NA-AFTREDE OPLOSSINGS
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS 1
ONTDEK GLACIER 2 Glacier van Sanlam bring vooraanstaande kundiges en gerekende finansiëledienste-maatskappye bymekaar om in welvarende kliënte se finansiële behoeftes te voorsien. Ons spesialisspanne lewer gekonsentreerde finansiële dienste, en ons is trots daarop dat die voorste finansiële tussengangers ons as n vennoot kies vanweë ons uitstaande oplossings en gehaltediens. Ons reeks finansiële oplossings is ontwerp om oor n leeftyd te strek, en om in elke lewensfase se behoeftes te voorsien of jy nou daarop konsentreer om jou welvaart te skep of dit te bewaar. Alhoewel elke oplossing n spesifieke doel het, word almal gekenmerk deur die wêreldklas-gehalte en toewyding waarvoor Glacier bekend is. FINANSIËLE LEWENSFASES VERMEERDER / LAAT GROEI KAPITAAL BEWAAR WELVAART AFTREDE / VOLHOUBARE INKOMSTE Plaaslike en internasionale beleggingsoplossings Voor-aftrede spaaroplossings Persoonlike dekking en besigheidsversekeringoplossings Korttermynversekeringoplossings Na-aftrede inkomste-oplossings
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS NA-AFTREDE INKOMSTE- OPLOSSINGS MAAK DIE BESTE GEBRUIK VAN JOU AFTREDE Wanneer jy aftree, is een van die belangrikste besluite wat jy moet neem hoe om jou aftreespaargeld ten beste aan te wend om n inkomste te genereer wat vir die res van jou lewe in jou behoeftes sal voorsien. Wanneer jy uit n aftreefonds, soos n werkgewer se pensioen- of voorsorgfonds, of n uittree-annuïteit aftree, kan jy die opbrengste oordra na n na-aftrede inkomste-oplossing wat jou van n gereelde inkomste sal voorsien. Alhoewel daar n aantal oplossings is om uit te kies, sal jou uitgawes ná aftrede en die mate waartoe jy bereid is om die verskillende risiko s ten opsigte van aftrede-inkomste te aanvaar, bepaal watter een mees geskik is vir jou. Die risiko s word in die tabel op die volgende bladsy bespreek. WAT NEEM EK EN MY TUSSENGANGER IN AG VOOR EK BELÊ? Jou beleggingsdoelwitte Jou beleggingstermyn Beskerming teen inflasie Beleggings wat die beste in jou behoeftes sal voorsien 3
Langlewendheidsrisiko Die risiko dat jy langer kan leef as verwag, wat daartoe kan lei dat jou na-aftrede inkomste later in jou lewe kan opraak. Hierdie risiko word al hoe meer relevant aangesien lewensverwagting wêreldwyd aan die styg is. Beleggingsrisiko Die risiko dat jou inkomste of kapitaal negatief beïnvloed word deur slegter-asverwagte beleggingsopbrengste in jou onderliggende beleggingsportefeulje. Inflasierisiko Die risiko dat die koopkrag van die inkomste wat deur jou gekose produk verskaf word, weggevreet word omdat die vlak van inkomste nie by inflasie bybly nie. Glacier het n oplossing vir jou, ongeag of jy n stabiele, konstante, lewenslange inkomste uit jou aftree-inkomste oplossing wil ontvang, en of jy meer daarop gefokus is om kapitaal vir jou erfgename agter te laat. Ons bied die Glacier Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit en die Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan, wat elkeen spesifieke eienskappe het wat jou keuse kan beïnvloed. 4 DIE VERNAAMSTE EIENSKAPPE IS: Glacier Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit Minimum bydrae R100 000 enkelbedrag Jy het, binne voorgeskrewe perke, beheer oor die inkomstebedrag wat jy neem. Jy kan jou vlak van inkomste aanpas soos wat jou omstandighede verander. Jy kan n gediversifiseerde beleggingsportefeulje, wat by jou persoonlike omstandighede pas, saamstel uit n wye reeks beleggingsopsies. Jy kan die samestelling van jou onderliggende beleggingsportefeulje verander soos wat jou omstandighede verander. Jy kan ná jou dood vir jou afhanklikes sorg deur begunstigdes aan te wys wat die oorblywende kapitaal in jou portefeulje sal ontvang wanneer jy te sterwe kom. Glacier Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan Minimum bydrae R250 000 enkelbedrag Jy kan seker wees van n lewenslange inkomste in die gedaante van n gewaarborgde aantal aftreeinkomste eenhede wat regdeur jou aftree-jare betaalbaar is. Jy kan die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede wat jy sal ontvang verhoog deur van n inkomsteversnellingskoers gebruik te maak. Jou inkomstevlak sal in ooreenstemming met die prestasie van jou onderliggende beleggings beweeg. Jy kan n gediversifiseerde beleggingsportefeulje saamstel om beleggingsopbrengste te lewer wat jou inkomstegroei sal dryf. Jy kan die samestelling van jou onderliggende beleggingsportefeulje verander soos wat jou omstandighede verander. Jy kan na jou dood vir jou afhanklikes sorg deur óf te kies om n tweede versekerde lewe by jou plan te voeg, óf deur n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn te spesifiseer. Hierdie twee opsies kan ook gekombineer word. Jou finansiële tussenganger sal jou help om jou na-aftrede inkomste-oplossing optimaal te struktureer.