Psalm 23 Die HERE is my Herder... Daarom sal niks my ontbreek nie.

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Welkom by Die Storie God se storie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Groot Gebod dennis de wet

Jesaja sien die Toekoms

Baie welkom by vanoggend se erediens

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

n Dubbele kruis-belydenis

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek Romeine 1:16-17

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Goeie Konings, Slegte Konings

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Dooppreek Mika Bogaards

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die duiwel versoek Jesus

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Die HERE is my herder. Liturgie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Petrus en die Krag van Gebed

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Transcriptie:

Psalm 23 Die HERE is my Herder... Daarom sal niks my ontbreek nie. Oktober 2016 Oom Leendert Van Oostrum se begrafnis Ps vooraf: Ps 42: 1, 3, 5 Ontmoetingsdiens. HERE ons hulp is van U wat hemel en aarde gemaak het. Amen Lofprysing Ps 84: 1, 6 Verootmoediging en Versoeningsdiens. Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed: Ps 23: 1, 2, 3 Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 23. Skrifverklaring Inleiding. Geliefdes... as daar nou een ding is wat ons almal moet aangryp... veral op n dag soos vandag... dan is dit... dat ons... in ons self so heeltemal verlore is... So... sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld. Ja, Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop... 1 Daarom is dit so wonderlik... as ons met Ps 119 byvoorbeeld kan bid: HEER, ek is 'n skaap verlore, 1 Jes 53:6 1

in die wildernis verdwaal. U, my HEER en Herder, bid ek dat U my tog wil kom haal... 2 Ja, dit is die wonder van die evangelie... ook op n dag soos vandag... dat die HERE n Herder is... vir elkeen wat glo. Dit... is die troos... waarna ons vandag moet luister. Dit is ook die troos... wat in ons harte moet wees. Dis die troos waarmee ons van hier af moet aangaan. Van hierdie dag af... waarop ons Oom Leendert begrawe het. Toepassing 3 En dis so belangrik. Kinders van God... dissipels van Jesus... moenie by Oom Leendert... en sy dood... en sy begrafnis bly vashaak nie. Nee... ons moet aangaan. Hoe? Wel... met ons oë gelowig gerig op ons Herder. Agter Hom aan moet ons aangaan. Na sy stem moet ons luister. Vol van die ware troos wat Hy alleen kan gee moet ons van hier af op staan en Hom volg. 2 Ps 119:63 berym 3 Joh 10:27 2

Daarom gaan ons nou deur Ps 23 gaan... en meer leer van: Die Troos... dat as die HERE ons Herder is... niks ons sal ontbreek nie En dan gaan ons stil staan... Eers: by die troos... dat die HERE die enigste ware Herder is. En dan daarna: wat dit beteken... as niks ons sal ontbreek nie. ********************* 1. So... kom ons begin by die wonderlike werklikheid dat die HERE die enigste ware Herder is. Nou... Dawid het dit gesê. Kyk... dit staan daar in Ps 23:1 Die HERE is my Herder. En nou sê Dawid dit nie maar sommer net nie. Nee, Dawid weet... wat dit beteken om n herder te wees. Bewys Dis hy wat n skaap uit die bek van die leeu... en die beer... geruk het. En as hulle vir Dawid aanval... dan gryp hy hierdie diere aan hulle baarde en verslaan hulle... en maak hulle dood. Ons lees daarvan in 1Sam 17:34-35. ******************* So... Dawid het geweet... wat dit beteken... om n herder te wees. 3

Maar... Dawid het ook geweet... wat dit beteken... om n skaap te wees. Bewys Jy is kwesbaar... so weerloos... so uitgelewer. Soos in daardie jare... wat hy vir sy lewe moes vlug vir Saul. Jy kan so maklike die pad byster raak... en wegdwaal... soos daardie keer... toe hy owerspel gepleeg het met Batseba. So... Dawid... weet wat dit beteken... om herder te wees... maar ook wat dit beteken... om skaap te wees. En dan wring die Heilige Gees... hierdie belydenis van vers 1... uit hom uit: Die HERE is my Herder. ******************* Die HERE... Jahwe... Hy is die Herder... Verduidelik Dis Hy wat eenmaal... toe Israel in die slawebande van Egipte... vas geknel gesit het aan Moses verskyn het... in die brandende doringbos... wat nie uitgebrand het nie. Opmerking Eks 3 vertel daarvan. 4

