3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Goeie Konings, Slegte Konings

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

22. Reëls vir die pad die Padmaker

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

26. Kies wysheid 1 Konings 3

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

God eer Josef die slaaf

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Die brief aan die Filippense

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

Van Vervolger tot Prediker

Pragtige Koningin Ester

1 Johannes 5: /03/2014

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

FAKTORE EN VEELVOUDE

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Toe God alles gemaak het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Toe God alles gemaak het

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Die Groot Gebod dennis de wet

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Jona en die Groot Vis

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Transcriptie:

1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte verlos word (paneel 3), begin met n slegte koning, die Israeliete wat deur die water gaan en dan deur die woestyn trek, waar hulle versoek en getoets word. Hulle leer om na God te luister en op Hom te vertrou. God sorg vir hulle in die woestyn. Matteus beskryf Jesus se verhaal ook só: n slegte koning, Jesus word doop en dan in die woestyn versoek. Jesus ken God se Woord en oorwin só die duiwel. God se engele versorg vir Jesus in die woestyn. Die soort versoekings waarmee die duiwel na Jesus toe kom, gaan oor kos, prestasie en eer, en mag oor baie volke. Dit is die soort dinge wat mense graag wil hê. Die grootste fout is egter wanneer jy na die duiwel luister en nie na God nie. Die een na wie jy luister, is tog jou baas. Daarom kon Jesus nie na die duiwel luister nie. Bybelgedeeltes Lees Matteus 4:1-2 Lees Matteus 4:3-4 Lees Matteus 4:5-7 Lees Matteus 4:8-10 Lees Matteus 4:11 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Dit is asof die Gees vir Jesus reguit na die plek van die duiwel toe lei om vir hom te gaan wys wie is regtig baas. Toe Jesus honger is, kom die duiwel 2. Die eerste versoeking gaan oor kos wat erg is wanneer jy honger is. 3. Die tweede versoeking gaan oor iets wat ʼn mens bereik en wat ander mense sal laat sê: O, maar jy is wonderlik! (Eer.) 4. Die derde versoeking gaan oor mag om die baas of koning oor ander mense te wees en baie dinge te besit. 5. Ons kan daarop staatmaak dat God ons sal versorg. Ons moenie ingee wanneer die duiwel voorgee hy is die een wat vir ons enigiets kan gee nie. Uitkoms 1. Insig: Jesus val nie vir die duiwel se versoekings nie. 2. Versekering: Ken die Woord en weerstaan só die versoekings. 3. Troos: Ons deel in Jesus se oorwinning oor die duiwel.

2 Hulpmiddels by die storie ʼn Deurslot (nie n hangslot wat met die hand toegedruk kan word nie) met n paar verkeerde sleutels en een regte sleutel wat dit kan oop- en toesluit. Paneel 2, 3 en 6 van die LP3-benadering. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam Kleurkryt of inkleurpenne Voor die tyd Maak vir elke groeplid ʼn kaartjie met ʼn Bybelvers daarop wat by hom of haar pas. Moenie die kaartjies koop nie. Dit moet spesiaal van jou af kom. Senior kleingroep Bring saam Potlode of penne Voor die tyd Maak vir elke groeplid ʼn kaartjie met ʼn Bybelvers daarop wat by hom of haar pas. Moenie die kaartjies koop nie. Dit moet spesiaal van jou af kom.