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS JY KAN IN N VERSKEIDENHEID BELEGGINGSOPSIES BELÊ Glacier bied die grootste reeks kollektiewe beleggingsfondse wat deur gerekende kollektiewe beleggingsbestuursmaatskappye bestuur word, wat beteken dat jy blootstelling aan n verskeidenheid bateklasse kan kry. Binne n Glacier Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit kan jy n gedeelte van die beleggingsbedrag in n saamvatfonds, wat deur diskresionêre beleggingsbestuurders bestuur word, of in n portefeulje van genoteerde aandele belê. Ons bemagtig jou tussenganger om jou te help om gepaste besluite te neem. Glacier se navorsingspan doen deurlopend omvattende navorsing oor fondse en verskaf waardevolle insig wat tussengangers help om ingeligte keuses vir hul kliënte uit te oefen. Vir beleggers met n groter afkerigheid vir risiko, bied die Glacier Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan bykomende beleggingsopsies wat n mate van beskerming teen markwisselvalligheid bied. 5 JY IS IN BEHEER Glacier, as n administratiewe finansiële dienste verskaffer, administreer die belegging. Ons verskaf die beleggingsplatform en voer jou instruksies uit. Jy kies die onderliggende beleggings en gee Glacier opdrag wanneer en hoe om jou belegging aan te pas. Jou finansiële tussenganger sal jou voorsien van advies en jou help om jou belegging in ooreenstemming met jou beleggingsdoelwitte en verdraagsaamheid vir risiko te bestuur. SAAMVATFONDSE n Saamvatfonds is n portefeulje wat bestaan uit onderliggende kollektiewe beleggingsfondse wat volgens n spesifieke beleggingsmandaat bestuur of saamgevat word.
6
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS DIE GLACIER BELEGGINGS- GEKOPPELDE LEWENDE ANNUÏTEIT N PRODUKTIEWE MANIER OM JOU AFTREESPAARGELD TE BENUT Met n beleggingsgekoppelde lewende annuïteit besluit jy self hoe jou aftreespaargeld belê word, en watter bedrag jy elke jaar as inkomste neem. HOE DIT WERK Ons belê die opbrengs van jou aftreespaargeld uit n geregistreerde aftreefonds in die onderliggende beleggings wat jy in samewerking met jou tussenganger kies, en jy trek n gereelde inkomste uit jou belegging. Die Glacier Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit bied: Die vermoë om die koopkrag van jou inkomste te beskerm Deur jou inkomstebron aan die markte bloot te stel, het jy die geleentheid om jou inkomste by inflasie te laat byhou of dit te klop. Jy en jou tussenganger kan jou portefeulje aanpas soos wat jou behoeftes en risiko-profiel verander en Glacier hef geen fooi om jou omskakeling tussen kollektiewe beleggings uit te voer nie. Aanpasbaarheid Jy kan jou kontantvloei aanpas om aan jou veranderende behoeftes te voldoen deur jou inkomstevlak een maal per jaar, op die verjaardag van die belegging, aan te pas. Glacier stuur elke jaar herinneringsbriewe aan kliënte oor hul inkomstehersiening, lank voor hul inkomste hersien moet word. Kontinuïteit By jou dood kan jou begunstigdes kies om óf die volle voordeel (minus belasting) in kontant te neem, óf met die lewende annuïteit voort te gaan, óf om n gedeelte in kontant te neem en die oorblywende gedeelte na n lewende annuïteit oor te dra. TEN OPSIGTE VAN DIE INKOMSTE Hoeveel kan ek trek? Volgens wet mag jy n jaarlikse inkomste van tussen 2.5% en 17.5% van die kapitaalwaarde van jou belegging trek. Jy kan die persentasie elke jaar op die plan se verjaardag verander. Die inkomste word betaal deur die gereelde terugkoop van eenhede uit die onderliggende beleggingsfondse. 7
