BOEKIE VIR AKTIEWE LEDE

Vergelijkbare documenten
OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids tot die Alexander Forbes Core Plan

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS GIDS VIR NUWE LEDE

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

VERSTAAN U VOORDELE. Verander vandag se harde werk in môre se beloning. Wees voorbereid op aftrede! Sambreelaftreefonds

Egskeidingskontrolelys vir Lede

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Gids vir Werkgewers en Werknemers

JY SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids om die Alexander Forbes Retirement Fund te verstaan

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Gids vir Byvoordele eise

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

Die bydrae, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

Les 14: Entrepreneurskap

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

Terug na die Basiese Beginsels. Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF JANUARIE BLADSY 1. Beste Lid

cumulus echo uittree-plan pensioenversterker

DIE BEREGTER VIR PENSIOENFONDSE

VOORSORGFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

NUUSBRIEF. vir die lede van Die Boubedryf Pensioenskema (Westelike Provinsie) en Die Boubedryf Voorsorgfonds (Westelike Provinsie) 2.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

BELANGRIKE KEUSE MET BETREKKING TOT MEDIESE FONDS MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2013

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

ARBEIDSREG ABR214. T:

Adv. Fran du Plessis het in Februarie 2018 as werkgewerverteenwoordiger en voorsitter

Statistieke met een oogopslag

LIDMAATSKAPBOEKIE LIDMAATSKAPBOEKIE. Die boekie beskryf hoe jou fonds werk en watter voodele jy as lid kry. ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

cumulus echo uittree-annuïteit

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

cumulus echo uittree-annuïteit

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds (USAF): Gids vir Nuwe Lede

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Deel in die wins van PPS PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel PPS Professional Life Provider PPS Professional Disability Provider

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

Gids vir Lewende-voordeel eise

PENSIOENFONDS EN ONGESKIKTHEIDSRESERWEFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

PENSIOENFONDS EN ONGESKIKTHEIDSRESERWEFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

REËLS. van DIE PENSIOENFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds (USAF): Handleiding tot die Aftreeproses

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

AANSOEK OM STUDIELENING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

NA-AFTREDE OPLOSSINGS

Belastingaankondiging: Aftreefondse

Lees asseblief die volgende inligting noukeurig voordat u hierdie vorm invul

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

Die betaling, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

TERUG TE VEG GREENLIGHT ERNSTIGE SIEKTE-DEKKING

AFTREDE. Aftreeplan. n Aftree-annuïteit bied aansienlike belastingvoordele. is daartoe om geld te belê totdat hulle minstens 55 jaar oud is.

Transcriptie:

BOEKIE VIR AKTIEWE LEDE Laas opgedateer: April 2018 http://yourfund.co.za/media24

KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE FONDS MEDIA24: AFTREEBESTUURSDIENSTE: Telefoon: 021 406 3326 Faks: 086 721 3447 E-pos: Webwerf: Geregistreerde adres: retfund@media24.com http://yourfund.co.za/media24 40 Heerengraght, Media24 Sentrum, Kaapstad, 8001 Skryf gerus aan ons of besoek ons webwerf as jy nog inligting verlang. Jou kommentaar en terugvoer is welkom. Ons sien uit daarna om van jou te hoor! WOORDELYS Sien verklaring van moeilike terme op bladsy 34. Die Fondsregistrasienommer is 12/8/0034554 2

INHOUDSOPGAWE Hoekom Aftreebeplanning noodsaaklik is 4 Meer oor die Media24 Aftreefonds 6 Werking van die Fonds 7 Fondsvoordele 9 Aftreevoordeel 9 Sterftevoordeel 12 Begunstigdebenoemingsvorm 15 Begrafnisvoordeel 17 Uitgebreide Gesin Begrafnisvoordele 19 Ongeskiktheidsvoordeel 20 Onttrekkingsvoordeel 23 Bydraekoerse 25 Fondskrediet 28 Fondsbeleggings 29 Ledekommunikasie 32 Woordelys 34 3

HOEKOM AFTREEBEPLANNING NOODSAAKLIK IS Dis maklik om te dink aftrede lê nog ver, of dat daar belangriker dinge is wat vandag aandag moet kry. Ek sal wanneer ek ouer is, na my aftreebeplanning kyk dis dikwels ons benadering, maar het jy n idee hoeveel geld jy nodig gaan hê wanneer jy eendag aftree? Belangriker nog gaan dit genoeg wees? Slegs 9% van alle Suid-Afrikaners het genoeg geld om hulle tydens aftrede te onderhou. As jy n gerieflike aftrede wil hê, is n goeie riglyn om te probeer sorg dat jou pensioen tussen 60% en 75% is van die salaris wat jy net voor jou aftrede verdien het. As jy dít kan regkry, sal jy n mate van onafhanklikheid vir die res van jou lewe as n pensioenaris kan verseker. Maar jy sal waarskynlik gedurende jou hele werkloopbaan moet spaar en genoeg geld moet belê om hierdie doelwit te bereik. Om n geriefl ike aftrede te verseker, moet jy dus vroeg begin en gedurende jou hele werkleeftyd gereeld spaar. Begin vroeg en spaar gereeld Hoe vroeër jy vir jou aftrede begin spaar, hoe groter is jou kanse op sukses. Saamgestelde rente het tyd nodig om wondere te verrig klein bedrae wat belê word terwyl jy jonk is, sal uiteindelik meer werd wees as baie groter bedrae wat belê word wanneer jy ouer is. Aanvanklik sal jou maandelikse bydraes die hoofrede wees waarom jou totale beleggings groei. Maar na n paar jaar van gereeld spaar sal die beleggingsopbrengste op jou vorige bydraes waarskynlik meer werd wees as wat jy dan sal bydra. Die harde werk sal dan vir jou verby wees en jou geld sal self begin werk. In die praktyk beteken dit dat jy sterk aangeraai word om liewer die versoeking te weerstaan om n kontantonttrekkingsvoordeel uit jou aftreefonds te neem wanneer jy van werk verander, en eerder jou onttrekkingsvoordele te bewaar. Jy word ook aangemoedig om reeds vanaf n vroeë ouderdom addisionele voorsiening te maak vir jou aftrede. 4

n Aftreefonds is n uitstekende manier om welvaart gedurende jou werkleeftyd op te bou, sodat jy ná aftrede fi nansiële sekuriteit in die vorm van n maandelikse inkomste het. Van die voordele van spaar in n aftreefonds is die volgende: Belasting: aftreefondse kry gunstige belastingbehandeling; Skaalbesparings: dit kos baie minder as individuele spaarprodukte; Trustees: n aftreefonds word deur trustees bestuur, wat toegang het tot advies van die beste deskundiges iets wat individue gewoonlik nie beskore is nie; Gereelde bydraes: een van die beginsels van welvaartskepping is om gereeld te spaar; Verpligte lidmaatskap: aangesien dit n diensvoorwaarde is, sal jou langtermyn-aftreespaarfonds voortgaan afgesien van ander eise wat aan jou salaris gestel word; Langtermyn-beleggingstrategie: langtermynbeleggingstrategieë lewer gewoonlik beter groei as korttermynstrategieë. Die goeie nuus is dat jy reeds jou aftrede begin befonds het: jy behoort aan n aftreefonds en lewer gereeld bydraes wat die grondslag vir jou aftreebeplanning sal wees. Jou aftreefonds is een van die doeltreffendste maniere om vir jou toekoms te spaar maak seker dat jy dit ten beste benut! Finansiële Advies Lede word aangemoedig om hul algehele fi nansiële posisie na te gaan om seker te maak of hulle op koers is en of dit nodig is om bykomende voorsiening te maak. Lede kan addisionele bydraes tot die Fonds lewer. Sien die afdeling Bydraekoerse vir meer besonderhede. Indien jy nie n adviseur het nie, kan ons jou help deur jou met n adviseur in aanraking te bring. 5

