Deel in die wins van PPS PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel PPS Professional Life Provider PPS Professional Disability Provider

Vergelijkbare documenten
PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

PPS die Krag van n Onderlinge Struktuur

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

Statistieke met een oogopslag

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Les 14: Entrepreneurskap

Wat word gedek? Plus-voordeel is. Sanlam Risikodekking Omvattende Ernstige Siekte- & Omvattende Ernstige Siekte. Die Omvattende.

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Gids vir Byvoordele eise

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

VOORBEELD VAN HOE ONS GAPING VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

Die stories agter die syfers

TERUG TE VEG GREENLIGHT ERNSTIGE SIEKTE-DEKKING

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Gids vir Lewende-voordeel eise

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

ARBEIDSREG ABR214. T:

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Sentraalbeplande stelsel

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Die bydrae, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

Persoonlike Ongeluksplan

cumulus echo uittree-plan pensioenversterker

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

Wat is Movember? 52% van die eise vir ernstige siekte wat aan mans uitbetaal is, was vir kanker.

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS GIDS VIR NUWE LEDE

Dit mag dalk vir ons eise-afdeling nodig wees om met hulle in verbinding te tree vir meer inligting.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Persoonlike Ongeluksplan

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Les Plan Twee. Habitats

Maandagoggend Vooruitsig 10 April 2017

AFTREDE. Aftreeplan. n Aftree-annuïteit bied aansienlike belastingvoordele. is daartoe om geld te belê totdat hulle minstens 55 jaar oud is.

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Huishoudelike GoedereAfdeling

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

PERSOONLIK 1. Huishoudelike Geboue

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Transcriptie:

Inhoud 3 4 7 8 9 11 Deel in die wins van PPS PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel PPS Professional Life Provider PPS Professional Disability Provider PPS Professional Health Provider Kontrolelys van PPS Provider -voordele Gegradueerde professionele persone weet dat sukses harde werk verg. En dit geld ook vir finansiële welstand. Dit is belangrik om seker te maak dat u prestasies, u lewenswerk en u finansies bestuur en beskerm word, en met verloop van tyd groei. Sorgvuldige beplanning sal die beskerming en ontwikkeling van u finansiële toekoms verseker. PPS Provider TM se reeks voordele stel u in staat om te deel in die finansiële sukses van PPS, deur sy unieke Surpluskortingrekening. PPS Provider TM bestaan uit die PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel, PPS Professional Life Provider TM, PPS Professional Health Provider TM en Professional Disability Provider TM. Al die voordele bied gemoedsrus terwyl u oorsee reis of werk, en selfs as u besluit om na n ander deel van die wêreld te emigreer. U kry ook (sonder ekstra koste) dekking vir gevaarlike aktiwiteite soos valskermsweef en skubaduik. U kan gedurende elke fase van u professionele lewe finansiële sekuriteit geniet, en toegang hê tot ongeëwenaarde winsdeling!

Deel in die wins van PPS PPS is geskoei op n onderlinge struktuur, wat beteken dat ons suiwer tot voordeel van ons lede bestaan. Elke rand se waarde wat PPS skep, is tot voordeel van ons lede nou sowel as in die toekoms. As n lid van PPS en n PPS Provider -polishouer, kan u in PPS se wins deel, deur die unieke Surpluskortingrekening (SKR). Die SKR is ons manier om lede se lojaliteit te beloon. Toewysings aan die SKR is gegrond op die getal Voordeeleenhede wat in die PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel gehou word. Indien u ook enige van PPS se beleggingsprodukte kies, kan u bykomende jaarlikse toewysings aan u SKR kry. Wat belangrik is, is dat alle toewysings aan die SKR voortgaan, ongeag n lid se eisgeskiedenis of eisstatus. PPS sal die volle waarde van u SKR uitbetaal wanneer u ná ouderdom 60 aftree of indien u te sterwe kom. By aftrede ná ouderdom 60 kan u die SKR Retensie-opsie kies, wat u toelaat om u geld steeds by PPS te belê. Hierdie opsie bied u beleggingsbuigsaamheid en u bates kan by PPS bewaar word, en onttrek word na gelang u dit nodig het, sonder transaksiekoste of strafheffings. Baie lede het opgehoopte SKR-saldo s wat groter is as hul totale premiebetalings. Die geskiedenis het bewys dat die waarde van n SKR binne slegs sewe jaar gelyk kan wees aan die totale premiebetalings ten opsigte van die Voordeeleenhede wat gehou word. Dit is benewens die buitengewone risikodekking wat teen mededingende tariewe vir lede beskikbaar is. HET U GEWEET? 10000 9000 8000 7000 6000 5000 4000 3000 2000 1000 0 Surpluskortingrekening (R m) 31 Des 91 31 Des 92 31 Des 93 31 Des 94 31 Des 95 31 Des 96 31 Des 97 31 Des 98 31 Des 99 31 Des 00 31 Des 01 31 Des 02 31 Des 03 31 Des 04 31 Des 05 31 Des 06 31 Des 07 Surpluskortingrekening (R m) Inligting oor vorige prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie Baie van ons lede het opgehoopte SKR-saldo s wat groter is as hul totale premiebetalings! Voorbeeld: Mnr Professionele Persoon, ouderdom 67, PPS-lid vir 37 jaar Totale premies betaal: R 639,825 Totale siekteloon ontvang: R 104,947 SKR-saldo op 31/12/2007: R 807,109 Mnr Professionele Persoon het dus baat gevind by toewysings van meer as R800 000 aan sy SKR wat aansienlik meer as sy totale premiebetalings aan PPS Versekering is! 3

PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel As n gegradueerde professionele persoon gebruik u u swaarverdiende professionele kennis en kundigheid om n inkomste te genereer. Indien u siek raak of n besering opdoen, of in die ergste geval permanent ongeskik raak, wil u seker wees dat u u daaglikse uitgawes kan betaal terwyl u nie kan werk nie. Dit is juis wat PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel doen, vir so lank as wat u u gekose professie beoefen. (1) Addisionele voordeel in geval van hospitalisasie (2) Betaal uit vir n besering of permanente ongeskiktheid voortspruitend uit n ongeluk 4

Kenmerke & Voordele Die lae risiko -profiel van ons ledepoel verseker uiters mededingende premietariewe Geen bewys van verlies van inkomste is nodig om te kan eis nie Betaal ongeag enige ander polisse of versekeringsdekking wat u moontlik het Dek Bruto Professionele Inkomste, wat besigheidsuitgawes insluit. Siektevoordeel word belastingvry betaal. Hoe jonger u is wanneer u Voordeeleenhede koop, hoe laer is u premies (gelykblywende premies). Lede wat nog studeer en jonger as 30 is, betaal verlaagde premies, vanaf slegs R18 p.m. U kan tydelik ophou om premies te betaal, sonder strafheffings.* Bonus-voordeeleenhede word jaarliks toegeken, wat die maandelikse voordeel van permanente onbevoegde polishouers verhoog. * Die tydelike staking van premies moet vooraf deur PPS Versekering goedgekeur word. Geen voordele is gedurende hierdie tydperk en die drie maande nadat premiebetalings hervat is, betaalbaar nie. Hoe werk die PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel? U Bruto Professionele Inkomste (BPI) bepaal op hoeveel Voordeeleenhede u kan inskryf. U betaal n gelykblywende premie vir hierdie Voordeeleenhede. Voordele word uitbetaal vir die tydperk waarin u weens siekte of besering nie u professionele pligte kan uitvoer nie. U kan op addisionele Voordeeleenhede inskryf na gelang u BPI groei. Die premie vir hierdie Voordeeleenhede word bepaal deur u ouderdom wanneer u inskryf. Gewone Voordeeleenhede is ons basiese voordeel-aanbod, wat dekking vir siekte, besering of permanente onbevoegdheid verskaf. Benewens Gewone Voordeeleenhede, kan lede op Aanvullende A-, Aanvullende B- en Uitgestelde Voordeeleenhede inskryf, wat hulle in staat stel om optimale dekking vir hul behoeftes saam te stel, met meer siekte- óf meer permanente ongeskiktheidssdekking. Die PPS Siekte- en Permanente Ongeskikitheidsvoordeel berus op die getal en tipe Voordeeleenhede wat op enige gegewe tydstip gehou word. Maak dus seker dat u u Voordeeleenhede aanvul elke keer wanneer u BPI toeneem. PPS Versekering sal ook elke jaar addisionele Voordeeleenhede sonder die vereiste van mediese bewyse uitreik om u voordele met inflasie te help tred hou. PPS Siektevoordeel: Betaal vanaf dag een vir n siekte wat sewe dae aaneen of langer duur (naweke en openbare vakansiedae ingesluit) Betaal vir n maksimum siektebetaaltydperk van altesaam 728 dae vir dieselfde, n voortspruitende of verwante siekte Dek op unieke wyse gedeeltelike siekte-eise, en bied n uiters waardevolle voordeel terwyl u herstel en weer op die been kom (betaalbaar selfs as u werk), onder sekere omstandighede Eenvoudige eisproses Dit word belastingvry uitbetaal

