PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

Vergelijkbare documenten
AFTREDE. Aftreeplan. n Aftree-annuïteit bied aansienlike belastingvoordele. is daartoe om geld te belê totdat hulle minstens 55 jaar oud is.

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

BUITELAND. Buitelandse beleggingsplanne

AFTREDE. Aftree-inkomsteplanne. Die Aftree-inkomsteplanne is ontwerp om n aanpasbare oplossing vir aftree-inkomste te bied vir u aftrede.

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

BUITELANDSE BELEGGINGSPLANNE. Maak gebruik van buitelandse geleenthede om u welvaart te laat groei

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Bewaar u bestaande aftreespaargeld en laat u belegging verder groei BEWAARDERPLANNE

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Statistieke met een oogopslag

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

AANSOEK OM STUDIELENING

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Die bydrae, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

NA-AFTREDE OPLOSSINGS

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Wat word gedek? Plus-voordeel is. Sanlam Risikodekking Omvattende Ernstige Siekte- & Omvattende Ernstige Siekte. Die Omvattende.

cumulus echo uittree-plan pensioenversterker

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

VOORBEELD VAN HOE ONS GAPING VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN GEREELDE VRAE. Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Deel in die wins van PPS PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel PPS Professional Life Provider PPS Professional Disability Provider

Gekoppelde Belegging. Planbeskrywing

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Notas Hierdie hoofstuk moet saamgelees word met die kontrakdokumente. As daar enige teenstrydigheid voorkom tussen die inhoud van die

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Die betaling, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

FAKTORE EN VEELVOUDE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Rekeningkune November Eksamen Graad 10 MEMORANDUM. Eienaars- No.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Les Plan Twee. Habitats

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Investec Wealth Accelerator. Brosjure

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Doodseise Gids. Stap 1: Waar om te begin. Stap 2: Verkry dokumente en voltooi die vorms. Stap 3: Stuur die dokumente aan ons of kontak ons

Die verhoogde betaling, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Sanlam Belastingvrye Beleggings Omvattende opsomming van produkbesonderhede

BELANGRIKE KEUSE MET BETREKKING TOT MEDIESE FONDS MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Transcriptie:

PLAASLIK Uitkeerplan 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal. Discovery Invest is voortdurend besig met vernuwing en derhalwe het ons unieke voordele by ons Uitkeerplan gevoeg.

