir volledige inligting). Algemeen Keuring word toegepas om n inskrywingsteiken vir eerstejaarsinname

Nadere informatie

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse Universiteit van Stellenbosch Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse Desember 2004 A Akademiese aanbiedings 1. Alle leer en onderrig-geleenthede wat in die naam van die Universiteit

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur 1P/1.4 Registrateur Registrateur en

Nadere informatie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk

Nadere informatie

Riglyne vir die toekenning van navorsings- en ook studiebeurse word kortliks uiteengesit.

Riglyne vir die toekenning van navorsings- en ook studiebeurse word kortliks uiteengesit. AGTERGROND Hierdie Kankernavorsingstrust het ontstaan uit die goedgunstige skenking van 'n bedrag in die testamentêre bepalings van die naamgenote, met die wens dat dit vir kankernavorsing benut word.

Nadere informatie

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode 2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode Bestuursopsomming Nuweling eerstejaar (NE) inskrywings Krygskunde ingesluit Belangrikste verskuiwing in tendense sedert die

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011 NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011 BLADSY Inhoudsopgawe & Kersgroete 1 Aftrekbaarheid van mediese uitgawes 2 Is jou trust in orde? 4 Wie moet vir belasting registreer? 5 KERSGROETE Ons bedank graag

Nadere informatie

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing Bewaringsfondsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat aftreefondsvoordele in 'n bewaringsfonds wil bewaar, moet 'n lid van die bewaringsfonds wees. Die bewaringsfonds belê die voordele wat ontvang word namens

Nadere informatie

A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING LET WEL: Hierdie dokument is op 1 Junie 2018 deur die Senaat van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE Slegs vir kantoorgebruik SENWESBEL (Ingelyf in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1996/017629/06) ("Senwesbel ) Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE BELANGRIKE

Nadere informatie

Wrestling Federation Stoeifederasie

Wrestling Federation Stoeifederasie SA Wrestling Federation Stoeifederasie S.A. GRIEKS-ROMEINSE EN VROUE PRESIDENT KAMPIOENSKAPPE: VRYDAG. VENUE: NOORD GAUTENG STOEISAAL, PRETORIA. DATUM: 10 April 2015 (Vrydag). STOEI BEGIN: 08H00 na Gebed

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 01 PUNTE: 150 TYD: uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 01 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure 1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure AANSOEK- & REGISTRASIEPROSEDURE Die volgende diagram sal u help om die aansoek- en registrasieprosesse beter te verstaan en om die belangrikheid daarvan in te

Nadere informatie

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar Geagte Ouer(s) 12 November 2015 SKOOLFONDS 2016 Die skoolfonds vir 2016 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 28 Oktober 2015 deur die meerderheid van die ouers goedgekeur. Alle ouers is

Nadere informatie

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing Belastingvrye Belegging Planbeskrywing Die plan is 'n versekeringspolis soos beskryf onder, en gereguleer deur die Langtermynversekeringswet, 1998. Die plan is 'n kontrak tussen die planhouer en ons, Sanlam

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

FAKULTEITSKOMITEE FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE RIGLYNE VIR DIE BESLUITNEMING BY STUDENTEVERSOEKE

FAKULTEITSKOMITEE FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE RIGLYNE VIR DIE BESLUITNEMING BY STUDENTEVERSOEKE Fakulteit Agriwetenskappe UNIVERSITEIT STELLENBOSCH Faculty of AgriScience STELLENBOSCH UNIVERSITY FAKULTEITSKOMITEE FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE RIGLYNE VIR DIE BESLUITNEMING BY STUDENTEVERSOEKE 1. Algemene

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM ALGEMENE VOORWAARDES & INLIGTING VAN STALLETJIES LIGGING Die KALAHARI KUIERFEES vind op die Upington Expo gronde plaas. Dis geleë op die hoek

Nadere informatie

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING Privaat sak X6001, Potchefstroom Suid-Afrika 2520 Tel: +2718 299-1111/2222 Web: http://www.nwu.ac.za Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) Tel: +2718 299-1777 E-pos: Corrie.Rheeder@nwu.ac.za TOEGEWINGSPROTOKOL

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3 (Hersien in September 2012. Gebruik vanaf 2013) PRYSUITDELING KRITERIA: Prestasie en toekennings word jaarliks toegeken. Vanaf Graad 5 kan balkies en ere-kleure toegeken word, d.w.s. dat skoolbaadjies

