Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat."

Transcriptie

1 Naam: 1

2 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2

3 Stillees Oefening Lees die storie saggies vir jouself. Antwoord dan die vrae. Die voël wat kon praat. Baie, baie lank terug in n digte woud het n ou man en sy ou vroutjie gewoon. Hulle huisie was bouvallig en as die wind gewaai het kon die ou man en sy ou vrou die ruite hoor ratel. Saam met hulle in die huisie het n pragtige blou en rooi papegaai in n kou gewoon. Elke dag wanneer die ou man in die woud hout gaan kap het, het die ou vrou met die papegaai gepraat. Sy was baie eensaam so alleen in die bouvallige ou huis. Eendag toe die ou vrou nog so met die papegaai gepraat het, het die papegaai haar terug geantwoord. Sy het baie groot geskrik. Kan jy haar verkwalik. As n voël skielik met my of jou begin praat sal ons ook baie groot skrik. Van daardie dag af was die ou vroutjie glad nie meer eensaam nie, want sy het nou n vriend gehad wat met haar kon gesels. 3

4 Baie gou het almal geweet van die slim papegaai wat kan praat. Twee skelms, Louwrens en Douw, het ook van die papegaai gehoor. Die een skelm het vir die ander een gesê: Haai ou Louwrens, kom ons vat n tou en gaan steel die kou met die papegaai wat kan praat. Mense moet dan met goue munte betaal as hulle die papegaai wil hoor praat. So kan ons gou-gou skatryk word. Goed Douw, ek hou van jou plan, het Louwrens vir Douw gesê. Met n tou steel ons die kou met die papegaai wat kan praat. 4

5 Daardie nag toe die ou man en sy vrou geslaap, het, het Douw en Louw gekom om die kou met die papegaai te steel. Wees versigtig met die leer Douw jy kap my raak! Toe loop nou! Ons is nou daar. Die maan het flou geskyn teen die ruite van die huis. Douw het die leer wat hy saam gebring het teen die muur gesit, maar o wee, die leer was n bietjie te kort. 5

6 Die gedoente moes julle aanskou het. Douw het teen die leer opgeklim totdat sy voete op die boonste sport van die leer was. Hy balanseer toe soos n vink daar bo-op die leer. Toe nou Louwrens, gee gou die tou, ek sal nie lank so kan staan nie anders sal ek val, roep Douw toe. Louwrens het saam met Douw teen die leer opgeklim en staan toe onder hom met die tou in sy hand. Dê, vat nou die tou, het Louw gesê en gerek om die tou in Douw se hand te druk. Douw het die tou met die ysterhaak deur die ruit gestoot en die kou in die hande gekry. Maats, maar toe moes julle die lawaai hoor soos die pappagaai raas en skreeu. Die papegaai het begin skree. Ou vrou, ou vrou, maak gou. Hulle wil my steel met my kou. Maak gou! Maak gou! Douw het hom byna flou geskrik. Hy het gegil en die tou gelos. Sy hande het in die lug in gevlieg en daar hang hy toe tussen hemel en aarde. Louwrens het net een kyk gegee en begin om teen die leer af te klim, maar te laat. Douw het van bo-af getuimel sodat jy het net arms en bene gesien het. 6

7 Met die afkom het Douw sy val probeer stuit, maar al wat hy kon raakvat was Louwrens se baadjie. Daar tuimel die twee diewe soos n inmekaar gevlegde koeksuster in n bondeltjie en beland reg voor die ou man se voete wat intussen kom kyk het wat aan gaan. Nie een van die twee kon vinnig genoeg opstaan nie. Die ou man het die stuk tou gegryp en voordat Douw en Louwrens nog mooi tot verhaal gekom het, het hulle elkeen n harde hou met die stuk tou op die boud gekry. Louwrens en Douw het skreeuend daar weggehardloop. Hulle het n goeie les geleer en het nooit weer probeer om te steel nie. Begripstoets 1. Wie het in die digte woud gewoon? 2. Wie het saam met hulle in die huis gewoon? 3. Hoe het die papegaai gelyk? 4. Watter soort werk het die ou vrou se man gedoen? 5. Wat het die ou vrou gedoen terwyl haar man gaan werk het? 6. Wat het eendag gebeur toe die ou vrou met die papegaai gepraat het? 7. Wie het almal geweet van die slim papegaai? 8. Wie wou die papegaai gaan steel? 9. Wat wou hulle met die papegaai doen? 7

