BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES

Vergelijkbare documenten
BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

IS DAAR DRIE GODE...of EEN GOD IN DRIE PERSONE?

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Deur Christus Alleen

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

2. Die skepping van die mens

Jesaja sien die Toekoms

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Pretoria- 16 Maarty 2014

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

n Tempel Leier besoek Jesus

Deur Christus Alleen

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Die duiwel versoek Jesus

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

n Dubbele kruis-belydenis

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Toe God alles gemaak het

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Belydenis Teks 1933/53-vertaling 1983/91 vertaling. Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het;

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Die Kerk se Geboorte

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Welkom by Die Storie God se storie

Deur Christus Alleen

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Petrus en die Krag van Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

GOD DIE VADER Deur Dr. Arnold G. Fruchtenbaum

Toe God alles gemaak het

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Goeie Konings, Slegte Konings

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Deur Christus Alleen

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Groot Gebod dennis de wet

Preek Romeine 1:16-17

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Deur Christus Alleen

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Sondag 20. Lees: Johannes 16:1-15

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Transcriptie:

1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES DIE HEILIGE GEES. Wie is die Heilige Gees? Wat is sy werk? Met hierdie twee vrae betree ons n terrein wat tot n sekere mate binne Gereformeerde kerkverband onder beklemtoon is. Die eerste gesprek is baie oorsigtelik. Ons gaan kortliks na die volgende kyk: 1. Die Heilige Gees in die Bybel. 2. Die persoon van die Heilige Gees. Die opvolgende lesse sal die volgende pad volg [met moontlike veranderinge of besondere beklemtoning wanneer nodig]: 1. Die Heilige Gees wat lewend maak [Sy algemene werk deur die Woord]. 2. Die koms van die Heilige Gees [in die kerk]. 3. Beheers deur die Heilige Gees [geestelike groei]. 1. DIE HEILIGE GEES IN DIE BYBEL. Hierdie oorsig is belangrik vir die volle studie oor die Heilige Gees. Latere naslaan, verwysings of antwoorde kan hier gevind word. Die Heilige Gees is God: Hy het in n sigbare vorm verskyn [Lukas 3:22].[Hand 2:3] Vergelyk ook Psalm 99:9; 139:7-10; Markus 3:28-29; Handelinge 2:32, 5:3; 1 Korintiërs 2:10-11; Hebreërs 9:14 en 1 Petrus 3:18. Hy het persoonlike eienskappe: Alomteenwoordig [Psalm 139:7]. Alwetend [1 Korintiërs 2:10,11]. Hy is n Trooster [Johannes 14:16,26]. Word saam met die Vader en die Seun genoem [Matteus 28:19]. Het by die skepping gewerk [Genesis 1:2; Psalm 33:6]. Hy is aan die kerk gegee [Handelinge 2:1-4]. Hy woon vir ewig onder gelowiges [Romeine 8:11; 1 Korintiërs 3:16]. Hy kan Hom tydelik terugtrek [Psalm 51:13; Efesiërs 4:30]. Sy werking: Hy lei kragtig [Romeine 8:14]. Hy getuig saam met ons gees [Romeine 8:16]. Hy is in jou [Galasiërs 5:22]. Hy oortuig ons van sonde [Johannes 16:8]. Hy gee krag [1 Korintiërs 2:4]. Hy bind gelowiges in n gemeente saam [1 Korintiërs 12:13]. Hy werk by die herskepping [Spreuke 1:23; Jesaja 63:11]. Hy werk by die vleeswording van Christus [Matteus 1:18,20]. Hy werk saam met Christus as Middelaar [Hebreërs 9:14]. Hy kom na Jesus se hemelvaart [Johannes 7:39]. Hy lei ons as gelowiges in waarheid [Johannes 16:13]. Geloof in Christus [1 Korintiërs 12:3].