3 Die storie Begin In my hand het ek n groot, sterk deurslot (of wys n prent). n Mens kan dit oop- of toesluit. Om dit oop te kry, het ek n sleutel nodig. (Probeer die slot oopmaak met verskillende sleutels wat nie wil werk nie.) Ons besluite is amper soos n deurslot. Wanneer jy JA besluit, is dit soos om ʼn slot oop te sluit. NEE kan weer wees soos om ʼn slot toe te sluit. Soms is dit goed om n deur oop te sluit, maar soms is dit beter om dit toe te sluit. Ons het altyd die regte sleutel nodig. Onthou dit. Kom ons kyk na paneel 2 en 3 van die LP3-benadering. Hier sien ons die lyntjie wat twaalf lyntjies word. Jakob se kinders het twaalf familiegroepe (stamme) gevorm. Saam is hulle Israel genoem. Aan die begin van paneel 3 sien ons die lyne buig ondertoe. Dit is die tyd toe hulle in Egipte swaargekry het. Moses het die volk uit die slawerny gelei. Hulle moes deur die Rietsee gaan. Dit was amper soos om gedoop te word. Hulle het die ou lewe agtergelaat. Voor hulle was n nuwe lewe. In hierdie nuwe lewe moes hulle leer om gehoorsaam te wees aan hulle Here wat hulle verlos het. Voordat hulle by die nuwe land kon intrek, moes hulle eers deur die woestyn trek. Een voorbeeld: Hulle het honger geword, en die Here het vir hulle manna en kwartels gegee. Hulle moes die manna optel presies soos die Here gesê het, maar hulle wou nie luister nie. Toe word die kos sleg. Kort-kort hoor ons hoe die Here met hulle oor hulle ongehoorsaamheid praat. Wat gebeur op paneel 6? Dit is soos n make-over. Die Ou Israel was nie aan die Here gehoorsaam nie. Matteus vertel nou van Jesus. Jesus het as baba ook n draai in Egipte gemaak. Hy is ook gedoop. En nou is Hy in die woestyn. Na wie luister Hy? Watter sleutel gebruik Hy? Hoor Moment 1: Lees Matteus 4:1-2 Dis nogal vreemd dat hier staan die Gees het Jesus in die woestyn in gelei. Dit is asof die Gees voor loop en Jesus by die duiwel se lokval in lei. Ja, dis reg! Matteus skryf dit juis só om te wys wat hier gebeur, het nie maar sommer net gebeur nie. Die Gees het Jesus as die sterkste Een reg in die geveg in geneem. Wie gaan wen? Kyk net na wat nog gebeur. Jesus bly eers 40 dae in die woestyn. Hy raak honger. Kan n honger mens sterk wees? Kom ons lees verder. Moment 2: Lees Matteus 4:3-4 Die duiwel word hier die versoeker genoem. Hy kom na jou toe met vrae. Hy wys nie sommer dat hy die duiwel is nie. Die Bybel sê hy kom soos n wolf met skaapsklere aan. Hy probeer enigiets om ons na hom te laat luister. Die duiwel weet Jesus is honger. Hy weet ook Jesus is die Seun van God. Hy weet Jesus kán klippe in brood verander. Dit alles is waar. Hy jok nie. Hy wil egter hê Jesus moet na hom luister en maak soos hy sê! Dan gebruik Jesus n vers uit Deuteronomium 8. Hierdie vers vertel wat op paneel 3 gebeur. Kom ons lees daardie deel.

4 Lees Deuteronomium 8:1-3. Hier herinner die Here die Israeliete hoe Hy vir hulle gesorg het. Die belangrikste in ons lewe is om na die Here te luister. Dan sorg Hy vir ons. Jesus wen die eerste rondte van hierdie geveg. Hy luister nie na die duiwel nie, maar wen omdat Hy geleer het om na God se woord te luister en dit te gebruik. Wat gebeur toe? Kom ons lees verder. Moment 3: Lees Matteus 4:5-7 Die duiwel is verskriklik slim. Hy sien Jesus gebruik die Woord. Nou doen hy dit ook. Hy haal n vers uit Psalm 91 aan wat sê die een wat by die Allerhoogste wegkruip (skuiling vind), sal uitvind die Allerhoogste se engele dra hom op hulle hande (v 11). Nou wil die duiwel sommer hê Jesus moet van die tempel se hoogste punt af spring. Dink net wat sou gebeur as Jesus dit sou doen en niks oorkom nie! Al wat leef en beef, sou hande klap en dit oorvertel! Miskien sou Jesus n prys by die mense kry vir die beste toertjie ooit. Maar Jesus gebruik n ander vers om vir die duiwel te wys n mens kan nie net een stukkie van die Woord gebruik nie. Jy moet al die verskillende kante van die Woord leer ken. Jy kan ander dele van die Woord gebruik om een spesifieke deel te verduidelik, of om te wys iemand gebruik die Woord verkeerd. Jesus wen weer. Maar die duiwel gee nie so gou moed op nie. Kom ons lees verder. Moment 4: Lees Matteus 4:8-10 Kan julle hoor hoe baie die duiwel van homself dink? Hy dink al die koninkryke van die wêreld en alles wat pragtig is, behoort aan hom en hy kan dit vir Jesus gee as Hy die duiwel sou aanbid. Sê nou maar die duiwel kom na jou toe en sê hy sal vir jou alles in die wêreld gee wat mooi is as jy hom sal aanbid, wat sal jy doen? Hy weet mense wil baie graag ryk wees en mag oor ander mense hê en hulle begeer mooi besittings. Dis een van ons groot swak punte, nè? Jesus sien egter deur sy planne en jaag hom sommer weg met die laaste Skrifwoord wat Jesus ook uit Deuteronomium 6 aanhaal. Wat het die Here daar (verwys na paneel 3) vir Israel gesê? Lees Deuteronomium 6:10-13. Moment 5: Lees Matteus 4:11 Die duiwel sluip stert tussen die bene weg. Jesus is anders as die Israeliete. Hulle en ander mense luister baie maklik na die duiwel; Jesus nie. Hy is nie n gewone mens nie. Dink Maak julle oë toe! Dink aan lekker kos om te eet as jy honger is. Of dink aan iets goeds wat jy graag wil doen sodat almal vir jou sal hande klap of vir jou n prys sal gee. Dink ook aan n baie mooi huis en jou eie vliegtuig en motors. Verbeel jou jy is die president van n klomp lande en jy kan vir mense sê wat hulle moet doen en hoe hulle dit moet doen. Dit is wat ons begeer, nie waar nie? Kom ons dink nou oor iets anders. Verbeel jou jy staan voor die groot Koning van die hemel en die aarde, die Here God. Hy sê vir jou: Luister na my, want jy is my kind. Dink weer en weer en weer oor alles wat Ek vir jou sê. Dit is die sleutel tot al jou besluite. Sluit toe en sluit oop met die woorde wat Ek vir jou gee.

