VERSTAAN U VOORDELE. Verander vandag se harde werk in môre se beloning. Wees voorbereid op aftrede! Sambreelaftreefonds

Vergelijkbare documenten
Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids tot die Alexander Forbes Core Plan

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

JY SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids om die Alexander Forbes Retirement Fund te verstaan

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

Gids vir Werkgewers en Werknemers

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS GIDS VIR NUWE LEDE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

LIDMAATSKAPBOEKIE LIDMAATSKAPBOEKIE. Die boekie beskryf hoe jou fonds werk en watter voodele jy as lid kry. ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

Gids vir Byvoordele eise

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds (USAF): Gids vir Nuwe Lede

Egskeidingskontrolelys vir Lede

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

BOEKIE VIR AKTIEWE LEDE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

CRF: NUUSBRIEF 3de uitgawe Wen beurse ter waarde van meer as R40 000!

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Statistieke met een oogopslag

Augustus Beste Lid

AANSOEK OM STUDIELENING

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

PENSIOENFONDS EN ONGESKIKTHEIDSRESERWEFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

Belastingaankondiging: Aftreefondse

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES

PENSIOENFONDS EN ONGESKIKTHEIDSRESERWEFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

VOORSORGFONDS VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

DIT IS TYD DAT JY ONS ONTMOET!

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Gids vir Lewende-voordeel eise

HUISLENINGSAANSOEK ALGEMENE INLIGTING. Tipe lening: Nuwe lening Verdere lening Herhaalde voorskot Oorskakeling

Die bydrae, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

cumulus echo uittree-plan pensioenversterker

Bankstate LPF Systems BK

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Notas Hierdie hoofstuk moet saamgelees word met die kontrakdokumente. As daar enige teenstrydigheid voorkom tussen die inhoud van die

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Adv. Fran du Plessis het in Februarie 2018 as werkgewerverteenwoordiger en voorsitter

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika Trusteeverslag vir die jaar geëindig 31 Desember 2016

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

PLAASLIK. Uitkeerplan. 'n Uitkeerplan is 'n belastingdoeltreffende medium-tot langtermynbelegging wat na 'n spesifieke tydperk 'n enkelbedrag betaal.

Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA

BELANGRIKE KEUSE MET BETREKKING TOT MEDIESE FONDS MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2013

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Sanlam Belastingvrye Beleggings Omvattende opsomming van produkbesonderhede

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

AFTREDE. Aftreeplan. n Aftree-annuïteit bied aansienlike belastingvoordele. is daartoe om geld te belê totdat hulle minstens 55 jaar oud is.

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Lees asseblief die volgende inligting noukeurig voordat u hierdie vorm invul

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

ARBEIDSREG ABR214. T:

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

2015 AKADEMIESE JAAR

HERSIENE REËLS VAN DIE SANLAM BEWARINGSVOORSORGFONDS

Transcriptie:

2013 VERSTAAN U VOORDELE Verander vandag se harde werk in môre se beloning. Wees voorbereid op aftrede! Sambreelaftreefonds

INLEIDING Hierdie boekie is saamgestel as n gids waarin jy vinnig die lidvoordele van die Verso Sambreelaftreefondse kan naslaan. As jy meer inligting benodig oor enige van die onderwerpe wat in die boekie bespreek word, raadpleeg asseblief die webtuiste by www.vurf.co.za, of kontak die Fonds by 021 943 5300. WAAROM N SAMBREELFONDS KIES? Die trustees van die Verso Sambreelaftreefonds glo dat ons meer kan bereik as ons saamwerk. As dit van een enkele by afhang, sal dit duisend jaar neem om slegs een potjie heuning te maak. n Hele korf bye wat saamwerk, is egter n totaal ander storie. Sambreelfondse stel talle onverwante werkgewers in staat om deel te neem aan een oorkoepelende wettige aftreefondsstruktuur, terwyl hulle terselfdertyd hulle eie voorwaardes vir deelname en risikovoordele kan bepaal. Dit bied n koste-effektiewe alternatief aan kliënte wat nie die fidusiêre verantwoordelikhede van die bestuur van hul eie fonds wil dra nie, of nie die kennis of tyd het om n fondstrustee te wees nie. 2 VERSTAAN U VOORDELE 2013

