Gereformeerde Kerk Strand Hooglied 8

Vergelijkbare documenten
VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Groot Gebod dennis de wet

2. Die skepping van die mens

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

'n Man gestuur deur God

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Goeie Konings, Slegte Konings

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Pragtige Koningin Ester

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Die Kerk se Geboorte

Toe God alles gemaak het

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Deur Christus Alleen

Toe God alles gemaak het

Petrus en die Krag van Gebed

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Geroep vir Gemeenskap

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Deur Christus Alleen

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Transcriptie:

Gereformeerde Kerk Strand Hooglied 8 Teks: Hooglied 8 Fokus: Hooglied 8:6,7 Inleiding Liefde. Dit is n woord wat al baie myle op hom het. n Woord wat soms al holrug gery is. Tog, omtrent in die middel van die Bybel kry ons n hele boek wat gewy word aan die liefde tussen n man en n vrou. n Boek wat die liefde besing op so n eerlike wyse, dat die rabbi s die jong seuntjies eers op 12 toegelaat het om dit te lees. Die boek se naam is ook baie gepas Hooglied. Die Engelse Bybel noem hom Song of songs. Die lied van alle liedere. Hierdie lied skets vir ons die verhouding tussen man en vrou die vreugde, die gesoek na mekaar, die kompleksiwiteit daarvan. Amper asof die liefde iets is wat n lewe van sy eie het. Preek Ons teksvers klink keer op keer deur die hele boek, n refrein: Ek smeek julle, vroue van Jerusalem, wat is dit dat julle die liefde wakker maak en aanvuur voordat die tyd daarvoor ryp is? Amper asof die vrou wil sê, hierdie liefde, wat dit ookal mag wees, dit is so goed, so mooi, ons kan nie, ons mag nie dit opmors nie! Broers, susters, hanteer ons nog die liefde - oftewel, die konsep van liefde - op dieselfde manier as die digters in Hooglied. Hanteer ons liefde steeds asof dit iets mooi s is, iets ---- misterieus? Ons gebruik die woord liefde baie maklik, sal vinnig vir iemand vertel ek is lief vir hom/haar, maar in dieselfde asem vertel ons ook dat ons lief is vir ons hond. Ek bedoel ek is lief vir my vrou, maar ek is ook lief vir --- pizza? Dink julle dat die woord liefde sy gewig verloor het, omdat ons dit so baie gebruik? Beïnvloed dit nie maar ons verstaan van liefde nie dit het iets alledaags geword. 1

Sien - Hooglied is oorspronklik geskryf in die Hebreeuse taal. Hebreeus het verskillende woorde vir ons enkele Afrikaanse woord liefde. Die eerste woord wat ons kry is raya hierdie woord kan ook vertaal word met vriend, of metgesel, selfs sielsgenoot. Ons kry dit in Hooglied 4:7-7 Alles aan jou is mooi, my liefde, aan jou is niks verkeerd nie. Ons sien dus dat die verhouding tussen die man en vrou van Hooglied, eerstens bestaan uit blote aanvaarding van mekaar, waarop vriendskap, innige vriendskap gebou word. Die ander Hebreeuse woord is ahava Ahava is dat jou hart en jou gedagtes, gerig is op een persoon, maak nie saak wat jy doen nie, jy kry hom/haar nie uit jou gedagtes nie! (...) Ahava is dat jy besef dat jy eerder by hierdie persoon sal wees, op hierdie oomblik, as enige ander plek is die heelal. (...) Hierdie Ahava is ontsettend sterk, en magtig. Dit is soos die dood self. Hooglied 8:7 skryf dat strome water nie hierdie ahava kan blus nie. Hierdie woord dui op die wil van die liefde. Dit is meer as net romantiese gedagtes, baie meer as net tydelike drange. Ahava is n besluit wat geneem word om jou lewe te verbind met iemand anders se lewe. Ahava is n emosie wat lei tot n verantwoordelikheid, n verbintenis. Ahava is daardie deel wat die huwelik dra as die moeilikheid kom. Dan is daar ook die woord dod Dod is die fisiese, letterlik beteken dit om the koester, te bemin. Hooglied 1:2 gee dit duidelik vir ons: Soen my, soen my weer en weer! Jou dod (liefkosing) is beter as wyn. Dod is die Hebreeuse ekwivalent vir die Griekse woord eros wat die moeder is van ons woord eroties. Kom ons dink aan hierdie drie woorde as vlamme. 1. Die raya-vlam: die vriendskap, die sielsgenoot deel van die huwelik. 2. Die ahava-vlam: die wilsbesluit om jou lewe met n ander te deel, die emosie wat lei tot verantwoordelikheid. 3. Die dod-vlam: die fisiese, die seksuele deel van die huwelik. Die huwelik bestaan uit drie vlamme die raya vlam, die ahava vlam en die dod vlam. As een vlam alleen brand, is dit nie naasteby so warm, straal dit nie naastenby soveel lig uit, as wat al drie vlamme tegelyk brand nie. Die huwelik is n plek waar al die vlamme brand! Tog, hoe baie van ons se huwelike bestaan nie maar net uit een vlam nie, of dalk is alle vlamme geblus! Dalk is ons huwelik, wat deur God gemaak is om plek van lig en warmte te wees, n yskas en pikdonker. Dan is ons nie meer getroud nie, dan het ons bloot n saambly ooreenkoms op papier. 2