MEER OOR DIE MEDIA24 AFTREEFONDS Agtergrond Die Media24 Aftreefonds ( die Fonds ) is oorspronklik die Naspers Aftreefonds genoem en is in Februarie 1997 gestig. In Januarie 2007 het die naam na Media24 Aftreefonds verander. Die Fonds is as n vastebydrae-pensioenfonds by die Raad op Finansiële Dienste geregistreer. Fondsdoelwit om aftreevoordele aan lede te voorsien wanneer hulle aftree, of aan hul afhanklikes indien hulle te sterwe kom terwyl hulle in diens is. Deelnemende Werkgewers Die volgende werkgewers neem deel aan die Fonds ooreenkomstig die reëls van die Fonds: Media24 (Edms) Beperk en sy filiale en verwante maatskappye. Wie kan by die Fonds aansluit? Permanente, heeltydse gesalarieerde werknemers Alle nuwe werknemers jonger as 60 jaar Dit is verpligtend en n diensvoorwaarde dat permanente, heeltydse gesalarieerde werknemers by die Fonds aansluit, mits hulle nie lede van n ander aftreefondsskema is waaraan die werkgewer deelneem nie. Lidmaatskap kom eers tot n einde wanneer werknemers uit diens tree. Dit beteken dat lidmaatskap tot jou Normale Aftree-ouderdom (NAO) voortduur, selfs al word jy na n ander afdeling van Media24 verplaas. 6

WERKING VAN DIE FONDS Bestuur van die Fonds Die Fonds word deur n Raad van tien Trustees bestuur, van wie vyf deur die hoofwerkgewer aangestel word en vyf deur fondslede verkies word. Daar is ook vyf plaasvervangende (alternatiewe) werkgewer-aangestelde trustees en vyf plaasvervangende lidverkose trustees. Plaasvervangende trustees aanvaar die pligte van trustees wat nie hul take kan uitvoer nie bv. wanneer trustees uit die maatskappy bedank. Die trustees het n ampstermyn van vier jaar, wat beteken dat verkiesings vir nuwe trustees elke vier jaar plaasvind. Ledetrustees kan egter langer as vier jaar die amp beklee indien hulle deur fondslede herkies word. Dieselfde geld vir werkgewertrustees wat weer deur die werkgewer aangestel word. Die Raad van Trustees vergader minstens drie keer per jaar. Om die Fonds sonder haakplek te bestuur, het die trustees n aantal komitees op die been gebring. Die vyf komitees van die Raad is die: Beleggingskomitee Komitee vir Sterfte-eise Bestuurstoesig-, Oudit- en Risikokomitee Kommunikasiekomitee Voordeelhersieningskomitee Komitees lê voorstelle en aanbevelings aan die Raad van Trustees voor vir goedkeuring, voordat dit in werking gestel word. 7

Hoofbeampte Die Hoofbeampte speel n uiters belangrike rol en bestuur eintlik die Fonds. Die Hoofbeampte se pligte behels onder meer om: seker te maak dat trustees se besluite uitgevoer word; toe te sien dat die Fonds binne die raamwerk van die reëls van die Fonds, die Wet op Pensioenfondse en ander wetgewing (bv. belasting- en egskeidingswette, ens.) bedryf word; die Fonds se nakoming te monitor; met die verskillende diensverskaffers en fondsdeskundiges te skakel; en toeganklik te wees vir lede van die Fonds. Regulatoriese owerhede rig alle amptelike korrespondensie aan die Hoofbeampte van die Fonds. Die Fonds word deur verskeie instansies en wette gereguleer en die Raad van Trustees skakel met verskillende fondsreguleerders en diensverskaffers om die Fonds optimaal te bestuur. 8

FONDSVOORDELE Voordele is betaalbaar by die volgende geleenthede: by aftrede; OF in die geval van sterfte in diens; OF wanneer jy die maatskappy se diens verlaat (hetsy as gevolg van bedanking, ontslag of uitdiensstelling). Voordele wat buite die Fonds voorsien word, sluit die volgende in: maandelikse inkomste-ongeskiktheidsvoordeel; en begrafnisvoordeel. AFTREEVOORDEEL Wanneer kan ek aftree? Normale Aftree-ouderdom Jou normale aftree-ouderdom is 60 jaar, tensy jy anders met die maatskappy ooreengekom het toe jy in diens getree het, OF 65 of 63 jaar vir lede wat voor 1 Januarie 1999 in diens getree het. Vroeë Aftrede Jy kan van ouderdom 55 af vroeg aftree. Onthou egter hoe vroeër jy aftree, hoe kleiner sal jou Fondskrediet wees, en hoe kleiner die annuïteit (pensioen) wat jy sal kan koop. Aftrede weens Swak Gesondheid Die trustees kan instem om jou vroeg te laat aftree indien gereken word dat jy algeheel en permanent nie in staat is om jou pligte doeltreffend uit te voer nie maar nie vir n ongeskiktheidsinkomstevoordeel kwalifiseer nie. In hierdie geval sal jou ouderdom nie belangrik wees nie. Jy sal egter nog steeds n annuïteit (pensioen) met twee derdes van jou Fondskrediet moet koop. Uitgestelde Aftrede Jy word nou toegelaat om jou werklike aftrede uit die Media24 Aftreefonds uit te stel, selfs al het jy reeds by die maatskappy uit diens getree. Jou Fondskrediet kan dus in die Fonds bly totdat jy finaal ten volle wil aftree. Dit beteken afgetrede lede kan voortgaan om hul aftreevoordeel in die Fonds te laat groei, terwyl hulle n tweede loopbaan aanpak. Neem asseblief kennis: Indien die Fonds nie n opdrag van jou ontvang oor wat jy op jou aftreedatum met jou Fondskrediet wil doen nie, sal jy outomaties in hierdie verstekkategorie van lede geplaas word en n uitgestelde afgetredene word, tensy jy nie kwalifiseer nie. Raadpleeg die Fonds se webwerf om te sien of jy kwalifiseer. 9

Watter voordeel is by aftrede betaalbaar? Wanneer jy aftree, is jou volle Fondskrediet betaalbaar. Jy moet minstens twee derdes van jou Fondskrediet gebruik om n pensioen (annuïteit) by n geregistreerde versekeraar te koop. Dit is belangrik om daarop te let dat jy nie by aftrede na n bewaringsfonds of uittree-annuïteit kan oorgaan nie. Dit is bewaringskemas wat slegs beskikbaar is wanneer jy nog vir aftrede spaar. Onthou: 1 / 3 maksimum kan as n enkelbedrag geneem word 2 / 3 moet gebruik word om n pensioen (annuïteit) by n geregistreerde versekeraar van jou keuse te koop Belasting by Aftrede Indien ⅓ van jou kontantenkelbedrag egter meer as R500 000 is, sal jy soos volg belas word: Belasting op Enkelbedrag by Aftrede R0 R500 000 0% R500 001 R700 000 18% van die bedrag bo R500 000 R700 001 R1 050 000 R36 000 plus 27% van die bedrag bo R700 000 R1 050 001 en meer R130 500 plus 36% van die bedrag bo R1 050 000 (Let wel: Die belastingtabel hierbo weerspieël die huidige (2014) toepaslike belastingkoerse soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Hierdie koerse kan verander wanneer wetgewing gewysig word.) Pensioene is teen marginale belastingkoerse belasbaar in die jaar waarin dit betaalbaar word. 10