8 RISIKO S VERBONDE AAN DIE BELEGGINGSGEKOPPELDE LEWENDE ANNUÏTEIT Beleggingsrisiko Finansiële markte is onvoorspelbaar en wissel daagliks. Die waarde van jou belegging kan dus styg en daal, en daar is geen waarborg, hetsy ten opsigte van die kapitaal óf die opbrengs van die belegging nie. Jou finansiële doelwitte en persoonlikheid bepaal hoeveel risiko jy bereid is om te neem, en jou tussenganger sal jou help om die vlak van risiko te bepaal wat reg is vir jou persoonlike omstandighede. Die risiko dat jy langer mag leef as wat jou spaargeld hou Die doel van n lewende annuïteit is om n inkomste vir jou leeftyd te verskaf. Die kapitaal daarin kan egter opraak voordat jy te sterwe kom. Dit sal gebeur as die uitvloeie groter is as die opbrengs, met ander woorde, as die inkomste en fooie wat uit die belegging onttrek word, meer is as die totale beleggingsopbrengs. Lewensverwagting is ook besig om te styg en indien jy langer leef as wat verwag is, kan dit ook daartoe lei dat die kapitaal voor jou dood uitgeput word. Dit kan tot gevolg hê dat jy onvoldoende spaargeld oorhet om jou inkomste te handhaaf. Jy, as die belegger, dra hierdie risiko. JY HET DIE MAG OM JOU KAPITAAL TE BEWAAR Die vlak van inkomste en die beleggingsopsies wat jy kies beïnvloed hoe lank die kapitaal in jou lewende annuïteit in stand bly. Jy kan jou kapitaal bewaar deur n volhoubare vlak van inkomste te trek en geskikte beleggingsopsies te kies. Trek n volhoubare vlak van inkomste n Beleggingsgekoppelde lewende annuïteit laat jou toe om jou inkomstevlak te bepaal, binne sekere perke soos deur die owerhede vasgestel (tans tussen 2.5% en 17.5% van die onderliggende kapitaalwaarde per jaar). Jy kan, in konsultasie met jou tussenganger, verseker dat die vlak van inkomste wat jy kies vir die res van jou lewe volhoubaar is. Jy moet die hoeveelheid kapitaal wat jy relatief tot die beleggingsopbrengs as n inkomste trek, versigtig bestuur om dit te behaal. Die onderstaande tabel kan gebruik word as n riglyn om n inkomstevlak te kies wat geskik is vir jou ouderdom. Glacier se riglyn vir die maksimum persentasie wat jy op n bepaalde ouderdom behoort te trek Ouderdom Manlik Vroulik 55 4.0% 3.5% 60 4.4% 3.8% 65 4.9% 4.2% 70 5.6% 4.7% 75 6.3% 5.2% 80 7.3% 5.8% 85 8.7% 7.0% Hierdie riglyn behoort jou te help om n spesifieke inkomstevlak te handhaaf, ondanks inflasie. Die riglyn is gebaseer op n portefeulje wat n reële opbrengs (dit wil sê nadat inflasie in aanmerking geneem is) van 2% per jaar lewer, na die aftrekking van fooie. n Laer reële opbrengs sal n laer inkomstevlak lewer. Afhangende van jou individuele omstandighede, mag dit beter wees om n kleiner bedrag as wat in die tabel aangedui is, te trek. Raadpleeg altyd eers jou tussenganger voordat jy in n beleggingsgekoppelde lewende annuïteit belê, veral as dit jou enigste bron van inkomste is en jy n voorbelaste inkomste benodig wat die vlak wat in die tabel aangedui is, oorskry.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS Kies geskikte onderliggende beleggings Die beleggings onderliggend aan jou lewende annuïteit bestaan uit verskeie tipes bateklasse, soos aandele, effekte, eiendom en kontant. Hierdie onderliggende bates word geassosieer met verskillende vlakke van risiko en opbrengste. Om hierdie rede moet jy en jou finansiële tussenganger die totale samestelling van jou lewende annuïteit in ag neem. Indien jy te veel van jou belegging in riskante bates plaas, is daar n risiko dat jy kapitaal sal verloor, terwyl beleggingsopbrengste te laag sal wees om jou inkomste te handhaaf indien jy te min in sulke bates plaas. Alhoewel daar geen spesifieke beleggingsperke vir beleggingsgekoppelde lewende annuïteit-beleggings voorgeskryf is nie, is daar perke vir voor-aftrede beleggings wat deur goedgekeurde aftreefondse gemaak word. Die Wet op Pensioenfondse reguleer die maksimum perke vir die verskillende bateklasse waaraan n aftreefonds homself mag blootstel ten einde n lid se aftreespaargeld te beskerm. Breedweg gesproke is die maksimum blootstelling wat voor-aftrede fondse aan die verskillende bateklasse mag hê, as volg: 9 75% aan aandele 25% aan eiendom 30% aan buitelandse bates (waarvan nie meer as 25% in buitelandse bates buite Afrika belê mag wees nie) Hierdie perke is daargestel om leiding te gee ten opsigte van omsigtige beleggingsperke, en dit kan nuttig wees om na hierdie riglyne te verwys wanneer jy die totale batesamestelling van jou beleggingsgekoppelde lewende annuïteit beoordeel. DIE ONDERLIGGENDE KAPITAAL IS AS N DOODSVOORDEEL BETAALBAAR Jy benoem die begunstigde (of begunstigdes) van die onderliggende kapitaal. Jou begunstigdes mag met die lewende annuïteit voortgaan onder hul eie naam, of kies om die voordeel as n enkelbedragbetaling te ontvang. Hulle mag ook n enkelbedragbetaling met n lewende annuïteit kombineer.
