JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jesaja sien die Toekoms

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Goeie Konings, Slegte Konings

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

'n Man gestuur deur God

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Baie welkom by vanoggend se erediens

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Toe God alles gemaak het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

n Dubbele kruis-belydenis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

LUKAS 12:50. Votum en seën. Psalm 105 : 2, 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) [Lees nommer van elke gebod]

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Die brief aan die Filippense

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Die Kerk se Geboorte

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Petrus en die Krag van Gebed

Transcriptie:

JONA 2:2 Votum en seën Psalm 148 : 1 Gebed Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 Preek: Al tug God Sy kind, hoor Hy nog as dié Hom roep Gebed Kollekte Psalm 42 : 4, 5 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Kán n mens die Here vra om jou te help terwyl Hy besig is om jou te tug? Is dit nie dan te laat vir genade nie? Moet n mens nie eers die tug klaar dra en dan daarna maar weer probeer om n beter kind van die Here te word nie? As jy hiérdie hoofstuk in die Bybel gelees het, dan besef jy dat dit nie so hoef te werk nie. Die Here is só goed dat Hy selfs vir Sy kinders wat Hy tug, n Helper is wanneer hulle in hulle nood na Hom roep. Dis die kerngedagte van vanaand se preek: - al tug God Sy kind, hoor Hy nog as dié Hom roep. Kom ons kyk na 1. God wat Jona tug 2. Jona wat roep 3. God wat help 1. GOD TUG Jona was n profeet van die Here, wat in die tyd van koning Jerobeam II van die Tien Stammeryk (Israel) as profeet opgetree het. Ons lees van suksesse wat hy vir Israel en Jerobeam geprofeteer het en wat vervul is wat so gebeur het soos wat hy geprofeteer het. 1 Hy was ook, so is duidelik uit hierdie boek oor hom, n gelowige mens n kind van die Here. Maar toe kry hy n baie moeilike opdrag. Hy moes God se oordeel oor Ninevé, die hoofstad van een van die groot moondhede van daardie tyd, vir hulle gaan aankondig. Hy moes vir mense wat heidene was, wat nie die ware God geken het nie, en wat vyande van die Israeliete was, gaan sê dat die Here teen hulle boosheid/sondigheid gaan optree! 1 2 Kon 14:25

3 n Bitter moeilike taak! - Dink net hoe moeilik is dit al om na vreemde lande toe te gaan en die góéie nuus van Jesus Christus daar te gaan preek. - Hoe moet jy slegte nuus aan vreemde en vyandige mense gaan oordra? En toe doen Jona n dwase ding: - hy doen nie wat die Here hom beveel nie; - hy s ongehoorsaam aan die Een wat hom stuur; - en dit nie in n oomblik van swakheid nie, maar in n beplande vlug presies na die teenoorgestelde kant toe as wat die Here hom gestuur het; - dis eintlik ook n belediging vir die Here, dat Jona dink jy kan vir Hom wegvlug 2 so asof Hy maar net die plaaslike godjie is en jy van Hom af kan wegkom deur landuit te gaan, terwyl Hy die ganse heelal vol is! 3 Maar toe keer die Here hom voor op sy vlugpad. En Hy keer hom voor met n tugtigende hand: - in die eerste plek al deur n storm op die see te laat opkom wat ál die mense op die skip en daarom ook Jona se lewe bedreig het; - in die tweede plek deur Jona te verneder deur hom voor al daardie heidense matrose deur die lot aan te wys as die skuldige; - en dan in die derde plek deur hom in die stormsee te laat gooi, wat so goed soos n doodsvonnis was; - en dan nog die ondenkbare verskrikking om lewendig deur n reuse-vis ingesluk te word! God tug Sy blatante ongehoorsame kind en dienaar. 2. JONA ROEP In sy nood, daar binne-in die vis, het Jona tot God gebid. Hy sê: - Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep - Uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp In vers 7 sê hy dat hy, toe hy gereken het dis verby met hom, aan die HERE gedink het en tot Hom gebid het. 2 Jona 1:10 3 Jer 23:24

4 Kan u u die benoudheid wat Jona moes deurgemaak het, indink? Uit sy beskrywing daarvan in hierdie verse, is dit duidelik dat hy in hierdie tyd by sy volle bewussyn was. Hy t dit beleef hoe hy in die stormsee gegooi word en hoe die verskriklike golwe en stormbranders van die diepsee oor hom spoel. 4 Hy t dit beleef hoe hy wegsink in die see toe hy nie meer bo kon bly nie en hy aan alle kante omring word deur die watermassas. 5 Dit het vir hom gevoel of hy tot op die seebodem afgaan - daar waar vir n mens se gevoel die berge begin; 6 - die laagste vlak van die aarde. Hy t dit beleef hoe hy in seeplante verstrengel raak en van hulle om sy kop gedraai is. 7 En omdat hy magteloos was om uit die see te kom, het dit vir hom gevoel asof hy met groot deure van die droë grond af weggesluit was. 8 En toe hy binne in die vis was, het dit vir hom gevoel asof hy iemand was wat klaar dood en begrawe was. 9 En onthou nou: - hy t nie geweet dat alles goed gaan eindig nie - en het waarskynlik daar in die vis in doodsangs gewonder hoe lank hy nog daar gaan leef en watter vorm sy onvermydelike dood daar gaan hê! Én hy t besef dat dit alles die Here se hand was wat hom getref het. Hy sê (volgens vers 2) dat dit die Hére is wat hom in die see gegooi het, al was matrose-hande die Here se instrumente. En hy noem die branders en golwe wat oor hom storm, u bare en u golwe. 10 Dis die Here wat hulle oor hom bring! En hy sê (volgens v 4) dat hy dit beleef dat die Here hom weggestoot het van Hom af. 4 Vers 3 5 Verse 3, 5 6 Vers 6 7 Vers 5 8 Vers 6 9 Vers 2 10 Vers 3

