Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

Vergelijkbare documenten
Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

Welkom by Die Storie God se storie

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesaja sien die Toekoms

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Goeie Konings, Slegte Konings

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek Romeine 1:16-17

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Van Vervolger tot Prediker

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

'n Man gestuur deur God

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Pragtige Koningin Ester

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek 1 Petrus 2:9-12

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Jona en die Groot Vis

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Toe God alles gemaak het

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Preek 2 Timoteus 3:16-17

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Van Vervolger tot Prediker

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Toe God alles gemaak het

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Preek Exodus 23:29-30

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek 2 Korintiërs 5:7

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Dooppreek Mika Bogaards

Baie welkom by vanoggend se erediens

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Die Kerk se Geboorte

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Transcriptie:

1 Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 2 September 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Erediens: Votum Groetseën Lofprysing: Psalm 146-1:1,3,8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Skrifberyming 9-1:1-10 Sing: Skrifberyming 9-1:11 Gebed Skriflesing: 2 Samuel 13:1-22 Sing: Psalm 130-2:1,3 Fokus: Matteus 1:1 in die lig van 2 Samuel 13 Preek Tema: Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 89-1:1,2 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Die Skrifgedeelte wat ons vanoggend gelees het, naamlik 2 Samuel 13:1-22, is nie n mooi stukkie geskiedenis nie. Dit vertel van lelike dinge wat in Dawid se gesin gebeur het. Dit vertel hoe Dawid se oudste seun Amnon sy halfsuster Tamar verkrag het. Die lelike dinge waarvan ons vanoggend gelees het, is nie die enigste lelike dinge wat in Dawid se gesin gebeur het nie. Vanaf 2 Samuel 13:23 word vertel hoe Dawid se seun Absalom twee jaar later gereël het dat sy lyfwagte sy broer Amnon doodmaak. Absalom het dit gedoen, omdat hy sy broer Amnon gehaat het oor wat hy aan sy suster Tamar gedoen het. Daarna het Absalom weggevlug. In 2 Samuel 14 word vertel hoe Joab gesorg het dat Absalom terugkom. Ongelukkig het dinge so verloop dat Absalom teen sy pa Dawid in opstand gekom het. Die uiteinde van alles was dat Dawid se soldate vir Absalom doodgemaak het, nadat sy kop in n boom vasgehaak het en hy daar tussen hemel en aarde gehang het.

2 Behalwe dit alles het Dawid se vierde seun Adonia homself voor Dawid se dood tot koning verklaar. Adonia was n aantreklike, maar ongedissiplineerde man. Dawid het hom nie gestraf nie, maar sy halfbroer Salomo het hom laat teregstel. Dit is nie net Dawid se kinders wat lelike dinge gedoen het nie Dawid self het ook lelike dinge gedoen. In 2 Samuel 11 word vertel hoe Dawid owerspel met Batseba gepleeg het en hoe hy gesorg dat Batseba se man in die oorlog sterf. In die Bybel is hierdie verhaal slegs twee hoofstukke voor die verhaal oor die lelike dinge wat Dawid se kinders gedoen het. Dit lyk of Dawid se kinders sy verkeerde voorbeeld gevolg het. Ongelukkig is dit iets wat gereeld gebeur, naamlik dat kinders hulle ouers se verkeerde voorbeeld volg. Daarom is die voorbeeld wat jy as ouer stel, baie belangrik. Soos wat jy leef en doen, so sal jou kinders gewoonlik ook leef en doen. Die lewe is vol voorbeelde híérvan. Tog is daar uitsonderings, want elke kan kind kies of hy sy ouers se sondes wil navolg of nie. Julle het seker al die storie gehoor van die alkoholis wat twee seuns gehad het. Die een seun het soos sy pa ook ʼn alkoholis geword en sy lewe weggegooi. Die ander seun het ʼn goeie lewe gelei en ʼn sukses van sy lewe gemaak. Toe iemand eendag vir die twee seuns vra hoekom hulle leef soos hulle leef, het die seun wat n alkoholis geword het, geantwoord: Met ʼn pa soos myne kon ek nie anders nie. Toe dieselfde vraag aan die seun wat ʼn voorbeeldige lewe gelei het, gevra is, het hy ook geantwoord: Met ʼn pa soos myne kon ek nie anders nie! Die een het hom deur sy pa se sondes laat insluk, terwyl die ander een hom deur sy pa se sondes laat motiveer het om reg voor die Here te leef. Amnon het n vriend gehad met die naam Jonadab, n seun van Dawid se broer Samma. Toe Amnon vir Jonadab vertel het dat hy op sy halfsuster Tamar verlief is, het Jonadab vir Amnon raad gegee oor hoe om vir Tamar alleen te kry. Jonadab is n voorbeeld van hoe n vriend jou kan verlei om die verkeerde ding te doen. Daarom waarsku die Here ons in Spreuke 18:24 (1983/92-Vertaling): Maats kan jou breek,... Ongelukkig is dit iets wat steeds gebeur, naamlik dat kinders deur vriende / maats verlei word om verkeerde dinge te doen. Amnon se vriend, Jonadab, is die een wat raakgesien het dat Amnon dag vir dag bedruk gelyk het. Dit lyk egter of Amnon se pa, Dawid, dit nie raakgesien nie. Soms gebeur dit dat kinders se maats eerder as hulle ouers weet, wanneer dit met hulle nie goed gaan nie of wanneer hulle met iets worstel. Die rede hiervoor is soms dat ouers nie genoeg by hulle kinders betrokke is nie. Alles dui daarop dat Dawid n afwesige pa was. As koning was hy n besige man wat die land moes regeer, na mense se regsake moes luister en moes oorlog maak. Verder het hy n paar vroue gehad en by elkeen van die vroue het hy kinders gehad. Hierdie kinders het by hulle ma s grootgeword en het waarskynlik hulle pa bitter min gesien. Dawid se kinders het vir alle praktiese doeleindes sonder ʼn pa groot geword en hulle gedrag het dit gewys. Kom ek praat nou met die pa s onder julle. Moenie dieselfde fout as Dawid maak nie. Bring tyd saam met jou kinders deur. Moenie so besig wees om die broodwinner te wees