Annuïteitopsies Verskillende tipes annuïteite (pensioene) is in die mark beskikbaar. Jy sal dus die annuïteit (pensioen) wat jy koop, moet struktureer om aan jou persoonlike behoeftes te voldoen. Beplanning voor aftrede is dus noodsaaklik. Finansiële Advies Dit is belangrik dat jy advies by n geakkrediteerde fi nansiële adviseur inwin oor: belastingimplikasies by aftrede; die beste pensioenopsie (annuïteit) in die mark wat aan jou besondere behoeftes sal beantwoord. Indien jy nie n adviseur het nie, kan ons jou help deur jou met n adviseur in aanraking te bring. Stuur vir ons e-pos by retfund@media24.com. Let wel: Die Fonds kan nie verantwoordelik/ aanspreeklik gehou word vir advies wat van fi nansiële adviseurs ontvang word nie. Aftree-eisvorm Kontak Aftreebestuursdienste om n Aftree-eisvorm te kry, deur e-pos te stuur na retfund@media24.com 11

STERFTEVOORDEEL Watter voordeel is betaalbaar indien ek sterf terwyl ek in diens van die maatskappy is? Indien jy te sterwe kom terwyl jy nog vir die maatskappy werk, sal jou begunstigdes n enkelbedrag-sterftevoordeel ontvang in verhoudings wat deur die trustees bepaal word ooreenkomstig artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse, gelyk aan: Jou lewensdekking is gebaseer op jou Jaarlikse Pensioengewende Salaris en jou ouderdom. Die lewensdekking is betaalbaar volgens die onderstaande tabel: Ouderdom op die eerste dag van die maand na jou verjaarsdag Veelvoud van jaarlikse pensioengewende salaris Jonger as 26 jaar 8 26 jaar en ouer, maar jonger as 31 jaar 9 31 jaar en ouer, maar jonger as 36 jaar 8 36 jaar en ouer, maar jonger as 41 jaar 7 41 jaar en ouer, maar jonger as 46 jaar 6 46 jaar en ouer, maar jonger as 51 jaar 5 51 jaar en ouer, maar jonger as 56 jaar 4 56 jaar en ouer, maar jonger as 61 jaar 3.5 61 jaar en ouer 3.5 12

Voorbeeld: As jy 30 jaar oud is, met n Fondskrediet van R250 000 en n Jaarlikse Pensioengewende Salaris van R100 000, is die berekening van jou sterftevoordeel soos volg: Fondskrediet + Lewensdekking = Sterftevoordeel = R250 000 + (9 x R100 000) = R250 000 + R900 000 Sterftevoordeel = R1 150 000 BELANGRIK: Indien daar n oorlewende gade is, sal enige voordeel of gedeelte van n voordeel wat aan die gade toegeken is, soos volg betaal word: Kan ek addisionele lewensdekking kry? Indien jy addisionele lewensversekering wil koop, kan jy dit deur die werkgewer se groeplewensversekeringskema doen deur Aftreebestuursdienste te kontak en n aansoekvorm in te vul. Wat gebeur as ek na aftrede sterf? Daar is geen sterftevoordeel na aftrede betaalbaar nie. Nadat jy afgetree het uit die Fonds en jou aftreevoordeel verwerk is d.w.s. jou annuïteit (pensioen) is gekoop en jy het jou enkelbedrag (indien van toepassing) ontvang het die Fonds geen verdere verpligting teenoor jou of jou afhanklikes nie. Dit beteken geen sterftevoordeel is na aftrede betaalbaar by die Fonds nie. As jy egter na aftrede te sterwe kom maar voordat jou aftreevoordeel verwerk is deur die Fonds, sal jou aftreevoordeel (gelyk aan jou Fondskrediet soos op jou aftreedatum) as n enkelbedrag betaalbaar word en aan jou boedel betaal word. Let wel: Die huidige belastingwetgewing is van toepassing op enige voordeel wat betaal word. 13

Indien jy sterf nadat jy n uitgestelde afgetredene geword het, sal jou aftreevoordeel (gelyk aan jou Fondskrediet) aan jou afhanklikes betaalbaar word ooreenkomstig artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse. Hoe en aan wie sal my sterftevoordeel toegedeel word? Artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse en die Reëls van die Media24 Aftreefonds meld dat jou voordeel in die Fonds by jou dood soos volg uitgekeer moet word: Aan afhanklikes; of Aan afhanklikes en benoemdes; of Aan benoemdes, indien daar geen afhanklikes is nie (maar enige tekort in jou boedel moet eers gedek word); of Indien daar geen afhanklikes of benoemdes is nie, aan jou boedel. Hoewel die trustees lede se wense volgens hul Begunstigdebenoemingsvorms sal oorweeg, berus die fi nale besluit oor wie die sterftevoordeel uit die Fonds moet ontvang by die trustees. Die sterftevoordeel word toegeken volgens die Reëls van die Fonds asook artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse, wat handel oor die pligte van die trustees met die toewysing van sterftevoordele. Sterfte-eisproses Jou naasbestaandes kan Menslike Hulpbronne of die Fonds se kantoor by tel 021 406 3326 skakel of e-pos stuur na retfund@media24.com. 14

BEGUNSTIGDE- BENOEMINGSVORM Wat is n Begunstigdebenoemingsvorm? Die Begunstigdebenoemingsvorm is n vorm waarop jy aandui aan wie jou sterftevoordeel betaal moet word indien jy te sterwe kom terwyl jy nog by Media24 in diens is. Wanneer jy n lid van die Media24 Aftreefonds word of wanneer jou persoonlike omstandighede verander en jy jou benoemde begunstigdes wil bywerk, moet jy n Begunstigdebenoemingsvorm invul. Let wel: Dit is belangrik om daarop te let dat sterftevoordele van die Fonds nie deel van jou boedel uitmaak nie, en daarom nie volgens jou testament bemaak kan word nie. Die enigste manier hoe jy vir die trustees n aanduiding of riglyn kan gee oor hoe jy jou sterftevoordeel wil laat verdeel, is deur n benoemingsvorm in te vul. Sien die Fonds se webwerf vir die Begunstigdebenoemingsvorm. Wie se name vul ek op my benoemingsvorm in? Jy moet al jou afhanklikes se name op die vorm invul, omdat die trustees van die Fonds deur die wet verplig word om seker te maak dat al jou finansiële afhanklikes versorg is. Wie is my afhanklikes? Jou wetlike afhanklikes persone ten opsigte van wie jy regtens vir onderhoud aanspreeklik is, bv. gades en kinders (ongeag hul ouderdom), insluitend ongebore of postume kinders en buite-egtelike kinders; Jou feitelike (finansiële) afhanklikes persone ten opsigte van wie jy nie noodwendig regtens vir onderhoud aanspreeklik is nie, maar wat fi nansieel van jou afhanklik is vir hul daaglikse bestaan, bv. jou ouers, grootouers, skoonouers. 15

