Sing vooraf: Psalm 4:2 (p. 15)

Vergelijkbare documenten
Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Dubbele kruis-belydenis

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Les 1 vir 7 Oktober 2017

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Welkom by Die Storie God se storie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk se Geboorte

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Van Vervolger tot Prediker

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jona en die Groot Vis

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Die Groot Gebod dennis de wet

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

God eer Josef die slaaf

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Jona en die Groot Vis

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Goeie Konings, Slegte Konings

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 4:2 (p. 15) 2 Weet dat die HEER vir Hom tevore / n gunst ling afgesonder het, en dat hy, deur God self verkore, / nooit op sy swerftog is verlore, maar dat die HEER hom hoor en red. / Beef dan, o dienaars van die sonde, oortree nie teen sy heil ge wil. / Deursoek jul hart in stille stonde, as eensaamheid omsweef jul sponde, / verwag die HEER en wees net stil. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 18:1 (p. 71) 1 Ek het U hart lik lief, o HEER! / U is my sterkte en teëweer. Die HEER s my rots, my vesting sterk, / my redder wat my heil bewerk, my rots wanneer die stormwind huil, / my skild, die weerkrag van my heil, my vesting op die bergkrans steil, / by wie ek vas en veilig skuil. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 19:7 (p. 84) 7 Bewaar my vir die kwaad / dat ek met trotse daad / u heil ge wil weerstreef; laat nie die sonde my / oorheers, dan sal ek vry / van groot oortreding leef. Laat tog my tong en mond, / my hart se diepste grond, / o HEER, op wie k vertrou het, U welbehaaglik wees / wat in my hart kan lees / my Rots, op wie k gebou het. Skriflesing: Lukas 5 Teks: Lukas 5:8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is n sondige man! (Lukas 5:8 AFR1953) Hierdie geskiedenis beskryf hoe die Here aanhoudend met ons moeite doen totdat ons Hom ken en ons roeping verstaan. Dit beskryf ook die verandering wat daar in gelowiges se lewens gekom het wanneer die Here Jesus in ons lewe inkom en deel word daarvan, want dit is nie so dat as jy n lidmaat van n kerk is, dit noodwendig beteken dat jy die Here ken en jou roeping teenoor Hom verstaan nie. Hierdie was nie die eerste ontmoeting tussen Jesus en die drie manne, naamlik Petrus, Johannes en Jakobus, nie. Hy het hulle vroeër al reeds as dissipels geroep (Johannes 1:35vv; Matteus 4:18vv; Markus 1