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN N PRIVAAT EN N SAMBREELFONDS? Die grootste verskille tussen privaat- en sambreelfondse kan as volg opgesom word: PRIVAAT FONDSE Trustees is in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik en neem ooreenkomstig die Reëls en wetgewing volle verantwoordelikheid vir die bestuur van die Fonds. SAMBREELFONDS Die deelnemende werkgewer stel n bestuurskomitee sonder enige fidusiêre pligte of verantwoordelikhede aan om besluite te neem wat binne die raamwerk van die sambreelfonds val. n Hoofbeampte moet aangestel word. Daar is nie n regsplig om enige fondsbeamptes aan te stel nie. Die trustees moet n ouditeur en waardeerder vir die fonds aanstel. Die fonds moet bo en behalwe die normale administrasiefooi, die totale koste van hierdie dienste dra. Omdat privaat fondse gewoonlik minder lede as sambreelfondse het, kan die koste per lid hoog wees. Die trustees van die sambreelfonds stel n ouditeur en waardeerder vir die fonds aan. Die koste is ook betaalbaar bo en behalwe die normale administrasiefooi, maar omdat dit tussen die deelnemende werkgewers verdeel word, is die koste per lid gewoonlik meer kosteeffektief. AAN WATTER TIPE FONDS BEHOORT JY? Die Verso Sambreelaftreefondse bied twee tipes fondse n pensioenfonds en n voorsorgfonds wat beide as vastebydraefondse gestruktureer is. As jy onseker is aan watter fonds jy behoort, kontak asseblief jou werkgewer. Hier volg die vernaamste verskille tussen die twee fonds: PENSIOENFONDS Lidbydraes tot die Verso Sambreelaftreefonds is belastingaftrekbaar tot met 7,5% van die lid se pensioendraende inkomste. Werkgewerbydraes is belastingaftrekbaar tot met 20% van die lid se pensioendraende inkomste. Met aftrede is tot n derde van die Lidbelang in kontant beskikbaar. Die balans moet aangewend word om vir die lid in sy naam n verpligte pensioen van n geregistreerde versekeraar te koop. Die totale waarde van die Lidbelang is met sterfte of diensbeëindiging beskikbaar. VOORSORGFONDS Lidbydraes aan die voorsorgfonds van die Verso Sambreelaftreefonds is nie belastingaftrekbaar nie. Werkgewerbydraes is belastingaftrekbaar tot met 20% van die lid se pensioendraende inkomste. By aftrede, met sterfte of diensbeëindiging kan die totale Lidbelang deur die lid in kontant geneem word. VERSTAAN U VOORDELE 2013 3

HOE AKKUMULEER DIE WAARDE IN JOU FONDS? Die netto werkgewerbydrae m.a.w. die werkgewerbydrae minus alle kostes vir administrasie, operasionele en versekerdevoordele (indien van toepassing) en die volle lidbydraes word geallokeer tot jou Lidbelang. Die geakkumuleerde waarde van die Lidbelang, tesame met opbrengste wat verdien is in die onderliggende beleggingsportefeulje/s is ten volle betaalbaar in die geval van bedanking, aflegging, aftrede of afsterwe (na aftrekking van belasting). WAT IS JOU BYDRAEKOERS? Die werkgewer en/of bestuurskomitee moet n lidbydraekoers of reeks bydraekoerse, asook die werkgewerbydraekoers vasstel nadat hulle met al die rolspelers gekonsulteer het. Verskillende bydraekoerse kan vir verskillende lidkategorieë vasgestel word. Die lid- sowel as die werkgewerbydraes word as n persentasie van die lid se pensioendraende salaris uitgedruk. Die koste van die administrasie en risikovoordele (sterfte en/of ongeskiktheid) is gewoonlik by die werkgewer se bydraekoers ingesluit, maar dit kan bo en behalwe sy bydrae betaal word as die werkgewer dit versoek. Die bedrag wat jy maandeliks bydra, sal op jou salarisstrokie verskyn. Jy kan by jou werkgewer n afskrif van jou jongste voordelestaat kry, of vorige state kan van die Fonds se internet by www.vurf.co.za afgelaai word. Jy moet egter eers vir internettoegang registreer. WATTER OPSIES HET JY WANNEER JY JOU WERKGEWER VERLAAT? As jy jou werkgewer voor aftrede verlaat, kan jy een van die volgende opsies oorweeg: 1. Dra jou voordeel oor na n bewaringsfonds. 2. Dra jou voordeel oor na n uittree-annuïteit. 3. Dra jou voordeel oor na jou nuwe werkgewer se pensioen- of voorsorgfonds. 4. Neem die kontant (onderhewig van belasting). 4 VERSTAAN U VOORDELE 2013