PPS Permanente Onbevoegdheidsvoordeel: Premies vir permanente ongeskiktheidsvoordele is belastingaftrekbaar Ongeskiktheid word bepaal met inagneming van onder meer u beroep Dit word ná die Siektevoordeel-tydperk betaal Dit word hersien en betaal op grond van hoe ernstig u ongeskiktheid is Bonus-voordeeleenhede word ook gewoonlik jaarliks aan permanent ongeskikite polishouers toegeken, om hul voordeelbetalings met inflasie te help tred hou Ongeluk-voordeeleenhede: Ongeluk-voordeeleenhede word aangebied vir lede wie se gesondheid hulle in normale omstandighede nie toelaat om dekking kragtens enige van die ander voordeelopsies te ontvang nie. Verbeter u dekking met. PPS Hospitaalvoordeel (opsioneel) Voordeel wat by die PPS Siektevoordeel gevoeg kan word Voorsien vanaf dag een dekking wat gelyk is aan die PPS Siektevoordeel, wanneer u vir 4 of meer opeenvolgende dae in die hospitaal is Dit is gegrond op die getal Voordeeleenhede wat u besit Dit word vir maksimum 6 maande in enige jaar uitbetaal Dit kan by Gewone, Aanvullende A-, Aanvullende B- en Ongeluk-voordeeleenhede gevoeg word Beroepspesifieke Byvoordeel (opsioneel) Voordeel wat by die PPS Permanente Ongeskiktheidsvoordeel gevoeg kan word Dit verhoog enige permanente ongeskiktheids-toekenning tot n 100%-voordeel Nadat dit toegeken is, word dit nooit hersien nie en n maandelikse permanente ongeskiktheidsvoordeel word betaal totdat u 66 word Dit betaal uit selfs as u herstel en u eie beroep hervat Dit begin betaal nadat die 728 dae van die siektevoordeel verstryk het Geen bewys van verlies van inkomste word vereis nie Bonus-voordeeleenhede word ook gewoonlik jaarliks aan permanent ongeskikte polishouers toegeken, om hul voordeelbetalings met inflasie te help tred hou Die premies is belastingaftrekbaar Gereelde Vrae Is dit soortgelyk aan inkomstebeskermingsdekking? Nee. Indien u n inkomstebeskermingspolis gehad het, sou u bewys van verlies van inkomste moes lewer wanneer u eis. Met die PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel hoef u nie bewys van verlies van inkomste te lewer nie. Al wat nodig is, is n geldige mediese sertifikaat* van u dokter en u ingevulde eisvorm. Hoe verseker ek dat ek n gebalanseerde dekkingsportefeulje het? Gewone Voordeeleenhede moet opgeneem word voordat u enige ander voordeelopsie opneem, behalwe in die geval van ongeluksvoordeeleenhede. Dit sal verseker dat u n gebalanseerde dekkingsportefeulje het, aangesien Gewone Voordeeleenhede u beide siekte- en permanente ongeskiktheidsvoordeel sal gee. Hoe eis ek? U moet n eisvorm invul en n geldige doktersertifikaat* verskaf. Die eis moet binne 6 maande na die aanvang van die siekte of besering by PPS Versekering ingedien word. Raak my siekte- of ongeskiktheidseis my deel van die wins in PPS? Nee. U deel steeds in die wins van PPS en u Surpluskortingrekening bly belê. U SKR-voordeel word nie verminder indien u eis nie. * Onderhewig aan PPS Versekering se eisvereistes.

