Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Vergelijkbare documenten
WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (3)

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Deur Christus Alleen

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Jesaja sien die Toekoms

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

DIE BRIEF AAN FILEMON

Les 1 vir 7 Oktober 2017

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die Brief aan die Galasiërs

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Groot Geloofswoordeboek: Doop

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die brief aan die Filippense

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Welkom by Die Storie God se storie

n Tempel Leier besoek Jesus

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Kerk se Geboorte

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Petrus en die Krag van Gebed

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Van Vervolger tot Prediker

n Dubbele kruis-belydenis

FAKTORE EN VEELVOUDE

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

Transcriptie:

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Adrio König 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop Ons het hier met een van die mees omstrede sake te doen. Groepe wat die kinderdoop verwerp, is oortuig die besnydenis is n vleeslike teken. Dit sou niks meer gewees het nie as n teken dat iemand n Jood is. Dit sou deel van die ou verbond gewees het wat vervang is deur die nuwe verbond. Hulle wys ook daarop dat Paulus die besnydenis skerp afgewys het (Gal 5:3). Omdat die besnydenis volgens hulle net n vleeslike teken van die ou verbond was, kan dit geen sinvolle verband hê met die doop wat n geloofsakrament van die nuwe verbond is nie. Kom ons kyk na hierdie standpunt. Ons kan dit net doen deur die betekenis van die besnydenis in die Ou Testament én in die Nuwe te ondersoek. Ons het reeds gekyk na die ryk betekenisse van die doop (hoofstuk 2). Ons sal dan die twee met mekaar kan vergelyk. Ou Testament Die besnydenis in die Ou Testament is n voluit geestelike saak. Israel is besny nie omdat hulle Israel, nog n volk was nie, maar omdat hulle die volk van God was. Hy het nie vir Abraham gekies en geroep om maar net nóg n volk te maak nie, maar om sy volk te wees. Daarom het die besnydenis n duidelik geestelike betekenis. Die Ou Testament is vol daarvan. Ons lees in die 1953-vertaling van onbesnede ore, lippe en harte, en Israel word dikwels vermaan om hulle harte te besny (Lev 26:41; Deut 10:16; 30:6; Jer 4:4; 9:25-26; Eseg 44:7, 9). Die nuwere vertalings vertaal n onbesnede hart met geestelike begrippe: ongehoorsaamheid, hardkoppigheid, ontrou; en n besnede hart met n toegewyde hart. In Jeremia 9:25-26 het ons n uiters belangrike uitspraak. Daar was in Israel se omgewing ook ander volke wat die besnydenis beoefen het. Maar net vir Israel was dit n verbondsteken. Nou word hierdie volke hier in n ry genoem, almal volke wat besny is. Maar hier staan hulle is onbesnede al is hulle besny. Eintlik staan hier