10 WANNEER JY AFTREE, IS EEN VAN DIE BELANGRIKSTE BESLUITE WAT JY MOET NEEM HOE OM JOU AFTREESPAARGELD TEN BESTE AAN TE WEND OM N INKOMSTE TE GENEREER.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS 11
DIE GLACIER LEWENSLANGE BELEGGINGS- GEKOPPELDE INKOMSTEPLAN 12 DIE SEKERHEID VAN N LEWENSLANGE AFTREE- INKOMSTE Hierdie oplossing kombineer die voordele van die beleggingsgekoppelde lewende annuïteit en n konvensionele lyfrente in n enkele oplossing deur die sekerheid te bied van n lewenslange aftree-inkomste wat gekoppel is aan die groei van n onderliggende beleggingsportefeulje.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS HOE DIT WERK 1 Aftree-kapitaal word gebruik om gewaarborgde aftreeinkomste eenhede, teen n prys van R1 elk, aan te koop. 2 n Gelyke aantal aftree-inkomste eenhede sal elke jaar as inkomste uitbetaal word. 3 Die aftree-inkomste eenhede word belê in n beleggingsportefeulje wat deur jou, in samewerking met jou tussenganger, gekies word. N UNIEKE KONSEP Gewaarborgde aftree-inkomste eenhede 4 Die groei in die waarde van die aftreeinkomste eenhede sal gekoppel word aan die prestasie van die portefeulje. Die Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan bied: n Lewenslange beleggingsgekoppelde inkomste Die kapitaalbedrag word gebruik om n gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede per jaar aan te koop wat lewenslank betaalbaar is. Die gewaarborgde aantal aftreeinkomste eenhede word bereken en vasgestel wanneer jy die produk koop. Dit word bepaal deur jou aanvanklike beleggingsbedrag, jou geslag, en jou ouderdom op daardie tydstip, asook ander produkopsies wat jy mag kies. Die waarde van elke aftree-inkomste eenheid is aanvanklik R1. Daarna verander die waarde in ooreenstemming met die beleggingsprestasie van jou gekose beleggingsportefeulje, na fooie, heffings en die effek van die inkomsteversnellingskoers in berekening gebring is. Die randwaarde van die jaarlikse aftree-inkomste word bereken as die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede vermenigvuldig met die aftreeinkomste eenheidsprys. Die jaarlikse inkomstebedrag word elke jaar op dieselfde datum, wat die plan se verjaardag genoem word, herbereken. Hierdie bedrag word in die Inkomsterekening wat in die plan gehou word (wat die Glacier Geldmarkfonds is), inbetaal en word dan in gelyke bedrae teen jou gekose frekwensie (maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks of jaarliks) aan jou toegewys. Die geleentheid om voordeel te trek uit markverwante inkomstegroei Die waarde van die aftree-inkomste eenhede is gekoppel aan die prestasie van die beleggingsportefeulje wat deur jou en jou tussenganger saamgestel is. Wanneer jy die produk koop, sal die waarde van elke aftree-inkomste eenheid by R1 begin. Indien jou aftreekapitaal dus byvoorbeeld 200 000 aftree-inkomste eenhede per jaar koop, sal jou eerste jaar se inkomste R200 000 wees. Die waarde van die aftree-inkomste eenhede sal dan tydens die beleggingstydperk in ooreenstemming met die prestasie van die gekose onderliggende beleggings (nadat alle fooie, heffings en die effek van die inkomsteversnellingskoers in berekening gebring is) verander. Om te help verseker dat jou inkomste tred hou met inflasie, sal jy n kombinasie van bateklasse moet kies wat na verwagting opbrengste sal lewer wat ten minste gelyk is aan inflasie ná die aftrekking van alle fooie, polisheffings en die inkomsteversnellingskoers wat by aanvang gekies is. 13
AANGAANDE DIE INKOMSTE Frekwensie By die aanvang van die plan, kan jy kies om n inkomste maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks, of jaarliks te ontvang. As dit eers gekies is, kan die frekwensie nie verander word nie. Waaruit word die inkomste betaal? By die aanvang van die plan en jaarliks daarna op die datum van die planverjaardag, word die inkomste bereken en word die volle jaar se inkomste oorgeplaas na die Inkomsterekening wat binne die plan gehou word (die Glacier Geldmarkfonds). 14 Die inkomste word in gelyke bedrae, teen die frekwensie wat jy gekies het, uit die Inkomsterekening betaal. Die rente wat op die Inkomsterekening verdien word, sal by die volgende jaar se inkomste gevoeg word. PRODUK-AANPASBAARHEID Opsie om n tweede versekerde lewe by te voeg n Tweede versekerde lewe kan gekies word om te verseker dat die inkomste vir n tweede lewe voortduur. Jy het ook die opsie om n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn te kies, waartydens die inkomste gewaarborg is om voort te duur. Die byvoeging van n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn of n tweede versekerde lewe onder die produk sal die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede wat jy ontvang, verminder.