Meesters vir transparante 5.1 Kwartaal 1
KWARTAAL 1: LEEF EN LEEFWYSE Leef en leefwyse Selle as die basiese boustene Stelsels in die menslike liggaam Menslike voortplanting en puberteit EENHEID 1 SELLE AS DIE BASIESE BOUSTENE Plant- en dierselle Selle as die basiese eenhede van lewe Bou van selle Verskille tussen plant- en dierselle Selle in weefsels, organe en sisteme 1.1 Plant- en dierselle Selle 1. Membraan 2. Sitoplasma 3. Kern 4. Organelle 1. Membraan: Omring die sel. Laat sekere stowwe in of uit beweeg. Lewend, dun en buigsaam 2. Sitoplasma: Chemiese prosesse vind plaas. Jellie-agtige stof 3. Kern (nukleus): Omring deur kernmembraan. Bevat die DNA. DNA bevat oorerflike karaktereienskappe. Beheer die lewensfunksies en -prosesse van die sel. 4. Organelle: Sluit mitochondria en vakuool in. Mitochondria is verantwoordelik vir respirasie en stel energie vry. Doc Scientia NATUURWETENSKAPPE voorbereidingslêer - Graad 9 107
1.2 Bou van selle Plantsel: selwand selmembraan kernmembraan kernplasma } kern sitoplasma tonoplast selsap } vakuool mitochondria chloroplast Diersel: vakuool kernmembraan kernplasma } kern mitochondria selmembraan sitoplasma 1.3 Verskille tussen plant- en dierselle Plantsel Diersel 1. Selwand Teenwoordig Ontbreek 2. Selvorm Onbuigsaam en stewig Geen vaste vorm nie 3. Vakuool Groot vakuole Klein vakuole 4. Chloroplast Net in groen plante Geen 108 NATUURWETENSKAPPE voorbereidingslêer - Graad 9 Doc Scientia
Projek: Bladsy 15 Bou n driedimensionele plantsel wat aan die volgende vereistes voldoen: Dit moet ongeveer so groot wees soos n A4-bladsy. Gebruik kreatiwiteit om die sel te bou. Verskillende soorte lekkergoed, materiaal uit die natuur, klei of verskillende kleure karton kan gebruik word om jou plantsel uit te beeld. 1.4 Selle in weefsels, organe en sisteme Aktiwiteit 1: Bladsy 15 Doen navorsing oor die geskiedenis en ontdekking van lig- en elektronmikroskope. Soek prentjies. Maak n plakkaat. Doen n aanbieding in die klas. Die volgende kan gebruik word as riglyn vir die merk van die opdrag. Tydperk Uitvinder/Beskrywing 14 de eeu In Italië word die slyp van lense as kuns ontwikkel. Dit word aangewend as brille om sig te verbeter. 1590 Twee brilmakers (Zacharias Janssen en sy pa, Hans) eksperimenteer met lense deur sewe daarvan in n buis te plaas. Hulle kom so agter dat hulle voorwerpe heelwat meer kan vergroot as met n vergrootglas. 1667 Robert Hooke gebruik sy saamgestelde mikroskoop (mikroskoop met meer as een lens) en teken sy bevindinge aan. 1675 Anton van Leeuwenhoek spandeer baie tyd om te leer hoe om lense te slyp en te poleer. Hy ontwerp n mikroskoop wat voorwerpe 270 keer kan vergroot. Hy is die eerste persoon om bakterieë, gis en bloedselle waar te neem, en word gedoop as die vader van die mikroskoop. 18 de eeu Die mikroskoop word verbeter en word makliker hanteerbaar. Die instrument word al meer deur wetenskaplikes gebruik. 1903 Richard Zsigmondy ontwikkel n ultramikroskoop en is in staat om voorwerpe kleiner as die golflengte van lig waar te neem. 1932 Frits Zernike ontwikkel die fase-kontrasmikroskoop wat hom in staat stel om kleurlose en deursigtige biologiese selle waar te neem. 1938 Ernst Ruska ontwikkel die elektronmikroskoop. Die gebruik van elektrone in mikroskope verbeter die resolusie en dit verbreed die grense van ontdekking en navorsing. 1981 Gerd Binnig en Heinrich Rohrer ontwikkel die skandering-tonnelmikroskoop wat driedimensionele beelde van die selle gee wat bestudeer word. Doc Scientia NATUURWETENSKAPPE voorbereidingslêer - Graad 9 109
Aktiwiteit 2: Bladsy 16 Bestudeer die benoemde skets van die basiese ligmikroskoop. oogstuk growwe fokusknop buis fyn fokusknop arm draaiende neusstuk klein objektief groot objektief klampies tafel/verhoog inklinasie verstelknop diafragma spieël/ligbron basis Voltooi die onderstaande tabel oor die funksie van elk van die dele wat gelys word. Deel Oogstuk Buis Growwe fokusknop Fyn fokusknop Arm Draaiende neusstuk Objektiewe Funksie Die lens waarteen jy jou oog plaas en wat die voorwerp vergroot wat waargeneem word. Die buis hou die lense van die oogstuk en die objektiewe die korrekte afstand van mekaar af. Die buis word hiermee op- en afbeweeg totdat die voorwerp wat bestudeer word, gesien word. Word gebruik om n duidelik beeld van die voorwerp te verkry. Verbind die basis en die verhoog. Dit dien ook as ondersteuning vir die fokusse. Dit ondersteun die objektiewe en hou dit vas. Lense in die objektiewe word gebruik om die beeld van die voorwerp te vergroot. 110 NATUURWETENSKAPPE voorbereidingslêer - Graad 9 Doc Scientia
Deel Tafel/verhoog Klampies Diafragma Ligbron Basis Funksie Ondersteun die mikroskoopskyfie oor die opening wat lig vanaf die ligbron deurlaat. Hou die mikroskoopskyfie vas. Beheer die hoeveelheid lig wat na en deur die voorwerp beweeg. Dit fokus ook die ligstrale vanaf die ligbron. Weerkaats lig opwaarts na die opening van die verhoog. Die stewige voetstuk wat die mikroskoop ondersteun. Paar voorbeelde van gespesialiseerde selle: Stamselle Sel Senuweeselle Sel Spierselle Rooibloedliggaampies Doc Scientia NATUURWETENSKAPPE voorbereidingslêer - Graad 9 111