letterlik hulle is net aan die voorhuid besny, nie in die hart nie. Daarom word God se oordeel oor hulle aangekondig. Maar tussen hierdie ry heidense volke staan dan ook Juda! Skielik bevind die Godsvolk hom tussen die heidene, op dieselfde vlak. Waarom? Presies om dieselfde rede: Ook hulle is net aan die voorhuid besny, nie aan die hart nie. Daarom word hulle saam met die heidene geoordeel. Die letterlike besnydenis het dus geen betekenis as dit nie in die hart en lewe ingaan nie. In twee gevalle kom die letterlike besnydenis en die geestelike besnydenis in een sin langs mekaar voor. Daar word van dieselfde mense geskryf hulle is onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees (Eseg 44:7, 9). Dit beteken nog n keer dat die letterlike, vleeslike besnydenis n geestelike betekenis gehad het. Wanneer n mens hierdie uitsprake nagaan, is dit duidelik dat besnydenis in verband staan met bekering, geloof, liefde vir God, gehoorsaamheid aan Hom, n nuwe lewe tot sy eer. Die Nuwe Testament Natuurlik moet ons ook kyk na die betekenis wat in die Nuwe Testament aan die besnydenis gegee word. Veral Paulus verwys dikwels na die besnydenis. En dis maklik om sy verwysings in drie verskillende groepe in te deel: neutraal, negatief, positief. Neutraal Paulus verwys soms saaklik-neutraal na die besnydenis, sonder enige voor- of afkeur. Hy praat van besnedenes (Jode) en onbesnedenes (heidene) bloot as groepe (Gal 2:6-9; Ef 2:11; Kol 3:11; Tit 1:10). Dikwels is die besnydenis ook totaal onbelangrik (Rom 3:30; 1 Kor 7:18, 19; Gal 5:6; 6:15; Kol 3:11). Positief Hy kan egter ook groot waardering vir die besnydenis uitspreek en veral die geestelike betekenis van die besnydenis vir die Jode beklemtoon (Rom 2:25-29; 3:1-3; 4:11-12). Hy sien sy eie besnydenis as deel van die erfenis waarop hy sou kon roem (Fil 3:3-5). Hy is ook bereid om vir Timoteus te laat besny al is dit waarskynlik meer om strategiese redes as om geestelike redes (Hand 16:3). Negatief Maar hy kan ook sterk negatief oor die besnydenis oordeel en dit selfs veroordeel (Gal 2:12; 5:2-4, 6, 11; 6:12-13; Fil 3:2. Kyk ook na Hand 15:1, 5, 24). Negatief Kom ons kyk eers na die negatiewe betekenis wat hy aan die besnydenis heg. Dit is opvallend dat dit in elke geval gaan om Jode of Joodse Christene wat eis dat gelowiges uit die heidene besny moet word. Dit is deur en deur die situasie in Galasië. Dit is trouens die hoofrede waarom hierdie brief geskryf is, en daarom kom

omtrent al die negatiewe verwysings na die besnydenis hier voor. In Filippense gaan dit oor dieselfde saak. Waarom is Paulus so skerp negatief? Omdat die Jode en sommige Joodse Christene geëis het dat die bekeerlinge uit die heidendom die wet moes hou anders kon hulle nie gered word nie. Vir Paulus het dit beteken dat Jesus dan nie genoeg was nie, dat daar by sy kruis en opstanding iets moes bykom, en wat dit nog erger maak, dat die mens dit wat dan sou kortkom, deur wetsonderhouding moes by sit. Dit was vir hom sonder meer die vernietiging van die evangelie, en daarom dreig hy ook: As hierdie heidene hulle laat besny, sal hulle die band met Christus verbreek en die genade van God verbeur (Gal 5:4). Dit gaan in Paulus se veroordeling van die besnydenis dus glad nie om die betekenis van die besnydenis in die Ou Testament of oor die betekenis vir die Joodse gelowiges nie. Dit gaan om die gelowiges uit die heidene, en sy argument is dat Jesus genoeg gedoen het, dat ons nie iets hoef by te dra deur die wet te hou nie. Dit was tog ook die besluit van die kerkvergadering in Jerusalem (Hand 15). Dis skynbaar eintlik omdat die Judaïste vereis het dat die wet gehou moet word, en toe die besnydenis as deel van die wet voorgehou het, dat Paulus so skerp teen die besnydenis was. Ons sal sien dat sy positiewe waardering van die besnydenis in n ander verband voorkom waar die wet nie n rol gespeel het nie. Dit is die situasie waarin hy die besnydenis op sigself beoordeel, en nie as deel van die wet nie. Kom ons kyk daarna. Positief Wanneer ons kom by Paulus se positiewe waardering van die besnydenis, verander die prentjie radikaal. Ons kyk hier na twee dele uit Romeine, 2:17-29 en 4:11-12. Romeine 2:17-29 In twee parallelle gedeeltes behandel Paulus eers die wet (17-24) en dan die besnydenis (25-29). In beide gevalle gebruik hy dieselfde onderskeiding: uiterlikinnerlik of letterlik-werklik. Dit help nie om die wet uiterlik, letterlik te besit, maar dit nie te hou, nie werklik daarvolgens te leef nie. Dit help nie om uiterlik, vleeslik, letterlik besny te wees, maar jou hart is nie deur die Gees besny nie. Dit beteken Paulus handhaaf volledig die geestelike betekenis van die besnydenis wat ons in die Ou Testament gekry het. En hy verbind dit selfs met die werk van die Gees. Dan kan daar geen sprake daarvan wees dat die besnydenis maar net n vleeslike teken was dat iemand n Jood is nie. Hy noem hier selfs die moontlikheid dat iemand