1:16vv.). Hulle was ook nie onbewus van die mag van die Here waarmee Hy wonderwerke kon doen nie. Hulle was byvoorbeeld al klaar geroep toe die Here die water in wyn verander het by die bruilof te Kana. Net n paar dae voor hierdie wonderlike visvangs het die Here Petrus se skoonma genees. Sy het n hoë koors gehad, maar nadat sy genees is, het sy hulle bedien. Petrus-hulle het dus geweet dat die Here Jesus reeds aan hulle geopenbaar het dat Hy mag het oor siektes en demone. Tog lyk dit asof dit nie regtig n neerslag op hulle gehad het nie. Daarom openbaar die Here dat Hy aanhoudend sal werk met diegene wat Hy liefhet en hulle sal aanhou nadertrek totdat hulle uiteindelik tot bekering kom en Hom dien. Daarom is hierdie gebeure rondom die eerste wonderlike visvangs n openbaring dat die Here beslag lê op mense totdat hulle sy Godheid aanvaar. Hy maak hulle sy dissipels en gebruik hulle om sy koninkryk uit te bou. Die manier waarop Jesus optree om die evangelie by mense tuis te bring, het ook teen die gewone verloop van die lewe ingegaan. Die gevolg daarvan is dat daar mense was wat diep aangegryp is deur Jesus se prediking en deur die openbaring van sy Goddelikheid. Van die kant van Israel af het daarmee die groeiende ergenis begin oor die wyse waarop Jesus as God met die mense omgegaan het om hulle sondes te vergewe en duiwels uit te dryf. Daar was natuurlik die wat gedryf was deur nuuskierigheid, maar daar was ook die wat verstaan het dat hulle hele lewe verander en vernuut word wanneer die Here Jesus deel word daarvan. Al hierdie dinge word in hierdie dag waarvan ons gelees het, se gebeure geopenbaar. Die Bybel beskryf dat daar n aandrang by die skare was om meer van die Woord van God te hoor. Hierdie mense het agtergekom dat die Here Jesus die Woord van God vir hulle kan uitlê. Hulle het om die Here saamgedrom om soveel as moontlik daarvan in te kry. Maar, die angstigheid om die evangelie te hoor, was nie by almal teenwoordig nie. n Entjie van Jesus af was daar n paar vissers besig om hulle nette uit te spoel. o Die prentjie wat geteken word, dui daarop dat hulle hulle nie veel gesteur het aan die uitleg van die Bybel wat by hierdie groep rondom Jesus was nie. o Hulle was afsydig. Dit was veral op hierdie manne wat die Here Jesus sy aandag toegespits het al het hulle dit nie geweet nie. Die opvallende is dit: Die Here het daardie groepie juis n ruk vantevore geroep om sy dissipels te wees. n Dag of wat tevore het Hy een van daardie vissers se skoonma gesondgemaak! En nou werk hulle ongeërg voort en hulle stel nie belang nie. Kyk hoe bly die Heilige Gees aandring by iemand wat uitverkies is, totdat hy eendag hoor en 2

verstaan waaroor dit gaan: Die Here dwing Petrus om te luister na sy prediking: Hy vra Petrus om sy boot te leen. Petrus roei toe n ent van die kant af sodat die Here vir die skare kan preek. Petrus moes in die boot bly sit het, want iemand moes die boot die hele tyd met die spane in posisie bly hou het terwyl die Here gepraat het. Maar blykbaar het dit Petrus ook nog nie werklik laat verstaan waaroor dit gaan nie, want die Bybel sê nie dat Petrus dieselfde aandrang as die skare gehad het nie. Daarom sê die Here daarna vir Petrus dat hy diepwater toe moet uitvaar en hulle nette uitgooi. Petrus is hieroor verbaas, want hy wys die Here daarop dat hulle die hele nag deur visgevang het en niks gevang het nie. Dit is asof hy die Here daarop wys dat visvang eintlik sy gebied is, en dat dinge nie so werk soos wat die Here dit voorstel nie. Maar, voeg hy by, as die Here so sê, sal hy dit doen. Miskien het hy die wonderwerke wat die Here al gedoen het in gedagte gehad. Die keer het die visvangs toe anders verloop as die vorige nag, want die nette wou skeur, en twee bote wou selfs sink van die baie vis. Hieruit blyk dit dat daar n groot verskil is tussen wanneer ons iets in ons eie krag doen en wanneer ons dit in opdrag van die Here, en dus in sy krag, doen. Dit kom ook uit in die name wat die Bybel hier vir Petrus gebruik. Toe hyself die nag deur probeer visvang het, en niks gevang het nie en daar gestaan en nette uitspoel het, noem die Here hom Simon. Dis die naam wat hy het wanneer hy twyfel en wanneer hy verdwaal in sy oortuigings. Die betekenis is dat die Here gesien het dat hierdie man wat dink dat hy weet wat hy doen, eintlik n swakkeling is. Nadat die klomp visse gevang is, val Petrus voor Jesus se knieë neer en smeek die Here om van hom af weg te gaan, want hy is n sondige mens. Dit is n baie sterk uitdrukking as daar gesê word dat iemand van jou af moet weggaan. Farao het dieselfde woorde gebruik toe hy Moses weggejaag het. o Toe het die farao vir Moses gesê: Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe. (Eksodus 10:28 AFR1953) Maak dat jy hier wegkom! Sorg dat ek jou nie weer sien nie, want die oomblik dat ek jou weer sien, sterf jy! (Eksodus 10:28). (Vergelyk ook: Psalm 6:8; Psalm 119:115; Psalm 139:19). Die Bybel het n paar verwysings waar die Here hierdie woorde gebruik om die finale oordeel mee af te rond: Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. (Matteus 25:41 AFR1953) (Matteus 7:23; Lukas 13:27). Toe Petrus hierdie woorde gesê het, het hy meteens besef hoe groot en magtig die Here is. Hy het begryp dat Jesus se almag alle grense deurbreek, ook die grense van die werking van die natuur. 3