As dit jou huwelik is, geliefdes, gaan soek daardie vlamme. Vind uit waarom hul dood is. Kry hul weer aan die brand! n Vuur is iets wat gevoed moet word, dit brand nie sommer net nie! Die wese van die huwelik Ons teksverse gee die wese van die huwelik weer: Dra my soos 'n seëlring op jou hart want die liefde is sterker as die dood. Die hartsog is 'n vlam van die HERE (OAV) Hieruit kan ons n paar afleidings maak oor die huwelik. 1. Die huwelik is deur God ingestel, reeds in die begin al, in Genesis 2 lees ons dit. 2. Hartstog kom van God af, dit is n vuur wat deur Hom aangesteek word. 3. Vuur brand, om met die liefde te speel, kan beteken dat jy jou vingers verbrand, en liefde is nie goedkoop nie. 4. Liefde is sterker as die dood. Die pyn wat dit meebring ook. Vra maar vir geskeides, die pyn is geweldig. Egskeiding is nie n oplossing nie, dit is n krisis. 5. Liefde is n hartssaak gaan oor baie meer as net die seksuele. Die vrou in ons hoofstuk vra: Dra my soos jou seëlring, jou kosbaarste besit, op jou hart. Ons moet ons liefde ter harte neem. 6. Uit die noodroepe van Hooglied sien ons ook iets van die gebrokenheid waaraan die huwelikslewe onderwerp word. In Hooglied 2:15 lees ons al van klein Jakkalsies wat die wingerde verniel. En tog, Geliefdes, is die liefde mooi en passievol. Riviere kan dit nie uitblus nie! So is dit deur God bedoel. Een man en een vrou wat hulle vader en moeder verlaat en 'n nuwe huisgesin vorm, mekaar aankleef en een vlees word. Fantasties hoe God se wiskunde werk: 1 + 1 = 1! Saamleef, saamdroom, saamdoen, saamdien, saam vir die Here lewe. In Maleagi lees ons dat God man en vrou nie net liggaamlik een maak nie, maar ook geestelik. Maleagi 2:15 lees: Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. Ware liefde word dus gevind as twee mense een word in gees en liggaam. As die 3

