K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe Oktober In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Vergelijkbare documenten
K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe September In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe Oktober In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Jesaja sien die Toekoms

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 5 Uitgawe Maart In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Tempel Leier besoek Jesus

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 7 Uitgawe November In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

KOERSVAS. Jaargang 2 Uitgawe Maart In hierdie uitgawe: Redaksioneel Nuusbrokkies Kennisgewings REDAKSIONEEL Omdat hulle kan

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die Kerk se Geboorte

Welkom by Die Storie God se storie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Jona en die Groot Vis

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

AANSOEK OM STUDIELENING

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Les 1 vir 7 Oktober 2017

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Petrus en die Krag van Gebed

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

As julle enige vrae het, iets

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

'n Man gestuur deur God

Pragtige Koningin Ester

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Van Vervolger tot Prediker

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek Romeine 1:16-17

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Toe God alles gemaak het

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Transcriptie:

1 K OERSVAS Jaargang 7 Uitgawe 147 19 Oktober 2018 In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings REDAKSIONEEL AGT JAAR LATER... Seker die beste posisie om die verlede vanuit te kan beoordeel, is die kalmte en insig wat die verloop van tyd bring. Hierdie maand is dit reeds n volle agt jaar sedert die berugte politieke, leuenagtige en ketterse Besluit 54 deur die NHKA tydens die 69e Algemene Kerkvergadering van 2010 geneem is. Andries van Aarde (én die World Alliance of Reformed Churches) se teologiese dwaling (een van báie!) en sy vooraf beplande leuen daarin, staan steeds as n hoeksteen waarop die NHKA daarna sou voortbou. Ernest van Eck se belofte dat die aanvaarding van Besluit 54 die NHKA in n gunstige posisie sou plaas om kragdadig teenoor die owerheid te getuig oor al die onreg en korrupsie in die land, blyk so hol en leeg te wees soos die geloofsintegriteit van die Teologiese Fakulteit. Die pynlik-akkurate Staat van Belydenis waarin die steedshervormers die NHKA geplaas het oor al die dwaalleer in die Kerk, is soos alle besware van die verlede, behendig onder die mat ingevee om versmoor te word in die winterstof van evangeliese ongeërgdheid. En só laat dit n groot aantal besorgde Bondsgelowiges wat tevergeefs daarvoor wag dat die eensgeliefde moederkerk haarself sal bekeer sodat die naïewe gelowiges daarbinne nie van die geleentheid om deur die ware Evangelie gered te kan word, ontneem sal word nie. En dan die ellelange lys van oneerlikhede wat daarna gepleeg is deur mense soos Daan van Wyk jr., Frikkie Labuschagne, Joel Fourie, Barry van Wyk en hans-lammertjies soos Gerhard Lindeque, Fred Paynter, Henk Joubert, Nardus Enslin, Hennie Nel, WP Prinsloo...om maar net n paar te noem: Blatante leuens, aanhitsing om die leuen goed te keur, valse eedsverklarings in die Naam van die Drie-Enige God, verkragting van die Kerkorde, ensovoorts. Die gemak waarmee hierdie oneerlikhede gepleeg is en onaangespreek gelaat is, laat n mens steeds wonder waarom die versoek dat stemme per stembriefie tydens 2010 se AKV en 2011 se buitengewone AKV uitgebring moes word, eenvoudig van die hand gewys is en voortgegaan is met n fisies-onouditeerbare elektroniese stem-proses. Die opeenvolgende Kommissies van die AKV is/was almal bewus van hierdie oneerlikhede sommige lede aandadig daaraan - en het tot nou toe absoluut niks