Hoekom u Discovery Invest se Uitkeerplan behoort te kies Verbeter u belegging met tot 26% 1. Met Discovery Invest se Uitkeerplan kan u in aanmerking kom vir een van die Beleggingsintegreerders: - Die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, maak voorsiening daarvoor om u enkelbedragbydrae met tot 26% te versterk. - Die Soos-en-wanneer-beleggingsintegreerder betaal tot 100% van alle administrasiegeld, polisgeld, batebestuursgeld en die finansiële adviseur se aanvanklike tarief vir advies terug. 2. As u elke maand ʹn bydrae betaal vir u Uitkeerplan, kan u toegang hê tot Fee PayBack -voordele in geval van beleggings wat nie onderhewig was aan besparings volgens die Beleggingsintegreerder nie. 3. As u die kwytskelder van bydraes kies, betaal Discovery Invest die bydraes vir u belegging as u ernstig siek of ongeskik verklaar word, totdat die termyn van die belegging verstryk, of totdat u sterf of 65 jaar oud word, wat ook al eerste gebeur. 4. Die LifeBooster verbeter die waarde van u fonds volgens u Vitality-status, as u sterf nadat u Uitkeerplan van Discovery Invest uitgeneem het. Tegniese besonderhede van die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word Die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, is net van toepassing op enkelbedragbydraes vir die Uitkeerplan, as dit belê word in fondse wat in aanmerking kom. Omskakeling word toegelaat tussen fondse wat in aanmerking kom, sonder om die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word te beïnvloed. As u belegging omgeskakel word na fondse wat nie in aanmerking kom nie, of as u die belegging gedeeltelik afkoop, of as u premies vir u LEWENSPLAN van Discovery Life verlaag, word die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word proporsioneel verlaag vir die res van die termyn. As u sterf, word die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, proporsioneel betaal aan u boedel of begunstigdes, in verhouding met die tydperk wat die Uitkeerplan van krag was. Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word (net van toepassing op enkelbedragbydraes) Discovery Invest se Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, bied aansienlike waarde, omdat dit die aanvanklike enkelbedragbelegging met tot 26% verhoog as die fonds in aanmerking kom. Dit beteken dat u meer geld het om te belê. Die belasting- en gesondheidsbates wat met die LEWENSPLAN van Discovery Life geskep word, word ingespan om die verbetering aan die begin van die belegging te voorsien. Die grootte van die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, hang af van die laagste premie wat u vir u LEWENSPLAN van Discovery Life betaal gedurende die beleggingstermyn. Laagste premie vir LEWENSPLAN Persentasie vir Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word R200 tot R1 030 14% Meer as R1 030 tot R1 360 18% Meer as R1 360 tot R1 680 20% Meer as R1 680 tot R1 920 22% Meer as R1 920 tot R2 350 24% Meer as R2 350 26% Die vlakke in die tabel is van toepassing op 2012. Dit neem elke jaar toe in geval van nuwe polisse, volgens die gemiddelde verhoging wat van toepassing is op premies vir die LEWENSPLAN van Discovery Life. Die totale Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, groei teen 'n gewaarborgde koers van 6% per jaar. Daar is dus sekerheid oor die opbrengs wat u ontvang met die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word. Na afloop van vyf jaar, kan 50% van die waarde van die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, plus groei onttrek of herbelê word in die Uitkeerplan en die res kan na 10 jaar onttrek word. Die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word betaal so lank u maandelikse premies vir die LEWENSPLAN van Discovery Life volgehou word en die enkelbedragbelegging gehou word in fondse wat in aanmerking kom. Hoe die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, werk R2 000 000 R1 260 000 R1 000 000 R500 000 Die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, groei teen 'n gewaarborgde koers van 6% per jaar. 0 Na afloop van vyf jaar, kan 50% van die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, plus groei, onttrek of herbelê word. Die res van die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, plus groei, kan onttrek of herbelê word na die termyn van 10 jaar. 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Jaar Die waarde van die fonds (groei volgens die prestasie van die onderliggende fondse wat u kies) Die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, verbeter u enkelbydrae (groei teen 'n gewaarborgde koers van 6% per jaar) As u R1 miljoen in 'n Uitkeerplan belê, in Discovery-fondse wat in aanmerking kom, en 'n LEWENSPLAN van Discovery Life teen 'n maandelikse premie van R2 351 of meer het, is die verbetering wat u ontvang R260 000 (26% van R1 miljoen). Dit groei teen 'n gewaarborgde koers van 6% per jaar. Na afloop van vyf jaar, kan u R173 969.38 (50% van R260 000 wat teen die gewaarborgde koers van 6% gegroei het) onttrek of herbelê. Na afloop van 10 jaar kan u die res, R232 810.24 (wat gegroei het teen die gewaarborgde koers van 6%) onttrek. 1