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS Jou behoefte Inkomste vir die leeftyd van die afgetredene Inkomste vir die leeftyd van die afgetredene plus Inkomste vir n gewaarborgde tydperk Buigsaamheid van die produk Enkellewe lyfrente sonder n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn Die inkomste is betaalbaar tot jou dood. As jy sterf sal alle inkomstebetalings onmiddellik staak en die plan sal eindig. Enkellewe lyfrente met n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn Sanlam Lewens waarborg dat die inkomste vir die res van jou lewe betaal sal word, met n minimum van 5, 10 of 15 jaar (soos by aanvang deur jou gekies). Indien jy binne die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn sterf, sal die plan in die naam van die begunstigde(s) voortgaan en die inkomste sal tot aan die einde van die oorblywende deel van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn betaal word. Inkomste vir die leeftyd van die afgetredene plus Inkomste vir die leeftyd van n tweede versekerde lewe en die opsie om n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn in te sluit Indien daar geen begunstigde(s) onder die plan is nie, sal Glacier voortgaan om die inkomste aan jou boedel te betaal, totdat die eksekuteur anders opdrag gee. Indien jy na die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn sterf, sal alle inkomstebetalings onmiddellik staak en die plan sal eindig. Gesamentlike lewe lyfrente Die polis verskaf n inkomste aan die eerste versekerde lewe en aan die tweede versekerde lewe na die dood van die eerste versekerde lewe. Die volgende opsies is beskikbaar: n Gesamentlike lewe lyfrente sonder n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn. Die inkomste is betaalbaar tot en met die dood van die langslewende. By die dood van die langslewende versekerde lewe, staak alle inkomstebetalings onmiddellik en die plan sal eindig. n Gesamentlike lewe lyfrente met n vermindering in inkomste by die eerste dood. Die inkomste word met n gekose persentasie verlaag by die dood van een van die versekerde lewens. Indien n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn by aanvang gekies is, sal die inkomste eers aan die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn met die gekose persentasie verminder. n Gesamentlike lewe lyfrente met n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn. Die volle inkomstebetaling is tot aan die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn betaalbaar. By die dood van een van die versekerde lewens, sal die plan voortgaan in die naam van die langslewende versekerde lewe. - Indien die dood binne die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn plaasvind en n vermindering in inkomstebedrag by aanvang gekies is, sal die bedrag van die inkomstebetaling eers aan die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn verminder. - Indien die dood buite die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn plaasvind en n vermindering in inkomstebedrag by aanvang gekies is, sal die bedrag van die inkomstebetaling onmiddellik verminder. - Die inkomste is tot en met die dood van die langslewende versekerde lewe betaalbaar. By die dood van die langslewende versekerde lewe: - Indien die langslewende versekerde lewe buite die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn sterf, sal die inkomstebetalings onmiddellik staak en die plan sal eindig. - Indien die langslewende versekerde lewe binne die gewaarborgde inkomstebe-talingstermyn sterf, sal die polis in die naam van die begunstigde(s) voortgaan en die inkomste sal tot aan die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn betaal word. - Indien daar geen begunstigde(s) onder die plan is nie, sal Glacier voortgaan om die inkomste aan die boedel te betaal, totdat die eksekuteur anders opdrag gee. 15