Die Fonds moet eers al jou afhanklikes opspoor, en as jy hul name op die vorm invul, sal dit hierdie proses makliker maak vir die trustees. Let wel: Dit is belangrik dat jy jou benoemingsvorm bywerk wanneer jy ook al n groot lewensgebeurtenis ervaar, soos wanneer jy trou, of by die geboorte van n kind, ens. As jy nalaat om dit te doen, kan die betaling van jou sterftevoordeel vertraag word terwyl die Fonds dit ondersoek. Indien die betaling van die voordeel vertraag word, plaas dit jou familie wat agterbly onder finansiële druk. Voorts, as die trustees nie binne 12 maande na jou dood van enige afhanklikes bewus word nie of nie afhanklikes kan opspoor nie, en jy ook nie n begunstigde benoem het nie, sal die voordeel in jou boedel inbetaal word. Wat gebeur as ek geen afhanklikes het nie? Jy moet nog steeds die Begunstigdebenoemingsvorm invul. Hoewel jy nie afhanklikes op die vorm sal invul nie, moet jy aandui wie jou benoemde begunstigdes is d.i. die persoon of persone wat jy as begunstigdes wil benoem om in jou sterftevoordeel te deel, maar wat nie wetlike of feitelike afhanklikes is nie. Let egter daarop dat slegs persone wat op die vorm benoem is, as benoemde begunstigdes oorweeg kan word. Sien die Fonds se webwerf vir die Begunstigdebenoemingsvorm. Hier is n paar riglyne om die vorm in te vul: 1 Meld al jou afhanklikes 2 Ken n persentasie aan elke afhanklike toe 3 Benoem n begunstigde 4 Besluit oor die betaalwyse Dit sluit in: jou gade(s), kinders (ongeag hul ouderdom) en enigiemand wat finansieel van jou afhanklik is, asook onderhoudsooreenkomste waardeur jy gebind kan wees. Dit is die persentasie van jou voordeel wat jy aan elke afhanklike wil laat uitbetaal. Dit kan selfs 0% wees. Gee in so n geval n rede bv. Hierdie afhanklike werk heeltyds en is nie fi nansieel van my afhanklik nie. Persentasies moet altesaam 100% wees. Indien jy geen afhanklikes het nie of as nie een fi nansieel van jou afhanklik is nie, kan jy n begunstigde(s) benoem. Dit kan enige persoon wees wat jy wil benoem om jou voordeel te ontvang. As jy egter geen afhanklikes het nie en jou boedel is insolvent, sal jou voordeel eers gebruik word om die uitstaande skuld van jou boedel te vereffen voordat jou benoemde begunstigdes oorweeg sal word. Indien jy minderjarige kinders het (jonger as 18 jaar), meld of die voordeel aan n voog/versorger/begunstigdefonds betaal moet word. 16

BEGRAFNISVOORDEEL Watter begrafnisvoordele geld? Indien jy of een van jou onmiddellike afhanklikes te sterwe kom, sal n begrafnisvoordeel betaalbaar wees volgens die skaal hieronder: Lid R25 000 Gade R25 000 Kind(ers) van 14 21 jaar R15 000 Kind(ers) van 6 13 jaar R 7 500 Kind(ers) van 0 5 jaar R 7 500 (doodgebore kinders ingesluit) Wie kwalifiseer as n gade? n Gade kan soos volg omskryf word: n wettige man/vrou van die lid; n gade volgens die gewoontereg n persoon met wie die lid vir n aaneenlopende tydperk van minstens ses maande saamwoon en wat deur die gemeenskap as die man/vrou of lewensmaat van dieselfde geslag van die lid beskou word; of n gade van die lid, insluitend n party tot n gemeenregtelike verbintenis volgens die Swart gewoontereg en gebruik of n party tot n verbintenis wat kragtens die leerstellings van enige Asiatiese godsdiens as n huwelik erken word. Kwalifiseer meer as een gade vir begrafnisdekking? Indien n lid meer as een gade het, sal elke gade vir die volle gadevoordeel gedek word, tensy meer as een gade weens dieselfde gebeurtenis gesterf het, in welke geval die gadevoordeel gelykop tussen die oorlede gades verdeel sal word. Wat is die omskrywing van n doodgebore kind? n Doodgebore kind is n kind wat minstens 26 weke in die baarmoeder was maar na volledige geboorte geen teken van lewe toon nie. 17

Wie kwalifi seer as n kind van die lid? n Ongetroude kind wat nog nie 21 jaar oud is nie, asook n kind wat n heeltydse student is en nog nie 25 jaar oud is nie, kwalifi seer vir begrafnisdekking. Geen ouderdomsperk sal egter van toepassing wees op n kind wat as gevolg van n geestes- of fi sieke mediese toestand nie na hom-/haarself kan omsien nie, mits so n kind ten volle van die lid afhanklik is vir ondersteuning en onderhoud. n Kleinkind of kind van enige van die lid se kinders waar die kleinkind se ouers albei oorlede is of waar die kleinkind n afhanklike van die lid is en bevredigende bewys aan die versekeraar gelewer is, sal ook as n kind van die lid kwalifiseer. n Kind sluit ook in n aangenome of buite-egtelike kind of n kind wat na die lid se dood gebore is of n pleegkind of n stiefkind, wat fi nansieel van die lid afhanklik was of sou word. Sodra jou kind onafhanklik word en nie meer jou finansiële ondersteuning en onderhoud nodig het nie, sal jou kind nie meer vir die verpligte begrafnisvoordeel kwalifiseer nie. Dit beteken jou kind sal nie deur die verpligte begrafnisvoordeel gedek word indien hy/sy n paar jaar later ophou werk en heeltyds begin studeer nie, selfs al is jou kind nog jonger as 25 jaar. Jy kan egter deur die addisionele vrywillige begrafnisdekkingskema dekking vir jou kind reël. Begrafniseisvorm en versekeraar se vereistes Sien die Fonds se webwerf vir die Begrafniseisvorm en die versekeraar se vereistes. Nadat die versekeraar al die volledig ingevulde en korrekte dokumente ontvang het, sal die versekeraar binne sowat 48 uur die begrafnisvoordeel uitbetaal. 18

UITGEBREIDE GESIN BEGRAFNISVOORDELE Jy kan addisionele vrywillige begrafnisdekking vir jou en jou gesin koop, indien jou verpligte begrafnisdekking nie genoeg is om in jou behoeftes te voorsien nie. Jy sal ook begrafnisdekking kan koop vir ouers, skoonouers en ander lede van die uitgebreide gesin (broer, suster, tannie, oom, neef, niggie) wat van jou afhanklik is en nog nie 85 jaar oud is wanneer jy aansoek doen nie. Daar is vyf voordeelopsies, wat wissel van R5 000 tot R25 000 dekking, in eenhede van R5 000 dekking per persoon. Die maandelikse premietarief per persoon wat gedek word, berus op die dekkingsvlak en die kategorie van die persoon wat gedek word, volgens hul ouderdom by toetrede tot die skema. Sien die Fondswebwerf vir meer inligting oor die koste van die dekking. Wie kwalifi seer as ouers, skoonouers en lede van die uitgebreide gesin? Ouers en skoonouers beteken jou wettige ouers of die ouers van die kwalifi serende gade of addisionele gades, wat nog nie ouderdom 85 jaar bereik het wanneer jy om dekking aansoek doen nie. Lede van die uitgebreide gesin beteken jou kinders, behalwe kwalifi serende kinders wat van jou afhanklik is vir onderhoud. Ook enige ander persoon, insluitend broers en susters, ooms, tannies, neefs en niggies, wat van jou afhanklik is vir onderhoud. Die lid van die uitgebreide gesin moet ook jonger as 85 wees wanneer jy om dekking aansoek doen. Kontak Aftreebestuursdienste indien jy in uitgebreide begrafnisdekking belangstel. Let wel: Kwalifi serende kinders wat van jou afhanklik is vir onderhoud, word deur die basiese begrafnisvoordeel gedek. Sien die Fonds se webwerf vir die Begrafniseisvorm en die versekeraar se vereistes. Nadat die versekeraar al die volledig ingevulde en korrekte dokumente ontvang het, sal die versekeraar binne sowat 48 uur die begrafnisvoordeel uitbetaal. 19

