LITURGIE OGGEND EREDIENS

Vergelijkbare documenten
Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Dubbele kruis-belydenis

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesaja sien die Toekoms

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Preek Romeine 1:16-17

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Deur Christus Alleen

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Deur Christus Alleen

Belydenis Teks 1933/53-vertaling 1983/91 vertaling. Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het;

Pretoria- 21 Junie 2009

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Geroep vir Gemeenskap

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

2. Die skepping van die mens

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Welkom by Die Storie God se storie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

n Tempel Leier besoek Jesus

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Preek 2 Timoteus 3:16-17

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Goeie Konings, Slegte Konings

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Toe God alles gemaak het

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Transcriptie:

LITURGIE OGGEND EREDIENS VOORAFSANG PS 1:1,4 & PS 10:1-4 (bl. 42) VOTUM Ons hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het en getrou bly tot in ewigheid GROETSEëN Genade, barmhartigheid en vrede vir u van God ons Vader en Jesus Christus ons Here deur die kragtige werk van die Heilige Gees Amen SING PS 9:1,7,10 (bl. 36) GELOOFSBELYDENIS Apostoliese Geloofsbelydenis WET Eksodus 20 SING PS 6:5,7 (bl.21) GEBED SING PS 104:1-3 (bl. 510) SKRIFLESING Romeine 1:18-32 BELYDENISSKRIFTE NGB Artikel 2 FOKUSVERSE Romeine 1:20,21 & NGB Art 2a PREDIKING Lees in die skeppingsboek van God se werke SING PS 104:19,20,21 GEBED LIEFDEGAWES SING PS 46:4,6 (bl. 237) WEGSTUURSEëN Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou Sy vrede gee Amen preeknommer [12]2016 Teks in OAV 20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 1

1. Ons ken God deur twee boeke Ons het in NGB Art 1 gesien dat God o.a. onbegryplik is. Tog, kan die onbegryplike God geken word. Nou, in Art 2 word daar verder hierop uitgebrei. "Ons ken Hom deur twee middele..." Ons ken Hom eerste dmv die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld en Ons ken Hom tweedens nog duideliker en meer volkome deur sy heilige en Goddelike Woord Ons kan eintlik sê, dat God vir ons twee boeke gegee het. Hy het vir ons die boek van sy skepping, die natuur gegee die skeppingsboek en Hy het vir ons díé Boek, die Bybelboek gegee Ons gaan vandag dan in besonder kyk na die eerste; die skeppingsboek, die algemene openbaring van God. By n volgende geleentheid kyk ons na die Bybelboek, die besondere openbaring van God. Vandag sal ons sien, dat ons in die skeppingsboek kan lees van God se werke In die eerste plek leer die Skrif ons dat die Outeur van die skeppingsboek se handewerk duidelik leesbaar is Tweedens, dat Sy werke so leesbaar is, dat almal Hom daarin kan sien En laastens, dat diegene wat nie die Outeur van die Skeppingsboek erken nie, in die duister bly 2. Die Outeur se handewerk is duidelik leesbaar Geliefdes, ons teks, Rom 1:20, sê dat n mens van die begin van die skepping af kan sien dat God geskape het. Al is God onsigbaar, is Sy werke steeds sigbaar. Die Outeur is onsigbaar, maar Sy digkuns; Sy skryfwerk is leesbaar. Die Digter se handewerk is duidelik leesbaar in die Skeppingsboek. As ons na die natuur kyk geliefdes, is dit asof ons God se handtekening op alles raaksien. Hy het geskep; geskryf; geskilder. En Sy handtekening staan regoor die hele skepping. Ons sien die werke van God deur n mikroskoop of n teleskoop. Ons sien Sy ewige krag en goddelikheid in die kleinste selletjie en in die grootste ster. Ja, so sê ons teks en die NGB ons ken Hom dmv die skepping. Maar, dit stop nie daar nie. U het moontlik al gehoor dat God Hom openbaar deur die natuur en die skepping die sg. Algemene openbaring. Maar die NGB gaan verder en sê ons ken Hom nie net deur die skepping nie, maar ook dmv: die onderhouding en regering van die hele wêreld. God het dus nie geskep en alles laat gaan nie. Hy het nie die wêreld soos n klok opgewen en dan laat staan en van alles vergeet nie. Nee, Hy onderhou en regeer die hele wêreld. 2