OPSIE OM BY AANVANG DIE AFTREE- INKOMSTE EENHEDE TE VERHOOG Jy kan die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede wat jy sal ontvang, verhoog deur gebruik te maak van n inkomsteversnellingskoers. n Inkomsteversnellingskoers van 0%, 1%, 2% en 3% is beskikbaar.* n Inkomsteversnellingskoers sal n hoër aanvanklike inkomste, maar laer toekomstige inkomstegroei tot gevolg hê. Die inkomsteversnellingskoers word in berekening gebring wanneer die inkomste bereken word, en daarom moet die beleggingsopbrengs hoër wees as die fooie, heffings en die inkomsteversnellingskoers ten einde die inkomste van een jaar tot die volgende te laat groei. n Inkomsteversnellingskoers kan slegs by aanvang gekies word, waarna dit vas sal bly vir die duur van die plan. VOORBEELD VAN INKOMSTEBEREKENING In die onderstaande voorbeeld is n inkomsteversnellingskoers van 3% gekies, geen tweede versekerde lewe is gekies nie en geen gewaarborgde inkomstebetalingstermyn is gekies nie. Gebaseer op hierdie keuses, asook die kliënt se aanvanklike beleggingsbedrag, geslag en ouderdom, is die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede as 200 000 bereken. Inkomsteberekening by aanvang Gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede per jaar Aftree-inkomste eenheidsprys Aanvanklike bruto jaarlikse inkomste Gekose inkomstefrekwensie Bruto maandelikse inkomste gedurende die eerste jaar = 200 000 = R1 = 200 000 x R1 = R200 000 = Maandeliks = R16 667 16 Die aantal aftree-inkomste eenhede is gewaarborg en begin by n waarde van R1 by aanvang. Hierdie prys sal in ooreenstemming met die prestasie van die onderliggende beleggingsportefeulje minus fooie en heffings, en met inagname van die effek van die inkomsteversnellingskoers beweeg. Herberekening van inkomste op datum van herberekening van inkomste (volgende beleggingsverjaardag) MET NETTO BELEGGINGSOPBRENGS VAN 10%: Gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede per jaar Netto beleggingsopbrengs vir die jaar in die onderliggende beleggingsportefeulje** Aftree-inkomste eenheidsprys voor aanpassing vir inkomsteversnellingskoers Inkomsteversnellingskoers Aftree-inkomste eenheidsprys na aanpassing vir inkomsteversnellingskoers: R1.10 x (1 3%) Bruto jaarlikse inkomste, uitgesluit die rente op inkomsterekening Rente verdien op inkomsterekening Bruto jaarlikse inkomste Bruto maandelikse inkomste gedurende die tweede jaar MET NETTO BELEGGINGSOPBRENGS VAN 0%: Gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede per jaar Netto beleggingsopbrengs vir die jaar in die onderliggende beleggingsportefeulje** Aftree-inkomste eenheidsprys voor aanpassing vir inkomsteversnellingskoers Inkomsteversnellingskoers = 200 000 = 10% = R1.10 = 3% = R1.067 = 200 000 x R1.067 = R213 400 = R5 000 = R213 400 + R5 000 = R218 400 = R18 200 = 200 000 = 0% = R1 = 3% Aftree-inkomste eenheidsprys na aanpassing vir inkomsteversnellingskoers: R1 x (1 3%) Bruto jaarlikse inkomste, uitgesluit die rente op inkomsterekening Rente verdien op inkomsterekening Bruto jaarlikse inkomste Bruto maandelikse inkomste gedurende die tweede jaar *Let daarop dat die keuse van n hoër inkomsteversnellingskoers jou aanvanklike inkomste verhoog, maar die kanse verminder dat jou inkomste sal tred hou met inflasie, of dit sal klop. = R0.97 = 200 000 x R0.97 = R194 000 = R5 000 = R194 000 + R5 000 = R199 000 = R16 583.33 **Na aftrekking van alle fooie en heffings, maar voordat die inkomsteversnellingskoers in ag geneem is.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS VOORDELE Sekerheid dat jy vir die res van jou lewe n gereelde inkomste na aftrede sal ontvang Jy sal, vir so lank as wat jy leef, sekerheid hê oor die aantal aftree-inkomste eenhede wat jy elke jaar ontvang. Jou inkomste het die potensiaal om in ooreenstemming met jou beleggingsprestasie te groei Die waarde van die aftree-inkomste eenhede is gekoppel aan die prestasie van die beleggingsportefeulje wat deur jou en jou tussenganger saamgestel is. Jou inkomste het dus die potensiaal om dienooreenkomstig te groei. Die vermoë om die koopkrag van jou inkomste teen inflasie te beskerm Die potensiaal om inflasie te klop, word verkry deur blootstelling aan markopbrengste, so daar is dus n geleentheid om jou inkomste te laat tred hou met inflasie, of om inflasie te klop indien die onderliggende beleggingsopsies wat jy gekies het, dienooreenkomstig presteer. Let daarop dat die keuse van n hoër inkomsteversnellingskoers die kanse verminder dat jou inkomste sal tred hou met inflasie, of dit sal klop. 17 Opsie om na jou dood vir jou afhanklikes te sorg Indien jy n tweede versekerde lewe gekies het, sal ons voortgaan om ná jou dood n inkomste aan hierdie persoon te betaal. Indien jy n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn gekies het, sal die inkomste voortgaan om aan die begunstigde(s) wat jy gespesifiseer het, uitbetaal te word, sou jy gedurende hierdie termyn sterf. Die inkomste sal dan betaal word tot aan die einde van die oorblywende deel van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn.
18
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS 19 JOU INKOMSTE HET DIE POTENSIAAL OM IN OOREENSTEMMING MET JOU BELEGGINGSPRESTASIE TE GROEI.
