HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Vergelijkbare documenten
TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Goeie Konings, Slegte Konings

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesaja sien die Toekoms

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

n Tempel Leier besoek Jesus

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Van Vervolger tot Prediker

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Preek Romeine 1:16-17

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Die Kerk se Geboorte

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Welkom by Die Storie God se storie

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

n Dubbele kruis-belydenis

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Les 1 vir 7 Oktober 2017

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Transcriptie:

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95 95 Votum Seën Psalm 150 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Handelinge 14:1-20 (AV 1933/53) Belydenis: HK 34:94-95 Teks: Handelinge 14:15 (AV 1933/53) Psalm 67 : 2 Preek: Christene evangeliseer ander met nederigheid Gebed Kollekte Skrifberyming 12-3 (72) : 1, 2 Seën Skrifberyming 13-3 (78) 1

Ongelowige mense heidene, ateïste sê partykeer dat hulle Christene as hoogmoedig beleef, arrogant selfs. n Deel van hierdie kritiek sal n mens waarskynlik kan afskryf as sommer maar net deel van die geraas wat mense in ons tyd teen die Christelike geloof maak. Maar dit kan tog wees dat ons wat só deur die Here bevoorreg is, bewustelik of onbewustelik uit die hoogte met ander mense, wat geestelik onkundig of dwalend is, praat. In hierdie Skrifdeel wys die Heilige Gees ons deur dit wat Paulus en Bárnabas hier gesê en gedoen het, dat dit nie so behoort te gebeur nie, dat Christene op n nederige manier met ander mense oor die dinge van die Here behoort te praat. Dis die hoofsin van hierdie preek: Christene evangeliseer ander met nederigheid. Kom ons kyk eers na waarmee Paulus-hulle hier besig is, en dan na hoe hulle dit doen. 1. WAARMEE PAULUS-HULLE HIER BESIG IS Paulus en Bárnabas is hier besig om die evangelie te verkondig. Die gemeente van Antiochië in Sirië het hulle gestuur om die boodskap van die verlossing van sonde deur Jesus al hoe verder te gaan versprei, om ook Klein-Asië te gaan evangeliseer. 2

So is die Heilige Gees natuurlik deur hulle besig om te doen wat die Here Jesus gesê het Hy gaan doen: - dat Hy ook met die sondige wêreld gaan werk, en hulle gaan oortuig dat hulle sondig is en dat God se oordeel vir hulle wag as hulle saak met God nie deur Jesus Christus reggemaak word nie. 1 Nou het hulle In Listre ook die evangelie verkondig, 2 en hierdie heidene opgeroep om die gode wat hulle saam met die wêreld van hulle tyd gedien het, te los, want hierdie gode was nietige dinge, gode wat net in mense se gedagtes bestaan het en daarom niks beteken het nie. Hulle moes daardie gode los en hulle bekeer tot die lewende God. Hulle moes wegdraai van die afgodsdiens af en hulle na die ware God toe draai, die Een wat alles wat bestaan, geskep het en in stand hou en regeer. 3 Dis mos sonde om in die plek van die enigste ware God, wat n mens net deur die Bybel reg leer ken, iets of iemand anders uit te dink waarop jy jou vertroue stel, en om die vertroue en die gehoorsaamheid en die aanbidding wat die ware God toekom, aan iets of iemand anders te bewys. 1 Joh 16:8-11 2 Hand 14:7 3 Hand 14:15b-17 3

