HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. KABV-aangepas Ë1611-A-GEG-SG01 µ Î
INHOUDSOPGAWE JAARPLAN 8 INLEIDING 10 EENHEID 1: Die Atmosfeer en Hidrosfeer 11 Les 1: Agtergrond (1)... 12 AKTIWITEIT 1... 15 Les 2: Agtergrond (2)... 16 AKTIWITEIT 2... 20 Les 3: Energiebalans... 24 AKTIWITEIT 3... 26 Les 4: Globale Lugsirkulasie... 27 AKTIWITEIT 4... 32 Les 5: Globale Lugsirkulasie... 32 AKTIWITEIT 5a... 36 AKTIWITEIT 5b... 38 Les 6: Verandering in die Energiebalans... 40 AKTIWITEIT 6... 43 Les 7: Weer en Klimaat van Afrika... 43 AKTIWITEIT 7... 52 Les 8: Droogte en Verwoestyning... 53 AKTIWITEIT 8a... 60 AKTIWITEIT 8b... 60 TAAK 1... 60 EENHEID 2: Geomorfologie 62 Les 9: Hange... 65 AKTIWITEIT 9... 67 Les 10: Landskappe op Horisontale Gesteentelae... 67 AKTIWITEIT 10... 70 Les 11: Landskappe op Gekantelde Gesteentelae... 70 AKTIWITEIT 11... 73 Les 12: Landskappe op Massiewe Stollings... 74 AKTIWITEIT 12a... 76 AKTIWITEIT 12b... 77 Les 13: Massaverplasing... 77 AKTIWITEIT 13... 80 Impak 3
EENHEID 3: Ontwikkelingsgeografie 81 Les 14: Die Begrip van Ontwikkeling... 84 AKTIWITEIT 14... 87 Les 15: Raamwerk vir Ontwikkeling... 87 AKTIWITEIT 15... 92 Les 16: Landskappe op Gekantelde Gesteentelae... 93 AKTIWITEIT 16... 95 Les 17: Landelike en Stedelike Ontwikkeling... 99 AKTIWITEIT 17... 103 Les 18: Internasionale Handel en Ontwikkeling... 104 AKTIWITEIT 18... 108 Les 19: Ontwikkelingsvraagstukke en Uitdagings... 108 AKTIWITEIT 19a... 112 AKTIWITEIT 19b... 113 Les 20: Die Rol van Ontwikkelingshulp... 113 AKTIWITEIT 20... 116 EENHEID 4: Hulpbronne en Volhoubaarheid 118 Les 21: Klassifikasie van Hulpbronne... 120 AKTIWITEIT 21... 123 Les 22: Ontginning van Grondstowwe (Minerale)... 123 AKTIWITEIT 22... 127 Les 23: Grondvormende Faktore... 127 AKTIWITEIT 23... 129 Les 24: Die Grondprofiel... 129 AKTIWITEIT 24... 132 Les 25: Gronderosie... 133 AKTIWITEIT 25... 135 Les 26: Konvensionele Energiebronne... 135 Les 27: Koste van Energie... 138 AKTIWITEIT 27... 140 Les 28: Nie-Konvensionele Energiebronne... 140 AKTIWITEIT 28a... 145 AKTIWITEIT 28b... 145 Les 29: Hulpbronbestuur... 146 AKTIWITEIT 29a... 148 AKTIWITEIT 29b... 149 Impak 4
EENHEID 5: Geografiese Vaardighede en Tegnieke 149 Les 30: Kaartprojeksies... 153 AKTIWITEIT 30... 158 Les 31: Vind Plekke... 158 AKTIWITEIT 31a... 159 AKTIWITEIT 31b... 160 AKTIWITEIT 31c... 161 AKTIWITEIT 31d... 162 Les 32: Lugfoto s - Oriëntering... 164 AKTIWITEIT 32... 167 Les 33: Skaal en Afstand... 168 AKTIWITEIT 33... 172 Les 34: Rigting En Peiling... 173 AKTIWITEIT 34a... 174 AKTIWITEIT 34b... 175 AKTIWITEIT 34c... 176 Les 35: Die Landskap... 177 AKTIWITEIT 35a... 180 AKTIWITEIT 35b... 181 AKTIWITEIT 35c... 183 Les 36: Geografiese Inligtingstelsels (Gis)... 183 AKTIWITEIT 36a... 193 AKTIWITEIT 36b... 194 Les 37: Veldwerk... 194 BIBLIOGRAFIE 201 INTERNET WEBWERWE 202 Impak 5
Eenheid 1 EENHEID 1: Die Atmosfeer en Hidrosfeer INLEIDING In Graad 11 word die Weer en Klimaat van Graad 10 voortgesit. Waar die klem in Graad 10 op temperatuur en neerslag geval het, word daar in Graad 11 meer spesifiek aandag gegee aan atmosferiese druk (lugdruk) en atmosferiese sirkulasie (wind). Dit is dus baie belangrik dat jy die Graad 10 werk nie sal vergeet nie, veral terminologie en begrippe. Saam met die atmosfeer word die hidrosfeer ook ingesluit. Waar die atmosfeer (die gaslaag wat die aarde omring), en meer spesifiek die onderste deel daarvan, een van die oorlewingsisteme van die aarde uitmaak, is die ander oorlewingsisteme die hidrosfeer (al die water op en onder die aarde, asook