20 RISIKO S VERBONDE AAN N LEWENSLANGE BELEGGINGSGEKOPPLEDE INKOMSTEPLAN Beleggingsrisiko Finansiële markte is onvoorspelbaar en wissel daagliks. Die waarde van jou belegging kan dus styg en daal, en daar is geen waarborg, hetsy ten opsigte van die kapitaal óf die opbrengs van die belegging nie. Die inkomste is gekoppel aan die prestasie van die onderliggende beleggingsfondse en die inkomste kan dus van die een jaar na die volgende wissel, afhangende van die totale prestasie van die belegging. Tensy waarborge gekies word, is dit moontlik dat n inkomste van jaar tot jaar kan styg of daal. Risiko van daling in inkomste Die randwaarde van die inkomste wat gebied word, word bereken as die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede, vermenigvuldig met die waarde van die aftree-inkomste eenhede. Hierdie waarde is by aanvang R1 en verander daarna in ooreenstemming met die beleggingsprestasie van die gekose beleggingsportefeulje. Alhoewel die aantal aftree-inkomste eenhede gewaarborg is, is die waarde van die aftree-inkomste eenhede nie gewaarborg nie, en jou aftree-inkomste kan dus van die een jaar na die volgende wissel. Indien die beleggingsgroei (minus fooie en heffings, en met inagneming van die effek van die inkomsteversnellingskoers) gedurende n sekere beleggingsjaar negatief was, sal die waarde van die aftree-inkomste eenhede van een jaar na die volgende daal, wat beteken dat die inkomste vir die volgende jaar laer sal wees as wat dit in die vorige jaar was. ANDER OORWEGINGS Geen betaling word by dood gemaak nie Daar is n opsie om by die aanvang van die plan n tweede versekerde lewe te kies, wat sal verseker dat die inkomste vir die leeftyd van die tweede lewe sal voortduur. Jy kan ook n gewaarborgde inkomstebetalingstermyn kies, waartydens die inkomste gewaarborg is om voort te duur. Die plan sal dan by die dood van die tweede versekerde lewe beëindig word, of aan die einde van die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn, watter een ook al laaste plaasvind. Indien nie een van hierdie opsies egter gekies is nie, sal die Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan by die dood van die planhouer eindig en geen verdere voordele sal daarna betaalbaar wees nie. Die aantal aftree-inkomste eenhede is vas Die aantal aftree-inkomste eenhede (wat die randwaarde van jou inkomste bepaal) sal aan die begin van die plan vasgestel word volgens jou beleggingsbedrag, jou ouderdom en geslag, en die onderskeie produkopsies wat jy gekies het. Die aantal aftree-inkomste eenhede is vas, en sal slegs verander indien jy n tweede versekerde lewe gekies het en gekies het om die aantal eenhede ná die dood van die eerste versekerde lewe te verminder. Minimum en maksimum ouderdom by aanvang Die minimum toetree-ouderdom vir die planhouer is 55 met sy of haar volgende verjaardag. Waar n tweede versekerde lewe gekies is, is die minimum toetree-ouderdom vir die tweede lewe 40 met sy of haar volgende verjaardag.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS TOEGANG TOT JOU FONDSE IS BEPERK Die doel van n na-aftrede inkomsteproduk is om n inkomste na aftrede te verskaf, en toegang tot die fondse is dus uitsluitlik deur gereelde inkomstebetalings. Met n Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit kies jy die frekwensie van hierdie betalings, asook die bedrag (binne regulatoriese perke). In die geval van n Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan kies jy die frekwensie van die betalings, maar die aantal aftree-inkomste eenhede (wat die randwaarde van jou inkomste bepaal) sal met die aanvang van die plan op grond van jou beleggingsbedrag, jou ouderdom en jou geslag en die onderskeie produkopsies wat jy gekies het, bepaal word. Die aantal aftreeinkomste eenhede is vasgestel en sal slegs verander indien jy n tweede versekerde lewe gekies het en gekies het om die aantal eenhede na die dood van die eerste versekerde lewe te verminder. Ander onttrekkings kan nie gemaak word nie en die kapitaal kan nie in kontant geneem word nie. Jy kan jou Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit na n konvensionele lyfrente of n Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan omskakel, of dit na n ander versekeraar oordra, maar nie na n nuwe eienaar terwyl jy steeds leef nie. n Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan mag nie na n ander produk oorgedra word nie. Jou Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit en Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan is teen krediteure beskerm, en dit kan dus nie verpand word of as sekuriteit aangebied word nie. Dit mag ook nie gekanselleer word nie. BELASTING SAL SLEGS INKOMSTE- ONTTREKKINGS AFFEKTEER Belasting op inkomste Die inkomste wat aan jou betaalbaar is, is belasbaar. Ons sal inkomstebelasting aftrek en namens jou aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorbetaal. Rente en dividende Rente of dividende ontvang is nie onderhewig aan inkomstebelasting nie. Kapitaalwins Kapitaalwinsbelasting is nie van toepassing nie. 21