8 10. Waarmee moes die mense hulle betaal? 11. Hoe wou hulle die papegaai steel? 12. Wat het gebeur toe hulle die kou vat? 13. Waarom kon hulle nie weghardloop nie? 14. Wat het die ou man gedoen? Kennis en insig vrae! 1. Wat is n woud? 2. Wat is n bouvallige huisie? 3. Wat is n kou? 4. Dink jy die papegaai was slim? 5. Wat is n muntstuk? 6. Wat beteken dit om jou flou te skrik. 7. Wat beteken dit as mens sê iemand leer n les. 8. Is daar diere in n woud? 9. Noem ander soort voëls wat n mens kan leer om te praat? Ons soek inligting 1. Soek n prent van n papegaai. 2. Wat eet n papegaai. 3. Waar bly papegaaie in die natuur? 4. Hoe moet jy n pappegaai versorg as dit jou troeteldier is? 8

9 n Rympie (Lees die rympie hardop!) Die papegaai Ons buurman het n papegaai In n kou daar op die stoep. Sy bek is krom, sy vere fraai, Hy sit daar: fluit en skree en roep. Papegaai, wat is jou naam? Hy maak sy oë toe en gaap, En sê met kop so skeef en skaam: Ag, loop slaap jy in die Kaap! Is dit wysheid in jou kop, Wat ons heeldag by jou soek? Maar toe moet ek my ore stop, Want daardie taal is in g n boek! (Helena J.F. Lochner) 9

10 10

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Direkte en indirekte rede. Naam:

Direkte en indirekte rede. Naam: Direkte en indirekte rede Naam: Direkte en indirekte rede Direkte rede is iemand se eie woorde en dit staan in aanhalingstekens. Ryan sê: Ek weet nie wat die Afrikaanse woord beteken nie. Andrew sê: Ek

Nadere informatie

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat.

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat. Week 3 Datum: Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat. 25 Uittelrympies Lees die rympies vir jou maat. Wie is aan, en wie is uit? 1 Een, twee, drie, vier, vyf, ses, water in die fles, olie in die kan - weg

Nadere informatie

Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis.

Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis. Naam: Ek is Oupa Muis. Ek woon in n huis onder n groot struik. In my huis voel ek sommer tuis. In my kombuis sit ek by my tafeltjie en eet n pers druif wat ek elke oggend in die wingerd gaan pluk Ek is

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie fdeling : Leesbegrip Die emmer met die gaatjie 1. Eendag, lank, lank gelede was daar n nare monster wat in die bos gewoon het. n Dogtertjie met die naam Mamela het altyd in die bos gespeel. Elke dag, net

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Naam: 1 Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Waar jy die sterretjie sien is daar n opdrag. Kyk mooi!! Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1. Debora Vertrou op God in alle omstandighede. Teks: Rigters 4:1-24. Hulpmiddels: n Houertjie vir elke kind wat deelneem aan die tweede speletjie by Welkom Appels en 1 patat Blinddoeke en items om n hindernisbaan

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

Datum: My tone. Teken jou tone:

Datum: My tone. Teken jou tone: Week 3 Datum: Sarel die Seepman In tant Lena se winkel lê n groen koekie seep. Almal ken hom as Sarel. Hy lê al so lank daar dat hy vuil is van die stof en niemand stel meer belang om hom te koop nie.

Nadere informatie

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

3-6 MAANDE BABAPROGRAM 3-6 MAANDE BABAPROGRAM Kopiereg Baby & Tots Guide 2017 Kommunikasie vaardighede ten minste twee verskillende klanke maak bv. ah, uh, eh, oh... Ek begin om klanke agter in my keel te maak bv. h, k, g...