5 Leef Elke dag is vol versoekings dinge wat ons graag wil hê of maniere waarop ons kan dink of leef. Ons kan leef asof alles net gaan oor ons kos, ons eer en ons mag gaan. Ons dink: Ek is die beste! Wanneer ons die Koning hoor praat, leer Hy ons egter anders: Wees lief vir mense. Gee jou lewe sodat ander gelukkig kan wees. Deel met mekaar. Toe die duiwel van Jesus af weggaan, het Hy met hierdie lewe van Hom voortgegaan, want Hy ken sy Vader se wil en woorde en gebruik dit reg. Wie aan Jesus vas is, is deel van die oorwinning.

6 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Maak vir elke groeplid n kaartjie met n Bybelvers daarop as n Bybelboekmerk of spieëlplakker. Deel dit aan die begin uit met die woorde: Ek het hierdie week aan jou gedink en wil vir jou hierdie Bybelvers gee om saam op jou lewenspad te dra. In aansluiting by ons beeld van die sleutel kan jy dalk die Bybelgedeelte op n prent van ʼn sleutel skryf. Wegspring Kom ons lees vir mekaar die Bybelverse wat ons gekry het. Werksaam 1. Kom ons leer vandag Matteus 4:10. Kleur die letters van die woorde in jou werkboek met verskillende kleure in. Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Matteus 4:10 2. Kyk na die doolhof in jou werkboek. Kan jy die regte paadjie na die sleutel kry? Daar is drie paadjies en baie bruggies. Jy mag nie van een bruggie tot op n ander paadjie spring nie. Wegstuur/Huisgeloof 1. Vra vir jou huismense of julle saam n Bybelvers uit julle kop kan leer. Een van die grootmense kan ʼn vers kies. 2. Sê dit hierdie week elke dag ʼn paar keer saam. Teen volgende week sal julle dit al goed ken. 3. Hier is ʼn paar verse wat julle kan kies: Psalm 23:1; Johannes 3:16-17; Markus 11:45; Romeine 6:11, of Romeine 8:38.

7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Maak vir elke groeplid n kaartjie met n Bybelvers daarop as n Bybelboekmerk of spieëlplakker. Deel dit aan die begin uit met die woorde: Ek het hierdie week aan jou gedink en wil vir jou hierdie Bybelvers gee om saam op jou lewenspad te dra. In aansluiting by ons beeld van die sleutel kan jy dalk die Bybelgedeelte op n prent van ʼn sleutel skryf. Wegspring Kom ons lees vir mekaar die Bybelverse wat ons gekry het. Wonder Maak jou oë toe en dink aan n versoeking wat oor jou pad gekom het. Het dit van God of van die duiwel gekom? Was dit net vir mý, of sou dit ander mense ook kon help (selfsug, of liefde)? As dit gebeur, sal die mense die Here loof? Werksaam 1. Voltooi die woordraaisel in jou werkboek. Begin by een letter, volg die lyn tot by ʼn ander blokkie en vul dan dieselfde letter daar in. Doen dit totdat daar ʼn letter in elke blokkie is. 2. Gebruik die volgende letters om in die sirkels neer te skryf sodat al die letters saam woorde vorm: L, R, T, B, Y, L, U en G. Kon jy al agt hierdie letters op hulle regte plekke inpas sodat jy die sin kon lees? 3. Leer die vers nou saam. Gee vir elkeen n woord of woorde, soos jou God of alleen of dien. Begin by die een wat die eerste woorde van die vers gekry het en laat elkeen sy of haar deel sê. 4. Gee nou vir elkeen n ander paar woorde en herhaal die oefening. Doen dit n paar keer totdat almal die vers goed ken. Wegstuur/Huisgeloof 1. Vra vir jou huismense of julle saam n Bybelvers kan leer. Julle kan dit elke dag saam opsê totdat julle dit ken. Hier is verse wat julle kan kies: Psalm 23:1; Johannes 3:16-17; Markus 11:45; Romeine 6:11, of Romeine 8:38. 2. Vertel vir mekaar hoekom julle dink die vers wat julle gekies het, is belangrik om te ken. 3. Julle kan n speletjie daarvan maak om te kyk wie die vers eerste ken.