HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Van Vervolger tot Prediker

n Tempel Leier besoek Jesus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jona en die Groot Vis

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Goeie Konings, Slegte Konings

Die Groot Gebod dennis de wet

HEMELVAART HEBREËRS 9:24

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

n Dubbele kruis-belydenis

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

OPENBARING 7:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2 [vers 1 saam met katkisasiekinders] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91)

Die moed om weer te begin. Die moed om vróú te wees. Die moed om te gee. Die moed om op te staan. Die moed om gehoorsaam te wees

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

TEKS: 1 Tessalonisense 4:18 HK 22. Jesus se wederkoms bring troos

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Transcriptie:

HEBREËRS 6:19 Votum en seën Psalm 9 : 1, 5, 8 Gebed Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3 Preek: God anker ons stewig met hoop Gebed Kollekte Skrifberyming 59 (10-2) Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Psalm 130 : 3, 4

2 Ons is amper by die einde van nog n jaar. Ons beleef die tipiese einde-van-die-jaar gevoelens: - daardie gevoel dat die jaar vinnig verbygegaan het en dat só n mens se lewe verbyskiet; - daardie gevoel van verganklikheid, dat alles een of ander tyd tot n einde kom, dat niks in hierdie wêreld vir altyd bly nie; - daardie onsekerheid oor verandering: in die jaar wat verby is, het daar dinge in ons lewens verander; wat gaan nie alles in die nuwe jaar wat kom, verander nie? Dis nóú wat n mens besef hoe belangrik geestelike vastigheid is, want as jy geestelik vasstaan, sal jy hierdie gevoelens van kortstondigheid en verganklikheid en onsekerheid kan hanteer. Wil u dit nie ook hê nie: geestelike verankerdheid? Dan is hierdie vers ook vir u bedoel, want dis n vers waarin ons hoor dat God ons stewig anker met hoop. Dis die hoofsin van vanaand se preek: God anker ons stewig met hoop. Kom ons gaan die volgende na: 1. wat hoop is; 2. dat dit so vas soos n anker is. 1. WAT HOOP IS Die woord hoop kan na twee sake verwys: - na die daad van hoop, of na dit waarop n mens hoop; - hoop kan n werkwoord wees (ek hoop), of dit kan n selfstandige naamwoord wees (dit of dat is my hoop). As dit na ons daad verwys, dan is hoop om in jou gedagtes vas te gryp aan iets wat voorlê - jou uitsien daarna; - jou afwagting daarop. Die vermoë om dit te kan doen, kom natuurlik van die Heilige Gees af.

3 Wanneer die Gees ons weer gebore laat word, gee Hy nie net vir ons die vermoë om te kan glo en te kan liefhê nie, maar ook om te kan hoop hierdie vasgryp en uitsien en afwag Dis n gawe van die Gees om te kan vasgryp aan dit wat voorlê. Die woord hoop kan in die Bybel verwys na hierdie daad van n weergebore mens. Maar die woord hoop verwys ook na dit waarop n mens hoop, dit waaraan jy vasgryp. Die AV 1933/53 praat in vers 18 van die hoop wat voorlê. In hierdie betekenis is hoop nie ons daad van vasgryp nie, maar hier is hoop n iets: dit wat vir ons voorlê. U weet mos wat vir kinders van die Here voorlê: o Dis daardie lewe wat in die Woord ewige lewe genoem word; o Dis daardie lewe waar dinge nie meer vergaan en verbygaan nie. o Dis daardie lewe waar daar nie meer ongewenste veranderings kom nie. o Dis daardie lewe waar daar nie meer siekte en pyn en bekommernis en depressie en teleurstelling en hartseer is nie. o Dis daardie lewe met volmaakte liggame wat ons na die wederkoms van Jesus sal hê. o Dis daardie lewe waar ons by God bly en gedurig al die lieflikhede van die Here sal geniet. o Dis daardie lewe waar ons in volmaakte harmonie met al ons mede-bewoners van die nuutgemaakte aarde saamleef. Dis ook ons hoop: daardie lewe wat kom! Hoop is nie net ons daad van vasgryp aan wat voorlê nie, maar ook dit waarna ons uitsien, dit wat God belowe het om vir ons te gee.

