Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Vergelijkbare documenten
TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Welkom by Die Storie God se storie

Goeie Konings, Slegte Konings

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesaja sien die Toekoms

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Preek Romeine 1:16-17

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Die Groot Gebod dennis de wet

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

'n Man gestuur deur God

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

Toe God alles gemaak het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Toe God alles gemaak het

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

Transcriptie:

SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 14 (8-1) : 1, 2

2 In die gebed-skool van die Here Jesus is ons geleer dat die eerste waarvoor ons behoort te bid, die heiliging van God se Naam is. Dis die heel belangrikste saak in die wêreld! Die tweede (wat ons geleer is om voor te vra) is dat die Here as Koning sal regeer, net soos wat Hy ons onder andere in die gelykenisse oor die koninkryk van die hemel geleer het dat Hy doen dat Hy byvoorbeeld Sy koningskap soos suurdeeg, wat n hele stuk deeg deursuur, sal laat werk. Die volgende wat ons dan heel logies geleer word om te vra, is dat Sy wil sal geskied. Waar daar n Koning is, verwag jy mos onderdane wat aan Hom gehoorsaam is; en daarom volg daar na die versoek oor die koningskap van die Here, ook die versoek dat Hy ons Sy wil sal laat doen. Dis wat vanaand gepreek word, dat die Here ons leer om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra. Kom ons kyk na die volgende: 1. na wat in hierdie gebed bedoel word met U wil; 2. na wat U wil geskied beteken; 3. na wat nodig is om Sy wil te laat geskied. 1. WAT IS U WIL IN HIERDIE GEBED? Ons praat van dit wat God doen, dit wat Hy in hierdie wêreld en in ons eie lewe laat gebeur, as Sy wil. Dis die Here se wil dat dinge sus of so gebeur het, sal ons vir mekaar sê. Maar hierdie derde versoek in die Onse Vader gaan nie in die eerste plek oor hiérdie wil van die Here dit wat Hy in hierdie wêreld en in ons lewens doen en laat gebeur nie. Daar s iets anders 1 wat ons ook die wil van God noem, naamlik dit wat Hy wil hê wat ons moet doen: - Sy opdragte aan die mens; - Sy gebooie. Ons sê mos dat dit die wil van die Here is dat ons nie ander gode sal hê nie 1 Uit God se ooogpunt is dit nie regtig iets anders nie. By Hom is Sy besluit-wil en Sy bevel-wil deel van één Plan.

3 en dat ons Sy Naam moet eer en dat ons nie mag moor en steel en lieg nie. Hierdie derde versoek van die gebed wat die Here Jesus ons leer, gaan oor hiérdie wil van God: Sy bevele, Sy voorskrifte, Sy Wet. Hierdie derde versoek vra nie dat Gód moet doen wat Hy besluit het om te doen nie, maar dat óns sal doen wat Hy ons beveel het om te doen! Die versoek is nie Laat U U eie wil doen nie, maar Laat óns U wil doen! Wát is die wil van die Here wat ons moet doen? Dis alles wat Hy ons in die Bybel beveel om te doen. Dis al die direkte opdragte wat Hy gee so móét jy; so mág jy nie. Maar ook al die indirekte opdragte wat Hy gee, byvoorbeeld deur die beskrywing van goeie dinge wat mense gedoen het en wat ons dan moet navolg, óf deur die beskrywing van verkeerde dinge wat mense gedoen het en wat ons dan nie mág navolg nie. Al hierdie opdragte van die Here aan die mens kan op verskillende maniere opgesom word. o Jy kan byvoorbeeld sê dat dit Sy wil is dat ons in Hom sal glo en dat ons Hom sal gehoorsaam. Geloof en gehoorsaamheid sluit alles in wat die Here van ons vra. o Of jy kan sê dat dit Sy wil is dat ons Hom met ons hele mens-wees moet liefhê en ons naaste soos onsself. Liefde is die samevatting van ál God se opdragte. o Of jy kan sê (soos dit hier in HK 49 gedoen word) dat dit Sy wil is dat ons ons amp en ons beroep sal uitleef soos Hy dit van ons wil hê. Ons amp verwys na alles wat Christen-wees in die algemeen beteken, of ook na ons besondere amp in Sy kerk as jy daartoe geroep is. Ons beroep verwys na dit wat ons as ons daaglikse werk doen: onderwyser, huisvrou, ingenieur, klerk, ens.