3 dat jy afwesig is waar dit eintlik tel nie. Onthou, ware manwees gaan oor baie meer as om te sorg dat jou gesin n dak oor hulle kop het, kos het om te eet en klere het om aan te trek. Ware manwees gaan daaroor of jy jou eintlike taak doen. Jou eintlike taak as hoof van die huis is om die leiding te neem in die gee van liefde en om aan jou vrou en jou kinders geestelike leiding te gee. Moenie so besig wees om broodwinner te wees dat jy nie by jou eintlike taak as hoof van die huis uitkom nie. Toe Dawid hoor wat sy seun Amnon aan sy dogter Tamar gedoen het, was hy baie woedend so staan dit in 2 Samuel 13:21. Hy het baie kwaad geword, maar hier staan nie geskryf dat hy iets aan die saak gedoen het nie. Hy het niemand getug nie, hy het net kwaad geword. Hier staan nie geskryf dat hy met sy seun gaan praat nie. Hier staan ook nie geskryf dat hy sy dogter Tamar gaan troos het nie. Al wat hier geskryf staan, is dat hy kwaad geword het. Dawid se gebrek aan optrede sou tot nog sondes en hartseer in sy gesin lei. Dit sou daartoe lei dat Tamar n wrak word, dat Absalom sy broer Amnon haat, dat Absalom self n moordenaar word deurdat hy sy broer Amnon laat doodmaak het, dat Absalom teen sy eie pa rebelleer en dat Absalom uiteindelik self sterf. Dít alles net omdat Dawid nie sy kinders reg grootgemaak het nie. Hierdie hartseer verhaal wys wat kan gebeur, as kinders nie tereggewys word nie. As sonde ongestraf gelaat word, lei dit tot erger sondes. Ouers wat werklik lief is vir die Here en vir hulle kinders, sal hulle grootmaak met tug en vermaning soos die Here dit wil (Efesiërs 6:4). Geliefdes, hiermee het ek gesê watter lesse ons uit die hartseer geskiedenis van Dawid se gesin kan leer. Dit is egter nie die einde van die storie nie. Kyk nou na ons fokusvers (Matteus 1:1 1983/92-Vertaling) in die lig van al hierdie dinge: Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:... Jesus is n nakomeling van Dawid. Hy is uit die nageslag van Dawid gebore. Dit beteken dat die gebroke gesin van Dawid deel is van Jesus se voorgeslag. Jesus Christus is uit n gebroke voorgeslag gebore. Jesus Christus is nie net uit n gebroke voorgeslag gebore nie Hy is ook ter wille van hulle gebore. Die woorde die Seun van Dawid is n titel vir die Messias wat die volk Israel verwag het. Die verwagting dat die Messias uit die nageslag van Dawid gebore sou word, berus op die belofte aan Dawid in 2 Samuel 7:12-16 (1983/92-Vertaling): Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom n vader wees en hy sal vir My n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan. Op grond van hierdie belofte aan Dawid, het die Jode verwag dat daar uit die nageslag van Dawid eendag n koning gebore sal word (die Messias), wat hulle as volk sou kom bevry. Hulle het verwag dat hulle Messias n aardse koning sou wees, wat die koninkryk

