Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1)

Vergelijkbare documenten
Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

Welkom by Die Storie God se storie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

n Tempel Leier besoek Jesus

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Goeie Konings, Slegte Konings

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Van Vervolger tot Prediker

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Preek Romeine 1:16-17

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Les 2 vir 13 Oktober 2018

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Kerk se Geboorte

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Jona en die Groot Vis

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Die Groot Gebod dennis de wet

Van Vervolger tot Prediker

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Toe God alles gemaak het

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Preek 2 Korintiërs 5:7

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Petrus en die Krag van Gebed

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

God eer Josef die slaaf

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Toe God alles gemaak het

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

'n Man gestuur deur God

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Transcriptie:

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Liturgie Votum Seën Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Loflied: Ps 81:1,2,3 (1936) Gebed Sing: Ld 168:1,2,3 Skriflesing & prediking Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Inleiding Geliefdes, ons gaan DV in die aanddienste wat kom deur Openbaring werk. Ons gaan dit bietjie anders doen as hoofstuk vir hoofstuk ons gaan meer n voëlvlug tipe benadering hê. Ons gaan dus oor die bos vlieg, sonder om tussen die bome rond te loop. Hoekom? Want ons het die boek Openbaring nodig net soos die eerste lesers dit nodig gehad het. Vir die eerste lesers was hierdie boek n groot troos en bemoediging, en vandag nog is hierdie boek n groot troos en bemoediging vir elke gelowige. Vers 3 sê dat elkeen wat die woorde van hierdie profesie lees, en dit hoor en ter harte neem geseënd sal wees! Openbaring is geskryf toe Christene op n wrede manier vervolg is. Dit was een van die ergste en wreedste vervolgings in die geskiedenis van die kerk. Keiser Domitianus het beveel dat almal hom as Here moet aanbid, maar die Christene het geweier en daarom is hulle wreed vervolg. Sommige Christene is lewendig aan die brand gesteek; ander se arms en bene is deur perde van hulle lywe afgeskeur; sommige is gekruisig en ander is vir die leeus gegooi. Die vraag is: Hoe het die Christene dit reggekry om staande te bly tydens so n wrede vervolging? Hoe het hulle getrou gebly en nie hulle geloof verloën nie? Dit is n historiese feit dat hoe meer die Christene vervolg is, hoe meer het die evangelie versprei en die kerk gegroei. Die bloed van die martelare was die saad van die kerk! Die mense het gesien dat Christene vervolging met moed, krag en blydskap hanteer. Dit het hulle laat besef dat die Christene iets baie spesiaal het en dit het hulle aangemoedig om self Christene te word.

So, hoe het die Christene dit reggekry om vervolging met soveel moed te hanteer? Die antwoord is dat God hulle in staat gestel het om dit te kan doen. Deur die boek Openbaring het die Heilige Gees hulle versterk en bemoedig sodat hulle enige iets in die oë kon kyk. Dieselfde Heilige Gees gebruik vandag nog die boek Openbaring om Christene te versterk en te bemoedig. As die Heilige Gees Openbaring gebruik het sodat die eerste lesers hulle probleme in die oë kon kyk, dan kan die Heilige Gees mos hierdie boek ook in ons lewens gebruik sodat ons ons probleme in die oë kan kyk. 1. God is die Almagtige Openbaring word aan die begin en die einde van die boek as n profesie beskryf. Dit is nie n boek vir spekulasies, drome of fantasieë nie. Dit gee ook nie n kalender vir die wêreldgebeure nie. Openbaring gaan oor hoe God die hede, verlede en toekoms beheer en daarby betrokke is. En dit is n geweldige troos vir gelowiges wat swaarkry of vervolg word. God het die apostel Johannes gebruik om Openbaring te skryf. Hy was op die eiland Patmos. Keiser Domitianus het hom hierheen verban omdat hy die evangelie verkondig het. Dit was ongeveer in die jaar 95 n.c. en Johannes was toe al n ou man van ongeveer 85 jaar. Waarskynlik was hy die enigste apostel wat toe nog geleef het. Maar al is Johannes al oud die Here gebruik hom, en Hy gebruik hom om hierdie wonderlike troosboek te skryf. Openbaring begin met n seëngroet vir elke gelowige. Vannaand het die Here ook ons as gemeente met hierdie seëngroet gegroet: Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Hierdie is n seëngroet van die Drie-Enige God. Die beskrywing van God as Hom wat is en wat was en wat kom herinner ons aan God se naam Ek is. Toe God aan Moses verskyn het, het Hy vir hom gesê Ek is wat ek is. Hierdie naam leer ons dat God ewig, onveranderlik en aktief is. Die sewe Geeste voor sy troon wys op Heilige Gees en sy volmaakte werk. En dan word ons nie net deur die Vader en die Heilige Gees gegroet, maar ook deur Jesus Christus. Hy word op drie maniere beskryf: 1. Hy is die geloofwaardige getuie; 2. Hy is die eerste wat uit die dood opgestaan het; 3. Hy is die heerser oor die konings van die aarde. Dit is wonderlik dat die Drie-Enige God ons so groet! Op die dag van die Here, met ander woorde die Sondag, verskyn Jesus aan Johannes en beveel hom om dit wat hy sien op te skryf en te stuur aan sewe gemeentes in klein Asië. Die getal sewe in die Bybel beteken volledigheid of volkomenheid. Die sewe gemeentes simboliseer die Here se kerk van alle tye en plekke. Openbaring is dus ook vir ons vandag geskryf! Nadat Johannes die opdrag gekry het om dit wat hy sien op te skryf, draai Hy om en Hy sien Iemand soos die Seun van die mens. Merkwaardig sê Johannes nie sommer net duidelik: ek het vir Jesus gesien nie. Nee, net soos in die res van die Bybel is die heerlikheid waarmee alles gepaard gaan vir hom te oorweldigend. Maar hy sien n beskrywing van Jesus se almag en majesteit. In vers 13 lees ons dat Hy n lang kleed aangehad het en n goue band om sy bors gedra het. Hierdie beskrywing wys daarop dat Jesus die volmaakte Hoëpriester is wat sy werk voltooi het. Hy het klaar die volmaakte offer gebring en daarom is die band nie meer om sy heupe nie, maar om sy bors.

