Sing vooraf staande: Psalm 89:11 (p. 446)

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Welkom by Die Storie God se storie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Die Groot Gebod dennis de wet

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Geroep vir Gemeenskap

Les 2 vir 13 Oktober 2018

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

n Tempel Leier besoek Jesus

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

Preek Romeine 1:16-17

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Sing vooraf staande: Psalm 89:12 (p. 447)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 TESSALONISENSE 5:25

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Dooppreek Mika Bogaards

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Preek 2 Korintiërs 5:7

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

2. Die skepping van die mens

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 89:11 (p. 446) 11 Hy sal dit uitroep: HEER, U is my Vader trou, / my God, my Rots van heil waar ek alleen op bou. Hy is vir My n seun tot hoogste rang gebore, / wat Ek tot koning van die konings het verkore. Vir hom bly my verbond vir altyd vas en stewig, / my goedertierenheid bewys Ek hom vir ewig. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 25:7 (p. 117) 7 Gods geheim nis is die lewe / vir wie wandel in sy vrees; en Hy t sy verbond gegewe / om vir hul n lig te wees. k Hou my oë op die HEER / wat my so getrou gelei het, want Hy voer my voete weer / uit die net wat hul gesprei het. Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet bely ons voor God ons hoop op verlossing met Ps. 71:9 (p. 355). Wet Psalm 71:9 (p. 355) 9 Ek voel my sterk, aan U verbonde; / my mond vind tot u lof / gedurig ruimer stof. U redding meld ek elke stonde; / al kan ek dit nie skat nie, / besyfer of bevat nie. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Doop: George Phillip du Plessis Skrifberyming 8-1:1 (14:1) 1 Water sal ek op hul sprinkel, / water uit n springfontein". En van alle onreinighede / was die HEER sy volk dan rein. Nuwe harte gee k aan julle, / en Ek gee n nuwe gees; k sal die hart van klip verwyder, / aan jul gee n hart van vlees. 2 k gee my Heil ge Gees aan julle, / wat die krag verleen en trou om te wandel in my weë / en my wet te onderhou. En jul sal die land van seën / deur my seën weer verkry waar k n God sal wees vir julle, / jul n volk sal wees vir My. 1

Psalm 81:1, 12 (p. 411) 1 Laat ons nou die HEER / wat sy volk verbly het / deur sy sterkte, eer! Hom, die grote God, / wat weer feesgenot / vir sy volk berei het. 12 Open julle mond, / eis van My vrymoedig / op my trouverbond: al wat jul ontbreek, / skenk Ek as jul smeek / mild lik en oorvloedig. Skriflesing: 2 Korintiërs 3 Teks: 2 Korintiërs 3:5, 6 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. (2 Korintiërs 3:5, 6 AFR1953) Om n verbond met die Here te hê, is om baie intieme omgang met die Here te hê. Hierdie omgang en saamlewe met die Here is niks anders nie as n loutere vreugde. Vir die wat dit reg verstaan en doen, is dit die grootste genot. Ons moet omgang met die Here geniet soos wat ons wyn geniet wanneer ons wyn drink (instelling van die Nagmaal). Ons gee vanoggend in hierdie preek aandag aan die volgende sake: 1. Waar kom die verbond vandaan? 2. My verbondslewe moet vertoon word. 3. Verbond en vryheid 1. Waar kom die verbond vandaan? Ons lees in die Bybel baie van die verbond. Ons lees byvoorbeeld dat die Here vir Noag sê dat Hy met hom n verbond sal sluit. Die verbond was baie intiem, want die Here sê vir hom reguit dat die Here die verbond oprig tussen Homself en Noag persoonlik en sy seuns met hulle almal se vrouens. Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. (Genesis 6:18 AFR1953) Nadat die watervloed verby is, het die Here weer na Noag toe gegaan en die verbond met hom opgerig. In hierdie verbond val sekere dinge ons sterk op: Die Here herhaal al die dinge wat Hy vir Adam gesê het: o Hulle moet vrugbaar wees en die aarde vul. o Hulle moet oor die diere heers. o Hulle moet in n baie noue gemeenskap met die Here lewe. As bewys van die Here se trou en sy gemeenskap met die mens, gee die Here vir die geslagte na Noag die reënboog as n teken (Genesis 9:9-17). Daarna lees ons weer van die verbond. Dié keer rig die Here die verbond met Abraham op. o Wat baie opvallend is, is dat dieselfde dinge wat die Here vir Adam en Noag gesê het, weer gesê word. o Daar word nog steeds gepraat van mense wat moet vermeerder God gaan Abraham se 2