Dis sonde teen die heel eerste gebod wat God vir die mens gegee het. En sonde waarmee aangehou word sonder bekering, sleep jou hel toe! Daarom moet julle julle bekeer (het Paulus-hulle verkondig) en jou sondes laat afwas 4 iets wat gebeur (en dis die evangelie, die goeie nuus, wat Paulus en Bárnabas verkondig het) wanneer jy glo dat Jesus Christus ook vir jóú sondes klaar gely en gesterf het en ook vir jóú die dood oorwin het toe Hy op die derde dag lewend uit die graf uitgekom het! Dis wat Paulus en Bárnabas gedoen het: - hulle het die evangelie gepreek - en die heidene tot bekering opgeroep. En toe het God soos Jesus ook gesê het gaan gebeur 5 hierdie verkondiging van die apostels onderstreep deur n teken en wonder te laat plaasvind: - n verlamde man wat van sy geboorte af nooit kon loop nie, is net deur n bevel van die Here se apostel volkome gesond gemaak. 6 Besig om die oortuigingswerk van die Heilige Gees te doen dís waarmee Paulus en Bárnabas hier besig was. 2. HOE HULLE DIT DOEN Hoe het hulle hierdie oortuigingswerk gedoen, bedoelende 4 Hand 22:16 5 Mark 16:17-18 6 Hand 14:10. Vgl ook Mark 16:20; Hand 14:3; Rom 15:18-19; Hebr 2:3-4 4

- met watter soort ingesteldheid teenoor hierdie heidene? - met watter gesindheid in hulle binneste? Hierdie gesindheid hoor ons wanneer Paulus vir hulle sê: Ons is net sulke mense soos julle... Wat gebeur het, is dat toe die Here hierdie verlamde man deur Paulus gesond gemaak het hierdie bygelowige heidene gedink het dat n mite wat in hulle tyd in omloop was, weer werklikheid geword het, en dat die vader van die gode, Jupiter (of Zeus in Grieks) saam met sy woordvoerder, Mercurius (of Hermes in Grieks), nou in die gestalte van Bárnabas en Paulus daar na hulle toe gekom het. En toe wou hierdie heidene natuurlik vir hierdie gode wat nou daar by hulle was, offers bring! Paulus en Bárnabas was glad nie hierdeur gevlei nie. Hulle weet mos dat dit nie hulle eie krag was wat hierdie verlamde man gesond gemaak het nie. Dit was God se krag. Al die eer daarvoor kom Hóm toe. Om hulle nou op watter manier ook al daarvoor te laat vereer, sou mos neerkom op diefstal van God se eer! 5

En elk geval kom alle godsdienstige verering net aan God toe, nie aan enige mens of engel nie. 7 Toe Paulus en Bárnabas besef dat hierdie heidene aan hulle wil offer, storm hulle daar tussen die mense in om hulle te stop, onder andere deur uit te roep: Ons is net sulke mense soos julle... In die eerste plek wil hulle natuurlik met hierdie woorde sê dat hulle nie gode of engele of ander bonatuurlike wesens is nie, maar ménse gewone mense. Om hulle dus te probeer behandel soos wat daardie mense gedink het dat hulle gode moes behandel, is heeltemal onvanpas, dwaas. Maar Paulus-hulle sê tog ook meer as net dit, want hulle sê nie maar net eenvoudig dat hulle mense is, en dus nie gode nie. Hulle sit nog n woord daarby, wat wil sê: - ons is soortgelyke mense as julle; - net sulke mense soos julle; - in alle opsigte 8 mense net soos julle. Hierdie woord wat hulle bysit wys met watter gesindheid hulle aan hierdie heidene die evangelie verkondig het: - nie vanuit die hoogte: ons weet beter as julle! of ons is beter as julle! nie; - maar met nederigheid: óns is net sulke mense soos julle! 7 Exod 20:2. Sien ook Hand 10:25-26 en Openb 19:10. 8 BDV 6

En dit was so. Paulus en Bárnabas wás mos ook (byvoorbeeld) van nature sondaars, gebore met harte wat ook tot afgodery geneig was. Hulle sou nie op daardie dag daar gewees het as gesante van Jesus Christus as Hy hulle sondes nie met Sy bloed weggewas en hulle deur die Heilige Gees nuwe harte gegee het nie. Hulle is van nature net so sondig soos enige ander heiden en net so afhanklik vir hulle verlossing van die Here Jesus Christus soos enige heiden daar in Listre. En hulle beleef as mense in hierdie wêreld presies dieselfde wat daardie heidene as mense beleef: - menslike vreugdes en hartsere; - menslike bekommernisse en vrese; - menslike vrae en worstelings en node; - menslike verlange na die ware lewe, wat méér is as die gestoei op hierdie aarde. Mense net soos julle. Al wat anders is, is dat hulle die antwoorde en die rus en die vrede en die ware lewe as geskenk uit die hand van die Here gekry het en nou vir ander mense kan vertel waar hulle dit ook kan kry. 7