In vers 14 lees ons dat sy hare soos wit soos wol was en dit wys op sy heiligheid en heerlikheid. Vers 14 sê verder dat sy oë soos vuur gevlam het en dit simboliseer sy insig en alwetendheid. Niks is vir Jesus onbekend nie. In vers 15 lees ons dat sy voete soos geelkoper was wat in n smeltoond gloei. Dit wys op Jesus se standvastigheid en onveranderlikheid. Hy is dieselfde gister, vandag, more en tot in alle ewigheid. Vers 15 sê verder dat sy stem soos die gedruis van n groot watermassa was. Dit simboliseer die gesag waarmee Jesus optree en praat. In vers 16 lees ons dat n skerp swaard met twee snykante uit sy mond uitgekom het. God se Woord sny tot in die diepste deel van jou lewe, en maak skeiding tussen gelowiges en ongelowiges. Vers 16 sê verder dat sy voorkoms soos die son was wat op sy helderste skyn. Dit wys op die heerlikheid wat vanaf Jesus uitstraal. Mens kan nie direk daarna kyk nie, dit verblind! Die hele beskrywing van Jesus wys op sy almag en dat Hy die oorwinnaar is. Waar is Jesus? Waar is die seun van die mens? Hy is by sy kerk geliefdes! Sewe goue lampe is die sewe gemeentes. Dit is die betekenis dat Hy tussen sy gemeentes is. Hy is in sy kerk teenwoordig; Hy weet wat in sy kerk aangaan en Hy regeer en beskerm sy kerk. Verder hou Jesus die sewe sterre in sy regterhand wat die leraars of boodskappers van die sewe gemeentes is. Die betekenis hiervan is dat Hy die leraars van sy kerk vashou en beskerm sodat hulle sy boodskap kan verkondig. Hierdie beskrywing van Jesus is n geweldige vir gelowiges wat swaarkry en vervolg word. Dit verseker ons dat God almagtig is en dat Hy sy kerk versorg en regeer. Dit verseker ons dat God die Alfa en Omega is van alles wat bestaan. 2. God is die Alfa Alfa is die eerste letter van die Griekse alfabet. Dat God die Alfa genoem word beteken dat Hy die begin van alle dinge is. Jesus was daar toe die Vader alles gemaak is, en saam met die Vader het Hy alles gemaak. Luister wat sê Kol. 1:16: God het deur Hom (Jesus) alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. En nadat Hy ons van die sonde verlos het, het Jesus die Heilige Gees aan gelowiges gegee om hulle te herskep. Deur die Heilige Gees is Hy besig om ons nou al nuut te maak en hierdie proses gaan voltooi word met die nuwe hemel en aarde. Dat God die Alfa is, is dus n groot troos en verantwoordelikheid. Dit is n groot troos want ons weet dat ons lewe by God begin het. Hy het ons gemaak en is in beheer van ons lewe. Hy het n plan met ons lewe en niks gebeur sonder sy wil nie. Ons is nie n ongeluk of n ontploffing van molekules nie. Ons is ook nie soos n klok wat op sy eie loop tot dit eendag gaan staan nie. Nee, God het ons gemaak en Hy onderhou en regeer ons lewe. Dat God die Alfa is, gee ons ook n verantwoordelikheid. Ons moet verder as onsself en ons eie planne kyk. Ons moet raaksien dat God ons gemaak het dat Hy in beheer is. Alles begin by sy plan en nie die planne