Dis die HERE wat toe... in Eks 3:14... gesê het: Ek is wat Ek is. want dis... wat Jahwe... of HERE... wat ons met 4 hoofletters skryf... beteken. Ek is wat Ek is. Ek is die almagtige... soewereine... onveranderlike... totaal volmaak... betroubare God. 4 En Hy, geliefdes... hierdie almagtige... soewereine... onveranderlike... totaal volmaak... betroubare God... Hy is die Herder. En sy volk... is die skape vir wie hy weiding gee. 5 Toepassing En die HERE... Hy wat die Herder is... gee om vir sy skape. Hy het sy skape lief. Hy versorg hulle. Hy regeer oor hulle. Hy hou hulle op die regte pad. Hy troos hulle... Ook op n dag soos vandag. En seker die belangrikste van alles:... Hy verlos sy skape. 6 ******************* Hy verlos hulle... Egipte as voorbeeld Daarom dat die HERE daardie dag... in Eks 3:7-8 4 Vgl Vos, Biblical theology, bl 118-119; Waltke, An OT theology, 366. 5 Ps 95:7 6 NH Ridderbos, korte verk op die Ps bl 247; NIDOTTE, vol 3 bl 1141. 5

uit die brandende doringbos vir Moses gesê het: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is... Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos... Ja, soos die goeie Herder... het die HERE sy volk uit die slawebande... van Egipte verlos. En soos n Herder... het die HERE sy volk deur die woestyn na Kanaän gelei. 7 ******************* Ballingskap as voorbeeld 8 En as Israel dan jare later in Babilon in ballingskap sit... omdat hulle soos skape gedwaal het... en in sonde geval het... dan profeteer die HERE deur Jesaja... in Jes 40:11 oor hoe Hy sy volk uit ballingskap sal laat terug kom. Hy sal sy kudde laat wei soos n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei. Toepassing Sien u die HERE... geliefdes?... Sien u vanmiddag Dawid se Herder? Sien u elke ware gelowige se Herder? ****************** Hy verlos uit Egipte. Hy verlos uit die Babiloniese ballingskap. 7 Ps 78:52-55. 8 Jes 40:11; NIDOTTE, vol 3 bl 1141; vgl ook Jes 49:9-13; Jer 25:3; 31:8-14. 6

Christus En dit was in daardie tyd... die tyd van die ballingskap... dat die HERE deur die profeet Esegiël geprofeteer het. Toe het die HERE geprofeteer van die Herder. Die Herder wat sal kom... En nie net uit die slawe bande van Egipte verlos en uit die ballingskap verlos nie... Nee, toe het die HERE geprofeteer... oor die Herder wat sy volk uit die slawebande van die sonde en die duiwel... en die hel verlos. Dis toe dat die HERE... in Eseg 34:23... gesê het: En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle n herder wees. En in die volheid van die tyd het daardie Herder gekom... geliefdes. Uit die geslag van Dawid... Die HERE uit die hemel... gebore uit die maagd Maria. Dis Hy wat... in Joh 10:11... gesê het: Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.... 7

sodat sy skape verlos kan word uit die hel. 9 Toepassing Sien u ons Herder... geliefdes? Dis die HERE uit die hemel... uit die geslag van Dawid. Dis Jesus Christus... Hy is die goeie Herder. Die enigste Herder. Hy regeer sy skape... Hy hou hulle op die regte pad... Hy sorg vir hulle... Hy het sy skape lief... Hy gee om vir sy skape. Hy het saam met hulle gehuil... oor hulle geliefdes wat dood gegaan het. Ons lees dit in Joh 11... Maar Hy het hulle ook getroos. En seker die belangrikste van alles: Hy het sy lewe afgelê... om sy skape te verlos. Selfondersoek So... nou is daar n belangrike vraag... Vir elkeen van ons vandag:... Is ons deel van sy skape?... Is ons?... Dis 'n belangrike vraag... geliefdes. 9 Joh 3:16 8

Verduidelik Want nie alle mense is die goeie Herder se skape nie. Jesus sê dit bv in Joh 10:26 vir die ongelowige 10 Jode. Jesus sê daar vir hulle: julle glo nie, want julle is nie van my skape nie En u en ek? Waar staan ons op hierdie dag van Oom Leendert se begrafnis? Het ons sekerheid op hierdie dag dat ons deel is van Jesus... die goeie Herder... se skape? So... ja... geliefdes: Waar staan ons op hierdie dag? Is ons deel van Jesus se skape. * * * * * Weet u:... In Joh 10:27 sê Jesus vir ons hoe ons sekerheid kan hê. Hy sê: My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En dit moet ons vandag weet: Elkeen wat na Jesus luister... en dan in waaragtigheid in Hom glo... Hulle is skape van die Here Jesus. Dis hoe die skape van ons Goeie Herder maak... Hulle glo in Hom alleen... 10 Vgl Joh 10:25 9