4 van die volk Israel hier op aarde weer sou herstel. Nou weet ons dat Jesus Christus nie n aardse koninkryk opgerig het nie. Dít het die Jode erg teleurgestel. Tog ís Jesus Christus die Messias wat uit die nageslag van Dawid gebore is. God het Hóm in die woorde van Paulus in Handelinge 13:23 uit Dawid se nageslag, volgens sy belofte, as Verlosser vir Israel laat voortkom. Jesus Christus is nie net uit n gebroke voorgeslag gebore nie Hy is ook gebore as hulle Messias, as hulle Verlosser. Dit is net jammer dat hulle Hom nie as hulle Verlosser aanvaar het nie. Jesus Christus is nie net gebore as die Messias vir die Jode nie Hy is ook gebore as Messias vir nie-jode. Hy is gebore as óns Messias. Die woorde die seun van Abraham in Matteus 1:1 is nie n besonderse titel soos die woorde die Seun van Dawid nie. Tog word Christus in Galasiërs 3:16 die nakomeling van Abraham genoem, terwyl almal wat aan Christus behoort in Galasiërs 3:29 ook nakomelinge van Abraham genoem word. Dié almal wat aan Christus behoort, is almal wat in Jesus Christus glo, of dit nou n Jood of n Griek is, n slaaf of vry, man of vrou. Die woorde seun van Abraham in Matteus 1:1 kan vertolk word as dat Jesus Christus gebore is as Messias vir mense uit alle volke, tale en nasies. Hy is gebore as óns Messias. Hy is gebore as óns Verlosser. Die feit dat Jesus Christus gebore is as ons Verlosser, is belangrik vir die preke oor Bybels-gesonde gesinne, waarmee ons tans besig is. Onthou, in die eerste preek van die reeks oor Bybels-gesonde gesinne, het ek gesê dat die sondeval siek gesinne veroorsaak het. Baie gesinne beleef dieselfde stukkendheid wat Dawid en sy gesin beleef het. Ek sê baie keer dat ek wens dat ek my kinders weer oor kan hê om nie weer dieselfde foute te maak nie. Baie van julle voel dalk dieselfde. Sommige van julle het dalk vanoggend of tydens die preke oor Bybels-gesonde gesinne ontdek hoeveel julle as ouers misluk het. Sommige van julle beleef dalk tans die intense seer van julle stukkende gesinne dalk die gesin waarin jy grootgeword het. Te midde van hierdie stukkendheid en die seer as gevolg daarvan, is die boodskap dat Jesus Christus as ons Messias, as ons Verlosser gebore is, goeie nuus. Jesus Christus is die Een wat ons verlos van die stukkendheid in ons gesinne en die seer wat ons as gevolg daarvan het. Jesus Christus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. Hy het Homself geoffer as volkome versoening vir al ons sondes. Hierdie versoening versoen ons met God en versoen ons met mekaar. Dit versoen ons met God, deurdat God in sy genade ons sondes vergewe. Jy kan by God vergifnis kry vir al die sondes wat jy in jou gesin gedoen het. Jy kan en moet al jou sondes en mislukkings as ouer erken en bely en by God vergifnis daarvoor vra. Jy moet glo dat God jou vergewe het. Jy moet dan lewe asof God jou vergewe het, deurdat jy ook jouself vergewe. Dít is baie belangrik: Dat jy jouself vergewe, omdat jy glo dat God jou vergewe het. Só kan jy weer in jouself heel word en oor die seer van jou sondes en mislukkings kom. Die versoening wat Jesus Christus vir ons bewerk het, versoen ons nie net met God nie dit versoen ons ook met mekaar. Dit versoen ons met mekaar, deurdat ons mekaar vergewe. Kinders kan hulle ouers vergewe en ouers kan hulle kinders vergewe en ander

5 gesinslede kan mekaar vergewe, omdat God hulle vergewe het. Só stel die vergifnis wat God aan ons gegee het, ons in staat om oor die stukkendheid in ons gesinne te kom. Dít is die wonderlike betekenis vir ons gesinne dat Jesus Christus gebore is as ons Verlosser. Wanneer die Heilige Gees ons lei om te glo en so deel te kry aan die versoening waarvoor Jesus Christus Homself aan die kruis geoffer het, verander ons harte en begin ons nuut lewe. Dan begin ons ook regmaak wat in ons gesinne skeefgeloop het. Dan kom daar vir ons hoop in hierdie stukkende wêreld. Matteus 1:1 sê vir ons dat die stukkendheid van Dawid se gesin, en al die lelike dinge wat daar gebeur het, nie God se beloftes vernietig het nie. Ondanks die hartseer geskiedenis van Dawid se gesin en Salomo en al die konings van Israel, wat regdeur die Ou Testament een groot hartseer verhaal van mislukking en sonde deur die konings en die volk geword het, het die Here by sy belofte gebly en uiteindelik sy Seun gebore laat word ter vervulling van daardie belofte. Ondanks die stukkendheid en die hartseer in ons gesinne, bly God getrou aan sy beloftes. Hy bly ons God wat sy genade aan ons gee. Hy is inderdaad God van wordende geslagte, tot in ewigheid die Heer soos wat ons vanoggend tydens ons lofprysing gesing het (Psalm 146-1:8). Ons gaan netnou uit Psalm 89-1:2 sing: Ek het my trouverbond, so het die HEER gespreek, met Dawid opgerig, en sal dit nooit verbreek. En in Psalm 105-1:5 sing ons: Die HEER wat van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie; al sy beloftes bly van krag tot in die duisendste geslag. Verbond met Abraham, sy vrind, bevestig Hy van kind tot kind. Kom ons leef saam met hierdie God. Kom ons leef uit sy genade, sy genade deur sy Heilige Gees wat vir ons n antwoord gee vir die stukkendheid van die lewe, waaraan ons almal in n mindere of meerdere mate soveel deel het. Amen.