ONGESKIKTHEIDSVOORDEEL Die Media24 Aftreefonds word volgens die Wet op Pensioenfondse nie toegelaat om n ongeskiktheidsinkomstevoordeel te verskaf nie. Die voordeel betaalbaar by ongeskikraking word dus deur middel van afsonderlike versekeringspolisse buite die Fonds verskaf. Die trustees van die Media24 Aftreefonds bestuur egter hierdie afsonderlike skema, aangesien dit met die Fonds verbind word. Wat beteken ongeskiktheid? Ongeskiktheid is n toestand waarin jy weens siekte of besering nie met jou daaglikse pligte as n werknemer van Media24 kan voortgaan nie. Dit kan tydelik wees (indien jy vir n paar maande nie kan werk nie) of permanent (indien jou kanse op n vinnige herstel skraal is). Wie kwalifiseer vir n ongeskiktheidsvoordeel? Enige lid van die Media24 Aftreefonds kwalifi seer vir n ongeskiktheidsvoordeel indien die lid na die versekeraar se oordeel as gevolg van siekte, n ongeluk of besering nie meer in staat is om n groot deel van die pligte van sy/haar eie pos uit te voer nie naamlik: I. in die tydperk onmiddellik na die datum van ongeskikraking (aanvanklike tydperk); en II. in n alternatiewe pos. Dit beteken n pos by enige werkgewer in die oop arbeidsmark waarvoor die lid redelikerwys geskik kan wees op grond van die lid se ervaring, kennis, opleiding, opvoeding of vermoë, of selfs indien die lid nie sulke werk doen nie of nie sulke werk kan kry nie. Jy moet jou werkgewer inlig sodra jy so erg beseer is of siek geword het dat jy nie met jou daaglikse werk kan voortgaan nie, sodat die versekeraar in kennis gestel kan word. Die versekeraar sal vereis dat jy mediese verslae voorlê, wat gebruik sal word om te bepaal of jy medies ongeskik is. Watter voordeel is by ongeskiktheid betaalbaar? Indien die versekeraar jou ongeskik verklaar, sal jy n maandelikse ongeskiktheidsinkomste-vervangingsvoordeel ontvang wat gelyk is aan: 20

80% van die eerste R6 250 p.m. van Totale Koste van Indiensname (TKVI-pakket) plus 62% van die volgende R14 583 p.m. van TKVI-pakket; plus 60% van die volgende R12 500 p.m. van TKVI-pakket; plus 50% van die TKVI-pakket bo R33 333 p.m. MINUS jou Fondslidbydrae Wanneer sal die ongeskiktheidsvoordeel begin? Die voordeel is onderhewig aan goedkeuring van die eis deur die versekeraar. Daar is n 6-maandewagtydperk vanaf die datum van jou ongeskikraking voordat die eerste maandelikse ongeskiktheidsinkomste-vervangingsvoordeel betaal word. Neem die ongeskiktheidsvoordeel toe? Op 1 Julie elke jaar sal jou ongeskiktheidsinkomstevoordeel verhoog word met die Verbruikersprysindeks (VPI) of 7.5%, wat ook al die laagste is. Jy sal n volle verhoging van jou voordeel ontvang, selfs al het jy vir n tydperk van minder as 12 maande n ongeskiktheidsinkomstevoordeel ontvang. Wanneer staak die ongeskiktheidsvoordeel? Indien die versekeraar op enige tydstip nadat die voordeel begin het, reken dat jy in staat is om terug te keer werk toe ingevolge die ongeskiktheidspolis se omskrywing van eie beroep (aanvanklike tydperk) of alternatiewe beroep (sekondêre tydperk), soos hierbo verduidelik, sal die voordeel staak en moet jy weer begin werk. Herindiensneming deur Media24 sal egter afhang van wat met jou bespreek en ooreengekom is toe jy medies ongeskik verklaar is. Die voordeel sal ook staak indien jy sterf of jou normale aftreeouderdom bereik, op welke tydstip jy uit die Media24 Aftreefonds sal aftree en jou aftreevoordele sal begin. Wat van rehabilitasie? Ons fokus sterk daarop om lede weer gesond en terug in die werkomgewing te kry. Ons het dus n reëling met die versekeraar om lede aan te moedig om aan n rehabilitasieprogram deel te neem waar rehabilitasie miskien moontlik is. n Spesiale bonus is betaalbaar aan lede wat danksy die program suksesvolle rehabilitasie ondergaan het en weer begin werk het by hul maatskappy of n ander maatskappy. 21

Bly ek n werknemer van die maatskappy en n lid van die Media24 Aftreefonds terwyl ek op ongeskiktheid is? Jy moet n lid van die Media24 Aftreefonds bly om in aanmerking te kom dat n ongeskiktheidsvoordeel steeds betaal word.wanneer jou inkomstevervangingsvoordeel staak, sal jou herindiensneming deur Media24 egter afhang van wat met jou bespreek en ooreengekom is toe jy ongeskik verklaar is. Moet ek nog steeds tot die Fonds bydra? Terwyl jy n lid bly, sal jy steeds tot die Fonds moet bydra teen 7.5% van jou pensioengewende salaris op die datum van ongeskikraking. Jou bydrae sal afgetrek word van die ongeskiktheidsinkomste wat jy elke maand ontvang.jy kan ook steeds addisionele vrywillige bydraes tot die Fonds lewer indien jy meer vir jou aftrede wil spaar. Wat van die werkgewerbydrae tot die Fonds? Die werkgewerbydrae sal voortgaan, maar vasgestel word op 10% van jou pensioengewende salaris op die datum van ongeskikraking. Die Fonds se reëls laat jou nie toe om hierdie persentasie te verander terwyl jy op ongeskiktheid is nie. Wat gebeur as ek sterf terwyl ek op ongeskiktheid is? Indien jy sterf terwyl jy op ongeskiktheid is, sal jou ongeskiktheidsvoordeel onmiddellik staak. Aangesien jy steeds n lid van die Media24 Aftreefonds was terwyl jy n ongeskiktheidsvoordeel ontvang het, sal die enkelbedrag-sterftevoordeel aan jou begunstigdes betaal word in verhoudings wat deur die trustees ingevolge artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse bepaal word. Jy sal ook n begunstigdebenoemingsvorm moet invul. Sien die Begunstigdebenoemingsvorm-afdeling vir meer inligting oor hoe jou sterftevoordeel verdeel sal word. Hoe sal my ongeskiktheidsvoordeel belas word? Jy sal elke maand belas word op jou ongeskiktheidspremies, maar indien jy ongeskik raak, sal die voordeel belastingvry uitbetaal word. Ongeskiktheidseisvorm Dit is belangrik om die aansoek om n ongeskiktheidsvoordeel met Menslike Hulpbronne (MH) te bespreek. Vir meer inligting kan jy ook die Fonds se kantoor (Aftreebestuursdienste) kontak. 22

ONTTREKKINGSVOORDEEL Watter voordeel is betaalbaar by bedanking, ontslag of aflegging? Indien jy die maatskappy se diens verlaat (nie aftree nie), het jy n aantal opsies om te besluit wat om te doen met die Fondskrediet wat aan jou betaalbaar word. Een van hierdie opsies is om jou Fondskrediet te bewaar (spaar). Daar is verskeie maniere om jou Fondskrediet te bewaar, soos om: dit oor te dra na n bewaringsfonds of uittree-annuïteit (kleinhandelsprodukte); OF dit oor te dra na jou nuwe werkgewer; OF dit in die Media24 Aftreefonds te laat en n opbetaalde lid te word. Let wel: Oordrag van jou Fondskrediet na jou nuwe werkgewer of om dit in die Media24 Aftreefonds te laat, is baie meer kostedoeltreffend as om dit na n kleinhandelsproduk oor te dra. Dit beteken jy sal minder fooie / koste betaal as wanneer jy n kleinhandelsproduk kies. Jy het ook die opsie om die voordeel in kontant te neem, onderhewig aan die volgende belasting: Belasting op Enkelbedrag by Onttrekking R0 R25 000 0% R25 001 R660 000 18% van die bedrag bo R25 000 R660 001 R990 000 R114 300 plus 27% van die bedrag bo R660 000 R990 001 en meer R203 600 plus 36% van die bedrag bo R990 000 (Let wel: Die belastingtabel hierbo weerspieël die huidige (2014) toepaslike belastingkoerse soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Hierdie koerse kan verander wanneer wetgewing gewysig word.) Indien jy jou Fondskrediet bewaar wanneer jy van werk verander, sal jy die betaling van belasting uitstel en verseker dat jou geld vir aftrede opsygesit word. 23