5 Hy wéét dis God wat hom tug. En tog roep hy Hom aan! Hy, die ongehoorsame kind en dienaar, wat van die Here af probeer wegvlug het, vlug nou in sy nood terug na God toe! En daar waar hy is binne in die vis, as t ware dood en begrawe, vra hy die Here se hulp. Want toe hy aan die Here gedink het, het hy onthou dat Hy n barmhartige en genadige God is, lankmoedig, getrou en liefdevol, 11 die Een wat nie vir altyd kwaad bly nie, maar sondes vergewe en as n Vader jammer kry. 12 Hy t verstaan dat die Here (soos die Here Jesus ons later uitdruklik sou leer), dié wat na Hom tot kom, nooit sal verwerp nie, 13 en dat die hemelse Vader n verlore seun wat terugkom huis toe, met oop arms verwelkom. 14 Jona bid. Terwyl hy die pak slae kry, roep hy Hy wag nie maar gelate tot alles verby is en probeer dan as hy dan nog sou leef om n beter kind van God te wees nie, maar ín sy nood roep hy God om te help! En hy wórd gehelp. 3. GOD HELP God het Jona gehoor roep en Hy t hom verhoor gehelp. 11 Exod 34:6; vgl ook Jona 4:2 12 Ps 103:9, 12-13 13 Joh 6:37 14 Luk 15:20

6 Hy beveel die vis om Jona op die droë grond, wat hy gedink het vir altyd vir hom toegesluit was, uit te spoeg. God, wat die storm gebring het en wat die lot só laat uitwerk het dat Jona aangewys is en wat die storm laat bedaar het toe Jona oorboord gegooi is en wat die vis beskik het wat hom ingesluk het, kan ook die vis net beveel en hy doen iets wat geen vis normaalweg sou doen nie: om sy prooi op land te gaan uitbring. Met Sy absolute beheer oor Sy hele skepping, tug die Here én help en red die Here! Eintlik help nie Here nie nou eers, as die vis Jona uitspoeg, nie. Op n manier het die vis wat Jona ingesluk het, hom al van verdrinking gered. En op maniere wat ons nie kan verstaan nie, het die Here Jona in die vis teen die normale verteringsprosesse beskerm en hom fisies aan die lewe gehou en by sy volle bewussyn. Dít was ook al hulp en redding! Maar die feit is: as hierdie ongehoorsame kind en ontroue dienaar van die Here Hom aanroep terwyl hy getug word oor sy ongehoorsaamheid en ontrou, dan hoor die Here met Sy barmhartige en genadige en lankmoedige en getroue en liefdevolle hart, en Sy hand, wat swaar gedruk het, word die hand wat wonderlik help. Natuurlik was dit nie die einde van die pad wat God met Jona geloop het nie. Jona moes hierna tog maar Ninevé toe gaan, want die Here laat Sy planne nie deur ongehoorsame kinders in die wiele ry nie. En die Here moes vorentoe nog hard skaaf aan Jona se eie geestelike lewe. Maar dis soos dit werk: - die Here verhoor Sy kinders wat roep, nie net om die lewe vir hulle makliker te maak nie, maar ook om Sy doel en plan met hulle verder voort te sit.

7 En eeue na Jona se lewe sou ons ook hoor, dat dit wat met hom gebeur het, bedoel was as n voorskou van die grootste nood en die grootste wonder wat hierdie wêreld ooit sou beleef: - dat die Here Jesus, wat regtig dood en begrawe was, nadat Hy aan die kruis gely en gesterf het juis om ons van die straf van God op al ons sondes te bevry, op die derde dag lewend uit die graf uitgekom het; - wat met Jona gebeur het, was n teken van die dood en opstanding van die Here Jesus Christus! 15 Maar op die heel basiese vlak, is hier n kind van die Here wat dit waag om die Here aan te roep terwyl hy weet dat hy vir sy ongehoorsaamheid getug word, en dan want so goed is die Here wonderlik deur die Here gehoor en help word. TOEPASSSING As jy in die stormwaters van die lewe beland, en die Heilige Gees (= God, wat in jou hart werk) jou laat insien dat dit die Here se hand is wat dit as tugtiging oor ongehoorsaamheid en ontrou oor jou gebring het, dan kan n mens dalk voel: - ek mag nie nou vir hulp en uitkoms vra nie; - ek verdien mos wat ek nou ly; - ek moet hierdie vonnis nou maar uitdien; - daarná sal ek weer met die Here n beter pad probeer loop. Maar wie so voel, moet weer aan die Here dink - aan die Vaderhart wat jammer kry en wat weet hoe nietig ons is; 16 - aan die Verlosser en Middelaar wat by die genadetroon vir ons intree as Een wat medelye het met ons swakhede; 17 - aan die Heilige Gees, wat woordelose versugtinge namens ons laat opgaan boontoe. Dink aan die Here, en roep Hom aan, in die nood, terwyl die houe val Hy sal hoor. 15 Mat 12:39-40; Luk 11:29-30 16 Ps 103:13-14 17 Hebr 4:15-16; 9:24

8 En Hy sal help. Hy t maniere om Sy kinders in hulle diepste nood te help, totdat Hy die bevel gee dat die benoudheid jou moet uitspoeg en jy weer heerlik op vaste grond staan AMEN