raya, en die ahava reg is, dan sal die dod ook reg kom. Seksuele eenheid is gebou op geestelike eenheid. Ja, dra my op jou hart! Laat my jou kosbaarste besit wees! Kinders, jong mense, en ongetroudes, Hooglied praat met julle ook vandag. Verse 8 en 9 waarsku. Wees dus baie versigtig met julle jeugliefde. Pasop vir 'n te jong gevryery! As jy rein bly en jou liggaam bewaar vir die huwelik, waar dit in daardie veiligheid geniet mag word, dan eer jy God. Dan gedra jy jou soos die Here dit bedoel het en speel jy nie met vuur nie en sal jy die vrugte daarvan pluk! Dan sal ons jou eer silwertorings op jou bou!! Die Nuwe Testament gee die grondslag van 'n heilige en rein lewe: Jou liggaam en siel is 'n tempel van die Heilige Gees. En wie die tempel van God skend, God sal hom skend (I Kor 6:18,19). Julle moet niks te doen hê met seksuele losbandigheid nie (I Kor 6:18). Julle moet God dus met julle liggaam verheerlik (I Kor 6:20). En broers en susters, laat ons ons taak verstaan om die jonger geslag te bly opvoed om ook met hulle liefde en hulle seksualiteit God te verheerlik. En waar nodig streng en ferm optree in tug en vermaning, totdat bekering plaasvind, sodat elke nuwe geslag ook die seën van die heilige huweliklewe mag ontvang! Daarom luister goed, Manne en Vroue en Jongmense van Christus: Moenie die liefde opwek of wakker maak of jou daaraan vergryp, voordat die tyd - soos deur God bepaal - daarvoor ryp is nie! Christus en sy kerk Daar is baie kommentare wat Hooglied verklaar as die verhouding tussen Christus en sy kerk wat besing word. Tog nie heeltemal so ver gesog nie. Want dit is presies wat die huwelik n weërspieling van die verhouding tussen God en sy volk. God self gebruik baie die beeld. Veral in Hosea tref ons dit baie aan. Daarom is die liefde n gawe van God. Is die huwelik n gawe van God. n Huwelik is dus nie net n verhouding tussen twee mense nie. n Huwelik is n geestelike instelling, n spirituele 4

ervaring. Die huwelik is deel van ons roeping om ons lig te laat skyn, deel van ons roeping om sout te wees! Ja, ons en Christus is een met mekaar. Hy noem ons sy bruid. Hy het Homself aan ons verbind. Hy het reeds sy beloftes gegee en sy bruidskat betaal, soos 'n Verloofde aan sy Bruid, die kerk. En ons bruidegom het sy lewe afgelê vir sy bruid!! En ons maak ons gereed vir die dag van die Bruilofsmaal van die Lam, wanneer God alles sal wees en almal. Slot Broer, suster, die huwelik is 'n gawe van God, 'n vlam van die Here. n Vlam wat bestaan uit n raya -vlam, n ahava -vlam, en n dod -vlam. Hooglied besing al drie hierdie vlamme, want al drie die vlamme is nodig om die huweliksvlam helder te laat brand. Al drie is nodig om genoeg warmte te skep. God gee hierdie vlamme, en omdat God die gewer van die liefde is, mag hy ook die grense van die liefde bepaal. Laat ons dan ook steeds met groter ywer na sy wil vra en so God verheerlik met ons liefde. En laat ons grootste strewe wees om die liefde soos in I Kor 13 na te jaag, in ons huwelike, oppad daarheen, en ook buite die huwelik, daarvoor en daarna! Want die huwelikslewe sal ook ophou, maar die liefde, ware liefde, die liefde vir God en ons naaste, vergaan nooit (I Kor 13). In Jesus Christus se offer het God se liefde vir ons volmaak geword. Laat ons dan ook in liefde vir mekaar steeds die volmaakte liefde najaag, as 'n vrug van die Gees. Ons geduld en vriendelikheid en goedheid en nederigheid en selfbeheersing Dan sal elke liefdes-oomblik, elke liefdesdaad, elke stukkie liefde wat jy gee en wat jy kry, 'n stukkie hemel op aarde wees. En oor sulke liefde sal ons sing - 'n Hooglied, 'n lied der liedere, vir altyd! AMEN 5