Wat is die voor- en nadele van elk van die bogenoemde opsies? OPSIE VOORDEEL NADEEL Dra jou voordeel oor na n bewaringsfonds Dra jou voordeel oor na n aftree-annuïteit Dra jou voordeel oor na jou nuwe werkgewer se pensioenof voorsorgfonds. Neem die kontant Belastingvrye oordrag na n bewaringsfonds van jou keuse. So bewaar jy jou fondswaarde (Lidbelang) vir aftrede. Jy mag een kontantonttrekking voor jou aftrede maak. Belastingvrye oordrag na n uittreeannuïteit van jou keuse. So bewaar jy jou fondswaarde vir aftrede. As jy reeds 55 jaar oud is, kan jy uit die annuïteitsfonds aftree, ongeag of jy by jou werkgewer afgetree het. Belastingvrye oordrag na die nuwe werkgewer se fonds, behalwe wanneer van n pensioenfonds na n voorsorgfonds oorgedra word. Fondswaarde word vir aftrede bewaar. Jy gebruik die kontant (na belasting) en betaal jou skuld soos jou verband of motor. Jy het ook die opsie om jou voordeel na goeddunke in n vrywillige/buigsame beleggingsinstrument te belê en ad hoc, belastingvrye onttrekkings te maak. Dokumentasie by uitdienstrede As jy die eenmalige onttrekkingsopsie gebruik, verlaag jy jou uiteindelike aftreevoordeel. Jy het nie n onttrekkingsopsie nie. Slegs 1/3 van die voordeel mag in kontant geneem word by aftrede na ouderdom 55. Die oorblywende 2/3 moet gebruik word om n annuïteit te koop, selfs as dit vanaf n voorsorgfonds oorgedra word. Geen beheer oor die bestuur van jou oorgedraagde fondse nie en jy het nie toegang tot jou voordeel voordat jy weer jou nuwe werkgewer verlaat nie. Die kontantvoordeel minus die belastingvrye gedeelte van ongeveer R22 500, word volgens die heersende belastingtabelle belas. Jy kan jou aftreevoordeel verkwis en by aftrede nie genoeg hê om van te lewe nie. Wanneer jy die fonds verlaat (aftrede, bedanking, aflegging of swak gesondheid), sal jy n uitdienstredingsbrief ontvang wat die voordele verduidelik wat jou toekom. Hierdie voordele is onderhewig aan belastingaftrekking. Elke lid se voordele is eiesoortig; dit word bepaal ooreenkomstig die dienskontrak tussen die lid en die werkgewer, en ingevolge die Reëls van die Fonds betaal. Jy kan ook via die internet toegang tot jou fondswaarde kry. Kontak jou werkgewer vir meer besonderhede oor hierdie opsie. HOE WORD MY LIDBELANG BELÊ? Die werkgewer sal met die fonds se stigting die toepaslike beleggingsopsie kies, wat op alle lede van toepassing sal wees. Elke fonds het n beleggingstrategie geformaliseer wat hulle beleggingsdoelwitte, monitering en risikobestuursbeleid dokumenteer. Geskikte batebestuurders word deur die Raad van Trustees aangestel en individueel aan die hand van vasgestelde kriteria geëvalueer. Die Raad van Trustees het spesifieke risikoprofielportefeuljes gekies wat die beleggingsbehoeftes van al die fondslede behoort te bevredig. Die aangestelde batebestuurders bestuur die fonds en probeer om die gedefinieerde beleggingsdoelwitte te bereik. VERSTAAN U VOORDELE 2013 5

