25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1"

Transcriptie

1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die binnekring in Jerusalem nie. (Ons lees in 1 Kon 2:26-27 dat Salomo vir Abjatar ontslaan en na Anatot verban het. Dalk het Jeremia uit hierdie priesterfamilie gekom.) Jeremia het tydens die bewind van vier opeenvolgende konings in Jerusalem as profeet opgetree. Toe hy met sy uitsprake begin het, was Josia, die goeie koning, nog aan bewind (626 vc). Jeremia het aanhou profeteer tot in die tyd toe Jerusalem verwoes en die Jode in ballingskap weggevoer is (587 vc). Jeremia se opdrag was om nasies en koninkryke met harde woorde te breek, uit te roei, te vernietig en plat te slaan, maar ook om weer op te bou en te vestig (1:10). Sy woorde was nie net teen Jerusalem en Juda gemik nie, maar ook teen die ander nasies (Jer 46 51). In die eerste hoofstuk waarna ons in hierdie ontmoeting kyk, sien ons dat Jeremia onbevoeg gevoel het vir hierdie groot taak omdat hy so jonk was. Tog lees ons in 1:7-8 dat God vir Jeremia gestuur en sy mond aangeraak het om hom vir sy belangrike werk bekwaam te maak. Die hele boek Jeremia is vol beskrywende beelde. In 1:11 en verder is daar die beeld van ʼn amandeltak wat ʼn beeld is van om gereed te maak (amandelbome is die eerste bome wat bloeisels in die lente en somer het. Daar is ook die beeld van ʼn kokende pot wat oorkantel en dui op die gevaar wat die nuwe groot Babiloniese Ryk inhou. Die Here Self maak egter vir Jeremia so sterk soos ʼn vestingstad, ʼn ysterpilaar en ʼn bronsmuur (v 17-18) sodat hy vas kan bly staan wanneer die mense teen hom in opstand kom. Hy maak hierdie jongman gereed om sy Woord aan mense te gaan oordra ʼn boodskap wat ook sou seermaak. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees Jeremia 1:4-8 Vertel Jeremia 1:9-10 Vertel Jeremia 1:11-16 Vertel Jeremia 1:18 en lees vers 19 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jeremia word geroep. 2. Jeremia word aangeraak en aangestel. 3. Die amandeltak en kokende pot vertel van slegte dinge wat gaan kom. 4. Die Here is by Jeremia.

2 2 Uitkoms 1. Insig: Die Here gee soms vir ons moeilike werk om te doen, maar Hy is dan ook by ons om ons te help. 2. Respons: Gaan staan in Jeremia se skoene, luister goed wat die Here vir jou sê om te doen en dink aan die verskonings wat jy sou gemaak het. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 5. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Potlode. 2. Inkleurpotlode of skerp kryte. Senior kleingroep Bring saam 1. Potlode of penne.