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Letterlike en figuurlike taalgebruik Letterlike en figuurlike taalgebruik Naam: Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word. Die motor is blou. Hy vang die sokkerbal. Figuurlik: Hier moet jy uitvind wat dit beteken. Dit is

Nadere informatie

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie? Jy moet verstaan dat daar, net soos in Afrikaans of Engels of Spaans, ook n nut is vir n Wiskunde Taal om mee te kan gesels wanneer ons wiskunde doen. Ons gaan nou nog meer daarna kyk, en die reëls vir

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! Naam: Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! 1 As jy die prentjie sien is daar iets wat jy moet doen. So lees die opdrag mooi. Skryf al die

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS Datum: Naam en Van: Vraag 1 Begripstoets Lees die storie en antwoord die vrae wat volg. PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS Aan die een end van 'n klein stadjie lê 'n verwaarloosde ou tuin. In die tuin

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Samantha en die pienk vlieënde piering. Luistervaardighede

Samantha en die pienk vlieënde piering. Luistervaardighede Samantha en die pienk vlieënde piering www.uitsaaines@co.za Luistervaardighede 2 Samantha en die pienk vlieënde piering Samantha staan by haar kamervenster. Sy hoor iets buite. Sy kyk weer. Daar op die

Nadere informatie

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa.

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa. Week 9 Datum: _ Piekniek by die dam Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa. Mamma en sus maak broodjies

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS Eksaminator: M. Swanepoel 11 September 2015 Moderator: C. van Niekerk, B. Oliphant 40 punte 60 minute Naam: Memorandum Graad 8/ Instruksies:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing Doel van les: Ons leer vanaand verder oor die Vrug van die Gees en ons gaan gesels oor Geduld en Self Beheersing - wat dit is en hoe om dit toe

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Samantha en die pienk vlieënde piering. [Type the document subtitle] Ons sintuie: Luistervaardighede

Samantha en die pienk vlieënde piering. [Type the document subtitle] Ons sintuie: Luistervaardighede Samantha en die pienk vlieënde piering [Type the document subtitle] Ons sintuie: Luistervaardighede 2 Samantha en die pienk vlieënde piering Samantha staan by haar kamervenster. Sy hoor iets buite. Sy

Nadere informatie

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe Teks: Mat 21:1-11 Hulpmiddels: Prente: Afdrukke van intog in Jerusalem Wondergom of wasgoedlyn met wasgoedpennetjies om die prente aan op te hang

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10. Teks: Lukas 19 verse 5 en 10. Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1 en 3

Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10. Teks: Lukas 19 verse 5 en 10. Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1 en 3 Ds. A. W. C. Bester Vredendal Wes 20 Januarie 1980 Onderwerp: Saggéüs ontmoet Jesus Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10 Teks: Lukas 19 verse 5 en 10 Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Klein Klaas se avonture!

Klein Klaas se avonture! Voorbeeld NAAM: Klein Klaas se avonture! In die werkboek leer: ons wat n hipotese is en hoe om n onderhoud te voer, ons die ie- klank, ons woorde in alfabetiese volgorde rangskik, ons oor voorvoegsels,

Nadere informatie

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: Teks: Matteus 17: 24-27 Hulpmiddels: Vissies uit karton geknip, elkeen met n skuifspeld in die mond Skuifspelde n Stok wat as visstok gebruik kan word met n tou en magneet wat dien as visvanghoek aan die

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

sodat jy n gestuurde van die Here kan

sodat jy n gestuurde van die Here kan Welkom in die veilige ruimte van die Rooikerk waar jy omgee kan ervaar sodat jy n gestuurde van die Here kan gaan wees!!! Om te behoort!! 1 Korintiërs 12:12-27 Tema vir 2016: 9 Kernwaardes van n lewenskragtige

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.) Ontmoeting 16 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in Jesus geglo het, vervolg het, sit hy nou aan

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht Dit was opstandings Sondag! Ons vier wat veronderstel is om die hoogtepunt te wees van ons Christenskap. Dat Jesus

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken. Seksuele Teistering by die werk Dit was briljant van my om die nuwe assistent aan te stel, nê? Sy werk regtig hard. Ek is in my skik. Ek sou haar sommer net vir haar voorkoms aangestel het. Het jy daai

Nadere informatie