Hy het ook besef dat hy in sy mensheid ver tekortskiet by hierdie mag. Daarom wou hy hê dat die Here wat so hoog en heilig is, van hom as besmette sondaarmens af weggaan. Hy het nie daarmee bedoel dat God hom moet verlaat nie hy het net gevoel dat hy te onwaardig is om in die Here se teenwoordigheid te wees. By hierdie geleentheid noem die Here hom nie weer Simon nie, maar Simon Petrus. Die Here het toe nog nie sy naam verander nie dit het eers in Lukas 6:14 gebeur. Tog noem die Here hom Petrus omdat die Here daarmee openbaar dat iemand wat sy sondes en sy swakheid besef, iemand is wat vir die Here diensbaar is. So n iemand is sterk. Die Here het dit aan Petrus verduidelik: Hy het vir Petrus gesê dat visvang nie meer sy eerste arbeidsveld gaan wees nie. Die klem gaan nou verskuif na Woordverkondiging toe. Hy moet mense gaan bekeer. Toe die Here dit gesê het, het Petrus-hulle eers regtig verstaan wat dit beteken het dat die Here hulle geroep het. Daarom gee die Bybel hierdie dramatiese beskrywing van hoe hulle die Here gevolg het: Die vissers was nie ryk mense nie. Hulle het juis die hele nag deur gewerk en geen inkomste gehad nie. Nou het hulle twee skuite vol visse daar is n finansiële deurbraak! Hulle kon baie geld maak! Maar hulle los alles net so en volg die Here. Petrus het die Here gevra om van hom af weg te gaan, en toe doen die Here presies die teenoorgestelde: o Hy neem Petrus met Hom saam. o Hy gebruik hom in sy diens. Uit hierdie gedeelte word dit duidelik hoe die Heilige Gees aanhoudend in die gelowige se lewe ingryp totdat ons tot bekering kom. Dit toon hoe die Heilige Gees op verskillende maniere die Godheid van die Here en daarmee saam ons roeping in sy koninkryk openbaar. Dit toon ook die lankmoedigheid waarmee die Here met ons werk. Sy genade is so groot dat Hy ons nie verwerp wanneer ons terugsak of nie dadelik tot bekering kom nie. Die Here openbaar ook hier hoe radikaal ons lewensaanpak en ons geloof verander word deur die Here Jesus Christus. Hierdie was n paar praktiese gebeurtenisse, maar hulle toon aan hoe die Here Jesus ons met God versoen en verander. Uiteindelik het Hy hierdie versoening aan die kruis voltooi, en die effek daarvan is dat ons in hierdie lewe al deur die Heilige Gees gebuig word uit ons ongeloof uit in ware geloof en roepingsgetrouheid in. Die effek daarvan is verder dat ons as volmaakte gehoorsames in die koninkryk van God mag ingaan om in n ewige en volmaakte verhouding met God te wees. 4

Daar sal ons die Here reg aanbid en van harte aanbid. Daar swaai die uitroep gaan weg van my af Here! om in n ewigdurende lofprysing dat die Here ons tot in ewigheid by Hom geneem het. Slotgebed Slotpsalm 9:1, 10 (p. 36) 1 Ek sal van ganser harte, HEER, u wonders groot maak en U eer. Ek sing omdat ek in U bly is, aan wie my lofsang toegewy is; 10 Dan vind my tong weer nuwe stof, in Sions poort meld ek u lof. Dan sing ek bly van u genade, so groot in nuwe reddingsdade. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 29 Julie 2007 (oggend) 5