Dit is nie net die natuur wat vir ons oop lê soos n boek om te lees nie, maar ons kan ook in die geskiedenis lees van God se onderhouding- en regeringswerk. Ons ken God deur die plante, diere en mense te sien, bewonder en te bestudeer en ons ken God ook deur te sien hoe Hy hulle almal onderhou. Om God te ken, stop nie net by die bewondering van n sonsondergang nie, geliefdes. Om God te ken, beteken om ook te sien hoe Hy die hele wêreld regeer; hoe Hy alles wat Hy gemaak het, asof met Sy hand voed en versorg. Alles wat God gemaak het, gemeente, het Hy afhanklik van Hom geskape. Daar is niks wat kan standhou en bly bestaan, sonder God nie. Niks kan bestaan as God dit nie skep nie. Niks kan leef, as God dit nie asem gee nie. Hy skep, onderhou en regeer. Daarin sien ons dat Hy waarlik God is. Ons sien die werke van die onsigbare God. Dit is die wonder van God se openbaring aan alle mense: deur Sy skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld, word die onsigbare God, sigbaar! 3. Sy werke is so duidelik leesbaar, dat almal Hom daarin kan sien Nou gaan ons teks, :20, verder, broer en suster. Juis omdat God so duidelik sigbaar is vir alle mense, kan niemand sê dat hulle nooit God kon ken nie. Sy werke is so duidelik leesbaar, dat alle mense Hom daarin kan sien. Ons leef binne-in die skeppingsboek. Niemand sal dit kan ontken nie. Niemand kan aanvoer dat God onregverdig was nie. God stal sy handewerk uit vir gelowige en ongelowige. God onderhou die gelowige, maar ook die ongelowige. Die ongelowige wil nie erken dat dit God is wat hom aan die lewe hou nie, maar dit is. God regeer oor die gelowige en die ongelowige, al wil sommige regerings dit nie aanvaar nie. Ons bely in die NGB, dat God se algemene openbaring heeltemal genoegsaam is om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem. Geliefdes, let mooi op. Ons bely nie dat ons deur die kennis van die natuur gered of salig word nie. Die teks leer nie dat ons nou net die natuur nodig het om alles van God te weet nie. Inteendeel. Kyk mooi na die bewoording van NGB2: Die skeppingsboek is genoegsaam om mense te oortuig. Onthou nou, ons praat nie net van die skepping nie, maar ook die onderhouding en regering van die hele wêreld. Dít is genoegsaam om enigiemand te oortuig dat hierdie wêreld wel n Skepper, Onderhouer en Regeerder het. Dit is ook genoegsaam om alle verontskuldiging van mense te ontneem. God openbaar Homself so duidelik, dat almal, elke oomblik van elke dag, die werke van die onsigbare God kan sien. Niemand kan verontskuldig word nie. Ons kan dit miskien so sê: in die skeppingsboek kan ons sien dat God daar is en dat Hy regeer en dat Hy onderhou. 3

Maar ons weet egter nog nie presies wie Hy is en hoe Hy regeer of hoe Hy onderhou nie. Daarom het ons die tweede boek, die Bybel nodig om Hom nog duideliker en meer volkome te kan ken. Ek noem dit net weer, broers, susters: die kennis oor God wat ons vanuit die natuur versamel is net genoeg om almal te oortuig en alle verontskuldiging te ontneem. Maar Ons het ook die besondere openbaring van die Evangelie, die Bybel nodig, vir ons saligheid en om God reg te dien. Hierdie fyn onderskeid maak ons gelese teksgedeelte en die NGB baie duidelik. :20 sê die hele skepping en wêreldgeskiedenis maak God se ewige krag en goddelikheid bekend. Maar ons lees nie in ons teksgedeelte dat die skepping God se liefde, genade en barmhartigheid openbaar nie. n Tornado, aardbewing en tsunami openbaar die Here se ewige krag. Sy mag alles is in Sy beheer. Maar n tornado en n aardbewing verkondig nie aan ons God se liefde en barmhartigheid nie. Daarvoor het ons die prediking van die Evangelie nodig, leer Rom 10. Ons kan in die skepping sien dat daar n God is; n ewige, almagtige God dit is duidelik! Maar ons het die prediking; suiwere Woordverkondiging; die Bybel nodig vir ons saligheid - om God se verlossing in Christus, sy genade en liefde te leer ken. Ons sal volgende keer verder hieroor uitbrei. Ons teksgedeelte handel nou eers oor die skeppingsboek. 4. Wie nie die Outeur van die Skeppingsboek erken nie, bly in die duister Ons kom dan nou by die laaste punt, en dit is, wie nie die Outeur van die Skeppingsboek erken nie, bly in die duister. Dit is :21 van ons teksgedeelte. Geliefdes, het u al ooit gehoor dat iemand sê: daardie boek het homself geskryf ; daardie boek het nie n skrywer, n outeur nie of hierdie gedig het vanself op die papier verskyn? Niemand sal so iets sê nie want dit is onlogies, irrasioneel en gewoon absurd. En tog is daar sommiges wat sê, die skeppingsboek het geen Outeur nie. Die skeppingsboek het homself geskryf. Alles in die natuur het sommer-net vanself ontstaan. Daar is geen Skepper nie. Lewe op aarde is blote toeval. Eintlik sê hulle: alles wat jy in die kosmos sien, is per-ongeluk. Die asemrowende skeppingsboek het homself per-ongeluk geskryf. Sulke redenasies, geliefdes, is vandag die norm. Dit word aan ons voorgehou as feite. Geliefdes, hoewel dit miskien vir ons komies klink, stel :21 dit vir ons in n baie ernstige lig. Hierdie tipe denke gebeur wanneer mense die waarheid onderdruk. Omdat die mense nie die skepping as God se werk wil erken nie, ly hulle aan n gebrek aan insig. Hulle word "dwaas in hulle oorlegginge, en hulle onverstandige hart is verduister" ('53 vert.). Hulle denke word sinneloos; onlogies; irrasioneel; absurd. 4