wat nie letterlik besny is nie, tog werklik die geestelike besnydenis kan hê (v 26). Dié moontlikheid het ons nie eens in die Ou Testament gekry nie. Let daarop hoe ontspanne Paulus hier oor die besnydenis oordeel wanneer dit nie, soos in Galasië, vereis word as ons bydrae by die verlossing in Jesus om gered te word nie. Romeine 4:11-12 Hier ontwikkel Paulus die betekenis van die besnydenis soos ons dit by Abraham gekry het. En hier het ons inderdaad sy heel belangrikste uitsprake oor die geestelike betekenis van die besnydenis. Net soos in Galasiërs gaan dit in Romeine 4 oor die regverdiging (redding) net deur die geloof. Hy gebruik Abraham as dié voorbeeld. Abraham het nog nie die wet gehad nie. Die wet is eers eeue later tydens die uittog aan Israel gegee. Maar Abraham is dus geregverdig sonder die wet, maar óók voordat hy besny is (4:9-10). Ook die besnydenis kon dus nie sy bydrae tot sy redding wees nie. Die Here het hom dus net deur sy geloof gered (4:3; vgl Gen 15:6). Wat was dan die betekenis van die besnydenis? Hy het die besnydenis as n teken ontvang. Dit is n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het omdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was (4:11). Dit kan geen twyfel lei dat Paulus hier die geestelike betekenis van die besnydenis voluit erken nie. Hy bring dit direk met die geloof en die redding (regverdiging) in verband. Besnydenis-doop Watter verband is daar nou tussen die besnydenis en die doop? Ons kan na twee kante kyk. Daar is duidelik n sterk verband. Maar die doop het n baie ryker betekenis as die besnydenis. Dit het uit sowel die Ou Testament as die Nuwe duidelik geword dat die besnydenis van die begin af n ryk geestelike betekenis gehad het. In die Ou Testament is Israel keer op keer aangespreek oor hulle onbesnede van hart, ore, lippe is, dit beteken dat hulle ontrou, ongehoorsaam aan God, sonder liefde vir Hom was. En net so is verwys na die geestelike betekenis as die besnydenis van hart, lippe, ore. Dit het gedui op geloof, gehoorsaamheid, liefde vir God, op toewyding en n nuwe lewe tot sy eer. Israel is gewaarsku dat die letterlike besnydenis nie genoeg is nie, dat iemand wat net letterlik besny is, eintlik nog onbesnede is. Ons het gekyk na die ontstellende gelykstelling van Juda aan die heidene omdat ook Juda net aan die voorhuid besny is (Jer 9:25, 26). Dit beteken tog eintlik dat n Jood wat net besny is, maar nie glo nie, nie regtig deel