Finansiële Advies Dit is belangrik dat jy n geakkrediteerde fi nansiële adviseur raadpleeg oor: belastingimplikasies by onttrekking; die beste bewaringsopsie wat in die mark beskikbaar is. Hoewel n finansiële adviseur jou kan help om jou Fondskrediet te bewaar, bly dit jou verantwoordelikheid om jou werkgewer en die Fonds in te lig oor wat jy met jou Fondskrediet wil doen wanneer jy diens verlaat en uit die Fonds onttrek. Indien jy nie n adviseur het nie, kan ons jou help deur jou met n adviseur in aanraking te bring. Let wel: Die Fonds kan nie verantwoordelik/ aanspreeklik gehou word vir advies wat van fi nansiële adviseurs ontvang word nie. Aspekte om te oorweeg wanneer jy n finansiële adviseur kies: Vra die finansiële adviseur wat sy of haar kwalifi kasies en ondervinding is. Vind uit wat die fi nansiële adviseur se dienste insluit dit is belangrik om gereeld terugvoer te kry. Die adviseur moet baie verskillende oplossings vir jou kan kry by verskillende maatskappye, en nie net een bepaalde oplossing aan jou opdwing nie. Onttrekkingseisvorm Sien die Fonds se webwerf vir die Onttrekkingseisvorm. 24

BYDRAEKOERSE Wat is die bydraekoerse? Bydraes berus op jou pensioengewende salaris, wat bereken word as n persentasie van jou jaarlikse Totale Koste van Indiensname (TKVI) soos tussen jou en die werkgewer ooreengekom en aan die Fonds verskaf. Lid 7.50% van Pensioengewende Besoldiging Werkgewerbydraekoers Die werkgewer dra ook namens jou by tot die Fonds. Daar is sewe werkgewerbydrae-keuses soos volg beskikbaar: Nuwe lewensiklus-bydraestruktuur (verstekbydrae-opsie): Ouderdom op die OPSIEDATUM WERKGEWER- BYDRAE Tot en met ouderdom 40 jaar 10% 41 jaar 11% 42 jaar 12% 43 jaar 13% 44 jaar 14% 45 jaar 15% 46 jaar 16% 47 jaar 17% 48 jaar 18% 49 jaar 19% 50 jaar en ouer 20% 25

Vyf vaste werkgewerbydrae-opsies: Opsie WERKGEWERBYDRAE 1 10% 2 13% 3 15% 4 17% 5 20% n Ouderdomsgebaseerde bydrae-opsie: Opsie 6 Let wel: Ouderdom op die OPSIEDATUM WERKGEWER- BYDRAE Tot en met ouderdom 35 jaar 5% 36 jaar 6% 37 jaar 7% 38 jaar 8% 39 jaar 9% Indien jy die Lewensiklus-bydrae-opsie of Opsie 6 kies, word jou werkgewerbydrae outomaties elke jaar op die opsiedatum in ooreenstemming met jou ouderdom op daardie datum verhoog. Indien jy Opsie 6 kies, word jy op ouderdom 40 outomaties op die opsiedatum na die Lewensiklus-bydrae-opsie oorgeplaas. Opsiedatum = Jaarlikse herstrukturering van jou TKVIpakket. Hoe word my bydraes toegeken? Jou volle lidbydrae (7.5%) word aan jou aftreespaarkomponent toegeken. Jou werkgewerbydrae word soos volg toegeken: 3% van jou pensioengewende salaris vir die koste van die versekerde risikovoordele (sterfte, ongeskiktheid, begrafnis) en alle uitgawes van die Fonds, wat administrasie, konsultasie, oudit, regsdienste, kommunikasiefooie, ens. insluit. Die bedrag sal aangewend word op 'n basis soos bepaal deur die Trustees op advies van die Aktuaris. Die res word dan aan jou aftreespaarkomponent toegeken. 26

Kan ek meer vir my aftrede bydra? Daar is n opsie om jou werkgewerbydrae soos volg te verhoog: by toetrede d.w.s. wanneer jy by die Fonds aansluit; en met die jaarlikse herstrukturering van jou vergoedingspakket (Totale Koste van Indiensname) Bydraes bo 3% word aan jou aftreespaarkomponent toegeken. Herstrukturering van jou TKVI-pakket deur jou werkgewerbydrae te verhoog, stel jou in staat om op n kostedoeltreffende wyse meer voorsiening vir aftrede te maak deur in bates te belê wat deur die trustees gemonitor word. Kan ek addisionele bydraes tot die Fonds lewer? Enige enkelbedrae wat deur jou vorige werkgewer se fonds aan jou verskuldig is, kan na die Media24 Aftreefonds oorgedra word. Jy kan ook addisionele vrywillige bydraes tot die Fonds lewer. Daar is geen beperking op hierdie bedrag nie. Jy kan enige bedrag kies wat jy kan spaar (maandeliks of as n enkelbedrag) en dit sal direk van jou maandelikse salaris afgetrek word via die betaalrolstelsel. Jy kan op enige tydstip die maandelikse addisionele bydraes staak. Vanaf 1 Maart 2016 kan jy n belastingaftrekking eis vir alle bydraes wat jy tot jou aftreespaarportefeulje lewer, tot en met 27.5% van jou salarispakket (totale koste vir die maatskappy), onderhewig aan n maksimum van R350 000 per belastingjaar. Dit sluit enige addisionele vrywillige bydraes wat jy lewer, in. Kontak jou MH-afdeling of Aftreebestuursdienste indien jy daarin belangstel om addisionele bydraes te lewer. Sien die Fonds se webwerf vir die addisionele vrywillige bydrae-vorm en vir belastingimplikasies. 27

FONDSKREDIET Wat is n Fondskrediet? Aftreefondsgeld word aan jou individuele spaarrekening toegeken, wat jou Fondskrediet genoem word. Jou Fondskrediet bestaan uit die volgende: 28

FONDSBELEGGINGS Beleggingsrisiko Let wel: Aangesien dit n vastebydraefonds is, dra jy as lid die beleggingsrisiko. Wat beteken dit? Wanneer die beleggingsmarkte goed vaar ( n stygmark), kan jou Fondskrediet goeie (positiewe) beleggingsopbrengste verdien. MAAR Wanneer die beleggingsmarkte swak vaar ( n daalmark), kan jou Fondskrediet swak (negatiewe) beleggingsopbrengste verdien. Jou beleggingsopbrengste wissel dus in ooreenstemming met die mark dit kan een dag opgaan en die volgende dag daal! Gewoonlik is daar n direkte verwantskap tussen die risiko wat aanvaar word en die beleggingsopbrengs wat verdien word. Hoe hoër die risiko, hoe hoër kan die beleggingsopbrengs wees. Voorbeeld: Aandele Behoort die hoogste langtermyn-opbrengste te lewer en infl asie met gemak te klop, maar die risiko is dat die belegging oor die kort termyn kan daal. Kontant (Geldmark) Het laer verwagte opbrengste oor die lang termyn. Jou Fondskrediet sal miskien nie oor die kort termyn daal nie, maar opbrengste op kontantbeleggings sal waarskynlik nie inflasie oor die lang termyn klop nie. Dit beteken dat die waarde van jou belegging sal daal in reële terme (na inflasie). Met weldeurdagte beleggingsbesluite is dit moontlik om die risiko te verlaag en nog steeds n goeie beleggingsopbrengs te kry. 29

