Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

Vergelijkbare documenten
Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

n Tempel Leier besoek Jesus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Van Vervolger tot Prediker

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Tema: God het ons lief en daarom gaan dit altyd goed met ons.

Lofsang met die oog op die erediens Ps : 1,6,7 (eerste melodie) Lied 255: 1,2

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

'n Man gestuur deur God

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Tema: Moenie dat vrees jou lewe beheers nie, tree met geloof in God en vaste vertroue in die toekoms op.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Preek Romeine 1:16-17

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die betekenis van die doop

Geroep vir Gemeenskap

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Toe God alles gemaak het

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1 paragraaf 17 Teks: Sing- Ps. 131:1,2,3; Ps. 25:6,7; Ps. 128:4

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Die Kerk se Geboorte

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Deur Christus Alleen

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Van Vervolger tot Prediker

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Transcriptie:

1 Die Doop word vanoggend bedien aan Bernard, babaseuntjie van Nardus en Christa van Zyl. Baie geluk aan julle en baie welkom aan familie en vriende wat vandag saam met ons getuies van God se werke is. Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie. Lofsang met die oog op die erediens Lied 190: 1,2,3 Vir ons kinders: Lied 542: 1 en 2 Ontmoetingsdiens Intreelied: Sb 1-3: 1 (mel van Ps. 128-1) Votum: Ons sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Amen Seën Loflied Ps. 105-1: 1,2,5 Geloofsbelydenis van Nicea Sing Sb 12-3: 1,2. Verootmoedigingsdiens Lees die Wet uit Markus 12: 28 34 Sing Lied 530 : 1,2 Gebed Doopbediening Doopformulier Sing terwyl die dopeling ingebring word Sb 16-1: 1,2,7; Sing na die doop: Lied 292: 2 Dankgebed. Woorddiens Belydenis: Heidelbergse kategismus vrae 65, 66, 69 en 74. Skriflesing: Romeine 4: 1-12; Teksvers: 11-12. Sing Ps. 89-1: 6 Woordverkondiging. Antwoorddiens Gebed Liefdegawes Sing Sb 12-6: Beurtsang: 1 almal; 2 susters; 3 broers; vers 4 en 5 almal Seën Amenlied Sb 13-3.

2 Geliefde brs en srs en liewe kinders, Die Doop is ʼn sakrament. Die woord sakrament beteken ʼn spesifiek afgesonderde (heilige) sigbare teken en seël (waarborg) wat God ingestel het om ons geloof te versterk. Dit is ʼn sigbare teken van iets wat God onsigbaar doen. Ek wil dit vir ons kinders die doop as teken so verduidelik: (wys skyfies). Wat weet jy as jy hierdie teken sien? (Kinders oor die pad) Wat weet jy as jy ʼn groen verkeerslig sien: dis veilig jy kan maar ry! Wat weet jy as jy die teken sien? (Geen rommelstrooiing) Waarvoor staan die teken? Water Wat word by die doop gebruik? Water en dit wys dat God jou sonde deur Jesus Christus skoonwas en dat jy deur geloof in Christus gered word. Wanneer ons iemand as volwasse doop (sg. grootdoop) en wanneer ons kinders doop, dan teken die doop presies dieselfde prentjie! Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie. Dit wys heen na wat Christus doen en hoe jy die vrug daarvan in jou lewe kry. Die doop is dus ʼn prentjie van die wonderlike boodskap van redding deur Christus! Christus as die Groot Teken van God se werke in ons lewe. Brs en srs, ons het verlede week gehoor dat die Bybel God se dinamiet in ons lewe is waarmee Hy wonderkragtig geloof in ons werk. Om hierdie geloof te versterk gee die Here vir ons 2 Sakramente. Vandag sien ons die sakrament van die Doop en volgend Sondag die sakrament van die Nagmaal. Ongelukkig heers daar baie verwarring onder gelowiges oor wat die doop beteken. So is daar bv. kerke en gelowiges wat te veel betekenis aan die doop heg. Dat dit meer as net ʼn teken is. Hulle glo dat wanneer die doop bedien word, dan werk God geloof in die dopeling en dat hy of sy dan nooit weer verlore kan gaan nie. Die is bv. die siening van die Rooms Katolieke kerk. Die doop is dus vir hulle nie net ʼn teken of simbool nie, dis ʼn saligmakende gebeurtenis. Die oomblik as jy gedoop word, dan is jy gered! Ek dink daar is Gereformeerdes wat hierdie dwaling ook ʼn ander manier glo! Hulle sal dink: ek is mos gedoop en ek is mos nou lidmaat van die kerk, so eintlik is ek op pad hemel toe en ek hoef niks te doen nie! Dan is daar ander gelowiges wat weer te min waarde heg aan die doop asof dit iets opsioneel is wat ek kan besluit. Ek kan self oordeel of ek my kinders wil laat doop of dat as ek nie as kind gedoop is, of ek as volwasse gedoop wil word nie. Moses het ook so gedink en ons lees in Eksodus 4 dat God hom wou doodmaak omdat hy nie sy seun besny het nie. Die besnydenis in die Ou Testament wat in die Nuwe Testament deur Christus oorgegaan het in die doop is ʼn opdrag van die Here

