SKRIFLESING: Levitikus 20:1-5; Deuteronomium 12:29-32; Jeremia 32:30-35

Vergelijkbare documenten
NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Goeie Konings, Slegte Konings

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die Groot Gebod dennis de wet

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jona en die Groot Vis

Toe God alles gemaak het

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Pragtige Koningin Ester

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

In nood kan ons God as Vader aanroep.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Toe God alles gemaak het

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Markus 10: TEKS: Markus 10:21a. Die Here ontmasker die binneste. Psalm 48 : 1, 2. Psalm 139 : 12. Psalm 119 : 7

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Transcriptie:

SKRIFLESING: Levitikus 20:1-5; Deuteronomium 12:29-32; Jeremia 32:30-35 TEKS: Deuteronomium 12:31 TEMA: Afgode vat, God gee. Psalm 138 : 1 Psalm 4 : 3 Psalm 81 : 10, 11 Psalm 16 : 1, 2 Ook: Ps. 115 Ps 128 : 3 1

So lyk die rou heidendom. So lyk afgodery sonder die masker van beskaafdheid, afgodery in sy uiterste konsekwensie: - mense verbrand hulle kinders vir die afgode. Eintlik moet dit ons nie skok dat afgodery so ver kan gaan nie, want dis tipies van afgode: - hulle eis en vat en gryp, totdat hulle uiteindelik Älles van die mens afgevat het. Hoe anders is die ware God nie: - Hy vat nie; - Hy gee en gee en gee totdat Hy uiteindelik alles gegee het. Dis die hoofgedagte van hierdie preek: - die afgode vat, maar die ware God gee 1. AFGODE VAT n Afgod is enige iets of iemand wat mense in die plek van God het, of wat hulle net so belangrik soos God ag. Dit kan iets of iemand wees wat klaar bestaan wat hulle so hoog ag, of dit kan iets of iemand wees wat hulle self uitdink. Mense hoop dan dat hierdie iets of iemand wat hulle in die plek van God of naas God het, hulle sal help om gelukkig en gesond en ryk en veilig te wees. In die wéreld van die Ou Testamentiese tye, was hierdie afgode gewoonlik een of ander natuurverskynsel, of mag, of wese wat mense uitgedink het en waarvan hulle dan n beeld gemaak het wat hulle godsdienstig vereer het. In daardie tye het die heidene, wat hierdie afgode gemaak en gedien het, redelik algemeen geglo dat n mens hierdie afgode tevrede moet hou, anders gaan jy moeilikheid kry! Jy moet sorg dat jy in hulle goeie boekies is. As jy nie is nie, het jy nie n kans dat hulle iets goeds aan jou gaan doen nie, inteendeel, dan kan jy net kwaad van hulle kant af verwag. 2

En (so lei n mens af uit die heidene se rituele) die manier waarop jy hierdie gode gelukkig gehou het, was om vir hulle geskenke/offers te bring. En hoe groter die offer is wat jy vir afgod bring, en hoe swaarder dit vir jou is om hierdie offer te gee, hoe beter is jou kans op sukses by hierdie afgod! Onthou u die geskiedenis van Elia en die profete van BaÑl daar by die berg Karmel? 1 Toe hierdie afgodsprofete wou hé dat BaÑl vuur uit die hemel moes stuur om hulle offerbul te verbrand, het hulle eers net geroep en rondgedans. Later het hulle al hoe harder geroep. En toe dit ook nie werk nie, het hulle hulleself met swaarde en spiese stukkend gekerf, sodat die bloed oor hulle geloop het. 2 Met die gedagte dat hoe groter, hoe erger, hoe seerder jou opoffering vir BaÑl is, hoe groter is die kans dat hy na jou gaan luister. En dis hierdie manier van dink wat uitgeloop het op dit wat ons vanoggend van gelees het: dat mense die grootste denkbare offer vir die afgod gegee het hulle kinders; - jy kan mos nie n groter offer as dit bring nie; - daar s nie iets wat erger is om prys te gee of wat jou seerder kan maak as om n kind af te staan nie! Om hierdie afgod se guns te wen, om hom te probeer omkoop om iets vir jou te doen, bring jy die grootste en swaarste offer denkbaar: jou kind! Waarskynlik is sulke geofferde kinders (soos offerdiere) eers doodgemaak, geslag, en daarna in vuur verbrand, maar daar is ook getuienis dat kinders soms lewendig in die vuur gegooi is: - gewoonlik die oudste kind; - en gewoonlik op n baie jong ouderdom, selfs as n klein, pap babatjie 3 Dis verskriklik! Dis grusaam! n Mens kan jou so n toneel nie voorstel nie! Jy wül nie! 1 1 Kon 18 2 1 Kon 18:26-28 3 3