Die Raad van Trustees moniteer die aangestelde batebestuurders en hulle portefeuljes aktief, en kan hierdie bestuurders en/of portefeuljes op grond van omvattende kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing vervang. Die Bestuurskomitee (van elke werkgewer) het dus nie die las om batebestuurders aan te stel en te moniteer nie, aangesien hierdie funksie deurlopend deur die fonds se professionele Raad van Trustees vervul word. Die bestuurskomitee moet egter vanaf n voorafgoedgekeurde lys van portefeuljes dié beleggingsopsie en portefeulje(s) selekteer wat hulle lede die beste sal pas. n Opsomming van die opsies waaruit die bestuurskomitees kan kies Elemental KAPITAALBE- SKERMINGS- OPSIE LEWENSFASE- Model Designer LID- BELEGGINGS- KEUSE Die Elemental opsie is n simplistiese koste-effektiewe opsie wat gepas is vir kliënte wat baie min betrokkenheid by die keuse van portefeulje en die buigsaamheid daarvan wil hê. Die beleggingsopsies is beperk tot een portefeulje of n seleksie van portefeuljes (maksimum vier), of die fonds se lewensfasemodel wat op alle lede van toepassing sal wees. Elke bestuurskomitee of werkgewer kan kies om lede se fondsbates en toekomstige bydraes te belê in een of meer verstekbeleggingsportefeuljes (maksimum vier) wat op alle lede van toepassing sal wees. n Kapitaalbeskermingsopsie kan geakkommodeer word waar persone naby aftrede hulle fondsvoordeel en toekomstige bydraes na n minder volatiele beleggingsopsie wil oordra. Die werkgewer mag die lewensfasemodel as beleggingstrategie verkies. Die lewensfasemodel se beleggingstrategie is ontwikkel om lede se bates outomaties in die beleggingsportefeuljes te belê wat die mees geskikste, gegrond op aantal jare tot aftrede. Die Designer -opsie is vir daardie kliënte wat hulle lede n wyer reeks opsies of meer buigsame keuses wil bied. Lidbeleggingskeuses is uit n voorafbepaalde reeks portefeuljes beskikbaar, onderhewig aan bepaalde beperkings wat van tyd tot tyd deur die trustees vasgestel word. Die Fonds laat lidbeleggingskeuses toe as die bestuurskomitee (van die betrokke werkgewer) dit kies. Elke lid kan daarom uit n voorafgeselekteerde lys portefeuljes kies watter beleggingsopsie by hulle persoonlike risikoprofiel en omstandighede pas. Omskakelings word toegelaat teen n fooi wat vooraf bepaal word. Volledige inligting oor beleggingsportefeuljes is op die webtuiste www.vurf.co.za beskikbaar. BIED DIE FONDS VERSEKERDE VOORDELE? Die Verso Sambreel-Aftreefonds bied nie risikovoordeel-onderskrywing nie; werkgewers het die opsie om hulle risikovoordele by n onderskrywer van hulle keuse te struktureer. Die vlak van voordele word met aanvang van deelname vasgestel en deur die bestuurskomitee of werkgewer gemoniteer. Die voorwaardes van die betrokke polisse sal ten alle tye geld. STERFTEVOORDELE Sterftevoordele, soos deur die werkgewer verkies, is as n enkelbedrag betaalbaar. Die sterftevoordeel enkelbedrag word gewoonlik uitgedruk as n veelvoud van die pensioendraende salaris. ONGESKIKTHEIDSVOORDELE Ongeskiktheidsvoordele, soos deur die werkgewer verkies, kan as n enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel óf as n inkomstevervangingsvoordeel voorsien word. Die enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel is n vervroegde uitbetaling van die sterftevoordeel, met ander woorde dit is dieselfde voordeel wat betaal sou word as die lid gesterf het in plaas van ongeskik geraak het. Die inkomstevervangingvoordeel voorsien n maandelikse annuïteit van tot 75% van die lid se pensioendraende 6 VERSTAAN U VOORDELE 2013

maandelikse verdienste, beperk tot bepaalde maksimum bedrae wat betaal mag word. Die annuïteit sal betaal word totdat die lid normale aftree-ouderdom bereik, of sodanig herstel dat hy/sy kan terugkeer werk toe, of totdat hy/sy sterf. Elke deelnemende werkgewer sal besluit hoe lank die wagperiode is, teen watter koers die voordeel verhoog, asook die herversekering van aftreebydraes. ANDER VERSEKERDE VOORDELE Ander versekerde voordele kan aangebied word. Dit is die bestuurskomitee of die werkgewer se verantwoordelikheid om hierdie bykomende voordele vas te stel. Kontak asseblief jou werkgewer vir n afskrif van die dokument waarin jou werkgewer-spesifieke voordele opgesom word om uit te vind op watter voordele jy geregtig is. BELANGRIKE INLIGTING V: Watter voordeel ontvang jy met aftrede? A: Kontak asseblief jou werkgewer vir n afskrif van die dokument waarin jou werkgewer-spesifieke voordele opgesom word om uit te vind op watter voordele jy geregtig is. Jy kan die korrekte eisvorms by jou Menslike Hulpbronnekantoor kry. V: Hoeveel belasting word van jou aftreefondsvoordeel afgetrek? A: As jy die volle lidbelang na n bewaringsfonds of uittree-annuïteit oordra, is dit belastingvry. Enige deurlopende maandelikse pensioeninkomste is ten volle belasbaar teen jou marginale belastingkoers. V: Wat gebeur as jy afgelê word of vroeg aftree? A: Jou voordeel word in jou werkgewerspesifieke voordele-opsommingsdokument uiteengesit. Onthou asseblief dat alle voordele betaalbaar, onderhewig is aan belastingaftrekkings. Ons stel dus voor dat jy dit met n geakkrediteerde finansiële raadgewer bespreek. V: Wat moet jy doen wanneer jou afleggingsvoordeel uitbetaal word? A: Hierdie geld behoort vir jou aftrede gebruik te word. Ons stel voor dat jy dit vooraf met jou finansiële adviseur bespreek. Doen navraag oor die bewaring van jou voordeel deur byvoorbeeld n uittree-annuïteit te koop of oordrag na n bewaringsfonds te oorweeg. V: Wat is die voortgesette voordeel? A: As jy versekerde ongeskiktheids- en/of sterftevoordele het, kan jy dit in n persoonlike versekeringspolis omskep wanneer jy jou werkgewer / die fonds verlaat, indien die polis dit toelaat. V: Het jy bykomende mediese bewyse nodig om jou versekerde voordele te behou? A: Geen mediese bewyse behalwe n MIV-toets is nodig as jy met jou huidige dekking wil voortgaan nie. V: Hoe word jou sterftevoordeel verdeel? A: Indien jy sou sterf terwyl jy nog in diens is, is jou Lidbelang plus die versekerde sterftevoordeel (indien enige), na belastingaftrekking, ingevolge die Wet op Pensioenfondse aan jou afhanklikes betaalbaar. Lede moet nominasievorms voltooi as aanduiding van hulle wense. V: Wat gebeur met die sterftevoordeel as die afhanklikes minderjarig is? A: Die Trustees van die Fonds sal dit oorweeg om die voordele vir minderjarige afhanklikes in n trust of begunstigdefonds te belê. V: Hoe besluit die trustees om die sterftevoordeel toe te wys? A: Die sterftevoordeel word ingevolge die Wet op Pensioenfondse verdeel, maar die Trustees van die Fonds gebruik die lid se begunstigdenominasie- VERSTAAN U VOORDELE 2013 7