3 3 Die storie Voorstel: Vertel gerus die storie asof jy Jeremia is. Kry selfs iewers ʼn masker, lang hare, ʼn tulband of ʼn mantel sodat jy soos Jeremia lyk. Laat iemand anders die Skrifgedeeltes lees. Begin Hallo, julle. My naam is Jeremia. Ek is eintlik maar skaam en sukkel soms om die regte woorde te kry om te sê. Daarom is ek bang vir praat, veral voor baie mense. Maar God help my om die regte woorde te sê. Hy sal my ook help om vandag my storie vir julle te vertel. Moes julle al ooit iets doen wat julle gedink het julle nooit sou kon regkry nie? Moes julle al iets baie moeilik doen, soos om voor ʼn klomp mense te praat of slegte nuus vir iemand te gaan vertel? Ek moes al dikwels baie slegte nuus aan ʼn groot groep mense gaan oordra. Hoor Moment 1: Jeremia 1:4-8 Jeremia word geroep Die Here het my geroep en gesê Hy gaan vir my ʼn baie moeilike werk gee om te doen. Ek moes sy boodskapper wees, sy profeet wat vir die mense en die koning van die land Juda ʼn boodskap van God af moes gaan gee. Hierdie boodskap was nie goeie nuus nie. Ek het dadelik vir God gesê: Nee, ek kan nie gaan nie. Ek dink nie dit is ʼn goeie idee nie. Here, ek kan nie goed praat nie. En ek is hopeloos te jonk. Maar God het vir my gesê: Jy moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense na wie toe Ek jou stuur en sê vir hulle alles wat Ek jou beveel om te sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou. God het my rustig gemaak. Hy het belowe Hy sal my help met hierdie moeilike werk en altyd by my wees. Moment 2: Jeremia 1:9-10 Jeremia word aangeraak en aangestel Die Here het toe sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het weer gesê Hy sal my help. Hy sal vir my die regte woorde gee om vir die mense van Juda te gaan sê. God het belowe om my te help om die slegte nuus te gaan oordra. Wat was hierdie slegte nuus? Die mense van Juda sou gestraf word omdat hulle nie aan God gehoorsaam was nie en slegte dinge gedoen het. Moment 3: Jeremia 1:11-16 Die amandeltak en kokende pot vertel van die slegte dinge wat gaan kom Die Here het vir my twee beelde gewys. Eers het Hy vir my ʼn amandeltak gewys. Weet julle hoe lyk ʼn amandeltak? (Wys ʼn prentjie van ʼn amandeltak met bloeisels.) ʼn Amandelboom kry in die lente baie mooi wit blommetjies aan. Ons noem dit bloeisels. Amandelbome kry gewoonlik heel eerste bloeisels aan in die lente. Dit sê vir ons ons moet gereed wees, want die lente is hier. Die amandeltak sê: Wees gereed. Die Here het vir my gesê ek moet vir die mense van Juda gaan sê hulle moet gereed wees. Ongelukkig moes hulle nie gereed wees vir iets goeds soos die lente gereed nie. Die Here was gereed om te doen wat Hy gesê het Hy gaan doen. Hy sou die mense straf. Daar was vir hulle ʼn slegte tyd op pad.

4 4 Hierna het die Here vir my ʼn kokende pot gewys. (Wys ʼn prentjie van ʼn kokende pot.) Die pot het omgeval. Dit is baie gevaarlik wanneer ʼn kokende pot omval, want die water of kos in die pot is baie warm en dit kan jou brand. Die Here het vir my gesê die kokende pot wat omval, beteken daar kom slegte tye vir Juda. ʼn Ramp sal hulle tref en hulle en hulle koning seermaak. Eintlik sou dit hulle vernietig. Moment 4: Jeremia 1:18-19 Die Here is by Jeremia Dit was regtig baie slegte nuus wat ek vir die mense en vir die koning van Juda moes gaan vertel. Ek het geweet hulle sou dalk kwaad word vir my en nie luister na wat ek sê nie. Ek was baie skrikkerig om die nuus te gaan oordra. Maar die Here het hierdie moeilike werk vir my gegee en weer vir my gesê ek moenie bang wees nie. (Lees God se woorde aan Jeremia in 1:19.) Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here. Ek sal jou red. Die Here het my gehelp om sy boodskap te gaan oordra. Al het ek gevoel ek is te jonk en al was ek bang om te praat, het die Here my gehelp om sy boodskap aan die mense en die koning van Juda te gaan gee. Dink Voorstel: Laat die persoon wat die Bybelgedeeltes gelees het die res van die ontmoeting lei, of trek jou Jeremia-klere uit en praat self verder. Al is jy jonk of bang om te praat, sal die Here jou ook help om moeilike werk vir Hom te doen. Die Here is altyd by jou. Leef Ons kan op verskillende maniere met ander mense praat. Kom ons dink aan ʼn paar maniere: 1. Ons kan ons verbeel ons is beter as ander en hulle afkraak deur lelike dinge vir hulle te sê. 2. Ons kan woordgevegte uitlok omdat ons weet ons redeneer beter as ander. 3. Ons kan teëpraat met grootmense wat vir ons opdragte gee of met ons raas. 4. Ons kan voor ander mense met iemand praat oor die verkeerde dinge wat hy of sy doen om hulle seer te maak of te verneder. 5. Ons kan so lief wees vir iemand dat ons hulle eenkant toe roep en sê: Ek wil graag met jou oor iets praat omdat ek vir jou omgee Daar is nog ʼn hele paar ander maniere om met mense te praat. Jeremia moes kwaai wees met die mense van Juda. Soms is dit nodig om streng en kwaai te wees, veral wanneer mense nie luister nie. Dit is sleg, maar die Here sal ons help soos Hy vir Jeremia gehelp het.