PPS Professional Life Provider PPS Professional Life Provider is ontwerp om in geval van u dood of ongeskikraking beskerming te verleen en vir u geliefdes voorsiening te maak. Dit sal help om uitstaande skuld te dek, kinders se hoër onderwys te finansier en finansiële gemoedsrus te verskaf vir hulle wat agterbly. Kenmerke & Voordele U kan kies tussen termynlewens- en helelewensdekking U kan u termynlewensdekking op enige tydstip in helelewensdekking omskep* Terminale Siektevoordeel en Onmiddellike Behoefte-voordeel word outomaties ingesluit, sonder ekstra premie U kan u lewensdekking behou indien u na n beroep verander wat nie aan PPS se kwalifiseringskriteria vir lidmaatskap voldoen nie U kan die regte op u lewensdekking gedeeltelik of ten volle aan n derde party sedeer as sekuriteit vir n lening bv. om n huis te koop U kan meer dekking as PPS Versekering se standaard maksimum dekkingsbedrae verkry Terminale Siektevoordeel: Betaal 50% van u lewensdekking vooruit wanneer n terminale siekte by u gediagnoseer word en u lewensverwagting minder as 12 maande is** Oorblywende 50% van u lewensdekking word by sterfte uitbetaal Onmiddellike Behoefte-voordeel: Help om die onmiddellike finansiële las te verlig wat u begunstigdes ervaar, soos begrafnis-, repatriasie- en ander onmiddellike koste Betaal tot R50 000 aan u begunstigdes binne 2 werksdae nadat n geldige doodsertifikaat ingedien is Ongeskiktheidsvoordeel (opsioneel): Enkelbedragvoordeel wat bygevoeg kan word en betaal word wanneer die permanente aard van die ongeskiktheidstoestand wat aan die eisekriteria voldoen, bepaal word U kan tot 100% van lewensdekking kies Dit betaal n deel van u lewensdekking uit (versnelde/vervroegde voordeel), wat die totale lewensdekkingvoordeel-uitbetaling by sterfte verminder Die Beroepspesifieke Byvoordeel is n ongeskiktheidsvoordeel wat bygevoeg kan word. Dit betaal uit indien u nie u eie, gespesifiseerde beroep kan beoefen nie * Onderhewig aan bepalings en voorwaardes. ** Soos bepaal deur PPS Versekering. Let wel: Die Terminale Siekte-voordeel en Onmiddellike Behoefte-voordeel is versnelde of vervroegde voordele, wat beteken dat die beskikbare versekerde bedrag van lewensdekking by dood minder sal wees indien die versnelde voordele geëis word. 7

PPS Professional Disability Provider PPS Professional Disability Provider is ontwerp om n enkelbedragvoordeel te betaal indien u medies ongeskik raak. Dit betaal uit ongeag of u ook ander lewensdekking het. Die voordeel kan help om die koste te dek van noodsaaklike leefstylaanpassings wat weens die ongeskiktheid aangebring moet word. Kenmerke & Voordele Danksy die lae risiko -profiel van ons ledepoel het hierdie selfstandige ongeskiktheidsvoordeel uiters mededingende premietariewe Dit is n enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel wat betaal word wanneer die permanente aard van die ongeskiktheidstoestand wat aan die eisekriteria voldoen, bepaal word Dit is beskikbaar vir PPS-lede wat jonger as 62 is U kan kies tussen n vaste termyn of n termyn tot op ouderdom 67 aanstaande verjaardag Die Beroepspesifieke Byvoordeel is n ongeskiktheidsvoordeel wat bygevoeg kan word. Dit betaal uit indien u permanent nie in staat is om u eie, gespesifiseerde beroep te beoefen nie Op ouderdom 66 of by vroeër aftrede (na ouderdom 60) word die voordeel in die Ernstige Siektevoordeel opskep en betaal dan uit indien u n ernstige siekte opdoen Gereelde Vrae Sal ek nog dekking hê as ek van beroep verander? U lewensdekking sal voortgaan indien u nuwe beroep nie vir PPS-lidmaatskap aanneemlik is nie. Geen verdere dekkingverhogings kan aangegaan word nie. U ongeskiktheidsvoordele kan slegs voortgaan indien u nuwe beroep vir PPS-lidmaatskap aanneemlik is. Hoe werk die Onmiddellike Behoefte-voordeel? By sterfte word bankrekenings gewoonlik gevries as deel van die boedel, wat dikwels n finansiële las op geliefdes plaas om uitstaande rekenings, begrafniskoste en daaglikse uitgawes te dek. Hierdie voordeel betaal tot R50 000 binne 2 werksdae uit, nadat n geldige doodsertifikaat by PPS Versekering ingedien is. Wanneer die Onmiddellike Behoefte-voordeel aan u begunstigdes betaal word, word die lewensdekking outomaties verminder en die oorblywende bedrag word uitbetaal nadat alle eisvereistes ooreenkomstig die polis nagekom is. Hoekom het ek PPS Professional Disability Provider nodig, as ek reeds die PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheid het? Die twee is nie dieselfde nie. PPS Professional Disability Provider betaal n kontantenkelbedrag om byvoorbeeld skuld te delg, terwyl die PPS Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel n gereelde bedrag betaal wat afhang van die getal Voordeeleenhede wat u by PPS Versekering het, en die tydperk wat u weens siekte of besering nie u beroep kan beoefen nie. 8