4 Al die Here se opdragte kan ook só saamgevat word: om jou amp en beroep gewillig en getrou vir die Here te doen. Hier in Romeine 12:2 lees ons weer dat dit wat goed is en wat vir God aanneemlik is en wat volmaak is dít is Sy wil. o Dit wat goed is verwys na alles wat Gód as goed beskou in besonder ook na dit wat Hy vir ons as goed beskou, dit wat vir ons wanneer ons dit doen Sy goeie seëninge tot gevolg sal hê. o Dit wat vir Hom aanneemlik is verwys na dit waarvan Hý hou, na dit wat vir Hóm aanvaarbaar is. Daar s mense wat leef asof hulle dink dat alles waarvan húlle hou en wat vir húlle aanvaarbaar is, ook maar God se wil is. Maar dis nie so nie. Sy wil vir ons lewens is dit wat vir Hóm aanneemlik is. o Dit wat volmaak is verwys na alles wat vol-gemaak is, heel gemaak is, wat is soos wat dit bedoel is om te wees. Hier beteken dit dan dat alles wat die verhouding tussen die Here en Sy mense vol maak, alles wat mense se verhoudings met mekaar heel maak, alles in die samelewing wat dinge daar maak soos hulle behoort te wees dít alles is die wil van God. Uiteindelik kom dit alles maar hierop neer: - alles wat die Here volgens Sy Woord, die Bybel, van ons as mense vereis dít is Sy wil waaroor dit gaan wanneer ons vra: Laat U wil geskied. 2. WAT BETEKEN GESKIED? Geskied beteken gebeur. Laat U wil geskied beteken Laat U wil gebeur. En as U wil dan hier na God se bevele verwys, beteken Laat U wil geskied dít: - laat dit wat U beveel, deur mense gedoen word; - laat daar geloof en gehoorsaamheid by mense wees, liefde vir U en vir mekaar; - laat die Christene soos Christene lewe en laat alle mense hulle beroepe getrou aan U beoefen.

5 Om die wil van die Here te kan doen, moet mense natuurlik die wil van die Here ken. Hulle moet wéét wat Hy van hulle verwag. Hulle moet ínsig hê in wat Hy van hulle verwag, want die wil van die Here is nie net n paar oppervlakkige reëls wat nagekom moet word nie; dis n hele nuwe benadering van die lewe! Die apostel gebruik hier in vers 2 n sprekende woord. Hy sê dat ons moet onderskei wat die wil van God is, onderskei-deur-toetsing. Hierdie woord beteken dat jy die verskillende maniere waarop n mens n saak kan benader en waarop jy in n bepaalde situasie kan optree, moet toets. teen mekaar moet opweeg, om so uit te maak watter benadering en optrede die wil van die Here is. Laat u wil geskied beteken dus: Laat mense U wil onderskei van alle ander wille en dit dan doen. Hierdie geskied van God se wil (so leer die Here Jesus ons vra) moet hier op aarde gebeur net soos in die hemel. God se wil moet hier gedoen word soos wat dit daar in die hemel gebeur. Sy opdragte moet hier gehoorsaam word net soos wat die engele Sy opdragte daarbo gehoorsaam! Hoe s dit? In Psalm 103 word daar gesing hoe die engele gewillige en getroue dienaars van die Here is - altyd gereed vir diens; - altyd op standaard in hulle diens. 2 As God se wil geskied soos soos wat ons met hierdie versoek vra, dan beteken dit dat mense Sý opdragte gewillig en getrou uitvoer. 3. WAT IS DAARTOE NODIG? 2 Ps 103:20-21

