Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Vergelijkbare documenten
Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Uittreksel van Voordelebeleid: Voordele vir Tydelike Werknemers met Aanstelling van Langer as Drie Maande

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

ARBEIDSREG ABR214. T:

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

HOOFSTUK 9 Regspleging

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Diensooreenkomste word gewoonlik met 'n skriftelike aanstellingsbrief bevestig of in 'n meer formele kontrak (komplekse ooreenkomste), omskryf.

REGLEMENT INSAKE NUWE VERLOFREGULASIES VIR PERMANENTE PERSONEEL

Riglyne vir Steundiensaanstellings

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

ARBEIDSREG ABR214. T:

Employment Tax Incentive (ETI) Act

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

ARBEIDSREG ABR214. T:

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

Les 14: Entrepreneurskap

Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

Egskeidingskontrolelys vir Lede

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Gids vir Byvoordele eise

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

WET OP BEVORDERING VAN

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan:

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Transcriptie:

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande in pas met die bepalings van tersaaklike arbeidswetgewing in die besonder die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Diensbillikheidswet te reguleer. Enige aspekte wat nie deur hierdie riglyne gedek word nie, word deur die tersaaklike wetgewing gereguleer. 2. Konteks Veranderinge aan verskillende statute wat arbeidsverhoudinge reguleer, vereis dat die Universiteit sy huidige beleide, riglyne en prosedures vir die indiensneming van atipiese kategorieë werknemers in oënskou neem. Daarbenewens moet daar kennis geneem word van die veranderinge aan die Diensbillikheidswet wat betref billike praktyke en prosedures met betrekking tot diensvoorwaardes, vergoeding en voordele vir persone wat vergelykbare werk verrig. Hierdie spesifieke riglyne is opgestel om te verseker dat die Universiteit binne die bestek van die toepaslike wetgewing funksioneer. 3. Toepassing Hierdie riglyne is van toepassing op werknemers: 3.1 wat op termynkontrakte van langer as drie maande aangestel word (met inbegrip van studente-aanstellings); en 3.2 wat minder verdien as die verdienste drempel (Februarie 2015: R205 433.30) wat die Minister van Arbeid van tyd tot tyd ingevolge die WBDV bepaal. 2 1 Hierdie riglyne is slegs van toepassing op termynwerknemers wat minder verdien as die verdienste drempel wat die Minister van Arbeid van tyd tot tyd ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (WBDV) vasstel. Die Universiteit se Vergoedingsbeleid is van toepassing op die aanstelling van termynwerknemers wat méér as die drempel verdien. 2 Sedert Februarie 2015 is die drempel R205 433,30. 1

4. Woordomskrywings Termynaanstelling Waar werknemers aan n bepaalde taak of projek werk met betrekking waartoe hulle vir n beperkte of vasgestelde tydperk aangestel is. Sodanige diens kan voltyds of deeltyds wees. Permanente aanstelling Waar werknemers dienste lewer met betrekking waartoe hulle vir n nie-vasgestelde tydperk aangestel is. Sodanige diens kan voltyds of deeltyds wees. Aaneenlopende kontrakhernuwing Die hernuwing van n bestaande termynkontrak op dieselfde of soortgelyke voorwaardes. Vir die doeleindes van hierdie riglyn, word die hernuwing van n kontrak ná n diensonderbreking van 12 (twaalf) maande of minder as n aaneenlopende hernuwing beskou. 5. Algemene beginsels 5.1 Alle aanbiedinge vir die indiensneming van n werknemer op n termynkontrak, of die hernuwing van sodanige termynkontrak, moet skriftelik geskied, en die aanstellingsbrief moet duidelik melding maak van regverdigbare redes vir die aangaan van so n termynkontrak, soos wat punt (b) (d) hieronder beoog. 5.2 Die Universiteit moet regverdiging bied vir die indiensneming van persone op termynkontrakte van langer as 3 (drie) maande en teen vergoeding van minder as die verdienste drempel wat die Minister van Arbeid van tyd tot tyd bepaal. 5.3 Die Universiteit moet hetsy kan aantoon dat die aard van die werk n beperkte of vasgestelde tydsduur het, of kan bewys dat enige ander regverdigbare rede vir die vasstelling van n kontraktermyn bestaan. Indien nie, sal die kontraktermyn as onbepaald beskou word. 5.4 Ander regverdigbare redes sluit in: a. die behoefte aan n plaasvervanger indien iemand tydelik afwesig is van die werk; b. n tydelike toename in die hoeveelheid werk (wat na verwagting nie langer as 12 (twaalf) maande sal duur nie); c. die aanstelling van n nie-burger wat ingevolge Suid-Afrikaanse immigrasiewette slegs vir n vasgestelde tydperk mag werk; d. die vul van n pos wat vir n beperkte tydperk ekstern gefinansier word; e. die aanstelling van n afgetrede persoon; f. die aanstelling van n student of onlangse gegradueerde om sodanige persoon die geleentheid te bied om opleiding te ontvang of werkservaring op te doen; en g. indiensneming vir seisoenswerk. 2