o nasate so baie maak soos die sterre aan die hemel en die sand wat op die seestrande lê. Daar word ook weer gepraat van n teken: Nie weer n reënboog wat buite die mens is nie hierdie keer n teken wat die mens aan sy lyf moet ronddra as bewys van sy verbintenis met die Here, naamlik die besnydenis. Baie belangrik is dat die Here vir hom sê dat God vir hom en sy nageslagte n God sal wees en hulle sal vir hom n volk wees. Die Here het ook baie duidelik gesê dat hierdie verbond net sal geld solank as wat die nasate die verbond onderhou. Dit beteken dat daar n baie noue wisselwerking tussen hulle en die Here moet wees. Om hulle daaraan te herinner dat hulle vir die Here en uit die Here lewe, moes hulle besny word, sodat hierdie teken hulle altyd weer in hulle omgang met die Here kon opskerp (Genesis 15:18; Genesis 17:2-21; Genesis 31:44). Hierdie omgang met die Here raak letterlik alles in die lewe. o o Dit maak selfs voorsiening vir jou blyplek. Die Here het Abraham belowe dat Hy Kanaän vir sy nasate sou gee wat die Here toe ook gedoen het. Later jare het die nasate van Abraham in Egipte beland. Daar was hulle swaar verdruk. In hulle pyn en ellendes het hulle sterk na die Here geroep en gebid dat Hy hulle moet help. Die Here het hulle verhoor. Hy het Moses gebruik om hulle te verlos. Maar wat baie belangrik is, is die rede wat die Here gee waarom Hy hulle verhoor het: Hy het hulle verhoor omdat Hy n verbond met hulle gehad het (Eksodus 2:24; Eksodus 6:3-5). Die Here is n seënende en n reddende God vir die wat met Hom omgaan met ander woorde die wat gemeenskap met Hom onderhou. Dit is die mense: wat daarin glo dat die verbond n krag van God is; en wat verstaan wat die verbond van die Here met hulle beteken; en wat van gemeenskap met die Here n saak maak. Die Here herhaal hierdie selfde beginsels toe Hy die Wet op Horeb gegee het. Hy het presies dieselfde opdrag en belofte gegee: Ek sal vir julle n God wees en julle sal my volk wees. En daarby: Julle moet my verbond onderhou (Eksodus 19:5, 6). Om die verbond met die Here te onderhou beteken nie dat ons net die hele dag op ons knieë moet staan en bid nie. Die verbond oorspan ons volle lewe. Dit raak tot dinge soos ons blyplek. Toe die Here die verbond met Abraham gesluit het, het die Here as deel van die verbond belowe dat Hy Kanaän as n vaderland vir die nasate sal gee. Ons lees in Eksodus 23:32 dat die verbond wat die Here met ons het, in ons privaatlewens insny, want die verbond bepaal selfs met wie ek ooreenkomste mag aangaan en met wie nie. Dit is nie die geval dat die Here ons met die verbond wil boelie nie. Die feit is dat ons onsself al klaar in die sonde ingeboelie het, en dat die Here ons met die nuwe verbond in Christus daaruit verlos het. Daarom kan Hy die reëls vir die verlossing maak, en ek moet dit volg of verlore gaan. 3

