K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe September In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings Pretstaaljie

Vergelijkbare documenten
K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe September In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Welkom by Die Storie God se storie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Pragtige Koningin Ester

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Tempel Leier besoek Jesus

FAKTORE EN VEELVOUDE

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Jesaja sien die Toekoms

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jakkals lê eendag heerlik en

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Van Vervolger tot Prediker

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Antonieme en sinonieme

Van Vervolger tot Prediker

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

'n Man gestuur deur God

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

As julle enige vrae het, iets

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

1 TESSALONISENSE 5:25

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Transcriptie:

1 K OERSVAS Jaargang 6 Uitgawe 144 7 September 2018 In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings Pretstaaljie REDAKSIONEEL Oor-dentlik Die Bondsvergadering is vars in almal wat teenwoordig was, se gedagtes. Lidmate en kerkrade sal Sondag reeds terugvoer ontvang. In Koersvas sal besluite in verskeie uitgawes bekendgestel word. Nadat die Notule goedgekeur is, sal almal weet wat besluit is. Die belangrike "Selfverstaan mosie" sal ook volgende keer gepubliseer word. Nie alles word verbatim genotuleer nie. Die GHG het gekies vir notulering van besluite, nie besprekings nie. Dit het sy nadele om net besluite te notuleer. Ouderling Jannie Vosser se passievolle ouderlings-woorde het stem gegee aan soveel ouderlinge se bekommernisse, dit is jammer hulle kan dit nie instemmend hoor of lees nie. Ds Johan van Wyk se roerende vermanend-troostend rede moet eintlik wyd gehoor word. Daar is een saak wat soos 'n paal bo water staan. 'n Versameling GHG ouderlinge, diakens en predikante wat onder aanslae en verdagmaking (deur 'n uiters klein groep, eintlik almal familie) na Pietersburg gereis het, het verenig en met gemoedelike vrede terug gereis na hulle tuistes. Meer as een afgevaardigde het ruiterlik erken dat hulle met groot bekommernis na die Bondsvergadering gegaan het, sommige het selfs opgesien teen die vergadering. Die rede vir die bekommernis: Die aanslae en verdagmaking wat in verskeie publikasies geblyk het, die stortvloed van e-posse teen die wil van die gemeentes in, die vloed van bladsye gevul met persoonlike aanvalle, lasterlike insinuasies en skynbaar mala fide onkundige kritiek (WAT - " mala fide (Lat.) Wat met slegte bedoelings optree of plaasvind"). Dit is duidelik dat hierdie openbare aanvalle onmin en onsekerheid gesaai het. Dit mag nie weer gebeur nie. Ds Thys Fourie het op sy sagte maar ferm manier goeie leiding gegee en die genesing gefasiliteer. Hy het met sy leiding en insig net weer bewys dat die steedshervormers reeds reg was om voor te stel dat die GHG se jaarlikse vergaderings na gemeentes gaan en dat die plaaslike predikant as voorsitter optree. Reeds vroeg die Maandagoggend het harde maar reguit woorde geval. Dit was 'n skok vir die meeste teenwoordig se sisteem. Advokaat du Plessis het op die man af die probleme en bedreigings aangespreek sonder om ad hominem te raak (WAT - "ad hominem leenwoordgroep (Latyn) Tot die