in die atmosfeer), die litosfeer (die aardkors, wat die grond insluit) en die biosfeer (alle plant- en dierelewe). Inhoud van die leerplan : Die volgende inhoud word in EENHEID 1 onder die opskrif Die atmosfeer en hidrosfeer ingesluit: Die aarde se energiebalans o Die onegalige verhitting van die atmosfeer volgens breedtegraad, seisoenaal. o Betekenis van die aardas en die omwenteling om die son. o Oordrag van energie en energiebalans rol van seestrome en winde. Globale lugsirkulasie o Globale lugsirkulasie die gevolg van die onegalige verhitting van die atmosfeer. o Planetêre lugdrukgordels. o Driesel-sirkulasie Hadley-, Ferrel-, Poolselle. o Die verband tussen lugtemperatuur, lugdruk en wind. o Drukgradiënt, Corioliskrag en geostrofiese vloei. o Winde wat verband hou met globale lugsirkulasie heersende westewinde, tropiese oostewinde, Poolse oostewinde o Eienskappe van lugmassas o Winde wat verband hou met streeks- en plaaslike lugvloei Moeson, Föhn (bergwinde). Impak 11
Eenheid 1 Afrika se weer en klimaat o Afrika se klimaatstreke. o Daling en konvergensie - skakel met reënval. o Die rol van die oseane in klimaatbeheer in Afrika. o El Niño en La Niña prosesse en hulle invloed op Afrika se klimaat. o Die lees en interpreteer van sinoptiese weerkaarte. Droogte en verwoestyning o Kwesbare gebiede: streek en plaaslik. o Oorsake van droogte. o Oorsake van verwoestyning. o Gevolge van droogte en verwoestyning op mense en die omgewing, bv. verskille in kwesbaarheid. o Bestuurstrategieë gevallestudies. Les 1: Agtergrond (1) Struktuur van die Atmosfeer BELANGRIK: SLEUTELVRAE: SLEUTELVRAE: Wat is die atmosfeer? Hoe is dit saamgestel? Waarom is die atmosfeer belangrik? Waarom is die hidrosfeer belangrik? En die hidrologiese siklus?. Die atmosfeer bestaan uit verskeie lae: die troposfeer, stratosfeer, mesosfeer en die termosfeer, soos gesien in figuur 1.1. FIGUUR 1.1: Struktuur van die atmosfeer. Impak 12
Eenheid 1 Die alombekende osoonlaag word in die stratosfeer aangetref. Dit absorbeer baie van die son se gevaarlike ultra-violetstrale. Osoon is n vorm van suurstof, genaamd O3. (Normale suurstof: O2). Die troposfeer is die onderste en weerkundig die belangrikste laag van die atmosfeer. Dit is effens uitgebult by die ewenaar, in vergelyking met die pole as gevolg van die aarde se rotasie om sy eie as. Die hoogte strek tussen 8 km bo die pole tot ongeveer 17 km bo die ewenaar. Die boonste grens staan as die tropopouse bekend. Die temperatuur neem gewoonlik af met n toename in hoogte, met n gemiddelde oppervlakstemperatuur van ongeveer 15 C. Al die weerprosesse vind plaas in die troposfeer. Omtrent 50% van al die atmosfeer se gasse en soliede deeltjies kom voor in die onderste 5 kilometer van die troposfeer. Die digtheid van die troposfeer, neem dus geleidelik af met toenemende hoogte bo seevlak, en só ook atmosferiese druk (figuur 1.2). FIGUUR 1.2: Atmosferiese druk neem af met hoogte bo seevlak, maar nie teen n gelykmatige tempo nie. FISIESE EIENSKAPPE VAN DIE ATMOSFEER Daar is drie belangrike eienskappe van die atmosfeer (lug) wat jy moet ken om die weer te verstaan. Massa: Alle materie, insluitend lug, besit gewig as gevolg van swaartekrag. Dus, lug kan druk uitoefen. Saampersbaarheid: Lug kan uitsit en krimp, wat gebeur wanneer temperatuur verander. Dit sit uit wanneer dit verhit word en krimp as dit koeler is. Beweeglikheid: Lug kan van een plek na n ander plek beweeg. Dit is bekend as wind (of adveksie) wanneer dit horisontaal beweeg en konveksie wanneer dit vertikaal op beweeg. Impak 13