Verlaag tariewe met tussen 40% en 100% Soos-en-wanneer-integreerder (van toepassing op polisse teen enkelbedragbydraes en herhalende bydraes) Belegging in die Uitkeerplan is moontlik sonder dat u enige administrasie- of polisgeld, gelde vir diefinansiële adviseur of batebestuursgeld hoef te betaal. Indien u 'n LEWENSPLAN van Discovery Life het en lid is van Vitality, ontvang u outomaties 'n korting van tussen 40% en 100% op tariewe vir fondse wat in aanmerking kom. Die korting op tariewe word toegestaan met die Soos-en-wanneer-beleggingsintegreerder en is vir 10 jaar beskikbaar, maar net as u nie die Beleggingsintegreerder wat vooraf gekies kan word, gekies het nie. Die korting wat toegestaan word, hang af van u maandelikse premies vir u LEWENSPLAN, asook u Vitality-status soos dit in die tabel hieronder aangedui word. Die vlakke neem elke jaar toe volgens die gemiddelde verhoging van premies vir alle LEWENSPLANNE van Discovery Life. Terugbetaling van 55% van jaarlikse administrasiegeld Fee PayBack (polisse teen herhalende premies, tarief vir finansiële adviseur word vooraf betaal) Met die Uitkeerplan kan u in aanmerking kom vir Fee PayBack -voordele as die belegging nie onderhewig is aan die Soos-en-wanneer-korting nie. Met die voordeel kan 55% van alle jaarlikse administrasiegeld (plus groei op die tariewe wat verbeur is) wat betaal is sedert die aanvang van u polis, min enige vorige Fee PayBack -voordele wat betaal is, terugbetaal word. Die tariewe word terugbetaal na afloop van tien jaar en elke vyf jaar daarna. As bydraes verlaag word, word die kumulatiewe res van die administrasiegeld wat in aanmerking kom vir Fee PayBack -voordele (waar van toepassing) proporsioneel verlaag. Indien bydraes gestaak word, verval alle toekomstige Fee PayBack -voordele. Korting op tariewe met die Soos-en wanneer-integreerder Premie vir die LEWENSPLAN in 2012 Vitality-status Blou* Brons Silwer Goud Diamant R200 tot R1 030 40% 45% 50% 60% 75% Meer as R1 030 tot R1 360 45% 60% 75% 80% 100% Meer as R1 360 tot R1 680 60% 75% 80% 100% 100% Meer as R1 680 tot R1 920 75% 80% 100% 100% 100% Meer as R1 920 tot R2 350 80% 100% 100% 100% 100% Meer as R2 350 100% 100% 100% 100% 100% *Persone wat nie lid is van Vitality nie en n LEWENSPLAN het, word hanteer asof hulle Blou-status van Vitality volgens hierdie tabel geniet. Tegniese besonderhede Die laer tariewe word maandeliks toegepas en kan onmiddellik in die waarde van u belegging gesien word. Dit beteken dat u nie hoef te wag om die voordeel te geniet nie en dat die voordele nie verloor word indien die ooreenkoms om enige rede gekanselleer word nie. Die Soos-en-wanneer-beleggingsintegreerder is beskikbaar vir tien jaar. Verskeie beleggingsopsies kom in aanmerking vir die Beleggingsintegreerder en die fondse wat in aanmerking kom is: Alle Kollektiewe beleggingskemas en fondse van Discovery Alle multibestuurderfondse van Discovery wat saamgestel word volgens 'n risiko-profiel Alle Escalator- en Geared Escalator-fondse van Discovery wat op Discovery se effektetrusts en indekse gebaseer is. Die Beleggingsintegreerders is beskikbaar vir polishouers met LEWENSPLANNE van Discovery Life en enige afhanklikes met dekking uit die polishouer se gesondheidsplan by Discovery Health. Die hoogste bedrag wat in aanmerking kom vir die Beleggingsintegreerder, is R15 miljoen. Discovery kan die hoogste vlak van tyd tot tyd aanpas. Die LEWENSPLAN van Discovery Life én die Uitkeerpolis moet aan 'n natuurlike persoon of trust met net natuurlike persone as begunstigdes behoort. Besigheidsversekeringspolisse kom nie in aanmerking vir die Beleggingsintegreerder nie. Verwys asseblief na die Feitegids vir uitkeerplanne vir omvattende inligting oor kortings op tariewe, asook enige kriteria om in aanmerking te kom. LifeBooster Risiko-beskerming vir u Uitkeerplan Indien u sterf voor die uitkeerdatum van ʹn belegging, kan die bedrag wat betaalbaar word minder wees as wat verwag is (volgens prestasie in die markte, of die onderliggende keuse van fondse wat dan van toepassing is). Discovery Life lê klem op produkte wat voldoen aan kliënte se behoeftes en verskeie unieke beskermingsprodukte bied wat voorsiening maak vir onvoorsiene omstandighede. Volgens dié benadering, is risikobeskermingsvoordele by kliënte se Uitkeerplanne van Discovery Invest gevoeg. As u sterf nadat u 'n Uitkeerplan van Discovery uitgeneem het, word die waarde van u fonds met die LifeBooster verbeter. Die verbetering hang af van u Vitality-status en kan so hoog wees as 15%, volgens die tabel hieronder: Vitality-status word gebruik om die LifeBooster te bereken Nie lid van Blou Brons Silwer Goud Diamant Vitality nie LifeBooster TM 5% 6% 8% 10% 12% 15% Uitsluitings vir die LifeBooster Afsterwe weens enige toestand, fisiese gebrek, siektetoestand, liggaamlike besering of siekte waaraan u gely het, waarvan u bewus was of waarvoor u mediese behandeling of advies ontvang het gedurende die drie jaar voor die aanvang van die polis, word uitgesluit vir die doel van die LifeBoosterTM wat hierbo beskryf is. As u dood verband hou met enige toestand wat bestaan het met die aanvang van die polis, of as u sterf weens selfmoord, word die waarde van die fonds nie verbeter nie. Die LifeBoosterTM -voordeel verval na afloop van die termyn van die ooreenkoms, of op die polisjaardag voordat u 70 jaar oud word. 2