Nadere informatie

A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING LET WEL: Hierdie dokument is op 1 Junie 2018 deur die Senaat van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING

Nadere informatie

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3) Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3) Beleid hersien: Mei 2016 Volgende hersiening: Januarie 2017 INHOUDSOPGAWE TITEL VAN DIE BELEID...1 EFFEKTIEWE DATUM...1 HERSIENINGSINLIGTING...1

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 TEGNIESE WISKUNDE V1 MODEL 2016 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 1 diagramvel. Tegniese Wiskunde/V1 2 DBE/2016 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : ERF : GELEë : GROOT : GEHOU KRAGTENS : aangebied sal word

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel, Orrelbou en Kerkmusiek (2018)

SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel, Orrelbou en Kerkmusiek (2018) SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel, Orrelbou en Kerkmusiek (2018) 1. Doelstelling en omskrywing Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (SAKOV) stel hiermee die SAKOV-STUDIE- BEURSE vir verdienstelike

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE AANSOEK OM TOELATING - 2017 HOËRSKOOL TUINE POSBUS 48066 Tel: (012) 379-6181/2 HERCULES 0030 Faks: (012) 377-3899 PRETORIA e-pos: admin@hstuine.co.za LW!! U aansoek kan nie oorweeg word sonder die volgende

Nadere informatie

BSc(HONS)-, MSc- EN PhD-GRAADSTUDIE: RIGLYNE VIR STUDIELEIERS, PROMOTORS EN STUDENTE

BSc(HONS)-, MSc- EN PhD-GRAADSTUDIE: RIGLYNE VIR STUDIELEIERS, PROMOTORS EN STUDENTE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE SKOLE VIR GENEESKUNDE, GESONDHEIDSORGWETENSKAPPE, PATOLOGIEWETENSKAPPE EN GESONDHEIDSTELSELS & OPENBARE GESONDHEID BSc(HONS)-, MSc- EN PhD-GRAADSTUDIE:

Nadere informatie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS MEMORANDUM VAN OOREENKOMS tussen SITALI JEWELLERS (hierna genoem SITALI) en KATRINA PHILLIPS ANNA CLOETE REBECCA DE WET RONALD JOSEPH DEONALD CLOETE STEVERT HANS (hierna genoem die Kunstenaars) 1. DIE

Nadere informatie

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te, 1 VEILINGSOOREENKOMS OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: S.A. HOLSTEIN (hierinlater na verwys as "S.A.H" en hierin verteenwoordig deur n SA Holstein verteenwoordiger behoorlik daartoe gemagtig) en (hierinlater

Nadere informatie

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2019 INHOUDSOPGAWE

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2019 INHOUDSOPGAWE BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2019 INHOUDSOPGAWE 1 ALGEMENE BEPALINGS BLADSY 1.1 Wysiging van betaalbare gelde 2 1.2 Studentenommer 2 1.3 Kontrak- en finansiële aanspreeklikheid 2 1.4 Verantwoordelikheid

Nadere informatie

Beleid vir die aanbieding van kortkursusse aan die NWU

Beleid vir die aanbieding van kortkursusse aan die NWU Beleid vir die aanbieding van kortkursusse aan die NWU Verwysingsnommer Aanspreeklike bestuurder Eienaar van beleid uitvoerende 8P/8.2 Uitvoerende Direkteur: Onderrig-leer en Adjunkhoof Direkteur: Onderrig-leer

Nadere informatie

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE D I E S U I D A F R I K A A N S E A K A D E M I E V I R W E T E N S K A P E N K U N S Privaat sak X11, Arcadia 0007 Tel. (012) 328-5082 Faks (012) 328-5091 E-pos: akademie@akademie.co.za Webwerf: www.akademie.co.za

Nadere informatie

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS BA (DRAMA- EN TEATERSTUDIE): Aansoek om toelating 2019 AANSOEKPROSEDURE 1. Voltooi ʼn Voorgraadse Aansoek om Toelating tot die Universiteit elektronies (e-aansoek) of per hand. 2. Betaal die aansoekfooi

Nadere informatie

A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN FISIOTERAPIE-STUDENTE (2017 vir die 2018-inname) A. ALGEMENE INLIGTING 1. Ten einde oorweeg te word

Nadere informatie

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE Wat is bestaande gebruike van water? Bestaande watergebruike word ingevolge artikel 32 van die Nasionale Waterwet (NWW), wet 36 van 1998, gedefinieer. Dit is daardie watergebruike wat inderdaad gedurende