PPS Professional Health Provider Die finansiële gevolge van n ernstige siekte of n verpletterende ongeluk kan dikwels erger wees as die gevolge van sterfte. U wil seker wees dat u genoeg fondse het vir die noodsaaklike leefstylaanpassings wat u en u gesin sal moet maak. PPS Professional Health Provider is een van die mees omvattende en innoverende ernstige siekte- en fisiese inkorting-enkelbedragvoordele wat tans vir gekwalifiseerde, gegradueerde professionele persone beskikbaar is. Dit dek die meeste bekende gevreesde siektes, insluitend kanker, leukemie, hartsiekte en beroerte. Fisiese inkortings soos verlamming, verlies van die gebruik van ledemate, blindheid en doofheid word ook gedek. Kenmerke & Voordele U kan kies tussen termynlewens- en helelewensdekking U kan u termyndekking op enige tydstip in helelewensdekking omskep* U kan u dekking behou indien u na n beroep verander wat nie aan PPS se kwalifiseringskriteria voldoen nie U kan verskeie kere vir n onverwante gebeurtenis of toestand eis (behalwe vir die kardiovaskulêre voordeel en CatchAll-dekking) Kraamdekking** (opsioneel) betaal n enkelbedrag vir swangerskapkomplikasies CatchAll-dekking** (opsioneel) dek alle bekende en onbekende ernstige en permanente mediese of fisiese toestande U kan tydelik ophou om premies te betaal, sonder strafheffings*** * Onderhewig aan bepalings en voorwaardes. ** Slegs beskikbaar by aanvang van PPS Professional Health Provider. *** Die tydelike staking van premies moet vooraf deur PPS Versekering goedgekeur word. Geen voordele is gedurende hierdie tydperk en die drie maande nadat premiebetalings hervat is, betaalbaar nie. 9

