2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Welkom by Die Storie God se storie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

26. Kies wysheid 1 Konings 3

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Paulus en sy vriende vertel ander van God

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God eer Josef die slaaf

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

n Tempel Leier besoek Jesus

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jakkals lê eendag heerlik en

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

10. Jesus help my verstaan

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

IH Scholtz Preekmanuskrip: Mattheus 9:9-13 Mei 2016

FAKTORE EN VEELVOUDE

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Pragtige Koningin Ester

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

'n Man gestuur deur God

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

Antonieme en sinonieme

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Transcriptie:

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring waar ons vrolik saam om ʼn tafel feesvier. Agtergrond en interpretasie Lees gerus die kommentaar by http://www.crossmarks.com/brian/mark2x13.htm. ʼn Bietjie later vanjaar kyk ons na ʼn ander tollenaar, Saggeus (Luk 19:1-10). Dit sou dus goed wees om tydens hierdie ontmoeting ʼn goeie verduideliking te gee van wat ʼn tollenaar is. (Daar is 'n kort uiteensetting agter in die Afrikaanse Bybelvertaling onder die kernwoord tollenaar.) Die onderskeid wat gemaak word tussen arm tollenaars soos Levi dalk was en ryk tollenaars soos Saggeus, kan help met die interpretasie, al is sosiale stand nie hier op die voorgrond nie. Wat wel hier ter sake is, is godsdienstige reinheid. Ook die manier waarop die skrifgeleerdes en veral die Fariseërs hulleself as rein, afgesonder (heilig) en meerderwaardig beskou het, veral in vergelyking met die onrein tollenaars. Daar is ʼn groot waarskynlikheid dat Levi en Matteus dieselfde mens was. Dit is hierdie Matteus wat volgens oorlewering die skrywer van die Matteusevangelie was. Vertalings wat sê Jesus het in Levi se huis gaan eet, word soms bevraagteken aangesien die Grieks sê hy het toe in sy huis gaan eet. Wie die hy en die sy werklik was, is nie duidelik nie. Dit is moontlik dat Jesus ʼn blyplek of huis in Kapernaum gehad het. Dit beteken dat Jesus óf bereid was om oor die drumpel van ʼn tollenaar se huis te stap en by hom te gaan eet óf dat Hy bereid was om vir Levi, die tollenaar, na sy blyplek te nooi, saam met al die ander sondaars. In albei interpretasies bly die feit staan: Jesus het Hom met sondaars en verstotenes vereenselwig. Die beeld wat Jesus gebruik deur Homself met ʼn dokter te vergelyk, verduidelik sy roeping op aarde as Heelmaker (Heiland). In hierdie Bybelgedeelte is dit ook die eerste keer dat Markus na Jesus en sy dissipels verwys. Dit is interessant dat die skrifgeleerdes en Fariseërs nie gevra het hoekom die dissipels saam met die tollenaars en ander geëet het nie. Hulle het die Leier geteiken.

Markus teken vir Jesus en sy dissipels saam om die tafel op dieselfde vlak, binne dieselfde groep. In vers 14 word Levi genooi om Jesus te volg. In vers 17 sê Jesus Hy het gekom om mense te roep. Jesus en sy dissipels trek dié wat buite is tot in die binnekring. Dít is Jesus roeping en Hy is nie skaam daaroor nie. Hy vier saam met hulle fees. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Hoofgedagtes van die ontmoeting Lees Markus 2:13-14 1. Levi word geroep en hy volg dadelik. Lees Markus 2:15 2. Hulle eet saam. Lees Markus 2:16-17 3. Jesus doen waarvoor Hy gekom het. Uitkoms 1. Dink en beleef: Hoe voel dit om in die skoene van ʼn tollenaar te staan? Hoe voel dit om in die skoene van ʼn skrifgeleerde of Fariseër te staan? Hoe voel dit om in die skoene van ʼn dissipel (ʼn leerder van Jesus) te staan? Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 6. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. ʼn Waskom, lekkerruikseep en ʼn handdoek sodat die kinders hulle hande kan was. 2. Eetgoed vir ʼn piekniek: gesonde drinkgoed, kraakbeskuitjies, kaas en vrugte wat opgesny is. Senior kleingroep Bring saam 1. ʼn Waskom, lekkerruikseep en ʼn handdoek sodat die kinders hulle hande kan was. 2. Eetgoed vir ʼn piekniek: gesonde drinkgoed, kraakbeskuitjies, kaas en vrugte wat opgesny is.