En tog is dit waarop afgodery uitloop. n Afgod eis en vat - nie net jou goed nie - en nie net jou liggaam nie (vgl. BaÑlprofete wat hulleself stukkend gekerf het), - maar uiteindelik alles, selfs jou kinders, wat jy veronderstel is om lief te hé en te versorg en te beskerm. Maar voor u dalk die mense wat hulle kinders geoffer het, te jammer kry, moet u net onthou waarom hulle dit gedoen het: - uit selfsug en hebsug; - hierdie gode moet my help en moet vir my gee, bäie gee, en om hulle so ver te kry om dit vir my te doen, sal ek selfs my kind verbrand! Hierdie ouers verdien nie regtig ons simpatie nie. Wat skokkend is, is dat Israel, die Here se volk, die kerk van die Ou Testamentiese tyd, ten spyte van duidelike waarskuwings van die Here, 4 by tye aan hierdie barbaarse afgodsdiens deelgeneem het; - verskeie profete (bv. Jesaja, Jeremia en Esegiâl) moes die volk bestraf omdat hulle aan hierdie afgryslike praktyk deelgeneem het; 5 - selfs konings van Juda (bv. Agas en Manasse) het van hulle seuns vir die afgod Molog / Molek verbrand. 6 Ook die kerk het geswig voor die afgode van hulle tyd daardie afgode wat vat en vat totdat hulle Älles gevat het, selfs jou kinders Die afgode van ons tyd is nog steeds so: dit vat alles en gee jou niks. Daar is ook in ons tyd nog hierdie kru afgodery wat mense vernietig. Daar word vertel van n groot Hindu-fees wat elke twaalf jaar plaasvind, waar mense van oraloor af na n spesifieke plek toe gaan, baie van hulle van die armste mense op aarde met groot moeite en onkoste, om hulle daar in yskoue rivierwaters te gaan was, omdat (so glo hulle) dit hulle hemel toe sal laat gaan. 4 Lev 18:21; 20:2-5; Deut 18:10; 5 Jes 57:5; Jer 7:31; 19:5; 32:35; Eseg 16:20-21; 36; 20:31; 23:37; Ps 106:37-38 6 2 Kon 16:3; 21:6. Vgl. ook 17:17 en 23:10 4

En om die gode te paai, sal van hierdie aanbidders hulle tonge met lang messe verwoes, sodat hulle nooit weer kan praat nie, of hulle sal in die son instaar totdat hulle blind is, want dit behaag (so glo hulle) hierdie gode. 7 Maar dis nie net die kru afgodery van ons tyd wat vat en vat nie. Ook die verfynde afgode wat selfs beskaafde en gekultiveerde mense se lewens beheer, vat en eis en gryp; - afgode soos geld, of sport, of roem, of alkohol, of dwelms, of pornografie. Gaan kyk n bietjie na die lewens van mense wat hierdie dinge najaag asof düt hulle lewens gelukkig gaan maak. Gaan kyk wat gee hierdie sportmalles en werkoliste en alkoholiste en geldjagers en sukses-soekers alles prys: - nie net n mooi gebalanseerde lewe nie; - nie net egte lewensvreugde nie; - maar op die lang duur ook hulle gesondheid; - hulle huwelike ly daaronder; - hulle kinders word verwaarloos; - hulle t selfs nie meer tyd vir die Here nie, want hierdie afgode (let maar op) het mos almal die neiging om die dag van die Here ook vir hulle op te eis. Hierdie afgode vat alles en gee jou niks! Wat kan mense wat hulle dien, wys wat wesentlike en blywende waarde het? Die afgode vat, määr 2. DIE WARE GOD GEE Van die eerste bladsye van die Bybel af leer ons die ware God ken as die Een wat gee - wat vir die liggaam gee - en wat vir die siel gee - en wat ruim gee. Van die eerste woorde wat die Here vir Adam en Eva gesé het, was: Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde 8 - Ek gee 7 MacArthur, J Romans 1-8, uitgawe van 1991, bl. 246 8 Gen 1:29 5