van die volk van God is nie. En dit is tog presies die teenoorgestelde van die gedagte dat die besnydenis n nasionale teken was wat net van mense Jode gemaak het. Dit is tog duidelik dat daar n opvallende ooreenkoms is met die betekenisse van die doop. Ook in die doop gaan dit om n letterlike saak met n geestelike betekenis. En ook hier het die betekenis alles te doen met gehoorsaamheid en liefde vir God, met n toegewyde lewe. Maar die belangrikste ooreenkoms is dat God deur beide besnydenis en doop mense in die verbond met Abraham opneem. Dis verder interessant dat ook Christene vermaan word dat hulle nie die betekenis van die doop verstaan nie (Rom 6:1-3). Ook Simon kan gedoop wees sonder dat dit uitwerk in sy lewe (Hand 8:14-23) presies wat met die ongehoorsame Israel gebeur het. n Mens sou van Simon kon sê dat hy n ongedoopte hart, ore, lippe gehad het. Die ooreenkoms met Israel en die besnydenis is so duidelik dat dit nie intensief beredeneer hoef te word nie. Maar alhoewel daar dus n opvallende ooreenkoms is tussen die besnydenis en die doop, is dit net so waar dat die betekenis van die doop baie ryker is as dié van die besnydenis. Eerstens is die heilservaring waaraan God ons deur die doop deel gee, baie ryker uitgewerk in die Nuwe Testament. Heelwat van die Nuwe Testament se heilsbegrippe kom nog nie in die Ou Testament voor nie, soos die wedergeboorte. Maar in beginsel gaan dit in beide Testamente oor die verhouding met God en die nuwe lewe. Verder kon sekere van die doop se betekenisse eers ná die dood en opstanding van Jesus na vore kom. Ons het dit al vroeër gesien toe ons gekyk het na die verskille tussen die doop van Johannes en die Christelike doop. Johannes se doop kon mense nog nie met Christus se dood en opstanding verenig nie. Dit geld net so vir die besnydenis. Maar ons moet terselfdertyd onthou dit alles is net n verryking en verfyning van die heil, terwyl dit nog altyd om dieselfde saak gaan: n nuwe lewe van liefde en gehoorsaamheid aan God. Die doop gaan nie net terug op die besnydenis as inlywing in die verbond nie, maar miskien nog sterker op die Groot Versoendag (Lev 16) waar die jaarlikse offer vir die sonde gebring is, en ook op die algemene offerdiens (Heb). Daarom het die vroegste verwysings na die doop met sondevergifnis en reiniging verband (Hand 3:38; 22:16). As ons kyk na die ontwikkeling in die Nuwe Testament, is dit dus waarskynlik dat die doop aanvanklik eerder by die offers van die Ou Testament aangesluit het, en later eers die inlywende betekenis van die besnydenis gekry het. Alles was nie in die tyd van die Nuwe Testament van die begin af duidelik nie. Die doop is aan die begin baie sterker betrek op vergifnis van sonde, terwyl die inlywing in die verbond eers later kom (Gal 3:29). Die Joodse gelowiges het nog taamlik lank die besnydenis

beoefen (Hand 21:21) wat beteken dat hulle nog nie behoefte gehad het aan die doop as inlywing in die verbond nie. Die belangrikste verskil is egter waarskynlik dat God ons baie duideliker deur die doop as deur die besnydenis in staat stel om die nuwe lewe te lei. Die besnydenis was in n sin net n appèl om aan die Here gehoorsaam te wees, terwyl die doop n appèl én n bemagtiging is. Deur die doop lyf Hy ons nie net in die Abrahamverbond in nie, maar verenig Hy ons met Christus sodat ons n aandeel kry in sy opstandingslewe. Juis dit stel ons natuurlik op n buitengewone manier in staat om die nuwe lewe te lei. Ons hoef net aan sy lewe deel te neem. Miskien kry ons alreeds by die profete iets hiervan. Hulle het in die toekoms gesien dat God Israel op n nuwe manier in staat gaan stel om aan Hom gehoorsaam te wees. Esegiël skryf van n nuwe hart en n nuwe gees wat n gawe van God gaan wees, iets wat nog nie regtig by die besnydenis ter sprake was nie (Eseg 36:24-27). Ook Jeremia praat daarvan dat God sy woord op Israel se harte sal skryf (31:33). In die lig van hierdie bespreking is dit dus nie verantwoord om die besnydenis selfs n vleeslike, nasionale te ken te noem dat iemand n Jood was nie. Dis verre daar vandaan! Die besnydenis het van die begin af n sterk geestelike betekenis gehad sodat die volk aanhoudend vermaan kon word om die betekenis van die besnydenis in hulle lewe in te dra. En die besondere betekenis wat Paulus aan die besnydenis gee (Rom 4), span die kroon. Dit word direk met die regverdiging in verband gebring; dus met die feit dat God Abraham as sy kind aangeneem het. Dit is dus nie vreemd dat Paulus uiteindelik n direkte verband lê tussen die betekenis van die besnydenis en die doop nie (Kol 2). Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za Skrywer: Prof Adrio König