Die storie Begin Sal jy sommer saam met enigiemand eet? Dis vir my maar moeilik om saam met vuil mense te eet. Ek is so bang vir kieme en siektes. In die tyd toe Jesus op aarde geleef het, het die mense ook geglo aan ʼn ander soort vuilheid as dié wat ʼn mens kan sien. Hulle het dit onreinheid genoem. Hulle het geglo as hierdie soort vuilheid of onreinheid in jou is, kan jy nie naby aan ander mense of God kom nie. Die dinge wat mense onrein kon maak, was byvoorbeeld varkvleis of kos wat nie reg voorberei was nie of as hulle aan ʼn dooie dier of mens geraak het. Daar was baie reëls oor wat die mense nie mag geëet het nie en waaraan hulle nie mag geraak het nie. Die Fariseërs en skrifgeleerdes was ʼn groep wat gesê het hulle is heeltemal rein, want hulle raak nie aan die verkeerde dinge nie, hulle gaan nie in by die huise van mense wat aan verkeerde dinge raak nie, en hulle eet nie saam met sulke onrein mense nie. Dan was daar die tollenaars. Hulle het tolgeld (belasting) ingesamel. Die tollenaars moes hierdie tolgeld aan die Romeinse regering oorbetaal. As hulle genoeg geld oorbetaal het, kon hulle die res hou. Hulle het dus altyd probeer om meer geld in te samel, want dan het hulle meer geld gehad om te hou. Daarom het die mense nie baie van hulle gehou nie. Die tollenaars het geld by alle mense geneem en dus aan baie mense en hulle geld geraak. Die Fariseërs en skrifgeleerdes wou nie naby aan die tollenaars kom nie. Hulle het geglo die tollenaars was onrein. Hulle sou nie eens daaraan gedink het om by ʼn tollenaar se huis in te gaan of saam met hulle te eet nie. Ek is nie so seker of dit lekker was om ʼn tollenaar te wees nie. Jy sou dalk baie geld hê, maar ek wonder of jy vriende sou hê. Dit was seker ook maar sleg om ʼn tollenaar se kind te wees. Dalk sou sommige kinders nie met jou wou speel nie omdat jy uit ʼn onrein huis kom. Die tollenaars en ander mense wat as onrein beskou is, het daarom maar hulle eie groep gevorm. Dié mense wat hulleself as rein beskou het, wou nie naby hulle kom of aan hulle raak nie. Hoor Moment 1: Matteus 2:13-14 Jesus nooi vir Levi, die tollenaar Toe Jesus by die tolhuis verbystap en vir Levi daar sien, nooi Hy hom om saam met Hom te kom. Só word Levi toe een van Jesus se dissipels. Levi het ook ʼn ander naam gehad, Matteus. Dit kan wees dat hy die eerste boek van die Nuwe Testament, die Evangelie volgens Matteus, geskryf het. Jesus het nog iets gedoen wat die Fariseërs of skrifgeleerdes nooit sou doen nie. Hy het saam met die tollenaars en hulle vriende gaan eet.

Moment 2: Markus 2:15 Jesus eet saam met sondaars Natuurlik was die Fariseërs en skrifgeleerdes baie verbaas hieroor. Hoe kon Jesus dit doen? Hy sou mos ook onrein word. Hulle gaan vra toe vir Jesus se dissipels hoekom Hy dit doen. Moment 3: Markus 2:16-17 Jesus doen waarvoor Hy gekom het Jesus is die Heelmaker. Hy het gekom om mense se sonde weg te neem en vir hulle te wys dat God hulle liefhet. Jesus verander mense. Hy is nie bang dat mense Hom sal verander nie. Dink Wat het die dissipels gedink toe hulle sien wat Jesus doen? Sien in jou verbeelding hoe hulle saam met Jesus en die tollenaars en ander sondaars aan tafel sit. Miskien was hulle ongemaklik. Of dalk het hulle gedink: As Jesus dit doen, kan ons dit ook doen. Dink nou in jou gedagtes oor die situasies hieronder: 1. Ek is ʼn tollenaar. Wat dink die mense van my? Hoe laat dit my voel? Hoe tree Jesus teenoor my op? Hoe laat dit my voel? 2. Ek is ʼn Fariseër of skrifgeleerde. Jesus doen iets wat volgens my heeltemal verkeerd is. Wat dink ek? Wat sê ek? 3. Ek is een van Jesus se dissipels. Ek sien wat Jesus doen. Ek gaan saam met Hom. Sal ek dit doen as ek alleen is? (Onthou, Jesus is altyd by jou deur die Heilige Gees.) Leef Ons is gelowiges wat ons Leermeester volg. Om soos Jesus te wees vra moed. Daar is baie mense wat ons hulp nodig het, soos mense wat siek is. Ons ken die Een wat almal kan help. Ons het goeie nuus om te vertel!