Belangrike inligting wat u moet weet Die tariewe wat u moet betaal (dit kan van tyd tot tyd hersien word) Onthou dat u met Discovery Invest, deur die Beleggingsintegreerders kan spaar op tariewe wat met die Uitkeerplan verband hou. Enkelbedragbydrae Herhalende bydraes (finansiële adviseur se tarief word soos en wanneer nodig gehef) Herhalende bydraes (finansiële adviseur se tarief word vooraf gehef) Hoeveel u behoort te belê Polisgeld: Geen Aanvanklike tarief: Standaardtoewysing Die tarief word op die grootte van die bydrae gebaseer: Grootte van bydrae Aanvanklike tarief Eerste R100 000 1.75% + BTW 1.20% + BTW 0.60% + BTW Indien die bydrae meer is as R600 000, word geen aanvanklike tarief gehef nie. Die finansiële adviseur se tarief word bo en behalwe dié bedrag gehef. Toewysing van 100% Indien u 'n toewysing van 100% kies, betaal u 'n hoër maandelikse bedrag oor die eerste vyf jaar van die polis. Die tarief word bereken teen 1.262 x die totale aanvanklike tarief (in rand), plus die finansiële adviseur se tarief. Dit word in gelyke maandelikse paaiemente oor 'n tydperk van vyf jaar gevorder. Administrasiegeld: Die bedrag word op die grootte van die fonds gebaseer: Grootte van die fonds Eerste R250 000 Meer as R1 million Jaarlikse bedrag 0.75% + BTW 0.65% + BTW 0.60% + BTW 0.45% + BTW 0.30% + BTW Let wel: Dit is jaarlikse bedrae wat deur 12 gedeel word en maandeliks gehef word. Die finansiële adviseur kan 'n addisionele tarief, bo en behalwe dié bedrag, hef. Polisgeld: Geen Aanvanklike tarief: Die tarief hang af van die grootte van die bydrae: (2.32 0.008%* maandelikse bydrae) / 100 + BTW (teen ʹn minimum van 0%). Die finansiële adviseur se tarief word bo en behalwe dié bedrag gehef. Administrasiegeld: Die bedrag word op die grootte van die fonds gebaseer: Grootte van die fonds Eerste R250 000 Meer as R1 million Jaarlikse bedrag 0.75% + BTW 0.65% + BTW 0.60% + BTW 0.45% + BTW 0.30% + BTW Let wel: Dit is jaarlikse bedrae wat deur 12 gedeel word en maandeliks gevorder word. Die finansiële adviseur kan 'n addisionele tarief, bo en behalwe dié bedrag hef. Administrasiegeld: Die administrasiegeld is 3.5% + BTW per jaar. Die jaarlikse tarief word deur 12 gedeel en maandeliks gehef. Discovery verlaag die tarief indien die finansiële adviseur se tarief verlaag word. Fee PayBack -voordele is van toepassing op hierdie tarief in die geval van fondse wat nie in aanmerking kom vir kortings volgens die Soos-en-wanneer-beleggingsintegreerder nie. Omskakelingstarief: Die eerste vier omskakelings in 'n jaar is gratis, maar daarna word 'n bedrag van 0.25% + BTW op die omskakelingsbedrag gehef, tot hoogstens R500. Bedrag vir vroeë kansellasie: Standaardtoewysing Geen bedrag word vir vroeë kansellasie gehef nie. Toewysing van 100% Indien die polis gekanselleer word voordat vyf jaar verstryk, word enige bedrae wat spruit uit die toewysing van 100% gevorder. Bedrag vir vroeë kansellasie: Geen bedrag word vir vroeë kansellasie gehef nie. Polisgeld: R25 ʹn maand (insluitend BTW). Die bedrag groei jaarliks teen die verbruikersprysindeks (VPI). Aanvanklike tarief: Geen Tarief vir vroeë kansellasie/polis wat opbetaal is: Die waarde vir vroeë kansellasie/polis wat opbetaald gemaak word, begin teen 85% van die waarde van die fonds en word vergroot tot 100% oor die helfte van die termyn van die polis. Die kortste termyn wat onderhewig is aan 'n boete vir vroeë kansellasie is vyf jaar, en die langste termyn daarvoor is tien jaar Dié boete vir vroeë kansellasie word verlaag tot nul as die finansiële adviseur se tarief met 50% verlaag word. Batebestuursgeld: Bedrae wat betaalbaar is aan beleggingsbestuurders vir batebestuur verskil tussen die onderskeie bestuurders en individuele fondse. Afhangend van die individuele bestuurder wat gekies word, word 'n aanvanklike bedrag van 0% tot 0.57%, asook 'n jaarlikse batebestuursbedrag (binne die eenheidsprys) gehef. Bydraes kan as enkelbedrag of as herhalende maandelikse bydraes betaal word. In geval van 'n enkelbedragbydrae, moet dit minstens R40 000 wees wanneer die belegging begin. As u verkies om maandeliks bydraes te betaal, moet die bydrae minstens R850 wees. Die belasting wat u moet betaal Wanneer die bedrag na afloop van die beleggingstermyn aan u betaal word, is dit nie onderhewig aan verdere belasting nie, omdat die rente op die belegging, netto rente-inkomste en buitelandse dividende teen 30% belas word, terwyl kapitaalwins teen 10% belas word. Discovery Invest moet dividendebelasting teen 'n koers van tot 15% weerhou. Wanneer u fondse kan onttrek Die beleggingstermyn is vyf jaar, waarna u fondse uit die Uitkeerplan kan onttrek wanneer u dit nodig het. Indien bydraes voor die einde van die beleggingstermyn verlaag of gestaak word, kan 'n bedrag vir vroeë kansellasie gehef word. Wat met u beleggings gebeur wanneer u sterf Polisse met 'n versekerde: ons betaal die waarde van die belegging op die datum van afsterwe aan die poliseienaar se benoemde begunstigdes. Polisse sonder 'n versekerde: die belegging gaan voort en word na afloop van die beleggingstermyn in die eienaar se boedel of aan die begunstigdes betaal. 3