6 Met die antwoord op hierdie vraag help Rom 12:1-2 ons baie. Voor die apostel hier in vers 2 skryf oor dié punt waar n mens die wil van die Here sal kan onderskei, skryf hy eers oor die veranderings wat daar by ons behoort te kom. En voor Hy dáároor geskryf het, het hy eers hoofstukke vol geskryf oor dit wat hy hier in vers 1 noem: die groot ontferming van God. Vir n mens om by dié punt te kom waar jy die wil van God kan gehoorsaam, is daar eerstens die ontferming van God nodig: - dat Hy ons jammer kry; - en dat Hy dan Sy Seun gee om die straf wat ons sondes verdien, te dra; - en dat Hy dan uit genade elkeen wat in Hom glo, se sondes vergewe en hulle weer as Sy kinders aanneem. As dit nie vir God se groot ontferming was nie, sou ons nog steeds met ons sondes en met ons sondeskuld voor God bly staan het en sou ons uiteindelik daaroor veroordeel en gestraf geword het, en sou daar vir n nuwe lewe van geloof en gehoorsaamheid nie die minste kans gewees het nie! Maar nou is ons met God versoen omdat Hy Hom oor ons ontferm het. En omdat ons met Hom versoen is deur die dood van Sy Seun, woon die Gees wat Jesus na Sy opstanding uit die dood en na Sy hemelvaart vir ons gegee het, in ons en bewerk Hy in ons die veranderings waarvan die apostel in hierdie verse skryf: - dat jou uiterlike lewe 3 en jou innerlike lewe 4 verander word; - dat jy jou lewe aan die Here offer 5 en dat jou denke nuut word; 6 - dat jy nie langer aan die sondige wêreld gelyk is nie, 7 maar nou n lewe lei wat vir God aanneemlik is. 8 Vir die wil van die Here om te gebeur, vir die bevele van die Here om uitgevoer te kan word, is die volgende nodig: - die ontferming van God én die verandering/bekering van die mens; - die versoeningswerk van Christus vir mense en die vernuwingswerk van die Heilige Gees in mense. 3 Vers 1 4 Vers 2 5 Vers 1 6 Vers 2 7 Vers 2 8 Vers 1

7 Waar dít in mense se lewe gekom het, kan die wil van die Here onderskei word en sal die wil van die Here op hierdie aarde begin geskied TEN SLOTTE U het dit nou seker al agtergekom dat ons, in die gebed-skool van die Here Jesus, leer dat ons persoonlike behoeftes nie die belangrikste dinge in die wêreld is nie. Voor ons by ons benodigdhede kom (so leer die Here Jesus ons), moet ons ons hemelse Vader éérs vra om vir die eer van Sý Naam te sorg en om Sy koningskap al hoe wyer en dieper te laat inwerk en om mense aan Sy koninklike opdragte gehoorsaam te maak. Én ons leer dat n mens vir gehoorsaamheid aan die Here moet vrá. Daar mag dalk mense wees wat dink dat ons nie regtig self iets aan God se koninkryk kan doen nie en daarom moet ons maar bid dat Hý dit sal laat kom, maar dat gehoorsaamheid aan God óns deel is en dat ons dit sélf kan regkry. Maar dis onmoontlik vir n mens om dit self reg te kry daarvoor het die sonde ons te diep laat val. En daarom leer die Here Jesus ons om daarvoor ook te vrá. Ook óns deel moet deur God vir ons gegee word. Ook ons gehoorsaamheid aan Sy opdragte is iets wat van Bo af by ons bewerk moet word. As ons dan self gehoorsamer aan God wil wees, moet ons begin deur daarvoor te bíd. En as ons meer gehoorsaamheid aan God in ons kerke en in ons stede en dorpe en in ons land wil hê, dan moet ons in die eerste plek daarvoor bid. En dan sál daar dinge gebeur. Die Vader luister mos as Sy kinders vra, hoeveel te meer nie as hulle vra wat die Here Jesus hulle geleer het om te vra nie!

8 Uiteindelik sal Hy in antwoord op hierdie gebed: Laat U wil geskied, n nuwe aarde gee, waar die gehoorsaamheid aan Hom so volmaak sal wees soos wat dit noú al in die hemel is AMEN