Hulle besef hulle sondigheid. Hulle besef hulle skuld voor die HERE. Hulle besef hulle het in ongehoorsaamheid weg gedwaal van die HERE af. Hulle besef... dat hulle in hulself net heeltemal verlore is... en dan vertrou hulle op Jesus alleen... en hulle vra Hom om hulle te verlos. Hulle vra Hom om hulle te lei... in 'n nuwe lewe waarin ons Hom volg. Hoor u dit?... Hoor u hoe kan ons weet... of ons een van Jesus se verloste skape is? Deur die geloof alleen... kan ons seker weet... Want Christus se verloste skape is mense wat daagliks deur die geloof alleen vasgryp aan Jesus Christus ons enigste Verlosser. ******************* En wanneer Christus ons Herder en Verlosser is... 2. dan kan niks ons ontbreek nie... Niks nie. En wat dit vir ons beteken... hoor ons in die res van Ps 23. Opmerking So... kom ons gaan nou deur die res van Ps 23. Ja... wanneer Christus ons Herder en Verlosser is sal niks ons ontbreek nie. Want... 10

A. Christus lei ons na die nuutgemaakte paradys. Dit leer ons uit vers 2. Daar waar Dawid sê: Hy laat my neerlê in groen weivelde... Verduidelik 11 Nou... n weiveld... is n plek waar skape genoeg het... om van te eet. Dis n plek van veiligheid en oorvloed. Dis n plek waar skape kan woon. Openbaringshistories Wat nou belangrik is... is dat die HERE die beloofde land Kanaän... ook n weiveld noem... Bewys 12 Ons hoor dit bv in Eks 15:13. Daar sing Israel tot eer van die HERE: U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer. En dan is daai woning... die land Kanaan. Maar dis ook 'n weiveld want die Hebreeuse woord vir woning is presies die selfde woord as wat hier in Ps 23:2 vir weiveld gebruik word. So... Kanaän... Israel se beloofde land 11 J. Ridderbos se Ps komm bl 203; TWOT vol 2 bl 561. 12 Die woonplek van Eks 15:13 = נוה = weiveld van Ps 23:2 (vgl ook Ps 79:9; Jer 10:25; TWOT vol 2 bl 561-562) 11

is ook die HERE se weiveld vir sy volk daar in die OT. Soos 'n Herder lei die HERE sy volk daarheen. ****************** Maar Kanaan... is tegelyk ook 'n heenwysing na die nuwe aarde... met die herstelde paradys. Bewys Ons lees bv daarvan in Heb 11:10-16. Dis daar waar die waters van rus vloei. 13 Daar waar ons sal sien soos Johannes daarvan vertel in Openb 22:1 n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. Dis daar waar die HERE sê... in Openb 21:6... Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. En daarheen lei ons Goeie Herder ons... Daar sal Hy ons laat neerlê in groen weivelde. En daarom sal niks ons ontbreek nie. ********************* 13 Rus (מנ וחה) by waters van rus dui ook op die rus in die land Kanaän. Dus: hier kry ons weereens n koppeling na die beloofde land (vgl Ps 95:11; Heb 4:3-4,8; TWOT vol 2 bl 563; NIDOTTE vol 3 bl 57)... wat heenwys na die nuwe aarde met sy waters van lewe. 12

B. Ja... die Goeie Herder lei ons... Christus lei ons... En juis daarom... omdat Hy ons lei... sal niks ons ontbreek nie... want Hy lei ons ook op die smal pad... wat na die lewe lei. 14 Dit leer ons in vers 3... waar Dawid sê: Hy lei my in die spore van geregtigheid... En dit is die enigste pad... wat na die paradys lei. En Christus is die enigste Herder wat ons op hierdie pad lei. Toepassing 15 Hy lei elkeen wat in Hom glo... en Hom aangeneem het... sodat ons begin... om te breek met ons sonde... om wat reg is volgens die HERE se Woord te wil doen... om God... en ons naaste te wil lief hê... En by dit: Christus lei hulle daagliks te bekeer elke keer weer met ons sonde na Hom toe te kom om by Hom uit genade vergiffenis te kry. Met ander woord: Christus lei ons deur sy Gees... op die pad van heiligmaking. Dis wat dit beteken as vers 3 sê: Hy lei my in die spore van geregtigheid 14 Mat 7:14; vgl Lane se Ps komm bl 116. 15 NGB art 29 die kenmerke van die ware lidmate van die kerk Christus lei ons om dit te vertoon (HK Sondag 32 v/ 86). 13