Gereelde Vrae Hoe beoordeel PPS Versekering n eis vir CatchAll-dekking? Beoordeling berus op die sogenaamde Whole Person Impairment (WPI) -konsep (inkorting van die hele persoon) wat deur die Amerikaanse Mediese Vereniging se Gids tot Permanente Inkorting geskep is. Hierdie metode is objektief en word wêreldwyd deur die mediese bedryf as standaardbeoordelingskriterium vir inkortingseise erken. Wat is die ernstigheidsvlakke? Daar is vier ernstigheidsvlakke. Hierdie vlakke is vasgestel ooreenkomstig die relatiewe ernstigheid van die gevreesde siekte of inkortingsgebeurtenis. Die ernstigheidsvlakke word volgens PPS Versekering se eiskriteria beoordeel. Persentasie van voordeel wat betaal word: Vlak A - 100%, Vlak B - 75%, Vlak C - 50% en Vlak D - 25%. Gevreesde siekte-polisse laat n mens gewoonlik wag voordat hulle uitbetaal. Hoe werk PPS Professional Health Provider? Om n geldige eis te hê, moet u n tydperk van 14 dae oorleef nadat die gebeurtenis voorgekom of die toestand gediagnoseer is. Verskillende oorlewingstydperke geld vir sekere toestande soos hartaanvalle, beroertes en verlamming. Dek PPS Versekering toevallige MIV-infeksie? Ja. Toevallige MIV-infeksie word sonder n addisionele premie ingesluit. Hierdie voordeel is veral waardevol vir mediese beroepslui. Hoe werk veelvoudige eise? Voorbeeld: Mnr Smit het dekking van R1 miljoen. Fase 1-prostaatkanker word by hom gediagnoseer, waarvoor hy 25% van die dekkingsvoordeel ontvang. Twee jaar later word Fase 1-longkanker ( n onverwante toestand) by hom gediagnoseer, en kry hy nog 25%, aangesien die dekking vir onverwante eise behou word. n Jaar later vorder hierdie kanker tot Fase 4. Hy kry die addisionele 75%-voordeel (100%-25%) vir hierdie toestand. Sy voordeel is egter nie uitgeput nie en indien sy onverwante prostaatkanker verder ontwikkel, sal hy vir hierdie toestand ook uitbetaal word. Dit beteken dat u dekking behou word, selfs al het u die volle voordeel geëis. En u kan weer vir n onverwante gebeurtenis of toestand eis. Dek PPS Professional Health Provider traumatoestande? Ja. Skietwonde, rekonstruktiewe chirurgie*, besering weens n ongeluk, koma en ernstige brandwonde word alles gedek. Hoe werk Kraamdekking? Kraamdekking is n byvoegingsvoordeel met sy eie versekerde bedrag, wat swangerskapkomplikasies tot op ouderdom 44 dek. Die voordeel betaal uit volgens vier ernstigheidsvlakke. U kan eis totdat 100% van die Kraamdekking**-voordeel betaal is, ongeag of u vir n verwante of onverwante toestand eis. Eise kragtens hierdie voordeel het nie n invloed op die versekerde bedrag van PPS Professional Health Provider nie. * Onderhewig aan bepalings en voorwaardes. ** Slegs beskikbaar by aanvang van PPS Professional Health Provider -dekking. 10

Kontrolelys van PPS Provider -voordele Kwalifiseringskriteria: PPS-lidmaatskap SPPI PLP PDP PHP Voordele vir self Voordele vir begunstigdes Helelewensvoordele Voordele met emigrasie of werk in buiteland Gevaarlike aktiwiteite gedek sonder addisionele premie (bv. skubaduik, privaat vlugte, valskermsweef ) Beskerming teen inflasie* 100% enkelbedrag-ongeskiktheidsdekking beskikbaar CatchAll-dekking beskikbaar Kraamdekking beskikbaar Terminale Siekte-voordeel Onmiddellike Behoefte-voordeel Beroepspesifieke Byvoordeel PPS Hospitaalvoordeel beskikbaar Tydelike staking van premies beskikbaar Sekuriteit op n lening beskikbaar Verlaagde premie vir polishouers onder 30 jaar * Jaarlikse verhogings word na goeddunke van die Direksie van PPS Versekering verklaar om die vreetkrag van inflasie te help verminder. Voordele word op 1 Januarie elke jaar met die verklaarde persentasie verhoog en premies neem dienooreenkomstig toe. SPPI PLP PDP PHP = Siekte- en Permanente Ongeskiktheidsvoordeel = PPS Professional Life Provider = PPS Professional Disability Provider = PPS Professional Health Provider 11

Raadpleeg n PPS-produkgeakkrediteerde finansiële adviseur of skakel 0861 777 121 vir n volledige finansiële behoefte-ontleding. Die keuse van PPS Provider -voordele is eksklusief beskikbaar vir lede van die Professionele Voorsieningsvereniging Beperk (PPS). Besoek www.pps.co.za vir kwalifiseringskriteria vir lidmaatskap. PPS Beperk (Beperk deur Garansie) Reg.nr. 2001/011016/09 (PPS) PPS Versekeringsmaatskappy Beperk Reg.nr. 2001/017730/06 (PPS Versekering) PPS Versekering is n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste Lisensienr. 1044 Alle inligting en menings wat gegee word, is van n algemene aard en nie bedoel om die omstandighede van enige spesifieke persoon aan te spreek nie. Ons tree nie op en gee nie voor om op enige wyse as n adviseur of in n vertrouenshoedanigheid op te tree nie. Enige voorstelling of mening word bloot ter inligting gegee. Die inligting wat in hierdie dokument verstrek word, is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van toepassing op enige polis wat deur PPS Versekering uitgereik word. 2009 PPS. Alle regte voorbehou. PPSProvider 03/09