4 2. DAT DIT SO VAS SOOS n ANKER IS Hierdie hoop (sê ons teksvers) is veilig en onbeweeglik en agter die voorhangsel vas. Veilig en onbeweeglik. Veilig en vas. 1 Die Christelike hoop is nie iets onsekers nie. Dis nie n dalk of n miskien of n mag-dit-tog-maar-so-wees nie. Die Christelike hoop is soos n tou, n ketting, n kabel, wat stewig vasgemaak is en nie losgeruk kan word nie. Dis soos n anker (laat die Heilige Gees die skrywer van hierdie brief skryf). U weet mos wat n anker is. Dis iets wat n skip nodig het, want n skip is op die see, op iets wat nie vas is nie, op iets wat gedurig beweeg en woel, op iets wat vol winde en golwe en storms is wat die arme ou skippie heen en weer ruk, sodat dit gevaar loop om om te slaan, of om teen die rotse vasgedryf te word. n Anker is gewoonlik n swaar ystervoorwerp met arms en kloue, en is aan n kabel vas aan die skip. Dit word uitgegooi om die skip te stabiliseer en vas te hou, sodat dit nie omslaan of teen die rotse vasgedryf word nie, maar deur winde en storms heen behoue kan bly. 2 Ons Christelike hoop hierdie vasgryp aan en uitsien na God se beloftes, wat die Heilige Gees vir ons ons gegee het is vir ons siele 3 wat n anker vir n skip is: - dit hou ons vas en dit hou ons stabiel; - dit keer dat hierdie aardse lewe met al sy beproewings en versoekings en ander geestelike gevare ons onderkry; 1 AV 1933/53 2 Vgl bv Hand 27:29 3 Vgl AV 1933/53

5 - dit keer dat die winde van sondigheid en kleingeloof en twyfel en moedeloosheid en verwardheid en louheid wat deur ons siele ook waai, ons laat sink. En dit kan ons vashou, want ons anker is agter die voorhangsel vas. Skepe se ankers word afgegooi, ondertoe. n Christen se anker gaan boontoe, tot by die hoogste punt van die hoogste hemel, tot daar waar God self is! Onthou u van die voorhangsel? Die voorhangsel was die swaar gordyn wat in die tabernakel (daardie tent-tempel wat die Here in die woestyn vir die Israeliete gegee het) tussen die heilige vertrek en die allerheiligste vertrek gehang het. En in die allerheiligste vertrek, waar net die hoëpriester mag ingegaan het, was die verbondsark: - daardie kis wat n simbool van die teenwoordigheid van God was; - en waarop daar n versoendeksel was, wat n simbool van die genade van God was. Dat ons hoop agter die voorhangsel vas is, wil dus sê dat ons hoop hierdie vasgryp van ons aan dit wat God belowe het vir ons voorlê soos n kabel is waarvan die een punt aan ons vasgemaak is en die ander punt daar by God in die hoogste hemel vasgemaak is, daar waar Christus na Sy dood aan die kruis en Sy opstanding uit die dood uit met Sy hemelvaart ter wille van ons ingegaan het en vir ons met Sy eie bloed versoening gedoen het. 4 Die Christen se hoop is nie iets wat aan aardse dinge vas is nie. Daar ís mense in hierdie wêreld die meeste, om die waarheid te sê wat hulle hoop op aardse dinge sit. Hulle hoop dat rykdom hulle lewens lekker sal maak, en dat dokters en wetenskaplikes die mensdom se lyding sal verlig en dalk naderhand heeltemal sal kan ophef, dat genoeg perde en strydwaens hulle veilig sal hou, 4 Vgl bv Hebr 6:20; 9:11-12