2 Waarskuwing: Sonde teen die Heilige Gees word nie vergewe nie [Matteus 12:31,32; Markus 3:29; Lukas 12:10] Moenie die Heilige Gees versoek nie [Handelinge 5:9]. Moet die Heilige Gees nie uitblus nie [1 Tessalonisense 5:19]. Moet Hom nie bedroef nie [Jesaja 63:10; Efesiërs 4:30]. Moet nie vir Hom lieg nie [Handelinge 5:3]. Nie geld neem vir sy gawes nie [Handelinge 8:18-20]. Ons moet sy waarskuwing [ons gewete] nie verag nie [Nehemia 9:30]. 2. DIE PERSOON VAN DIE HEILIGE GEES. Wanneer die Apostoliese Geloofsbelydenis oor die Heilige Gees praat, lees ons die volgende in artikel 11 NGB: Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid af van die Vader en die Seun uitgaan: dat Hy nie gemaak of geskape of gebore is nie, maar alleen van albei uitgaan; dat Hy in orde die derde Persoon is van die Drievuldigheid, van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun; ja, Hy is waaragtig en ewig God, soos die Heilige Skrifte ons leer. Volgens die Heidelbergse Kategismus beteken dit dat die Heilige Gees saam met die Vader en die Seun waaragtige en ewige God is. So glo ons dat die Heilige Gees die derde persoon is en dat Hy uitgaan van die Vader en die Seun. So word Hy deur altwee die ander persone van die goddelike Drieeenheid uitgestuur om in die harte van die gelowiges te werk. In die kerk het daar vroeër stryd ontstaan oor die vraag of die Heilige Gees uitgaan van die Vader en die Seun, of alleen van die Vader. Ek noem hierdie saak, omdat dit een van die redes is waarom die Oosterse en Westerse Kerk van mekaar geskei het in 1054. Die Sinode van Toledo het in 589 gesê dat die Heilige Gees uitgaan van die Vader en die Seun. Die Oosterse Kerk het anders besluit. Volgens hulle gaan Hy net van die Vader uit. Hierdie is nie maar n onbelangrike stryd nie. Die probleem agter die Oosterse siening, is dat hulle die Seun ondergeskik aan die Vader beskou. So word die band tussen Christus en die Heilige Gees losgemaak. 2.1. Die Heilige Gees is n persoon, net soos die Vader en die Seun. Dit sien ons uit die volgende: Hy het in n sigbare vorm verskyn [Lukas 3:22; Handelinge 2:3]. Die feit dat die Heilige Gees verskyn het, is bewys dat Hy nie n deel van God is nie, maar n Persoon. Hy word God genoem [2 Korintiërs 3:16]. [Hand 3:3-5] Gelowiges word gedoop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees [Matteus 28:19].

3 Eienskappe van n persoon word in die Bybel aan die Heilige Gees toegeskryf - soos die volgende: dat Hy leer, dat Hy in alle waarheid lei, troos, gawes uitdeel aan wie Hy wil, apostels roep en uitstuur. Hy voorspel toekomstige dinge en Hy bid. Dit is alles eienskappe van n persoon. 2.2. Die Heilige Gees word onderskei van die Vader en die Seun en is anders as hierdie twee: Dit blyk uit die volgende: Hy word n ander genoem as die Vader en die Seun [Johannes 14:16]: Ek sal die Vader bid en Hy sal aan julle n ander Trooster stuur! Die Bybel sê dat die Heilige Gees deur die Vader [Joh.14:26] en die Seun [Joh.15:26] gestuur word. Die Heilige Gees besit besondere eienskappe wat nie aan die Vader of die Seun toegeskryf word nie. Alleen Hy gaan uit van die Vader en die Seun. Alleen Hy verskuin in die gedaante van n duif en van verdeelde tonge van vuur. Christus is ontvang van die Heilige Gees en nie van die Vader of die Seun nie. So is Hy dan n ander persoon as die Vader of die Seun en word duidelik van beide onderskei. 2.3. Hy is waaragtig God, gelyk aan die Vader en die Seun: Die volgende getuienisse bewys dit: Hy word genoem die Gees van die Vader en van die Seun [1Kor.2:11,12]. Dit wil sê dat die wese van die Vader en die Seun is aan Hom meegedeel. En dan moet ons onthou dat die wese van God een is en ondeelbaar. Alle eienskappe van die goddelike Wese word in die Bybel aan die Heilige Gees toegeskrywe soos byvoorbeeld: ewigheid [Gen.1:2] oneindigheid en alomteenwoordigheid [Rom.8:9, 1Kor.3:16] almagtigheid [Psalm 33:6] alwetendheid [1 Kor.2:10] ens. Dieselfde goddelike werke word aan die Heilige Gees toegeskryf as aan die Vader en die Seun soos onder andere: die werk aan die skepping en onderhouding van alle dinge [Job 26:13; 33:4] die doen van wonders [Matt.12:26; Hand.2:4]. In die Bybel ontvang die Heilige Gees dieselfde goddelike eer as die Vader en die Heilige Gees [Hand.5:4; 1 Kor. 3:16]. Mense vergeet maklik dat die Heilige Gees God is. En tog is hierdie waarheid n wonderlike troos vir die gelowige. Deur die uitstorting van die Heilige Gees, het Immanuel - God met ons - geword: God in ons!