As u meer wil weet Omdat hierdie plan verskeie opsies bied, voel ons dat dit noodsaaklik is dat u finansiële advies kry voordat u die plan uitneem en terwyl die plan van krag is. Discovery Invest kan slegs inligting oor hierdie produk verskaf, nie beleggingsadvies gee volgens individuele omstandighede of finansiële doelwitte nie. Die brosjure bied net 'n opsomming van die plan. Volledige besonderhede is beskikbaar in die Feitegids vir uitkeerplanne. Elke beleggingsfonds, insluitend koste wat van toepassing is, word in die feitegids oor die fonds beskryf, asook in die brosjure wat beskryf hoe u aan u beleggingsbehoeftes kan voldoen. Alle bemarkingsmateriaal is op Discovery Invest se webblad (www.discovery.co.za) beskikbaar. Wat u nou moet doen Sodra u n Uitkeerplan gekies het, moet u die onderliggende fondse vir u belegging kies. U finansiële adviseur kan die proses om n risiko-profiel en batetoewysing saam te stel, aan u verduidelik en enige onsekerheid oor die keuse van fondse uit die weg ruim. Om die proses so maklik as moontlik vir u te maak, het ons n brosjure saamgestel wat verduidelik hoe u aan u eie beleggingsbehoeftes kan voldoen. Die brosjure verduidelik op n eenvoudige manier wat u in ag behoort te neem en wat u met u finansiële adviseur behoort te bespreek wanneer u fondse kies. Vra u finansiële adviseur vir ʹn afskrif van die brosjure, of kyk na die weergawe wat op ons webblad (www.discovery.co.za) beskikbaar is. Nadat u met die hulp van u finansiële adviseur fondse gekies het, kan die adviseur u help om die regte aansoekvorms in te vul en by ons in te dien. Sodra die belegging in u gekose fondse gemaak is, stuur ons n polisskedule aan u en die finansiële adviseur. Hoe om met ons te praat Onder gewone omstandighede, is die finansiële adviseur die eerste persoon met wie u moet praat. Indien nodig, kan u ons skakel by 0860 67 5777. Ons is van Maandag tot Vrydag beskikbaar, van 08:00 tot 17:00. 4