2 gedoen om hulle eie integriteit of dié van die NHKA te probeer herstel of red nie. Ontslae van die konkelaar Johan Buitendag se Rightwingers, het die teologiese vergrype binne die NHKA teen die spoed van weerlig geëskaleer: Dieselfde-geslag huwelike word bevestig, dis aanvaarbaar om te glo dat Jesus nié uit n maagd gebore is nie, dat Hy nié God se fisiese Seun is nie, geen wonderwerke gedoen het nie, nie opgestaan het uit die dood óf opgevaar het na die Hemel nie, dat daar géén Oordeelsdag, géén Ewige Lewe in die Hemel of in die Hel is nie álles in stryd met die Bybel en die Belydenisskrifte. En dan die klaarblyklike en absurde besluite van die Kommissie wat n mens tot histeriese verstomming dryf: Bondspredikante wat 100% aan die Bybelse waarhede vashou, mag nie NHKA-kansels betree nie! Die dreigement dat lidmate wat aan Bondsgemeentes behoort, van vooraf sal moet katkiseer en óór Belydenis van Geloof sal moet aflê; indien hulle eendag weer by n NHKA-gemeente sou wou inskakel! Dat die Doop wat deur Skrif getroue Bondspredikante bedien word, ongeldig is! Het n deel van dié NHKA nie dalk, saam met n deel van die NG-Kerk, God Drie-Enig se #1 vyand in Suid-Afrika geword nie? ( n Mens kan verstaan waarom sommige NHKA-teoloë, predikante, ampsdraers en lidmate eenvoudig nie kan bekostig om te glo dat daar n Oordeelsdag gaan wees nie!) Terwyl dit wat hierbo gesê is, feitelik korrek is, is dit ook waar dat die oorgrote deel van die NHKA se predikante dit van hulle gemeentes weerhou, feitelike inligting hieroor as vals en kwaadwillige leuens afmaak, en die Geloofsbond as n klomp rassiste uitkryt. Seker die mees bevrydende deel van onafhanklik wees, lê in die ruimte om vrylik en met vreugde Bybelse teologie onder mekaar te kan beoefen, en natuurlik ook die bevryding van die evangelies-versmorende sinodale heffings en die siek hiërargiese struktuur van die aanbidding van die geldgod en n obsessie met aansien, status en mag... álles behálwe n passie vir die Evangelie! Kan/wil die NHKA nog die Kerk van Christus wees? Het hulle nog n Reformatoriese passie om die suiwer Bybelse evangelie ten alle koste te beskerm? Op terugskoue besef n mens watter sielkundige swaard die NHKA geskep het deur die absolute wurggreep wat die Kommissie en die dosente op die totale NHKA verkry het. Dit was selde die beste kandidate wat in doseer-poste aangestel is, want die maatstaf was nie uitnemendheid nie, maar Broederbond-lidmaatskap en liberale oortuigings. En hoe belangrik het dit nie hierdie onbevoegde mensies gemaak nie! Ook hoe die sinodale poste en vergoeding nie gesny word nie, maar dat die groeiende aantal sukkelende gemeentes gedwing word om hulle predikante se vergoeding te verminder sodat hulle hulle sinodale heffings éérste kan betaal, selfs al beteken dit dat hulle predikante uit diens gestel moet word. Nou is talle kollegas binne die NHKA verstom dat pen-pushers (aktetas-mannetjies) soos Frikkie en Wouter met amperse absolute mag beklee is om finale besluite oor bykans alles binne die NHKA te neem.

3 Die wonderlike bevryding onder Geloofsbondslede, is dat ons nie getalle najaag nie, maar absoluut jaloers is op die behoud en bevordering van die Evangeliese waarhede. Daarvoor is ons ons Hemelse Vader oneindig dankbaar! Ds Gawie Wolmarans, Die Wilge-Potchefstroom. BERIGTE EN KENNISGEWINGS BESTUURSVERGADERING Die Bestuurskomitee het op Vrydag 12 Oktober 2018 te Grootvlei vergader. By hierdie vergadering is die notule van die Pietersburg Bondsvergadering hanteer en goedgekeur. Die notule sal eersdaags aan gemeentes gestuur word. VOLKSHULP2000 Die algemene jaarvergadering van Volkshulp2000 het plaasvind op 6 Oktober 2018 vanaf 10:00. By die geleentheid is ouderling Jaco de Ridder tot voorsitter verkies en ds. Johan van Wyk is tot die komitee gekoöpteer. GELOOFSBONDPREKE Maak seker u bly op hoogte van die nuutste preke en gesprekke. Daar is elke Sondag nuwe Geloofsbondpreke op ons webwerf op die internet beskikbaar. Gaan na http://www.geloofsbond.org.za/ Daar is ook weekliks nuwe preke op whatsapp beskikbaar. Kontak Ella Joubert by 082 564 1915 en sy sal u onmiddellik by die preek-whatsapp groep voeg. LEWENSBROOD 2019-2020 Gemeentes moet kennis neem dat dit tyd is om hulle bestellings vir die volgende jaar se boek te plaas. Persone wat nie in 'n Bondsgemeente is nie, kan direk met Ella skakel ella@teamworkprinters.com om bestellings te plaas. * Ons versoek u ook vriendelik om kontant by bestelling te handhaaf. Prys R120 per eksemplaar. * Dit beteken dat u 31 sent per dag betaal vir gehalte oordenkings. * Onthou, dit is 'n goeie kersgeskenk. Bestellings word afgehandel teen 27 Oktober 2018. PROF SCHALK BOTHA Die redaksie het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van prof Botha, lidmaat van Grootvlei gemeente. Ons innige meegevoel aan Tannie Babsie en die gesin. Die troosdiens sal op Vrydag 26 Oktober 2018 om 11:30 vanuit die kerk op Grootvlei geskied. DS PARKIN - OTTOSDAL Ds. Johan Parkin van Ottosdal se vrou, Denise, is siek met kanker. Haar situasie het intussen vererger. Ons meelewing gaan met die gesin in hierdie tyd. DS VISSER - OOSTELIKE PIETERSBURG Ds Faan Visser van Oostelike Pietersburg het 'n terugslag beleef, maar is nou besig om te herstel. Ons bid hom sterkte en beterskap toe. DS RAUTENBACH - STILFONTEIN Ds Rautenbach gaan binnekort vir 'n knievervanging. Ons bid hom en sy gesin sterkte toe.