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Staan by die deur van die vertrek en laat die kinders hulle hande met die seep was en dan afdroog. Terwyl hulle dit een vir een doen, vra weer hulle name of probeer dit onthou. Gesels met elkeen terwyl hulle hulle hande was. Wegspring Teken die volgende gesigte in die drie blokkies in die werkboek: ʼn tollenaar ʼn Fariseër of skrifgeleerde ʼn dissipel van Jesus. Werksaam Voer die verhaal saam met die groep op. Daar is vier hoofkarakters nodig: ʼn tollenaar, Jesus, ʼn Fariseër en ʼn skrifgeleerde. Die res van die groep kan vriende van hierdie karakters of dissipels van Jesus wees. Jy as leier kan dalk die skrifgeleerde wees. Besluit saam hoe julle die verhaal gaan opvoer en doen dit dan. Aan die einde kan julle die drie vrae in die werkboek beantwoord. 1. Watter karakters was deel van die opvoering van die storie? 2. Watter rol het jy gespeel? 3. Wat was die belangrikste dinge wat elke karakter gesê het? Hou dan almal saam partytjie ( in die huis van die tollenaar en sy vriende ) met die eetgoed wat jy saamgebring het. Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees weer Markus 2:13-17 saam. Lees dieselfde verhaal in Matteus 9:9-13. Watter verskille kry julle in die twee weergawes van hierdie verhaal? 2. Praat saam oor wat barmhartigheid beteken. 3. Hoe kan julle barmhartigheid aan iemand gaan bewys?

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Staan by die deur van die vertrek en laat die kinders hulle hande met die seep was en dan afdroog. Terwyl hulle dit een vir een doen, vra weer hulle name of probeer dit onthou. Gesels met elkeen terwyl hulle hulle hande was. Wegspring Trek die volgende gesigte: 1. Hoe dink julle lyk ʼn tollenaar wat langs die pad sit en tolgeld insamel? 2. Hoe dink julle lyk ʼn dissipel van Jesus wanneer hy oor die drumpel van ʼn tollenaar se huis stap om daar partytjie te hou? 3. Hoe dink julle lyk die tollenaar se vriende wanneer Jesus by die huis instap? 4. Hoe dink julle lyk die tollenaar ná die partytjie? 5. Hoe dink julle lyk die Fariseërs of skrifgeleerdes wat alles sien gebeur? Wonder Kom ons dink met oë toe weer oor hierdie verhaal. 1. Sien in jou verbeelding die tollenaar langs die pad. Wat dink hy? 2. Sien hoe Jesus en die dissipels naderkom en met hom praat. 3. Sien die huis waar die partytjie gehou word. 4. Sien die Fariseërs en skrifgeleerdes en hoor in jou gedagtes wat hulle sê. Werksaam Dink terug aan die verhaal. Kyk dan hoeveel dinge jy kan neerskryf by elk van die sinne in jou werkboek. Probeer soveel moontlik dinge neerskryf. 1. Jesus maak mense bly, want 2. Ek maak mense bly, want Laat die groep dit eers self doen. Laat hulle dan hulle antwoorde met mekaar deel. Hulle kan beurte maak om te sê wat hulle neergeskryf het. As iets al gesê is, mag iemand anders dit nie weer sê nie. Hou dan almal saam partytjie ( in die huis van die tollenaar en sy vriende ) met die eetgoed wat jy saamgebring het. Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees weer Markus 2:13-17 saam. Lees dieselfde verhaal in Matteus 9:9-13. Watter verskille kry julle in die twee weergawes van hierdie verhaal? 2. Praat saam oor wat barmhartigheid beteken. 3. Hoe kan julle barmhartigheid aan iemand gaan bewys?