5.5. Aaneenlopende kontrakhernuwing kan by die werknemer n verwagting van permanente diens skep. Indien so n verwagting bestaan en die kontrak word nie hernu nie, word dit vir die doeleindes van die Wet op Arbeidsverhoudinge as ontslag beskou. Daarom moet aaneenlopende kontrakhernuwing slegs in baie spesifieke omstandighede en in oorleg met Menslike Hulpbronne oorweeg word. Kontrakte mag slegs hernu word indien die omgewing kan aantoon dat die aard van die werk n beperkte of vasgestelde tydsduur het of dat daar n regverdigbare rede vir die vasstelling van die kontraktermyn bestaan (met ander woorde, dieselfde vereistes as wat met die aangaan van die aanvanklike termynkontrak gegeld het). Omgewings moet dus behoorlik bepaal of n pos n beperkte of onbeperkte tydsduur het. Die Afdeling Menslike Hulpbronne moet in hierdie verband geraadpleeg word. 5.6. n Werknemer op n termynkontrak (ongeag die tydsduur daarvan) moet dieselfde toegang tot geleenthede ontvang om vir vakatures by die Universiteit aansoek te doen as wat permanente werknemers geniet. 6. Diensvoorwaardes 6.1 n Werknemer op enige vastetermynkontrak wat drie maande oorskry, ongeag die vergoedingsvlak, moenie minder gunstig behandel word as n werknemer wat op n permanente grondslag aangestel is en dieselfde of soortgelyke werk verrig nie, tensy daar n regverdigbare rede vir sodanige onderskeid bestaan. Sodanige redes sluit in die toepassing van n stelsel wat faktore soos senioriteit, ervaring, lengte van diens, meriete en werkgehalte of -hoeveelheid in aanmerking neem. Die Afdeling Menslike Hulpbronne behoort in hierdie verband geraadpleeg te word. Omgewings moet toesien dat die berekening van die vergoedingspakket (koste van indiensneming) die kontantkomponent, monetêre waarde van voordele, sowel as alle bydraes tot voordeelfondse insluit. 6.2 Waar persone op termynkontrakte van tot en met 12 (twaalf) maande dog langer as drie maande aangestel word, moet die monetêre waarde van voordele soos mediesefonds- en voorsorgfondsbydraes aan hulle uitbetaal word. 6.3 Indien persone op termynkontrakte van langer as 12 (twaalf) maande kies om nie deel te neem aan die volle stel voordele wat op permanente werknemers betrekking het nie, behoort hulle nie gepenaliseer te word wat hul totale vergoedingspakket betref nie. 7. Die vul van poste 7.1 Alle termynaanstellings 3 wat drie maande oorskry, moet in pas met hierdie riglyne gedoen word en aan enige ander, tersaaklike werwing- en keuringsbeleide, -riglyne en -prosedures van die Universiteit, veral die Kode vir Bestuurspraktyk, voldoen. 7.2 Om die gevaar van moontlike geskille te beperk, moet die Afdeling Menslike Hulpbronne die voldoening van alle aanstellings goedkeur voordat die kontrak in 3 Hierdie riglyn is slegs van toepassing op die aanstelling van werknemers wat minder as die WBDV-drempel verdien. 3