3 en gelowiges moet daaraan gehoor gee. Dit is deel van jou verantwoordelikheid as gelowige. Ons sien dit ook in Josua 5. Net voor die Here die volk die land in besit laat neem dan moet hulle almal wat nie besny is nie, eers besny word groot en klein! Want hulle moet verstaan waarom hulle hierdie land gaan kry dit is God se verbondsbelofte wat nou waar word en aan hulle geskenk word! Ander gelowiges heg weer ʼn verkeerde betekenis aan die doop toe asof die doop iets sê oor die dopeling se geloof. Vir hulle is die doop ʼn teken van die dopeling se geloof. Hulle sien die doop as ʼn daad van die mens wat daarmee sê dat hy of sy nou in God glo. Met hierdie siening val die klem op die mens en nie op God nie. Wanneer ons egter na ons teksverse kyk dan gee die Here vir ons een aspek van die ware betekenis van die doop! Kom ons lees dit weer saam. 11 Hy het die besnydenis as n teken ontvang. Dit is n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Paulus is in hierdie gedeelte besig om te verduidelik hoe ʼn mens gered word deur geloof in Christus alleen. Hy begin in hf 3 deur te sê dat alle mense op aarde as gevolg van die sonde, verlore moet gaan. Maar dat God vir Jesus gestuur het om vir ons sonde te kom betaal en dat jy gered word deur in Jesus Christus te glo. Die Jode van daardie tyd het egter geglo dat jy gered word deur dit wat jy as mens doen naamlik dat jy aan al die voorskrifte die wet van God gehoorsaam moet wees, dan word jy gered. Een van die voorskrifte van die wet is dat jy jou moet laat besny. Hulle het dus daarop geroem het dat hulle gered word omdat hulle hul laat besny het. In ons teksverse kom Paulus egter met ʼn onweerlegbare bewys dat die besnydenis - of in Nuwe Testamentiese taal, die doop - as teken, jou nie red nie, maar geloof in God! Die doop is nie ʼn bewys van die dopeling se geloof nie maar van die manier waarop God mense red. Kom ons volg vir oomblik net Paulus se argument soos hy dit op die Ou Testament se geskiedenis baseer: Paulus wys daarop dat Abraham al lank voor hy besny is, reeds geloof van God ontvang het. Dit het al in Genesis 12 gebeur toe die Here hom geroep het en aan Hom geloof geskenk het. Ons het mos verlede week gehoor dat die Here aan ʼn mens geloof skenk deur die verkondiging van die Woord. God maak Hom aan Abraham bekend deur sy woord en skenk aan hom geloof. Op grond van hierdie geloof trek Abraham weg van sy ongelowige voorouers en begin as gelowige saam met God lewe.

4 In Genesis 15 kom maak die Here sy verhouding en beloftes dat Abraham ʼn groot nageslag sal hê en dat God ook vir sy nageslag ʼn God sal wees, amptelik deur die verbond met hom te sluit. Julle onthou die verbondsluiting met die diere wat Abraham in twee dele moes sluit en die Here wat met ʼn vuur tussen die diere deur beweeg. Intussen glo Abraham nie die belofte van die Here dat Hy en Sara kinders sal hê nie wat hulle is albei baie oud. Abraham verwek by Hagar, een van hulle slawe, ʼn kind en noem hom Ismael. In Gen. 17 kom die Here dan weer na hom toe en sê nee, Ismael is nie die belofte nie: die kind moet uit Abram en Sara self gebore word! Dit moet ʼn wonderwerkkind wees, want dit wys op die feit dat God kan doen wat mense nie kan doen nie. En om hierdie wonderdaad van God te beklemtoon, stel die Here die besnydenis as teken van hierdie verbond (die geloofsverhouding) tussen God en Abraham en sy nageslag in. Abraham en sy seun en alle mans in sy huis moet besny word en elke seuntjie wat van toe af gebore moet word moet op die agste dag besny word! Dit is die teken van God wat mense red en in ʼn geloofsverhouding met hom stel. Volwassenes en kinders! Daarom word Abraham en sy seun Ismael op een dag besny. Sien julle? Hierdeur bewys Paulus dat Abraham nie gered is deur die besnydenis nie, maar deur die geloof wat God aan Hom gee. Geloof op grond van die versoening van Jesus Christus. Want die besnydenis was ʼn teken dat God jou sonde wegsny en jou red deur aan jou geloof te gee. In die Ou Testament was dit ʼn bloedteken - soos die offers wat gebring moes word - en dit het heengewys na Christus wat sou kom. So was die besnydenis as seel n waarborg van die verlossing wat kom en wat Christus sou bewerk. Toe die Here Jesus kom het Hy die finale bloedoffer gebring deur aan die kruis vir ons sonde te sterf en so vir ons sonde te betaal. Wie in Hom glo word gered! Hy maak redding moontlik en Hy skenk geloof deur die Heilige Gees. Na sy dood en opstanding het Jesus die teken na die doop verander! Nou is die teken nie meer die bloedbesnydenis nie, maar water! Water as teken dat jy gered word om God jou sonde in Christus afwas! Brs en srs en kinders, wanneer God dus vir gelowige ouers sê om hulle kinders te doop dan sê God daarmee dat Hy belowe om met hierdie kind van hulle se geloof te werk presies op dieselfde wyse as wat Hy aan hulle geloof geskenk het naamlik in en deur Jesus Christus. Die doop is nie die teken dat die kind glo nie, maar dat God beloof dat Jesus ook vir hierdie kind sy of haar Redder sal wees. Natuurlik