vorm as riglyn wanneer hulle die sterftevoordeel aan jou afhanklikes toewys. V: Hoe gereeld behoort jy jou begunstigdenominasievorm by te werk? A: Dit is raadsaam om jou begunstigdenominasievorm een keer per jaar by te werk, of wanneer jou persoonlike omstandighede verander en dit jou keuse van begunstigdes beïnvloed. V: Waar kan jy n begunstigdenominasievorm kry? A: Besoek die fonds se webtuiste by www.vurf.co.za om n kopie te druk, of kontak jou werkgewer. V: Bied jou fonds huislenings? A: Beslis. Dit is egter onderhewig daaraan dat jou werkgewer n ooreenkoms met die finansiële instelling aangaan, asook jou vermoë om die leningsbedrag terug te betaal. V: Hoe doen jy vir n huislening aansoek? A: Kontak jou Menslike Hulpbronnekantoor om uit te vind of hierdie opsie bestaan en of jy daarvoor kwalifiseer. Indien jy ingevolge die Nasionale Kredietwet en die Reëls van die Fonds kwalifiseer, sal jou Menslike Hulpbronnebeampte jou help om die vorms te kry en in te vul. V: Wat gebeur as jou huislening goedgekeur word? A: Die bank sal jou in kennis stel. Jou lening sal in jou bankrekening inbetaal word en jou werkgewer sal skriftelik opdrag ontvang om die maandelikse paaiement direk van jou salaris te verhaal. V: Hoe dikwels en in watter vorm kommunikeer jou fonds met jou? A: Die Verso Sambreelaftreefondse publiseer twee elektroniese nuusbriewe per jaar. Hierdie nuusbriewe word op A2-plakkate gedruk en aan alle werkgewers versprei sodat lede sonder toegang tot rekenaars of die internet tot die nuusbriewe toegang het. Die nuusbriewe is beskikbaar op die fonds se webtuiste by www. vurf.co.za. Soos die behoefte ontstaan, kan n werkgewer-spesifieke nuusbrief bo en behalwe die fonds se nuusbrief verskyn. RAAD VAN TRUSTEES: Me W Parker (Onafhanklike Trustee en Voorsitter), Mnr S Kennard (Verso Aangewese Trustee), Mnr W Rossouw (Onafhanklike Trustee), Mnr R Wentworth (Verso Aangewese Trustee), Mnr E Thomson (Verso Aangewese Trustee), Mnr W Breytenbach (Verso Aangewese Trustee), Me B Krummeck (Hoofbeampte) KONTAKBESONDERHEDE: Belmont Office Park, Twiststraat, Bellville, 7530 Posbus 4300, Tygervallei, 7536 Telefoon: 021 943 5300 Faks: 021 917 4600 E-pos: info@vurf.co.za Webtuiste www.vurfco.za 8 VERSTAAN U VOORDELE 2013