**************** C. En op hierdie smal pad... verkwik Christus ons siele so sê Dawid vir ons... Ook in vers 3. Verduidelik 16 Hy gee ons altyd weer nuwe krag, om te volhard op die smal pad... op die spore van geregtigheid. Toepassing En ons het dit so nodig... hê... geliefdes? Ook vandag. Ons herder doen-it vir ons. Jesus doen-it vir ons. Daarom... sal niks ons ontbreek nie. Want ons Herder lei ons op die smal pad wat ons verseker uitbring... by die groen weivelde van die nuwe paradys. * * * * * D. En al gaan ons op hierdie pad deur n dal van doodskaduwee. Verduidelik 17 wanneer gevaar dreig... wanneer ek dodelik siek is... wanneer die wêreld verlei... wanneer Satan sy brandpyle op ons afvuur Wanneer ek net nie meer weet met my hartseer 16 Vgl Bybel met verklarende aantekeninge by Ps 23:3. 17 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 809; Calvyn se Ps komm bl 394 14

en modeloosheid nie. dan hoef ons geen onheil te vrees nie... want ons Goeie Herder is by ons. Dit leer ons uit vers 4... waar Dawid sê: Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my Verduidelik En hoekom? Wel... omdat Christus... as die Goeie Herder... aan die kruis op Golgota... dwars deur die dal van die hel se doodskaduwee gegaan het. Stok siel alleen. Want daar binne in het Hy geskreeu: 'My God waarom het u My verlaat?' Mat 27:46 vertel daarvan. Dit was toe dat Christus in die hel van God-verlatenheid die sondes van elkeen wat in Hom glo weggevat het sodat ons nooit deur God in die hel verlaat sal wees nie. Maar Hom en sy Seun deur die werking van die Gees as goeie Herder kan hê... wat altyd by ons is... en nooit van ons weg gaan nie. Ja... dis wat ons moet leer as Ps 23:4 sê: Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my 15

********************** E. En daar binne in... in die dal van doodskaduwee... vertroos die HERE se stok... en sy staf ons. So hoor ons ook in vers 4. Verduideliking Hoekom? Hoekom vertroos ons Herder se stok en staf ons. Wel... omdat die stok en die staf die wapens is waarmee die die Herder sy skape beskerm en bewaar teen aanvalle. Toepassing So... sien wie ons Herder is? Dis Christus... by ons... altyd. En Hy bewaar ons teen ons vyande. En Hy oorwin hulle. Die duiwel... die sonde... die dood. Ja, ook die dood. 18 Christus oorwin dit. Bevinding Ons moet dit onthou... geliefdes... Ook vandag. Ons Herder is by ons... in die dal van doodskaduwee. En Hy is die Oorwinnaar. Niks kan ons uit sy hand ruk nie... 18 Vgl Heb 2:14; 1Kor 15:26; NTES 611, bl 281. 16

As ons aan Hom behoort deur die geloof... sal ons doodskaduwee... nooit ooit die hel wees nie. En hierdie werklikheid moet troos! 19 *********************** F. Ja... Christus lei ons op die smal-pad na die paradys. Hy is by ons selfs in die dal van doodskaduwee... Niks kan ons van sy liefde skei nie. 20 Nie verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard nie. 21 Selfs al roep ons dit saam met die kinders van Korag in Ps 44 uit: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 22 dan nog kan ons weet... soos Paulus in Rom 8:37 sê: Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 23 En ons kan dit weet... verseker weet... want die HERE berei vir ons n oorwinningsmaal voor. Dawid sê dit in vers 5: U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders... Slot. Geliefdes, die HERE... uit die hemele... is die Herder van elkeen wat in Hom alleen glo... 19 Vgl Mat 28:18; Joh 10:28. 20 Rom 8:35. 21 Rom 8:35 22 Ps 44:23; Rom 8:36 23 Rom 8:37 17

Daarom sal niks ons ontbreek nie. Hy lei ons in die spore van geregtigheid. Hy gee aan ons nuwe krag. Hy bewaar ons in die dal van doodskaduwee. Hy gee ons die oorwinning. Hy bring ons in die nuwe paradys... by die stroom van lewendewater. Ja, niks sal ons ontbreek nie... Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. Sê Ps 23:6 Want die HERE is ons Herder... Onthou dit... geliefdes... ook op hierdie dag van Oom Leendert se begrafnis. Amen. Antwoorddiens Gebed Ten slotte sing ons Ps 46: 1, 6 Wegstuurseën. Kom ons bid saam om die seën van die Here: Mag die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God, en die gemeenskap met die Heilige Gees, met ons almal wees. 18