wat ons probeer maak nie. Wanneer ons planne nie deel is van God se planne nie gaan dit misluk. En daarom moet God se plan met die wêreld leer ken sodat ons daarvan deel kan wees. En wanneer ons probleme het dan moet ons nie na onsself kan vir oplossings nie, maar na God. Vra Hom vir hulp, soek sy wil! Begin alles wat jy doen by God en dan sal jou lewe betekenis hê! (soek alleereers die koninkryk van God en dan sal Hy jou paaie gelyk maak) God moet die beginpunt die Alfa-punt in jou lewe wees. God is die beginpunt van ons lewe, ons geloof... 3. God is die Omega God is nie net die Alfa nie, maar Hy is ook die Omega. Omega is die laaste letter van die Griekse alfabet. Dat God die Omega genoem word beteken dat God die eindpunt van alle dinge is. Alles is nie net deur God gemaak nie, maar alles is ook vir Hom gemaak. Alles in die skepping se einddoel is om God te eer en te verheerlik. Alles is vir Hom vir sy koninkryk, sy eer en sy heerlikheid. Hierdie waarheid het n belangrike toepassing vir ons lewe, geliefde gemeente. Dit beteken dat God die omega punt die eindpunt van ons hele lewe moet wees. Ons lewe vir sy doel en sy eer. Geliefde broer en suster en kind. Wat is die einddoel van jou lewe? Wat is jou omega-punt? Waarvoor leef jy en wat gee betekenis aan jou lewe? Daar is twee maniere waarop n mens na God kan kyk: 1. Die eerste manier is om God te sien as die middel. 2. Die tweede manier is om God te sien as die doel. Baie mense sien God as die middel en hulleself as die doel. Hulle dien God sodat hulle kan kry wat hulle wil hê. Vir hulle is God belangrik want Hy moet hulle seën en hulle help om hulle eie doelwitte te bereik. En wanneer dinge nie uitwerk soos hulle dit wil hê nie, dan gooi hulle hulle hande en die lug en sê: Wat help dit om n Christen te wees? Ek kry niks daaruit nie! Geliefde gemeente, die Bybel leer ons dat dit nie so werk nie. God is nie daar vir ons doel nie. Ons is daar vir sy doel. Ons is die middel en Hy is die doel! Ons kan net een omega punt hê en dit is God self. God sê vir ons vannaand: Moenie my dien om iets daaruit te kry nie, maar dien my om My te kry. Dien my om my koninkryk te laat kom en om my te eer en te verheerlik! Wat is jou omega punte daardie dinge wat betekenis aan jou lewe gee. Miskien is dit die goeie punte wat jy kry, of jou vriende, of jou werk. Dalk is dit jou huis of jou kar. Ons kan net een omega punt hê en dit is God self. Hy is die doel en alles wat ons is en het is die middel. Beteken dit dat ons nie ideale en drome mag hê nie? Nee, dit is nie wat dit beteken nie. Ons mag ideale en drome hê vir onsself en ons kinders. Maar in ons ideale en drome moet ons die begeerte hê om God daarmee te dien en Hom te eer. God belowe ons dat Hy ons alles sal gee wat ons nodig het om te kan leef en werk tot sy eer. Ons behoeftes is nie vir God onbelangrik nie. Dit is vir hom baie belangrik en daarom leer Jesus ons dat ons dit

elke dag daarvoor moet bid. Maar wanneer God in ons behoeftes voorsien dan moet ons onthou dat God dit aan ons gee sodat ons Hom daarmee moet dien. In Matt. 6:33 sê Jesus: beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Die verhaal word vertel van n man wie die koningin van Engeland op n ontdekkingsreis wou stuur. Die man sê toe vir haar: Ek het n klein besigheid en dit gaan relatief goed met my besigheid. Maar as ek nou weggaan, gaan my besigheid ten gronde gaan. Die koningin van Engeland kyk toe na hom en sê: As jy my belange behartig, sal ek na jou besigheid kyk! Onmiddelik was daardie man se bekommernis oor sy besigheid weg. Want sien, hier is die koningin van Engeland met mag en rykdom, en sy sal na sy besigheid kyk. Wat n gerusstelling! Hy kan met vrymoedigheid op die ontdekkingsreis gaan. En dit is presies wat ons God ons leer. Wanneer Hy die doel in ons lewe is, wanneer ons sy belange behartig en doen wat Hy van ons vra, dan sal Hy na ons besigheid kyk! Ons kan hom regtig daarvoor vertrou! Slot Geliefde gemeente, ons ervaar baie keer probleme. Ons kry finansiëel swaar, of ons sukkel met gesondheid, of ons word vervolg en gespot. En daarom is Openbaring n wonderlike troosboek vir elke gelowige. Openbaring leer ons om verby onsself te kyk en God raak te sien. Openbaring laat ons besef dat God die almagtig is en dat Hy die Alfa en die Omega is. Hy is die begin en voleinder van ons! Ons kan rustig wees - Hy is in beheer van die verlede, hede en toekoms! AMEN Gebed Offergawes Sing: Skb 15-1:1-4 Wegstuurseën