Lewensfase-portefeulje (Verstekkeuse) Die lewensfase-model kyk na hoeveel risiko vir jou gepas is, op grond van die tydperk tot jou normale aftree-ouderdom (NAO). Hoe korter die tydperk, hoe groter die risiko. Die model aanvaar dus hoe nader jy aan jou normale aftree-ouderdom is, hoe meer konserwatief behoort jou geld belê te word. Die Lewensfase-portefeulje sal outomaties jou belegging in fases van n hoërisiko-portefeulje (Groei) na lae risiko (Stabiele) omskakel namate jy nader aan aftrede beweeg. Infasering begin vanaf ses jaar tot NAO d.w.s. jy sal in die Groeiportefeulje belê wees tot ouderdom 53 en 11 maande, en op ouderdom 54 sal die infasering begin indien jou normale aftreeouderdom 60 jaar is. Infasering vanaf Groei- na Stabiele Portefeulje (%) Jare tot NAO Groei Gebalanseerde Stabiele Meer as 6 100 - - 5 tot 6 67 33-4 tot 5 33 67-3 tot 4-100 - 2 tot 3-67 33 1 tot 2-33 67 0 tot 1 - - 100 Die Lewensfase-portefeulje sal miskien nie vir jou geskik wees nie as jy byvoorbeeld: beplan om by aftrede n beleggingsgekoppelde annuïteit aan te gaan of heelwat ander bates buite die Fonds besit; bereid is om heelwat risiko te aanvaar, aangesien die model n gemiddelde risiko-aptyt aanvaar; jy beplan om vroeër of later af te tree, aangesien die model aanvaar dat jy op jou normale aftree-ouderdom sal aftree. Beleggingsportefeuljes van die Fonds Die Fonds stel ook n reeks beleggingsportefeuljes aan lede beskikbaar, elk met n ander risikoprofi el en verwagte beleggingsopbrengste. 30

Hieronder is die Fonds se beleggingsportefeuljes: Tipe portefeulje Groeiportefeulje Old Mutual Shari ah Gebalanseerde Portefeulje Gebalanseerde Portefeulje Stabiele Portefeulje Geldmarkportefeulje Gepaardgaande risiko Hoog Medium Medium Laag Geen Hoë risiko beteken gewoonlik hoë opbrengste; Medium risiko beteken medium opbrengste; Lae risiko beteken lae opbrengste, ens. Beleggingskeuse vir lede Die Fonds gee jou ook die keuse om jou eie beleggingsportefeulje(s) uit die reeks hierbo te kies, of te kies dat jou aftreegeld volgens jou ouderdom aan n Lewensfase-portefeulje toegedeel word. Die Lewensfase-portefeulje plaas jou geld outomaties uit n hoëgroei-/ hoërisiko-portefeulje oor na n laegroei-/laerisiko-portefeulje soos jy ouer word en nader aan aftrede kom (sien verstekkeuse). Jy kan dus een of meer van die Fonds se unieke beleggingsportefeuljes kies wat hierbo verskyn bv. Groei, Old Mutual Shari ah Gebalanseerde Portefeulje, Gebalanseerde, Stabiele of Geldmark. Hierdie portefeuljes is in eenhede verdeel waarvan die prys daagliks bepaal word, en jy kan tussen portefeuljes omskakel so dikwels as wat jy wil. Let egter daarop dat slegs een gratis omskakeling per kalenderjaar toegelaat word. n Omskakelingsfooi is op verdere omskakelings betaalbaar en sal van jou Fondskrediet verhaal word. Die koste ten opsigte van beleggingsomskakelings word op die omskakelingsvorm aangedui, wat op die Fonds se webwerf by beskikbaar is. Let wel: As jy nie n beleggingskeuse uitoefen nie, sal jou bydrae in die Lewensfase-portefeulje (die verstekkeuse) belê word. Dit sal raadsaam wees om fi nansiële advies by n geakkrediteerde finansiële adviseur in te win voordat jy jou beleggingskeuse uitoefen of tussen portefeuljes omskakel. Vir meer inligting oor beleggings van die Fonds, sien die Fonds se webwerf 31

LEDEKOMMUNIKASIE Hoe ons met lede kommunikeer Verwelkomingspakket Boekie vir Lede, Opsomming van Voordele, aanlynregistrasie-inligting, ens. tydens aansluiting by die Fonds; Lidmaatskapsertifikaat wat Fondslidmaatskap bevestig; Nuusbrief en Beleggingsprestasie verslag uitgegee na elke kalenderkwartaal; Beleggingstaat - uitgegee na elke kalenderkwartaal; Jaarverslag van die Raad van Trustees in Mei elke jaar uitgereik; Jaarlikse Voordeelstaat in Maart elke jaar uitgereik; Elektroniese Aftreeprojeksie- en Stefterisiko-ontledingstate in die vierde kwartaal uitgereik; Voordele aanlyn (sodat jy jou daaglikse saldo s kan nagaan); via AF Online: https://online.alexanderforbes.co.za/ Nuusflitse per e-pos; Fondswerkwinkels; en Die Fonds se webwerf. 32

Fonds se kantoor (Media24 Aftreebestuursdienste) Alle lidnavrae word deur die Fonds se kantoor hanteer. Die Administrateur van die Fonds skakel nie direk met lede nie. Die Fonds se kantoor is in die Media24 Sentrum in Kaapstad. Let wel: Die reëls van die Fonds, fi nansiële state en finansiële oorsig van die Fonds is ter insae by die geregistreerde kantoor van die Fonds of by die werkgewer se hoofkantoor beskikbaar. Ooreenkomstig die reëls van die Fonds word afskrifte van fondsdokumente teen n koste op aanvraag beskikbaar gestel. Hierdie boekie is bloot ter inligting en vervang nie die amptelike reëls van die Fonds nie. Dit is dus onderhewig aan wetgewing, die toepaslike reëls en beleid wat die betaling van voordele beheer, en in die geval van n teenstrydigheid sal dit nie gebruik kan word om n eis teen die Fonds of onderskrywers in te stel nie. Hoewel moeite gedoen is om die akkuraatheid van die inligting hierin te verseker, sal die Fonds, sy trustees en die werkgewer nie aanspreeklik wees vir enige werklike of waargenome verlies wat gely word deur n persoon wat volgens die inligting hierin handel nie. Indien n geskil ontstaan, is die geskil-oplossingsmeganisme soos uiteengesit in die Wet op Pensioenfondse, 1956, van toepassing. n Klagte moet skriftelik by die Hoofbeampte ingedien word. Indien die Fonds nie binne 30 dae skriftelik reageer nie, of as jy nie tevrede is met die antwoord wat ontvang is nie, kan jy jou klagte skriftelik by die Beregter vir Pensioenfondse indien. Die Beregter vir Pensioenfondse kan gekontak word by: 4de Verdieping, Riverwalk Kantoorpark, Blok A, Matroosbergstraat 41, Ashlea Gardens, Pretoria 0081 of Posbus 580, Menlyn 0063; (tel) 012 346 1738 / 012 748 4000; (faks) 086 693 7472; (e-pos) Enquiries@pfa.org.za Webwerf: www.pfa.org.za 33