Die Here gee sy redes waarom ons nie met verkeerde mense mag omgaan nie. o Hy sê dat hierdie mense ons gaan beïnvloed en dan gaan ons die regte spoor verloor (Eksodus 34:15, 37, 38). o Die Here het so n voorbeeld laat opteken in die Bybel: Bileam het vir Balak raad gegee dat hy die vrouens met sy volk moet laat vriende maak met die Israeliete, dan sal die Here self vir die Israeliete kwaad word en hulle doodmaak. Dit het toe so gebeur (Deuteronomium 31:15, 16, 20; Rigters 2:1, 2; Openbaring 2:14). 2. My verbondslewe moet vertoon word. Dit is waarom Paulus vir die Korintiërgemeente skryf dat hulle n aanbevelingsbrief is. n Aanbevelingsbrief is dieselfde as n attestaat. Die gemeente se lewe moet kan getuig van hulle roeping in die verbond. Die saak raak ons gemeente ook. Ons moet ook n brief wees. Die brief oor ons is ook nie met gewone ink geskryf nie dit is n geestelike brief wat deur die Heilige Gees geskryf is. Die Heilige Gees doen n beroep op ons: die Korintiërs het dadelik so verstaan dat die Heilige Gees wat in hulle werk, nie n middel is nie, maar die werkende Oorsaak van hulle geloof. Dit wat die Heilige Gees in n mens se hart skryf, is blywend en lewend, want Hy is God. Die Heilige Gees skryf die verbond, en alles wat daarmee saamhang, in ons harte en verstande in. Daarom moet sy skryfwerk n bepaalde heerlikheid in ons lewens vertoon. Die bekwaamheid wat elke kerk en elke lidmaat moet hê, word direk deur die Here veroorsaak. Hy skryf dat ons vertroue deur Christus kom, en dat ons bekwaamheid uit God is. Elke gelowige se bekwaamheid moet uitkom in die manier waarop hy/sy die Nuwe Testament of die nuwe verbond in sy lewe hanteer. Paulus verwys na drie gedeeltes in die Ou Testament waar die Here belowe het dat Hy n nuwe verbond/testament aan die volk sal gee. Al drie kere het die Here gesê dat hy die harte van klip sal verwyder en dat Hy aan die gelowiges n hart van vlees sal gee. Die hart van klip sien op ons sondige verhardheid, maar die woorde wat die Here gekies het, wys daarop dat dit ook gaan oor die Tien Gebooie die twee kliptafels (Jeremia 31:33; Esegiël 11:19; Esegiël 36:26). Dit is eintlik vanselfsprekend, want die verbond en die Tien Gebooie kan nie van mekaar af losgemaak word nie. Hierdie tydperk van die nuwe verbond het nou aangebreek in die versoening deur Jesus Christus en vanselfsprekend dan ook in die nawerking van God die Heilige Gees. Dit staan met spesifieke verwysing na Esegiël 31:31 in Hebreërs 8:10. Die Here stel die eerste verbond en die nuwe verbond teenoor mekaar. Hy beklemtoon veral die heerlikheid van die Nuwe-Testamentiese bedeling. 4

Die Here Jesus Christus is die hoogste bron van bekwaamheid. Ons moet dit besef in sake soos ons geloofsbelewing en die prediking in die kerk van die Here. Ons moet besef dat die Heilige Gees van die lewende God die geloofslewe van elke gelowige in stand hou. Dit beteken dat die wet van die Here in ons harte moet lewe. Ons moet nie met die verbond van die Here maak asof dit is soos die twee kliptafels wat Moses by die volk aangedra het, en dit daar laat vassteek nie. Daarmee word die verskil tussen die eerste verbond en die nuwe verbond gestel. Ons moet die gemeenskap met die Here Jesus voluit ervaar. Ons moet sy nabyheid en sy seëninge oor ons belewe. Ons ken die nuwe verbond al uit die ou tyd uit toe Jeremia dit voorspel het (Jeremia 31:31). Uit Jeremia leer ons dat die nuwe verbond nie allerhande uitwendige seremonies vereis nie, omdat Jesus Christus van die uitwendige doen van allerhande dinge af na die binnekant van die gelowige se lewe toe gaan. In 1 Korintiërs 11:25 gebruik die Here Jesus ook die term nuwe verbond. Dit verwys nou na Jesus se woorde toe Hy die Nagmaal ingestel het. Jesus het gesê: Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. (1 Korintiërs 11:25 AFR1953) Die Nagmaal dui dus ook aan dat die nuwe verbond met Christus begin het. (Die doop leer presies dieselfde!) Die ou bedeling het sy hoogtepunt gehad in die verbond wat die Here in Abraham en al die gelowige geslagte gesluit het. Dit het later sy neerslag gehad in die Tien Gebooie wat deur die Here se eie vinger geskryf is. Ons lewe nie meer onder daardie verbond nie. Ons lewe onder die nuwe verbond wat die Here met ons in Christus opgerig het. Die nuwe verbond vind sy hoogtepunt in ons omgang met God die Heilige Gees deur Jesus Christus, natuurlik. Ons dink hier aan Pinksterdag toe die Heilige Gees in die midde van die gemeente kom woon het. Daarmee het ons bedienaars geword van hierdie beter verbond soos wat dit in ons teksvers beskryf word. Ons het soveel meer heerlikheid as die mense van die eerste verbond, want ons is beklee met die heerlikheid van die Heilige Gees. Hoeveel meer moet ons dan nie na die Heilige Gees luister en in gemeenskap met Hom lewe nie, want Hy laat die gelowiges begryp hoe die verbondsgemeenskap van die Here in ons lewe werklikheid word. Om voortdurend met Hom in n biddende en gehoorsame gemeenskap te wees, is inderdaad verbondsgemeenskap. So kry ons gemeenskap met die bloed van Christus as ons deur die Heilige Gees se leiding as 5