4 3. DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES. In die werk van die Heilige Gees onderskei ons tussen sy besondere en algemene werk. Sy algemene werk val op die gebied van die skepping: dit is die natuur die skepping die onderhouding en regering van alle dinge. Sy besondere werk vind plaas op die gebied van die herskepping. 3.1. Die algemene werk van die Heilige Gees [Skepping]: Die Heilige Gees het saam met die Vader en die Seun alle dinge geskape. Toe God alles geskape het [Gen.1:1] deur sy ewige Woord [Joh.1:3] - het die Gees van God op die water geswewe [Gen.1:2]. Vergelyk ook Psalm 33:6; Job 33:4;Psalm 104:30. Hierdie skeppingswerk van die Heilige Gees beteken ook dat Hy verantwoordelik is vir alle lewe - vir al die krag, energie en gawes in dit wat lewe [mens, plant en dier]. So is daar n besondere band tussen die Heilige Gees en alle geskape dinge. Hy sorg vir die vrugbaarheid in die grond. Hy laat alles groei. Hy gee aan kind en dier die vermoë om by geboorte te suig. Volgens Psalm 8 word die werk van die Heilige Gees op n besondere wyse sigbaar in die mens wat die kroon van die skepping is. So is al die gawes en krag [energie] en verstand en wil die werk van die Heilige Gees. Dit is dan ook die betekenis van Genesis 2:7. Hierdie werk van die Heilige Gees in die skepping, is n openbaring van God se genade en goedheid oor alles wat geskep is. God onderhou en regeer - rig en stuur. Deur dit alles is die Heilige Gees direk betrokke. Maar wat van die duiwel na die sondeval? Hy is mos juis gerig op die vernietiging van God se skeppingswerk. Ook hier werk die Heilige Gees op n besondere manier. Na die koms van die sonde, hou Hy die duiwel en goddelose vyande van God in stand. Daarom lees ons dat die duiwel ook geloof het [nie lewende geloof nie - Jakobus 2:19]. So is die Heilige Gees ook in die hel by die duiwels teenwoordig. Want Hy is die werker van alle geloof [al is dit historiese geloof]. 3.2. Die besondere werk van die Heilige Gees in die herskepping. Kort saamgevat sien ons hierdie werk van die Heilige Gees in die volgende: In die vleeswording van die Ewige Woord [Johannes 1; Hebreërs 10:5; Lukas 1:35]. Hy het ook daartoe bygedra dat Jesus sy verlossingswerk kon voltooi [Jesaja 61:1; Kategismus vraag 31]. Deur sy krag het Jesus wonderwerke gedoen, gepreek, mense deur gelykenisse geleer ens. Die uitstorting van die Heilige Gees: Hier word Hy geopenbaar as ons groot Trooster wat die verlossingswerk van