6 of dat hulle eie goeie lewens, of hulle eie godsdienstigheid, sal sorg dat hulle na die aardse lewe in een of ander beter situasie sal ingaan, ens. Maar hulle hoop is illusies. Alles van hierdie aarde en van mense is tydelik en verganklik, dit kan verander, en dit kan breek, en dit kan misluk - dit kan jou in die steek laat! Wie op ménse of op ander aardse dinge hoop, maak sy toutjie aan n riet vas! Maar die Christelike hoop is veilig en onbeweeglik, want dis agter die voorhangsel vas, daar waar die ewige, onverganklike, onveranderlike God is, wat nooit n belofte vergeet nie, wat nooit n belofte nie nakom nie. n Christen met hoop is iemand wat n geestelike anker het wat dáár vas is waar niks op aarde dit ooit kan losruk nie! Dis die soort mens van wie ons in Psalm 32:3 (berymd) sing: die lewensee mag met sy golwe slaan, dit deer hul nie, dit raak hul selfs nie aan. God anker ons stewig vas met hoop. TEN SLOTTE Ons is by die einde van die jaar, met al die tipiese gevoelens daarvan: - dat die jaar en ons lewens so gou verbygaan; - dat niks permanent is nie: soveel dinge verander, soveel dinge gaan tot niet; - ons voel iets van onsekerheid en selfs weerloosheid, soos n skippie op die see wat uitgelewer is aan allerhande winde en golwe en storms En tog is ons nie weerloos en uitgelewer nie, ons is stewig vasgemaak. God het vir ons hoop gegee as n anker vir ons siele.

7 En hierdie hele gedeelte en eintlik hierdie hele brief aan die Hebreërs, is n oproep wat die Heilige Gees tot kinders van die Here in hierdie wêreld laat uitgaan, om vas te hou aan die hoop. As ons dan sien dat alles rondom ons verander, vir party van ons só verander soos wat ons nooit gedink het moontlik is nie, hou dan vas aan die hoop: - gryp vas aan die belofte van God dat ons bestemming die ewige Vaderhuis met sy baie blyplek is - en dat Hy sal sorg soos Hy belowe het dat al Sy kinders daar sal uitkom, al loop ons paadjie soontoe dan hier op aarde deur vreemde terrein. Ons hoop is soos n anker wat klaar daar by ons bestemming vas is! En as die verganklikheid van alles ons bang maak, as ons byvoorbeeld aan ons voorkoms en aan siektes wat meer word en aan kragte wat minder word agterkom dat ons liggame agteruitgaan, hou dan ook vas aan die hoop. Wees dan opgewonde oor die belofte van die Here dat ons eendag uit ons grafte sal opstaan met volmaakte liggame in n ewige jeug. Ook hierdie belofte van God, waaraan ons hoop vashou, kan nie vergaan nie! En as ons bang word vir wat die storms van die lewe vorentoe aan ons kan doen, hou dan die oog op Jesus, wat voor ons in die ewige hawe ingevaar het en ons anker solank daar gaan vasmaak het, sodat nie een van die mense wat Hy in Sy Verlossershart dra, ooit sal sink voordat Hy hulle ook veilig die ewige hawe ingelei het nie. En as ons die heilige verlange ken om by die Here te wees, sodat Hy al die onrus in ons harte kan stilmaak en al die trane van ons oë kan afvee, hou dan vas aan die hoop. Sien uit na daardie dag waarop ook hierdie verlange van ons wonderlike werklikheid sal word daardie dag wanneer die Here Sy belofte 5 sál nakom en tussen ons sal bly en by ons sal wees as onse God 5 Openb 21:3-4

8 Vir mense wat die Here nie ken nie, kan die jare wat so vinnig verbygaan en omstandighede wat verander en al die onsekerhede van hierdie lewe n ontstellende ervaring wees. Maar nooit vir n kind van die Here nie, want Hy het ons, deur ons hoop te gee, verankerde mense gemaak AMEN