WOORDELYS Aandele Aandeleblootstelling Afhanklike Aftreefonds Aftreevoordeel Aktuaris Annuïteit Bateklasse Batetoewysing Klein eienaarskap van n maatskappy n belegging wat n belegger n gedeeltelike eienaar maak van die maatskappy wie se aandele hy/sy gekoop het Die grootte van die aandelekomponent van n portefeulje Iemand teenoor wie jy n regsplig het om daardie persoon te onderhou of wat finansieel van jou afhanklik is vir daaglikse oorlewing n Fonds wat lede in staat stel om vir hul aftrede te spaar. Dit kan as n pensioen- of n voorsorgfonds geregistreer word. Sien ook omskrywings van Pensioenfonds en Voorsorgfonds. Die Media24 Aftreefonds is n pensioenfonds Die voordeel wat betaal word wanneer jy aftree en ophou om n lid van die Fonds te wees. Jy mag slegs een derde in kontant neem, aangesien minstens twee derdes gebruik moet word om n annuïteit (pensioen) te koop Spesialis wat verantwoordelik is om te sertifiseer dat die bates die laste van die Fonds dek (dat daar genoeg geld is om al die lede te betaal) Maandelikse pensioen wat aan pensioenarisse betaal word Tipes bates bv. aandele, eiendom, effekte en kontant wat beleggingstipes bepaal Verwys na die persentasie van die Fonds se bates wat in aandele, eiendom, effekte en kontant belê is Beleggingsgekoppelde annuïteit Beleggingshorison Beleggingsopbrengs Beleggingsportefeulje Beleggingsrisiko Beleggingstipe n Beleggingskoppelde annuïteit is n spesiale tipe annuïteit (pensioen) wat deur versekeraars en beleggingsbestuurders aangebied word. Die annuïteitinkomste (of annuïteitbedrag) word nie gewaarborg nie, maar hang af van die prestasie van die onderliggende beleggings. Dit stel die pensioenaris in staat om n inkomstevlak tussen n voorafbepaalde minimum en maksimum vlak te kies. Jare tot aftrede Die groei in die markwaarde van bates oor n bepaalde tydperk, gedeel deur die markwaarde van dieselfde bates aan die begin van die tydperk dit kan positief of negatief wees Kombinasie van bateklasse (aandele, eiendom, effekte, kontant) Die moontlikheid dat n portefeulje of beleggingstipe negatiewe opbrengste kan behaal (geld verloor binne enige gegewe tydperk) Sterk gekoppel aan bateklasse (aandele, eiendom, effekte, kontant) 34

Bewaringsfonds Effekte Fondskrediet Fondsreëls Fondswaarde Geldmarkportefeulje Hoë-aandeleportefeulje Hoofbeampte Inflasie Lid Lidbydrae Lidtrustee Normale aftreeouderdom Onbestendigheid n Fonds waarheen lede hul onttrekkingsvoordeel kan oorplaas. Geen toekomstige bydraes word toegelaat nie en een onttrekking mag voor aftrede aangegaan word in die geval van voorsorgbewaringsfondse alleenlik n Belofte om n vasgestelde bedrag plus rente op n vasgestelde datum in die toekoms te betaal. Baie soos n skuldbewys kan staats-, semistaats- of korporatiewe effekte wees Jou totale waarde in die Fonds, wat bestaan uit: jou lidbydraes werkgewerbydraes jou oordragwaarde wat van n vorige fonds ontvang is (waar van toepassing) addisionele vrywillige bydraes (waar van toepassing) minus Fondsuitgawes en plus rente (beleggingsopbrengste) wat verdien is Die reëls waaraan die Fonds onderhewig is enige stappe en alles ten opsigte van die Fonds word volgens die reëls gedoen Ook fondskrediet of lidbelang genoem sien Fondskrediet vir omskrywing Portefeulje met beleggings in kontanttipe instrumente baie soos geld in n bankrekening. Dit is die veiligste tipe belegging, maar sal waarskynlik nie oor die lang termyn met infl asie tred hou nie n Portefeulje met n groot blootstelling aan aandele gewoonlik dra dit hoë risiko Persoon wat vir die daaglikse bestuur van die Fonds verantwoordelik is. Die hoofbeampte verteenwoordig die Fonds in regsaksies Dit is hoeveel meer dit sal kos om jou mandjie goedere aan die einde van n tydperk te koop, vergeleke met die koste aan die begin van die metingstydperk Werknemer wat aan die Media24 Aftreefonds behoort Ook werknemerbydrae genoem. Dit word elke maand van jou salaris afgetrek en aan die Fonds oorbetaal Persoon wat deur die lede van die Fonds gekies word om die lede in die Fonds se Raad van Trustees te verteenwoordig 60 jaar en daarna OF Soos met jou werkgewer ooreengekom op die datum van indienstreding OF 65 of 63 jaar vir lede wat voor 1 Januarie 1999 in diens getree het Dit is n maatstaf van hoeveel n beleggingsopbrengs oor die metingstydperk kan wissel (skommel). Dit is n maatstaf van die risiko wat jy loop, aangesien die markwaarde van die meeste beleggings kan styg of daal 35

Ongeskiktheidsvoordeel Onttrekkingsvoordeel Oordragwaarde Ouditeur Pensioenfonds Pensioengewende salaris Raad op Finansiële Dienste (RFD) Raad van Trustees Reële beleggingsopbrengs/ Reële opbrengskoers Reëlwysiging Risikoprofiel Sterftevoordeel Uittree-annuïteit Voorsorgfonds Werkgewerbydraes Werkgewertrustee Werknemerbydrae Voordeel wat betaalbaar word indien jy medies ongeskik raak Die voordeel wat betaal word wanneer jy uit diens bedank, uit diens gestel of afgedank word en ophou om n lid van die Fonds te wees Dit is die voordeel wat van n vorige werkgewer se fonds oorbetaal word en word by die lid se Fondskrediet gevoeg Onafhanklike ouditeursfirma wat aangestel word om die Fonds se finansiële state jaarliks te oudit n Fonds wat lede in staat stel om vir hul aftrede te spaar by aftrede kan die lid slegs een derde van die aftreevoordeel in kontant neem. Minstens twee derdes van die aftreevoordeel moet gebruik word om n annuïteit (pensioen) te koop n Persentasie (gewoonlik 75%) van jou totale jaarlikse salarispakket of Totale Koste van Indiensname (TKVI) jou bydraes en lewensdekking word op hierdie salaris bereken Kantoor van die Registrateur van Pensioenfondse wat alle aftreefondse beheer Die werkgewer- en ledetrustees vorm die Raad van Trustees en het gesamentlik n fidusiêre (vertrouens) plig om in belang van die lede van die Fonds op te tree Die beleggingsopbrengs minus die inflasiekoers oor dieselfde metingstydperk. Dit is n belangrike maatstaf aangesien dit bereken met hoeveel jou belegging die infl asiekoers oortref het n Verandering in die reëls van die Fonds Die risikovlak waarmee jy gemaklik is en wat jy kan bekostig. Dit hang van baie faktore af die belangrikste is hoeveel jaar jy tot aftrede oor het Voordeel wat by n lid se dood betaalbaar is n Fonds wat opgerig is vir individuele lede om vir aftrede te spaar. Dit het geen onttrekkingsvoordeel nie, maar lede kan maandelikse bydraes lewer. Dit is ook n fonds waarheen lede hul onttrekkingsvoordeel kan oorplaas om dit te bewaar totdat hulle 55 jaar oud word of aftree n Fonds wat lede in staat stel om vir hul aftrede te spaar Bydraes wat deur jou werkgewer betaal word Persoon wat deur die werkgewer aangestel word om die werkgewer in die Fonds se Raad van Trustees te verteenwoordig Ook lidbydrae genoem. Dit word elke maand van jou salaris afgetrek en aan die Fonds oorbetaal 36

NOTAS: 37