5 Christus in ons lewens indra. Die werk van die Heilige Gees in die kerk: Hy inspireer deur die Woord - maak ampsdraers en lidmate bekwaam. Aan die kerk gee Hy die nodige gawes [1 Kor.12-14]. Hy deel dit uit en maak n gemeente lewend. Net soos wat n liggaam sonder n gees dood is, so ook n gemeente sonder die Heilige Gees. Sy werk in persone: Die geloof, heiligmaking is ten volle die werk van die Heilige Gees. Sonde teen die Heilige Gees: Hiervan lees ons in verskillende gedeeltes [soos reeds aangetoon]. Hierdie sonde word nie deur uitverkorenes gedoen nie. Die gebed: Al ons gebede is deur die werking van die Heilige Gees. En wanneer ons nie kan bid nie? Dan word Romeine 8:26 ons deel. So handhaaf Hy die gemeenskap tussen ons en God. BYBELSTUDIE: LES 01 Skepping tot voor die Sondeval. 1. LEES: Genesis 1:2; Psalm 51:13; Jesaja 63:10; 63:11; Nehemia 9:20; Psalm 143:10. Hoe word die Heilige Gees in hierdie Skrifgedeeltes genoem? 2. LEES: Genesis 1:2. Daar is vertalers en verklaarders wat in plaas van Gees in 1:2 liewer wind verkies. Die Hebreeuse woord ruach [uitgespreek roe-ag] word hier gebruik vir Gees. Die woord kan ook wind of asem beteken. Waarom sou u die sin vertaal met Gees in plaas van met wind? Kyk veral na die werkwoord in die sin om u antwoord te verklaar. 3. LEES: Genesis 1:2; Deut 32:11. Let op die woordjie sweef.

6 Die Heilige Gees het nie maar net nutteloos oor die aarde en waters gesweef nie. Dit verduidelik die betekenis van die woordjie sweef aan ons. Die woord beteken: Om saggies te beweeg of om te broei. Om heen en weer te beweeg. Om te bewe. Wanneer die woord in Deut.32:11 vir die arend gebruik word, verduidelik die woord dat die arend die lewe van die kleintjie beskerm. Watter verband tussen die Gees en die aarde word deur die woordjie sweef beklemtoon? 4. LEES: Genesis 1:26. In hierdie teks vind ons die gedagte dat die Drie-enige God by die skepping van die mens betrokke was. Waaruit lei ons dit af? 5. LEES: Genesis 2:7; Job 33:4. In die Afrikaanse vertaling van hierdie vers word nie die woord Gees gebruik nie. Ons moet egter onthou dat die Hebreeuse woord ruach sowel Gees as asem beteken. Die Hebreeus sê vir ons altwee, Gees en asem. In Afrikaans het ons nie 'n woord wat altwee gelyk sê nie. Wanneer ons hierdie gedeelte, en die res van die Bybel lees, besef ons dat nie net asem bedoel word nie, maar ook die Gees van die Here. Daar is 'n intieme band tussen asem en Gees by die skepping van die mens. Wat dink u het die Gees van God en die asem van God aan die mens gedoen? 6. LEES: Genesis 2:17. In hierdie teks lees ons van die dreiging van God as die mens sou eet van die boom van kennis van goed en kwaad. Die dag as hy daarvan eet sal hy sekerlik sterwe. Die Heilige Gees gee lewe. Wat gaan dus met die sondeval gebeur wanneer die mens sterwe?

7 B. ANTWOORDE. 1. Gees van God; Heilige Gees; goeie Gees. 2. Wind pas nie so goed by die werkwoord sweef soos Gees nie. Die Gees kan baie duidelik sweef terwyl die wind waai. 3. Die woordjie sweef skep die verband tussen Gees en lewe. Ons moet daarop let dat die aarde woes en leeg was. Daar was dus nie 'n moontlikheid vir lewe nie. Die moontlikheid moes tot stand gebring word. Die Heilige Gees wat oor die waters gesweef het [gebroei of gebewe het], het wel die moontlikheid geskep [vgl. Jes.45:18]. 4. Die Vader, die Seun en die Heilige Gees is die ONS. 5. God het nie net lewensasem nie maar ook Lewens-Gees aan die mens gegee. Die gevolg is dat die mens 'n lewende siel geword het. Die lewe van die mens is uniek. Slegs van die mens word gesê dat die Gees en asem van die lewe aan hom gegee is. Die hoogheid, die goddelikheid [Ps.8:6] van die mens voor die sondeval, word hier beklemtoon. 6. Die verhouding tussen die Heilige Gees en die mens gaan juis deur die sonde aangetas word. Die dood van die mens beteken dat die Heilige Gees en die asem weggaan. Dit is wat gebeur het toe die mens gesondig het in die paradys. Die Gees van die Here het Homself onttrek. Deur die genade van God het die Gees nie heeltemal weggegaan nie. Sy aanwesigheid by die mens was egter nie meer so heerlik soos voor die sondeval nie. ***********************