2 mens, op die man af: 'n Bewys ad hominem, geen saaklike bewys nie, maar een waarby gebruik gemaak word van die persoonlike eienskappe van diegene wat oortuig moet word"). Die aanvanklike protes het plek gemaak vir iets anders. Nadat hy gepraat het, het die hemel nie geval nie, dit het nie begin sneeu nie, almal het egter geweet presies wat die bedreigings is. "Dit is moontlik om te praat sonder om jou gedagtes en stellings in wollerighede te verdoesel, jy mag stellings maak sonder watte na alle kante toe!" 'n Vars bries het deur die vergadering gewaai. Die gesprekke was meer direk, meer eerlik, sonder dat daar enige respek ingeboet is. Waar nodig, is name genoem. Waar nodig, is stilgebly. Die Bondsvergadering het 'n nuwe fase van eerlikheid ingegaan waarin almal mekaar se bona fides aanvaar het, selfs in die aanhoor van kritiek. Kritiek wat gemik was op die probleem, nie die persoon nie (WAT - "bona fides leenwoordgroep (Latyn) Opregtheid, egtheid, eerlikheid"). Dit het duidelik geword dat dit moontlik is om te ordentlik te wees. In die proses van poog om ordentlik wees, word vele ruimtes vir verwarring, onsekerheid en misverstand geskep. Die wollerigheid van oor-ordentlik skep broei-ruimtes wat misbruik kan word om verdeeldheid en wantroue te kweek. Ons kan so besig raak met die soek na mooi en polities-korrekte woorde, dat ons die eintlike boodskap - die volle waarheid - agterweë laat. Eerlike, respekvolle gesprek het saam met die voortgesette aandrang op konsensus daartoe gelei dat die GHG nou weer die hegte band kon smee. Elke gemeente, elke lidmaat is 'n integrale deel van 'n Gideonsbende wat getrou gaan bly aan die Evangelie en mekaar. Openhartige gesprek laat die lig so val op ons bande dat die krag daarvan vir almal duidelik word. Die plek vir daardie gesprek is by die Bondsvergadering. Ons het gepraat en besluit. Nou gaan ons lojaal ons saak verdedig. BERIGTE EN KENNISGEWINGS BONDSVERGADERING Die jaarlikse Bondsvergadering te Pietersburg is afgehandel. Ons opregte dank aan ds Thys Fourie en die gemeente vir die hartlike en opregte ontvangs. Die vergadering het suksesvol afgeloop. Die Bondsdames se vergadering was ook suksesvol. Ons dank aan almal betrokke. VOLKSHULP2000 Die algemene jaarvergadering van Volkshulp2000 sal DV plaasvind op 6 Oktober 2018 Datum: 6 Oktober 2018 Tyd: 10:00 Plek: Oranjekas, Collinslaan 1241, Moregloed, Pretoria Alle Geloofsbond-lidmate wat lede is van Volkshulp2000 word aangemoedig om dit by te woon. Onthou om voor 14 September 2018 kennis te gee van u bywoning by Adri Benade (Tel 012 755-8201/2) of deur epos te stuur aan bestuur@volkshulp-2000.co.za GELOOFSBONDPREKE Maak seker u bly op hoogte van die nuutste preke en gesprekke. Daar is elke Sondag nuwe Geloofsbondpreke op ons webwerf op die internet beskikbaar. Gaan na http://www.geloofsbond.org.za/ Daar is ook weekliks nuwe preke op whatsapp beskikbaar. Kontak Ella Joubert

3 by 082 564 1915 en sy sal u onmiddellik by die preek-whatsapp groep voeg. LEWENSBROOD 2019-2020 Vir die afgelope ses jaar is dieselfde prys gehandhaaf. Ongelukkig het drukkoste so verhoog dat ons nie anders kan as om die prys aan te pas nie. Die veronderstelling is dat ons weer 1400 bestellings gaan kry. Gemeentes word aangemoedig om so wyd moontlik bestellings te werf. Ons versoek u ook vriendelik om kontant by bestelling te handhaaf. Prys R120 per eksemplaar DS PARKIN - OTTOSDAL Ds. Johan Parkin van Ottosdal se vrou, Denise is siek met kanker. Haar situasie het intussen vererger. Ons meelewing gaan met die gesin in hierdie tyd. OORNAG FASILITEITE Villa Stoney B+B Oornag in die rustigheid van die Bosveld! Slegs 5 km van die Zambezi Tolhek - naby hospitaal en besighede- Langtermyn akkommodasie ook beskikbaar in gemeubileerde kamers Etes en wasgoed op afspraak Ontbyt of kospakkies is altyd ingesluit by Villa Stoney Kontak Ina Steenkamp vir navrae en besprekings 0829082831 auri@mweb.co.za. DRUKWERK Paul en Ella help graag met: Kalender Kwitansieboeke Offergawe boeke Dames Kwitansieboeke Konsistorie boeke Reklame plakkate en ander drukwerk ella@teamworkprinters.com PRETSTAALTJIE Die Ongelukkige Spierwit Duif: Ons mense is mos maar vol sentiment en elkeen wil graag hulle troue n spesiale affêre maak. Eintlik wil ons elke ding wat vir ons besonders is onthou. Om anders-tewees is mos om spesiaal-te-wees. Ons sien so baie mooi idees oral rondom ons. Die Amerikaners is nogal bekend daarvoor dat hulle met al sulke vindingryke goed kan uitdink en partykeer kan dit ook maar lekker vlak wees. My vrou is vlytig met naald en garing. So maak sy mos nou rokkies, en sy maak vir hierdie verhaal se aanstaande bruid haar trourok en rokkies vir haar strooimeisies en elke meisie wat iets mooi wil aantrek. Elke keer as hulle bymekaarkom om die rokkies te pas, gesels hulle al te lekker oor al die mooi goed en idees wat hulle beplan vir die troue. Die einste Amerikaners, dink ek, kan werklik met idees na vore kom wat ongelukkig n bruid se denke logies verdag kan maak. En meisies kan - ek dink omdat hulle tydens versorgingssessies sit en dan baie tyd op hande het - met allerhande innoverende en inspirerende gedagtes na vore kom. So is die bruid toe getroud, maar ons hoor toe ook niks verder van hulle af nie. En n paar maande later, kom hierdie een strooimeisie en wil sy ook n rokkie hê vir haar troue. Ek reken sy moes seker die bruidsruiker op die einste troue gevang het. Hoe dit ookal sy, my vrou vra haar toe uit oor hoe die troue van haar grênd vriendin toe geloop het en sy begin lag...en sy lag en lag. En daar kom die hele storie van hoe