aanvang neem. Slegs dienskontrakte wat deur die Afdeling Menslike Hulpbronne goedgekeur is, sal as geldige dienskontrakte beskou word. 7.3 Geen mondelinge of enige ander vorm van nie-skriftelike vertoog moet tot persone gerig word nie, aangesien dit tot n verwagting van regte kan lei. Alle vertoë moet op skrif gestel word en aan hierdie riglyne voldoen. Dít moet streng toegepas word. 8. Studente Waar die Universiteit studente in diens neem om verskeie take te verrig, geskied dit om verskillende redes, onder meer om hulle die geleentheid te bied om opleiding te ontvang en werkservaring op te doen. Dít is n regverdigbare rede om studente op n termynkontrak van langer as drie maande aan te stel. Hierdie kategorie werknemers is bekend as studente-assistente en sluit tutors in. Weens die aard van die werk wat verrig word en die werksure, kan die algemene diensbepalings en -voorwaardes met betrekking tot studente-assistente tussen omgewings verskil. Dít kan verskille in vergoedingstariewe insluit. Die termynkontrak van n studente-assistent loop ten einde met die verstryking van die kontrak of sodra die persoon nie meer n student is nie. Geen persoon buiten ʼn ingeskrewe Stellenbosch Universiteit student mag onder enige omstandighede as n studente-assistent aangestel word nie. Studente-assistente kom nie in aanmerking vir aftree-, mediesefonds- of enige ander diensvoordele nie. Individue wat deur middel van ʼn na-doktorale genootskap kontrak betaling ontvang, word nie as ʼn werknemer beskou nie en is uitgesluit by hierdie wetgewing. 9. Skeidingsvergoeding Termynwerknemers wat aangestel word om uitsluitlik aan n bepaalde projek met n beperkte of vasgestelde tydsduur van meer as 24 maande te werk, moet 1 (een) week se vergoeding vir elke voltooide diensjaar ontvang. Omgewings moet begrotingsvoorsiening maak vir hierdie betalings. Wanneer die lengte van die werknemer se diens bepaal word om skeidingsvergoeding te bereken, moet vorige diens aan die Universiteit in aanmerking geneem word indien die onderbreking tussen die verskillende dienstydperke minder as een jaar was. Indien die vorige take egter van n werklik en beduidend ander aard was, behoort die kontrakte geensins as voortgesette diens beskou te word nie, maar as onafhanklik van mekaar. OORGANGSREËLING VIR 2015: Waar n kontrak reeds voor 1 Januarie 2015 bestaan het, is die werknemer geregtig op skeidingsvergoeding met betrekking tot enige tydperk van diens ná hierdie datum. Indien n kontrak byvoorbeeld op 1 Januarie 2013 n aanvang geneem het en op 31 Desember 2015 ten einde loop, is die werknemer geregtig op skeidingsvergoeding van een week, aangesien hy/sy dan n volle diensjaar ná 1 Januarie 2015 sou voltooi het. Indien die werknemer se kontrak egter in Junie 2015 eindig, is geen skeidingsvergoeding betaalbaar nie, aangesien die werknemer nie ʼn volle diensjaar ná 1 Januarie 2015 sou voltooi het nie. 4

10. Beëindiging van aanstellings Omgewings moet seker maak dat werknemers nie ná die verstrykingsdatum van hul kontrakte meer werk nie. Waar bedryfsfaktore vereis dat kontrakte voor hul verstrykingsdatum beëindig word, moet die omgewing die Afdeling Menslike Hulpbronne in kennis stel, wat die nodige ondersteuning sal bied om die wetlik voorgeskrewe prosesse vir die billike beëindiging van kontrakte te fasiliteer. TP0426 - Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 maande (Maart 2015) 5