4 VAKATURE - FINKOM BEAMPTE POSBESKRYWING: n Vakature vir n Finansiële Beampte het by Meyerspark Hervormde Kerk in die ooste van Pretoria, ontstaan. Die pos is beskikbaar vanaf 1 November 2018, vir oorhandiging op 30 November 2018. Daar word van die suksesvolle applikant verwag om die volgende te doen: Volledige boekhouding (tot proefbalans) en bankstaat rekonsiliasie op Pastel Express 14 Volledige salarisrol administrasie en statutêre indienings, betalings en vereistes Hantering, teboekstelling, rekonsiliasie en bank van alle kontant, en tel van deurkollekte saam met diakens. Bestuur en rekonsiliasie van die kantoor se kleinkas. Voorlegging van maandelikse finansiële state vir goedkeuring deur die Finansiële kommissie. Bywoning van maandelikse Finansiële Kommissie vergaderings, en neem van notule in die afwesigheid van die skriba. Byhou van gemeentelike bydraes per lidmaat en wyk, en skakeling met betrokke Kerkraadslede. Rekonsiliasie van debietorders en kredietkaartbetalings. Indiening en administrasie van versekeringseise. Beleggingsadministrasie. Jaarlikse indiening van brondokumente en finansiële rekords vir ouditering. Jaarlikse indiening van geouditeerde finansiële state by SARS (TEU). Betaal van alle MCV rekeninge. Aankoop van kos vir behoeftige persone namens SHINE, ons barmhartigheidsdiens. Veilige bewaring van alle finansiële data, elektronies en andersins. Beskikbaarheid na eredienste op Sondae in die kantoor. Aflos van Administratiewe Beampte tydens verlof, siekte of buitegewone omstandighede. Op hoogte bly van Admin Beampte se pligte. Dit is n 5/8 dag pos : Ma tot Vry vanaf 08:00 tot 13:00, sonder etenstyd. VEREISTES: *Tersiêre rekenkundige kwalifikasie, ten minste n sertifikaat in boekhouding en algemene rekeningkunde * Sertifikaat in salarisrol administrasie en grondige kennis en ondervinding van statutêre salarisrolvereistes * Grondige kennis van Pastel Express 14 * Grondige kennis van Pastel VIP Payroll * Microsoft Excel AANSOEKE: U Curriculum Vitae met volledige kontakbesonderhede kan aan die kantoor gestuur word via e-pos (hkm@geloofsbond.org.za), of u kan dit direk by die kantoor indien. Kerkkantoor: 012 803 7528 / 071 889 2175 WANNEER ONS DAN BID Die artikels wat die "Onse Vader" verklaar (soos in Die Skietlood gepubliseer) is verwerk na 'n handige boek. Dit sal gelowiges begelei in hul gebedslewe en kan dien as handige instrument vir Bybelstudie. Vir meer besonderhede en bestellings kontak Dr Otto by johan.otto@geloofsbond.org.za OORNAG FASILITEITE Villa Stoney B+B Oornag in die rustigheid van die Bosveld! Slegs 5 km van die Zambezi Tolhek - naby hospitaal en besighede- Langtermyn akkommodasie ook beskikbaar in gemeubileerde kamers Etes en wasgoed op afspraak Ontbyt of kospakkies is altyd ingesluit by Villa Stoney Naby genoeg aan Cullinan. Bespreek betyds vir die 2019 Bondsvergadering. Kontak Ina Steenkamp vir navrae en besprekings 0829082831 auri@mweb.co.za.

5 DRUKWERK Paul en Ella help graag met: Kalender Kwitansieboeke Offergawe boeke Dames Kwitansieboeke Konsistorie boeke Reklame plakkate en ander drukwerk ella@teamworkprinters.com R 120 per eksemplaar. Bestellings by zyvetto@gmail.com of johan.otto@geloofsbond.org.za