Maar dit het hulle nie minder mens as ander mense gemaak nie, of n beter spesie van mense as ander nie. Hulle was net begenadigde gewone, sondaar-mense. En met hierdie gesindheid het Paulus-hulle die evangelie verkondig: - nie uit die hoogte nie; - nie as beteres nie; - maar as gelykes net sulke mense soos hierdie mense van Listre. TOEPASSING As ongelowige mense met wie ons oor godsdiens-sake praat, dit regtig beleef dat ons as Christene uit die hoogte met hulle praat, is hierdie Skrifdeeltjie vir ons n les in nederigheid. Want as selfs hierdie spesiale dienaars van die Here Paulus en Bárnabas op hierdie nederige manier met heidene gepraat het, hoeveel te meer moet ons praat-oor-die-here dan nie so wees nie! Hoe kan ons uit die hoogte of selfs arrogant met ander oor Jesus se genade praat? Ons was ook sondaars van geboorte gewees en ons sondig nog steeds, al is dit dan partykeer meer verfynd, meer subtiel, meer gekamoefleerd en meer in gedagtes en minder in dade as by rou heidene. 8

Maar sulke weggesteekte sondigheid en sondes is amper n groter kwaad as n openlike sondige lewe, want dit doen al die sondes én mislei ander dan ook nog daaroor. En ons ken ook die algemene menslike vreugdes en hartsere en bekommernisse en vrese en vrae en worstelings en node en die verlange na daardie lewe wat méér is as hierdie gebrokenheid van nou. En die meeste van ons ken die mislukking wanneer jy antwoorde op jou lewensvrae en rus vir jou siel en vrede vir jou hart op verkeerde plekke gaan soek! Wanneer ons dan met mense praat wat die Here nie ken nie, of wat die rug op Hom gedraai het met die doel om hulle terug te roep na hulle Maker en Here toe dan moet ons dit regtig as mede-mense doen. Ons mag ons gemeenskaplike sondaar-wees en mens-wees met hulle nie vergeet nie. Wat ons het wat hulle nie het nie, het ons nie omdat ons beter of slimmer mense as hulle is, of omdat ons geestelik beter as hulle presteer het nie, maar net omdat die Here dit uit genade vir ons present gegee het. Ons moet met nederigheid evangeliseer. Égte nederigheid. 9

Om te maak of jy jouself as net so n mens soos enige ander een sien, terwyl jy tog eintlik hier diep binne dink dat jy geestelik beter as ander is, sal nie werk nie. Mense sien gewoonlik dwarsdeur sulke toneelspel en verag dan nie net vir jou as boodskapper nie, maar ook die boodskap wat jy bring! As die Heilige Gees jou dan na sondaars toe lei om hulle van hulle sonde te gaan oortuig, gaan doen dit met n gesindheid van: - ek is n sondaar net soos jy; - ek is eintlik al veronderstel om anders te lewe; - en ek probéér anders wees; - maar ek kry dit nog nie naastenby reg nie! En as die Heilige Gees jou na iemand toe lei om daardie een moed te gaan inpraat, gaan doen dit dan as iemand wat eerlik is daaroor dat jý ook tye van moedeloosheid ken en weet dat n mens nie moed kan hê as dit nie van Bo vir jou gegee word nie. En as die Heilige Gees jou lei om iemand wat godsdienstig dwaal, reg te help, gaan doen dit dan as iemand wat self ook eers onkundig was en in baie dinge nog steeds onkundig is, maar wat tog dit wat jy nou al te wete gekom het, graag vir ander wil deurgee. As die Heilige Gees jou na wie ook al toe stuur wat sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld is, gaan dan nederig, iemand net so n mens soos hierdie ander een, wat kan vertel waar n mens burgerskap van die hemelse koninkryk kry 10

sonder geld en sonder prys, verniet... AMEN 11