5 moet die geloof wat God skenk nog sigbaar word in die kind se lewe en hy of sy moet dit eendag self bely. Die doop is ook nie ʼn waarborg dat die kind sal glo nie, maar ʼn waarborg van hoe God met hom of haar sal werk. Dat die Here bemoeienis sal maak! Dat God deur sy Woord en deur die Heilige Gees in die kind se hart sal werk. Daarom dat die ouers moet belowe om die kind na die Here toe te lei deur die Woord aan die kind te verkondig en hulle geloof vir hom of haar voor te leef! Of die kind sal glo of nie dit berus by God alleen! Net so wanneer iemand wat uit ʼn ongelowige huis kom en nie as kind gedoop is nie. Wanneer so ʼn persoon tot geloof kom dan gee die Here die opdrag dat hy of sy as volwassene gedoop moet word. Dan, net soos in Abraham se geval en al die ander mense wat nie Israeliete was en as kinders besny is nie. Wanneer so iemand tot geloof gekom het en deel van Israel wou wees, moes hy as volwasse besny word. So ook vandag! As ons vandag ʼn volwassene sou gedoop het, het dit presies nog dieselfde prentjie vir ons geteken! Jy glo omdat God jou in Christus Jesus gered het! Hier is die doop as God se bewys daarvan. Die grootdoop is nie ʼn daad van die mens waarmee hy of sy haar geloof bely nie, dit is ʼn daad van God wat verduidelik hoe jy tot geloof kom! Die volwasse doop net soos die kinderdoop - waarborg ook nie dat hierdie mens nou nie meer sal sondig of sal struikel en val in die geloof nie! Dit wys jou heen na Christus deur Wie jy altyd weer vergifnis van jou sonde kan ontvang en deur wie sy Gees jy kan volhard tot die einde toe! Die doop as seël waarborg dat God so sal werk en dat Hy met jou die pad sal stap! Of daardie persoon sal volhard tot die einde toe dit berus by God alleen. Geliefdes, watter geweldige troos bring die doop dus nie vir ons nie! Dat ek as gelowige kan weet en sê: dankie Here dat my geloof en redding nie van myself afhang nie! Ek wat so sondig, swak en nietig is, ek wat so onbetroubaar is en ook maar soos Abraham nie al u beloftes glo nie! Dankie dat U my kom red het deur Jesus Christus in my plek te besny ja, nie net toe Hy ook agt dae oud was nie, want so het Hy vir my die wet vervul! Maar ook toe u Hom aan die kruis tot die dood toe gesny het, sodat ek mag lewe! Dankie Here vir my doop as die teken dat dit die manier is waarop ek gered word! As dit nie vir Christus was nie was ek nou verlore, op pad hel toe! Al het ek hoe hard probeer om al u gebooie te onderhou ek kan nie daardeur gered word nie! Dankie Jesus dat U my kon red het.

6 Watter troos bring die doop nie vir gelowige ouers nie! Dat ons die doop met vrymoedige geloof kan laat bedien aan ons kinders! Dat hulle mag weet: my kind se redding hang nie van my af nie! Hoe kan ons as ouers ook nie faal in die wyse waarop ons die beloftes nakom wat ons by die doop afgelê nie! Watter swak voorbeeld stel ek as ouer nie dikwels vir my kind in die manier hoe ek die Here dien nie! Dankie Here dat my kind se redding nie van my geloof afhang nie! Maar dankie ook Here dat my kind se redding ook van hom of haar self afhang nie! Ja, dat ook hulle redding alleen afhang van die ongelooflike genade wat U as ons Vader aan sondaarmense betoon. Dat U ons deur Jesus alleen red en dat U aan ons geloof gee. Dat u soos met Abraham die inisiatief neem en dat U die pad einduit met ons stap as volwassenes en kinders! Daarom Here by hierdie doop ook: Aan U alleen die eer en die dankbaarheid van ons hart! Mag hierdie reddende genade ons so oorweldig, ons harte so vul dat ons ons hele lewe lank ware dankbaarheid aan U sal betoon! Dat ons U met ons hele hart sal liefhê en U gewillig en met al ons kragte sal dien. Amen.