Die inhoud van die brosjure is bloot bedoel om vir beleggers inligting te bied oor Discovery Invest en Discovery Life Limited, asook die produkte en dienste wat aangebied word. Dit is slegs bedoel vir persoonlike en/of inligtingsdoeleindes. Die brosjure word te goedertrou aangebied en die inhoud is nie onderhewig aan enige uitdruklike of veronderstelde waarborge van enige aard nie. Discovery gee hiermee toestemming dat die inhoud van die brosjure vir bemarkingsdoeleindes gebruik kan word, maar net indien dit gebruik word om inligting te verskaf. Enige ongemagtigde gebruik, wysiging, verspreiding of reproduksie, of verwysing na die inhoud buite die konteks van die brosjure of enige deel daarvan, word streng verbied. Geen aanbod, waarborg of stelling kan gemaak of afgelei word van die inhoud van die brosjure sodat enige persoon wat uit 'n polis voordeel trek, winste sal of waarskynlik sal realiseer, of inkomste of opbrengste verdien tot die mate wat in die brosjure geïllustreer word nie. Elke belegger moet sy of haar eie finansiële adviseur raadpleeg. Die finansiële adviseur moet 'n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste wees om vir die belegger advies te gee oor die geskiktheid van die produkte en fondse vir die belegger se eie persoonlike beleggingsbehoeftes. Discovery Life is 'n geregistreerde langtermynversekeraar en gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. Discovery Invest is 'n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. Kopiereg Discovery Invest Alle regte voorbehou Straatadres: Weststraat 155 Sandton Posadres: Posbus 653574 Benmore 2010 Inbelsentrum se telefoonnommer: 0860 67 5777 Faksnommer: 011 539 5777 www.discovery.co.za IEBA 04/12 GM_16111DI_11/06/2012