Vir Abraham en sy nakomelinge, die volk Israel, gee die Here die land KanaÑn. 9 Hy gee vir mense kinders. 10 Hy gee vir ons kos en klere en geld en goed. 11 Hy gee die gesondheid en die kragte waarmee ons kan werk. 12 Hy gee vir mense vergewing van hulle sondes. 13 Hy gee vir sondaars nuwe harte. 14 Hy gee vir mense geloof en hoop en liefde. 15 Hy gee vir ons die ewige lewe, eendag op n nuwe aarde onder n nuwe hemel. 16 Hy gee. En selfs waar die Here partykeer dinge van ons vra en eis, doen Hy dit nie om wat ons het, minder te maak nie, maar juis om op daardie manier vir ons nog meer te gee. Byvoorbeeld: o Vir Sy dissipels, wat alles opgeoffer het om Hom te volg, het Jesus gesé: Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug en in die tyd wat kom, die ewige lewe. 17 o En as ons ons kinders vir die Here moet gee (want ons moet dit mos doen, maar let wel nie deur hulle dood te maak of te verbrand nie, maar deur hulle as kinders van die Here groot te maak!), dan verwag Hy dit nie van ons om ons op hierdie manier van ons kinders te beroof nie, maar juis om hulle vir ons terug te gee - op hierdie aarde as gehoorsame kinders (want kinders wat vir die Here grootgemaak is, säl mos hulle ouers gehoorsam wees) 9 Exodus Josua 10 Ps 127:3 11 Pred 5:18; Mat 6:33 12 Ex 15:26; Ps 104:15 13 1 Joh 1:9 14 Eseg 36:26 15 Efes 2:8; 2 Tes 2:16; Rom 5:5 16 Joh 10:28; 2 Pet 3:13 17 Luk 18:29-30 6

- en vir die ewigheid (want as jy än jou kinders in die Here glo, gaan julle mos vir ewig as kinders van God en dus as broers en susters van mekaar saamleef in God se nuutgemaakte wéreld!) Die ware God gee, selfs wanneer Hy vra. En daarom kan Hy afgodery, wat alles van mense af wegvat, nie verdra nie. Veral hierdie uiterste vorm van afgodery dat mense hulle kinders vir die afgode verbrand is vir Hom n gruwel, iets afskuweliks, iets wat Hy haat. Hy t nooit gesé dat Sy volk dit moet doen nie. Hy t nie eers gedink dat hulle dit moet doen nie. Om die waarheid te sé: Hy t hulle uitdruklik verbied om dit te doen. Daar s niks wat verder van God af verwyder is as die gedagte dat mense hulle kinders vir Hom moet slag en verbrand nie. Ons hoef nie vir Hom dinge te gee om van Sy toorn te probeer loskom en Sy guns te probeer wen nie. Hy t ons dan al lief van voordat Hy nog hierdie wéreld gemaak het. 18 En Hy t dit gewys deur Sã Seun te offer. - Hy t Håm gestraf in ons plek gestraf vir die sondes wat åns gedoen het. - Hy t Hom daar aan die kruis aan die vlamme van die hel prysgegee, sodat dit nooit met ons sal hoef te gebeur nie. - Want so lief het God die wåreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hå. 19 - Hy (het) selfs Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom vir ons almal oorgegee 20 Die afgode vat die mense se kinders. Die ware God gee Sy Kind vir mense - nie omdat Hã iets daarby wen nie, 18 Efes 1:4-5 19 Joh 3:16 20 Rom 8:32 7

maar sodat ons wat in Hom glo, Älles kan wen; - nie uit selfsug, soos daardie mense wat hulle kinders vir die afgode verbrand het nie, maar uit die onselfsugtigste liefde wat n mens jou kan voorstel. Die afgode vat, maar die ware God gee TEN SLOTTE Is al hierdie dinge wat ons lewens so ongebalanseerd maak, wat ons huwelik- en gesinslewe skade aandoen, wat ons gesondheid benadeel, wat met ons godsdiens inmeng, wat ons lewensvreugde wegvat is dit nie afgode nie? En as ons mooi gaan dink, wat het hierdie afgode, wat baie van ons ook maar hierdie jaar gedien het, vir ons gegee? Net mooi niks! En eintlik het hulle ons van baie dinge beroof! Maar dis tipies van afgode: hulle vat en vat en vat, totdat hulle uiteindelik Älles gevat het! Dis soveel beter om die Here te dien. Hy is så vrygewig, aanhoudend vrygewig n fontein wat nooit opdroog nie. Hy gee alles wat ons nodig het. Hy gee dit wat regtig saak maak. Hy gee dit wat ewige waarde het. As jy alles wil verloor, gaan dien die afgode! Maar as jy wil leer wat ware rykdom is, kom dien die Here AMEN 8