oorwinnaars oor die sonde lewe. Die Heilige Gees laat ons verstaan hoe ons deur Jesus Christus toegang tot die hemel kry. Dit laat ons die heerlikheid van God se inwoning en heerlikheid beleef. Dit is waarom Paulus dit in die gedeelte wat ons gelees het n nuwe testament noem. Dis n nuwe bedeling waarin die verheerliking van die gelowiges deur die soendood van Jesus die hoofklem dra. Nou moet ons as n Nuwe-Testamentiese gemeente vir onsself duidelik uitmaak waar ons met hierdie saak staan. Omdat die Here se verbond in ons moet lewe, moet ons hierdie vermoë om met die Here te kan omgaan ook op ons kinders oordra. Dit is wat ons belowe wanneer ons ons kinders laat doop. Ons moet hulle leer hoe om die nabyheid van die Here te ken, en vir God se Heilige Gees te kan luister. Volgens hierdie gedeelte sal die ongelowige die verbond van die Here sien as iets geweldig neerdrukkends. Dit sal vir hom n klomp letters wees wat hom wil versmoor. Daarom sal hy ook altyd daarvan wil loskom. Sulke mense sal bly vassteek by die uiterlike letter van die verbond van die Here en sodoende sal die werking van die Heilige Gees in hulle ontbreek. Daarom aanbid hulle die Here ook nie lewend nie. Uiteindelik is dit so dat die ware Christenskap by hulle ontbreek. 3. Verbond en vryheid Die Here Jesus Christus vra van ons om baie nougeset te bly by al die dinge wat die Bybel van ons vereis. Die ware Christen leef met die Here saam omdat Hy deur die Heilige Gees gedryf word om dit te doen. Hy doen dit omdat hy vir die lewende Christus met hierdie nougesetheid die hoogste dankbaarheid wil gee wat vir hom as mens moontlik is. Die opdrag in hierdie gedeelte is so eenvoudig. Gaan dien die Drie-Enige God met jou hart en jou siel, volgens die letter van sy Woord, maar lewend soos wat die Heilige Gees jou lei. Die Here versterk ons sodat ons dit kan regkry. Hy gebruik daarvoor die twee sakramente. o Wanneer ons nog baie klein is, word ons gedoop as teken van die verbond van die Here met ons. o Wanneer ons geestelik tot wasdom gekom het, herinner Hy ons met die Nagmaal dat Hy sy verbond met ons nog steeds in stand hou nou net nuut in Christus omdat dit ons al rig op die hiernamaals en nie meer net op hierdie aardse lewe nie. By mense wat die verbond nie verstaan nie, bly daar verharding en gebrek aan insig totdat daar iets met hulle gebeur. Die verandering kom deur bekering, want wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem (v. 16). 6

Die Bybel leer ons dat die bedekking op n baie spesifieke manier weggeneem word. Dit gebeur deur die werk van die Heilige Gees in ons. Die presiese woorde wat in die Bybel staan is: Die Here is die Gees en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. (2 Korintiërs 3:17 AFR1953) Van watter soort vryheid word hier gepraat? Die vryheid dat jy nie meer die gordyn van onkunde en verhardheid het wat oor jou hang nie. Die vryheid dat ons nou in die versoening van Jesus Christus vry-uit met die Here kan omgaan. Die oomblik wanneer ons glo, dan word die versoening tussen ons en God n volle werklikheid. Dan is die Bybel nie meer hierdie klomp wette wat met letters op blaaie papier geskryf staan nie. Dan lewe die wil van die Here in my binneste, en vloei dit uit my binnekant uit na buitekant toe in alles wat ek doen en sê. Ek is dan vry. Ek het meteens baie ruimte, want ek verstaan waaroor alles gaan. Ek het meteens die volle ruimte van God se genade waarbinne ek kan beweeg. En die blink van hierdie genade slyt nie af soos die blink van Moses se gesig af nie. Dit bly vir ewig. Wat is die gevolg van hierdie vryheid en van die werk van God die Heilige Gees in my? Ons sien al hoe meer die heerlikheid van die Here in sy openbaring raak (v. 18). Terselfdertyd verander die Heilige Gees ons ook sodat ons al hoe meer soos hierdie beeld begin lyk. So kry die nuwe verbond deur ons Here Jesus al hoe meer gestalte in elkeen van ons. So lei die Heilige Gees ons op die spoor van Jesus Christus om verbondsgemeenskap met die lewende God te hê deur ons lewe, ons dood en deur ons opstanding tot in die ewigheid van God se koninkryk. Slotgebed Skrifberyming 2-4:2 (33:2) 2 Wat die Heer nog meer vervul het, / bly verborge; tot die stond al die wonders ons onthul het / van die eewge vree-verbond. Ja, wanneer die Here kom, / dan word ons gelyk aan Hom, want ons sal in klare omlyning / Hom aanskou in sy verskyning. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 4 Maart 2007 (Gemeentekamp) 9 Januarie 2011 7