5 5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet elkeen met die woorde: Die Here is by jou. Gee vir elke groeplid ʼn beurt om vir die een langs hulle dieselfde boodskap te gee: Die Here is by jou. As die groep in ʼn ry sit, laat die een heel laaste in die ry dit weer vir die een aan die begin van die ry sê. Wegspring Wat is ʼn bloeisel? Dit is ʼn blommetjie aan ʼn boomtak wat later ʼn vrug word. 1. Laat die kinders die bloeisel in hulle werkboeke voltooi soos die voorbeeld hieronder. (Opmerking: As dit lente is, bring gerus bloeisels aan ʼn tak saam na die ontmoeting toe.) Voorbeeld:

6 6 Werksaam 1. Kyk na die prentjies in jou werkboek. Trek ʼn kruis oor die prentjies wat nie deel van Jeremia se storie was nie. (Antwoord: neus, beker en druiwetros.) Kleur die prentjies in wat wel deel van Jeremia se storie was. (Antwoord: amandeltak, kokende pot, mond.) 2. Skryf die volgende woorde reg neer: niemoe ganb sewe ein tanw ke si yb ouj.. (Antwoord: Moenie bang wees nie, want Ek is by jou.) Wegstuur/Huisgeloof 1. Vertel van iemand wat amper of regtig met kookwater of kokende olie gebrand het. 2. Kan ʼn kind of iemand wat nog jonk is vir ouer mense sê dat hulle verkeerd optree? As hulle mag, hoe doen ʼn mens dit? 3. Bloeisels bring gewoonlik vreugde. Die amandelbloeisels in Jeremia se storie het egter nie vreugde gebring nie, want 4. Gesels saam hieroor: In ons huis dink ons partykeer verskonings uit as ons iets moeiliks moet doen.

7 7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Laat die groeplede mekaar twee-twee met hierdie drie bewegings groet (herhaal dit twee keer): 1ste beweging: gee mekaar ʼn high five (regterhandpalms teen mekaar) 2de beweging: gee mekaar ʼn thumbs up (wys julle duime vir mekaar) 3de beweging: sê hard vir mekaar: Ja, jy kan! Wegspring Wat was die moeilikste werk of taak wat jy al moes doen? Wonder Maak jou oë toe en wonder hieroor: Teen watter gevare moet mense gewaarsku word? Dink aan Jeremia se verhaal en aan die kokende pot. As jy vir mense moet gaan sê ʼn kokende pot gaan op hulle omval, hoe sou jy dit doen? Werksaam 1. Vul die blokraaisel in jou werkboek in deur die leidrade te gebruik: Dwars: 1. Die Here het vir twee tekens gewys. 4. Jeremia het gesê: "Ag, Here God, ek kan nie goed praat nie. 5. Die Here het aan Jeremia bewys. 6. Jeremia het pot sien. 7. Die Here het Jeremia se aangeraak. 8. Jeremia wou eers nie gaan sê wat die Here hom het om te sê nie. 9. Die Here sou vir straf. Af: 1. Jeremia het ook gesê hy is te om God se opdrag uit te voer. 2. Die Here het vir Jeremia gesê: Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, ek sal jou. 3. Die eerste teken was ʼn -tak. 5. Die twee tekens het gewys dat die Here staan. 6. Die tweede teken was ʼn pot.