22 FOOIE EN HEFFINGS IS BETAALBAAR Fooie word gehef vir die administrasie en bestuur van jou belegging. Terwyl Glacier se jaarlikse administrasiefooi en die jaarlikse finansiële tussengangerfooi binne n Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit afgetrek word deur eenhede uit die belegging terug te koop, word die fooie binne die Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan afgetrek van groei in die aftree-inkomste se eenheidsprys. Glacier se administrasiefooie Glacier hef n jaarlikse administrasiefooi. Indien jy jou belegging met aandele of saamvatfondse wil aanvul, sal bykomende fooie geld. Finansiële tussengangerfooie Jy kom met jou finansiële tussenganger ooreen oor die fooie vir finansiële advies en dienste gelewer. Jy kan hierdie fooie te eniger tyd heronderhandel. Beleggingsbestuursfooie Die bestuurders van die kollektiewe beleggingsfondse waarin jy met gebruik van ons platform belê, sal n fooi hef. Die fooie is in die aansoekvorm, beleggingsbevestiging, toepaslike mandate en feiteblaaie van die fondse uiteengesit. Sterftekoers-aanpassingsfooi (slegs van toepassing op die Lewenslange Beleggingsgekoppelde Inkomsteplan) Die gewaarborgde aantal aftree-inkomste eenhede wat in terme van hierdie produk beloof word, is gebaseer op die beleggingsbedrag, die ouderdom en geslag van die versekerde lewens, die gewaarborgde inkomstebetalingstermyn, die inkomsteversnellingskoers en ander produkopsies wat gekies is. Die aantal aftree-inkomste eenhede is gewaarborg vir so lank as een of albei die versekerde lewens leef (onderhewig aan enige gekose vermindering na die eerste dood in die geval van die gesamentlike lewe opsie), en word bereken deur gebruik te maak van Sanlam Lewens se beste beraming van toekomstige sterftekoerse en verbetering van sterftekoerse in Suid-Afrika. Sou verbeterings in die mediese wetenskap en ander faktore egter tot gevolg hê dat mense selfs langer as verwag leef, mag die voorsiening wat Sanlam Lewens vir toekomstige verbeterings in sterftekoerse gemaak het moontlik nie voldoende wees nie. Sou dit gebeur, sal Sanlam Lewens nie die aantal gewaarborgde aftree-inkomste eenhede vir bestaande polishouers verminder nie, maar Sanlam Lewens behou die reg voor om n sterftekoersaanpassingsfooi te hef. Soos met ander fooie ten opsigte van hierdie produk, sal die sterftekoers-aanpassingsfooi, indien gehef, die aftree-inkomste eenheidsprys beïnvloed. Daar sal geen onmiddellike impak op n kliënt se aftree-inkomste wees nie. Geen sterftekoers-aanpassingsfooi sal binne die eerste 10 jaar van n polis gehef word nie, waarna Sanlam Lewens n maksimum fooi van 0.50% per jaar mag instel. n Bykomende fooi tot n maksimum van 0.50% per jaar mag elke vyf jaar daarna ingestel word. Wanneer die fooi hersien word, sal Sanlam Lewens werklike sowel as bedryfsondervinding ten opsigte van sterftekoerse op hierdie en soortgelyke produkte, die verwagte impak van toekomstige mediese vooruitgang en praktyke, en ander tendense en/of praktyke wat na verwagting toekomstige sterftekoerse gaan beïnvloed, analiseer. Sanlam Lewens sal dan die aannames wat ten tye van die fooihersiening van toepassing is vergelyk met dié wat voorheen gebruik is en, met verwysing na daardie vergelyking, n regverdige en redelike metode gebruik om enige aanpassing aan die fooi te bereken. Geen sterftekoers-aanpassingsfooi sal ooit van n kliënt se ouderdom, gesondheid of ander persoonlike omstandighede op daardie stadium afhang nie. Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) betaalbaar op fooie BTW is betaalbaar op fooie, waar van toepassing.
GLACIER NA-AFTREDE OPLOSSINGS 23
LAAT ONS JOU VERWAGTINGE OORTREF 24 Ons kliënte is vir ons belangrik ons wil die beste diens aan jou verskaf. Dit is waarom ons jou terugvoer verwelkom, hetsy positief of negatief. As jy ontevrede is oor enige aspek van ons diens of produkte, vertel ons asseblief daarvan. Ons span sal die saak ondersoek en dit regverdig en doeltreffend oplos. Ons aansoekvorms is op ons webwerf, www.glacier.co.za, of by jou finansiële tussenganger verkrygbaar. E-pos: client.services@glacier.co.za Glacier Financial Solutions (Edms) Bpk is n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.
Hierdie brosjure is saamgestel met die oog daarop dat kliënte dit saam met hulle finansiële tussengangers as verwysing kan gebruik. As jy meer inligting verlang, gesels asseblief met jou finansiële tussenganger, besoek ons webwerf by www.glacier.co.za of kontak ons Kommunikasiesentrum: Tel: +27 (0)21 917 9000 / 0860 452 237 Faks: +27 (0)21 947 9210 E-pos: client.services@glacier.co.za GLACIER FINANCIAL SOLUTIONS (EDMS) BPK IS N GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE. Plaaslike en Internasionale Beleggings Aandelemakelary Voor- en Na-aftrede Oplossings Korttermynversekering Persoonlike Dekking en Besigheidsversekering