Nadere informatie

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. HUISHOUDELIKE REëLS : CENTURION KUNSVERENIGING 1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. 2. Die huishoudelike reels kan onder

Nadere informatie

Dit begin alles hier. Teologie

Dit begin alles hier. Teologie Dit begin alles hier Teologie VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog

Nadere informatie

A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE 2017 VIR 2018 A. ALGEMENE INLIGTING 1. Vir toelating tot die MB,ChB-graadprogram (hoofstroom

Nadere informatie

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat Wat u met u fondskrediet kan doen wanneer u van werk verander Redes waarom u u aftreefonds sal verlaat U sal waarskynlik u fonds verlaat as u: 1. By u werkgewer

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit

Nadere informatie

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE Lenings wat aan werkers gegee word se terugbetalings-paaiemente kan deur middel van die betaalstelselsel van hul vergoeding verhaal word. Indien 'n paaiement met die volgende

Nadere informatie

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem. VOORRAAD Elke item wat u wil monitor as voorraad, soos bv. kunsmis, chemikalieë, saad en sakke voer moet as ʼn voorraaditem geskep word. Daar is geen beperking op die hoeveelheid items wat in voorraad gehou

Nadere informatie

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK Fisiese Adres: View laan, Rothdene, Meyerton Karavaanpark Besprekings: Adele Swanepoel: '064 904 5221 besprekings@klipdraaikaravaanpark.co Besoek ons webtuiste en bespreek aanlyn Musiekfees Navrae: Tilla

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids Kontak Susan van Schalkwyk (scvs@sun.ac.za, tel nr: 808-3751) Antoinette van der Merwe (advdm@sun.ac.za, tel nr: 808-3074) Gert Young (gyoung@sun.ac.za,

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL 1 van 6 DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL Werwingsadvertensies GROOTTE VAN ADVERTENSIE Plasing

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2018 INHOUDSOPGAWE

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2018 INHOUDSOPGAWE BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2018 INHOUDSOPGAWE 1 ALGEMENE BEPALINGS BLADSY 1.1 Wysiging van betaalbare gelde 2 1.2 Studentenommer 2 1.3 Kontrak- en finansiële aanspreeklikheid 2 1.4 Verantwoordelikheid

Nadere informatie

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL 1 van 6 DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL 1. RAAMWERK WAARBINNE DIÉ DOKUMENT INPAS 1.1 Die Raad van Universiteit Stellenbosch het op 13 Desember 2000 n Diensbillikheidsplan aanvaar

Nadere informatie

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS 1. DOELSTELLINGS VAN DIE BELEID 1.1 Om alle handboeke en leerhulpmiddels te herwin aan die einde van die jaar. 1.2 Die effektiewe

Nadere informatie

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT BERGRIVIER MUNISIPALITEIT KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60 PIKETBERG 7320 15 JULIE 2016 AAN: ALLE LEDE VAN DIE BURGEMEESTERSKOMITEE RAADSLEDE Uitvoerende Burgemeester Uitvoerende Onderburgemeester

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 016 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1 WAGYU BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA Privaatsak X 7002, Langenhoven Park, 9330 Telefoon: +27 51 492 1852 E-pos: accounts@wagyu.org.za HOE OM AANSOEK TE DOEN: 2018 Weergawe 1 Stap 1: Voltooi Vorms 1, 2, 3

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK SENTRUMNOMMER EKSAMENNOMMER NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK VRAAG PUNTE PARAAF MOD. 1 2 3 4 5 6 TOTAAL Hierdie antwoordeboek bestaan uit

Nadere informatie

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS B l a d s y 1 DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS Inleiding 1. Dormer stoetveilings kan onder die volgende kategorieë geklassifiseer word: a. Produksie-, Promosie-,

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid LAERSKOOL SAAMTREK Grond-en-gebouebeleid 1. Inleiding Hierdie dokument is die grond-en-gebouebeleid van (skool)laerskool SAAMTREK, wat die skoolbeheerliggaam op (datum)4 Oktober 2014 goedgekeur het. Die

Nadere informatie

Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns

Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns Die kursus is gerig op (aspirant) skrywers en vertalers wat ʼn manuskrip onder deskundige leiding wil voltooi. Hoewel die vernaamste oogmerk hiervan die ontwikkeling

Nadere informatie