4 sentiment en simboliek toe verkeerd geloop het, uit. Hulle het hierdie fênsie venue gekry waar hulle trou. Deesdae kan jy mos alles by so n venue kry. Hulle doen die spyseniering, en die foto s, en verskaf n klanksisteem en jy kan sommer n seremoniemeester ook daar huur. Hulle het selfs n klein kerkie of kapel daar op die werf en jy kan selfs n domineeof-iets kry wat die stigtelike deel van die seremonie waarneem en waar jy for ever en no-more aan mekaar kan sê. Tradsievas word die plegtigheid dan baie stigtelik in die kapel gehou en dan volg n rits van die bruid se mooi gedagtes. Gedagtes wat die dag n mooi herinnering moet maak, wat baie spesiaal sal wees vir die herinneringe van die paartjie. (Om jou troue anders-te-laat-wees is deesdae mos spesiaal-laat-wees). Een van haar blink gedagtes was dan nou juis dat wanneer hulle so uit die kapel gestap kom - vir die eerste keer as getroude paartjie - (en dit moet ook wees, nog voordat die gaste nou kans kry om hulle met konfetti te bestrooi), dat daar moet dan spierwit duiwe vrygelaat word. Dit moes nou so werk: Hulle sou elkeen n spierwit duif in so n koper duiwehokkie sit, met linte en als, en net so as hulle uitgestap kom, dan gaan hulle eers op die trappies staan en haal elkeen sy duif uit en word die duiwe saam vrygelaat. Die bruid het baie simboliek daarin gesien dat die twee spierwit duiwe, wat nou elkeen van hulle in die vars huwelik verteenwoordig of iets, so saam sal wegvlieg. So staan almal met opgehoude asems buite die klein kapelletjie en bekyk die spiktakel, hoe die twee spierwit duiwe nou in vryheid die lug in moet wegvlieg. Niemand weet nog wat dit moet beteken nie, dit sal seker later op die onthaal verduidelik word. En net soos die duiwe toe amper hoogte bereik, n draai daar bo maak om hulle koers in die rigting van vryheid te kry, toe klap daar skielik n skoot. Hoekom dit nou die bruid se duif moes wees, sal ons seker nooit weet nie. Maar dit was n pot-shot en al wat afkom terug aarde toe is net die vere van die spierwit duif van die bruid. Die bruid is in trane, haar duif is flenters geskiet. Die bruidegom probeer troos, haar ma stom van verbasing en wonder of dit nie weer een van die stout nefies se streke was nie. Die hele onthaal verder was maar n snikkerige affêre vir die bruid, want haar hele simboliek lê nou aan skerwe: Beteken dit nou dat haar vryheid met die huwelik ook nou kortgeknip is of wat? Die sal ek nie kan sê nie. Die res van die gaste het kort kort in n lagbui uitgebars, die sameloop van omstandighede en die tydsberekening was net te perfek. Later die aand sou die speurwerk van die boeties dit bekendmaak dat reg langs die troue-venue daar n Kleiduif Skietklub is wat Saterdae ook kompetisies het. Die duiwe van die omgewing weet van die kompetisie Saterdae en bly maar eerder weg vir hulle eie veiligheid. Maar niemand het vir die twee spierwit simboliese duiwe iets daarvan gesê nie. Ons weet nie of die bruid agterna vir berading moes gaan en hoe lank haar huwelik toe gehou het nie, want sy het nogal ernstige waarde aan haar simboliek van die twee spierwit duiwe geheg. Haar troue is wel as spesiaal deur die gaste onthou. Al wat almal agterna van die troue kon onthou, was die oomblik toe die vere van die bruid se spierwit simboliese duif terug aarde toe sweef sonder om vryheid te smaak. n Mens moet maar versigtig wees vir snaakse fieterjasies, fênsie goed en

5 vreemde simboliek wat ons aan goed heg dinge kan lelik skeefloop wanneer ons dit die minste verwag of beplan. Al voel dit vir jou oud-modies, is dit partykeer maar beter (en dalk veiliger) om by die ou beproefde goed te bly, soos jou ma en jou ouma se troue was. Gaan hoor gerus by hulle, hoe hulle getrou het, wat hulle alles gedoen het en waarom hulle dit so gedoen het. Onthou julle nog die eerlike eenvoud van trou in die kerk, onthaal by die stadsaal, buiteklub of selfs die skuur op oupa se plaas. Hoe smaak dit dan nou vir my of huwelike toe ook beter gehou het as nou? Dankie ds Louis Alberts

6

7 R 120 per eksemplaar. Bestellings by zyvetto@gmail.com of johan.otto@geloofsbond.org.za