8 8 Oplossing: Wegstuur/Huisgeloof 1. Vertel van iemand wat amper of regtig met kookwater of kokende olie gebrand het. 2. Kan ʼn kind of iemand wat nog jonk is vir ouer mense sê dat hulle verkeerd optree? As hulle mag, hoe doen ʼn mens dit? 3. Bloeisels bring gewoonlik vreugde. Die amandelbloeisels in Jeremia se storie het egter nie vreugde gebring nie, want 4. Gesels saam hieroor: In ons huis dink ons partykeer verskonings uit as ons iets moeiliks moet doen.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? 1 Jeremia 1 Waarvoor is jy bang? Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? So hoe sou jy hierdie stelling geestelik benader? Is jy wat jou geloof en gehoorsaamheid betref eerder bang

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat

Nadere informatie

22. Reëls vir die pad die Padmaker

22. Reëls vir die pad die Padmaker 22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

20. Die Here doen magtige dade Josua 6 1 20. Die Here doen magtige dade Josua 6 Tema Die Here doen magtige dade. Agtergrond Hierdie verhaal gaan voort met die Israelitiese volk wat die Jordaan oorsteek en besig is om die beloofde land in te

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks KWARTAAL OORSIG Kleuter & Peuter reeks Die Bybel is beter as Goud! Kinders sal tydens hierdie reeks, op ʼn interaktiewe manier sowel as deur herhaling leer dat die Bybel is vir ons meer kosbaar is as enige

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1. Debora Vertrou op God in alle omstandighede. Teks: Rigters 4:1-24. Hulpmiddels: n Houertjie vir elke kind wat deelneem aan die tweede speletjie by Welkom Appels en 1 patat Blinddoeke en items om n hindernisbaan

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31 Tema Die jong opkomende ster, Dawid, ondervind hoe die jaloerse koning Saul hom bedreig, maar hy bly in alle omstandighede waardig en wag totdat die Here hom verhoog.

Nadere informatie

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 1 14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 Tema Wees gereed vir die nuwe wêreld van God (wederkoms) deur nou reeds te help bou daaraan. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm deel van n groep gelykenisse

Nadere informatie

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Teks: Mat 21:1-11 Hulpmiddels: Prente: Afdrukke van intog in Jerusalem Wondergom of wasgoedlyn met wasgoedpennetjies om die prente aan op te hang

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 1 8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42 Tema Jesus het in ons plek die helse pyn en doodsbenoudheid binnegegaan om as wenner of oorwinnaar uit die dood op te staan. Agtergrond en

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

10. Jesus help my verstaan

10. Jesus help my verstaan 10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 Tema Die Here hoor sy kinders wat tot Hom roep al het hulle van Hom af weggedraai en help hulle deur leiers wat Hy daarvoor gereed maak. Agtergrond Rigters vertel

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie 1. PRAISE EN WORSHIP 2. YSBREKER: - Julle het verlede week die hoede gemaak, wat operasie transformasie moes uitbeeld - Elke groep kom wys sy hoed vir die groep

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

6. Wat keer my? Markus 10:17-31 6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente

Nadere informatie

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. 1 3. Jesus praat met haar Johannes 4:1-42 Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo. Agtergrond en interpretasie Johannes 4:25-26 en 42 is sleutelverse in

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller

Nadere informatie

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: ee Dubbelklankstorie: ee (bl. 7) Assosiasieprent 1: ee vir een (bl. 108) Assosiasieprent 2: ee vir beer (bl. 109) Rympie: Die beer (bl. 110) Natrekvel

Nadere informatie