Hulle sien duidelik die werke van God en hulle gewetens spoor hulle aan om te erken dat daar n God is, en tog kies hulle om die waarheid te onderdruk sê :18. Dan sê :28 "omdat hulle dit as verwerplik beskou het om aan God erkenning te gee, het God hulle oorgegee aan n verwerplike denkwyse, sodat hulle onbetaamlik optree" (BDV). Omdat hulle nie God as Outeur van die skeppingsboek wil erken nie, gee Hy hulle oor aan n verwerplike denkwyse. Hulle harte bly verduister, omdat hulle die lig sien, maar nie daarin wil wandel nie. Verstaan u geliefdes, waarom ons sulke belaglike idees by sg. Wetenskaplikes oor die natuur en die heelal vind? Dit is God wat hulle oorgee aan verwerplike denkwyses, omdat hulle God verwerp! En die oordeel gaan verder: hulle denkwyses is verwerplik en hulle gedrag word onbetaamlik. Ons het almal al die spreekwoord gehoor: waar die hart van vol is, loop die mond van oor. n Hart vol duisternis, loop oor en word onbetaamlike gedrag: Kenmerkend van hulle gedrag is jaloesie, twis, bedrog, hooghartigheid ens. sê :29,30. Ja, en ook homoseksualisme is onbetaamlike gedrag en die gevolg van verduisterde harte, leer o.a. :27. Uiteindelik bereik God se oordeel n hoogtepunt in :30: hierdie mense wat God nie wil erken nie, doen self hierdie onbetaamlike dinge en hulle vind dit ook goed as ander dit doen! Dit is kenmerkend van ons tyd. Verwerplike denkwyses agv verduisterde harte, wat oorloop in onbetaamlike gedrag en almal vind dit ook goed! Onsinnige en dwase denke en verwerplike gedrag is aanvaarbaar. En dit geliefdes, is God se oordeel oor mense wat die waarheid onderdruk, omdat hulle die Here nie as God dank en eer nie, sê ons teksverse. Geliefdes, laat dit dan vandag vir ons n duidelike waarskuwing wees. As ons die werke van God sien, en ons sal dit sien, want Hy openbaar Homself baie duidelik, dan moet ons Hom daarvoor dank en eer! As ons die handewerk van n Alwyse Skepper in die natuur bemerk, laat ons Hom daarvoor dank en eer. Maar ook, broer en suster, wanneer ons in ons eie lewens sien hoe my Skepper my onderhou en my regeer al gebeur wat ook al met my laat ek Hom daarvoor eer en dank! Ek is alle lof, eer en heerlikheid, lewenslank aan God verskuldig! Die begin, die wortel van die sondes, is wanneer ons God se werke sien, maar Hom nie daarvoor dank en eer nie. Wanneer ek die waarheid onderdruk met ongeregtigheid. Die begin van sondige denke en sondige dade is wanneer ons die waarheid onderdruk en nie aan God die eer gee wat Hom toekom nie. En dit is ons van nature ons is van nature onderdrukkers en ontkenners van die waarheid. Daarom is verwerplike denkwyses en verduisterde harte ook ons verdiende loon. Maar geliefdes, deur die geloof wat God gee, lei God ons uit die duisternis na die lig om daarin te wandel. 5

Hy verhelder ons verstand, sodat ons reg kan dink. Hy verander ons gemoed, sodat ons ook reg kan voel. Hy lei ons hand, sodat ons ook dit wat goed is kan doen. En ons kan alleenlik glo, omdat God Homself laat ken. As God Hom nie laat ken nie, sal ons nooit sy werke sien nie. Sou ons harte ewig verduister gebly het. Ons sien Sy werke en ons gee Hom die eer en dank wat Hom alleen daarvoor toekom. Geliefdes, gaan hierdie week en lees in die skeppingsboek van God se werke. AMEN! Wat n wonder, dat ons kan bely, dat God Homself nie net op een manier nie, maar deur twee middele laat ken! Hy gee die algemene en die besondere openbaring! Die Skepper van die heelal, het die skeppingsboek geskryf, vir almal om te lees. En daarin staan genoeg om alle mense te oortuig dat Hy bestaan. Dit is nou ons taak as gelowiges, as kerk van die Here, om met die verkondiging van die Evangelie, met die Bybel, vir die mense om ons te wys wie hierdie God is, wat hulle in die natuur duidelik kan sien. Volgende keer kyk ons spesifiek hierna - na die tweede middel waardeur ons God ken die tweede boek; die Bybel; die besondere openbaring. n Laaste gedagte, gemeente, Ons het die wonderlike voorreg om hier in Graaff-Reinet omring te wees met besondere natuurskoon. En die mense van ons gemeenskap sien dit hulle lees die skeppingsboek en sien die Outeur oral om. Dit is ons taak om die besondere boodskap van die Evangelie hier uit te leef, sodat almal kan sien hoe die Skepper ons onderhou en regeer. 6