het en voor die persoon kans kry om iets oor die lekker slaai te sê,

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

Efesiërs 5: /02/2015

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

1 Johannes 5: /03/2014

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Welkom by Die Storie God se storie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jona en die Groot Vis

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Pragtige Koningin Ester

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Toe God alles gemaak het

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die brief aan die Filippense

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Van Vervolger tot Prediker

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Toe God alles gemaak het

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek 2 Timoteus 4:7

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

opstanding en die lewe. Hierdie uitspraak vorm deel van die gedeelte oor

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Jakkals lê eendag heerlik en

Die Groot Gebod dennis de wet

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

FAKTORE EN VEELVOUDE

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Antonieme en sinonieme

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Transcriptie:

2 Timoteus 4:6-8 21/09/2014 As daar 1 ding is wat die meeste mense goed kan doen is dit om oor hulleself te praat. Ek weet want ek doen dit ook Baie keer lei iets wat iemand sê, onmiddellik na iets wat jy oor jouself wil sê Ek het op ʼn stadium geweldig gesukkel met kopseer, maar ek het naderhand opgehou om vir iemand te sê ek het kopseer want elke keer as ek dit gedoen het, het ek antwoorde gekry soos, my kop was gister seer, of my tannie sukkel so met kopseer en selfs goed soos my been of my rug is vandag so seer Dis nogal interessant om partymaal wanneer jy tussen mense is, ʼn rukkie doodstil te bly en net te luister Dan gaan jy dit baie hoor - iemand sal bv. sê, ek wil vir julle vertel van die lekker slaai wat ek nou die dag geëet het en voor die persoon kans kry om iets oor die lekker slaai te sê, reageer iemand met: ek hou nie van slaai nie of iemand anders val in met: ek eet net vleis waarop iemand op die wa spring met, ek eet nie meer vleis nie want my kolesterol is te hoog waarop iemand anders weer reageer met: ek glo nie in kolesterol nie my pa het die vetste vleis geëet en 85 jaar oud geword en so gaan die gesprek aan en spring dit van die een ek na die ander ek. As jy my nog nie wil glo nie, moet jy volgende keer wanneer jy tussen mense is iets sê oor jou kinders/kleinkinders Dan sal jy hoor ek dit en myne dat heen en weer - van die een persoon na die ander. Wat ek probeer sê, is dat ons almal lief is om oor onsself te praat Alhoewel dit soms erg irriterend kan wees, is dit belangrik om oor jouself te praat veral as jy in ʼn verhouding met iemand is. Om ʼn sinvolle verhouding te hê, moet ek vir jou sê wie ek is en jy moet vir my sê, wie jy is. Hoe sou ek en my vrou bv. geweet het ons albei hou van groente as ons dit nie vir mekaar gesê het nie Of sê nou sy het niks van die see gehou nie, maar elke jaar bespreek ek vir ons plek by die see dan sou vakansies vir haar een groot straf gewees het omdat sy nie vir my gesê het, sy hou nie van die see nie. Daarom moet ons oor onsself praat. En daar is letterlik miljoene goed wat jy oor jouself kan sê oor waarvan jy hou en nie hou nie, oor jou voor- en afkeure, oor jou gesondheid en natuurlik ook oor jou geloof en oor jou kerk So kan ek bv. sê ek is ʼn Christen ek het die Here baie lief Ek weet ek gaan na my dood hemel toe ek is in die Hervormde Kerk

So ʼn week of 2 gelede het ons klaar gemaak met ʼn reeks preke oor Jesus se Ek is uitsprake waar ons elke keer geluister het as Jesus vir ons sê wie Hy is. Johannes het in sy evangelie vir ons 7 sulke uitsprake opgeteken Soos ek aan die begin van die reeks gesê het, beteken dit nie dat daar net 7 sulke uitsprake was nie, maar omdat 7 die volmaakte getal is, het Johannes gedink hierdie 7 is genoeg om presies vir ons te sê Wie Jesus is en wat Hy op aarde kom doen het en waar Hy nou is Dit is so... Jesus het presies vir ons gesê wie Hy is, maar weet Hy wie ons is weet Hy wie jy is en weet Hy wie ek is? Want soos ek vroeër gesê het, is dit in enige verhouding belangrik om vir mekaar te sê wie ons is Miskien wil jy my in die rede val en sê, hoe kan ek vra of Hy weet Hy wie ons is? Natuurlik weet Hy wie ons is. Hy weet tog alles van ons af. Dis waar. Daaroor hoef ons nie te twyfel nie. Tog het Hy vir ons in die Onse Vader geleer om t.s.v. die feit dat Hy alles van ons af weet, dit nogtans vir Hom te sê Hy wil hê ons moet vir Hom dankie sê vir kos en klere en gesondheid en liefde en noem maar op. Dit beteken nie dat Hy nie weet wat in ons lewe aangaan nie. Maar hy wil hê ons moet dit vir Hom sê. Jou man/vrou/kind weet dalk dat jy baie lief is vir hulle. Tog is daar niks so lekker as om dit te hoor nie Daarom wil ek hê dat elkeen van ons nou vir die Here sê, wie ons is Jesus het vir jou gesê Ek is Ek is die Brood wat lewe gee Ek is die Lig vir die wêreld Nou gaan ons vir Hom sê, ek ek met ʼn kleinletter ek Piet van Zyl is so en ek is so Maar, hoe gaan ons dit doen? As elkeen van ons moet opstaan en vir Jesus ʼn paar goed oor jouself sê, sal ons môre oggend nog hier wees. Nee. Ons gaan dit anders doen. Ons gaan vanoggend n.a.v. die gelese gedeelte luister na wat Paulus oor homself gesê het en dan gaan ons kyk of ons dit agterna kan sê Paulus sê in die gedeelte wat ons gelees het ʼn klompie goed oor Homself. Ons gaan daarna kyk en dan vra, Piet, Jan, Anne-Marie, Gideon, Herman, Daleen, is jy ook so sê Kan jy vanoggend vir Jesus sê, Jesus, U het vir my gesê, U is die brood wat lewe gee U het vir my gesê, U is die Lig vir die wêreld en U is die goeie Herder en U is die Weg en die Waarheid en die lewe ek wil nou vir U sê, ek Piet van Zyl... ek is sus of ek is so Die 1e ding wat Paulus sê is, ek is ʼn drankoffer Hy sê, Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die hele offerbedryf kom uit die OT. God het offers ingestel sodat Sy kinders iets daarmee vir Hom kon sê. Sekere offers was om te sê, hulle is jammer. Ander offers was om

dankie te sê. En so lees ons in Num. 15 van die drankoffer wat gewoonlik uit 2 l wyn bestaan het wat teen die altaar uitgegooi moes word... Paulus gebruik die beeld van die drankoffer om daarmee te sê hoe sy lewe voor God uitgegooi is... hoe sy bloed vir God gevloei het... Hy is verskeie kere in sy lewe gemartel... hy het verskeie kere in die tronk gesit omdat Hy vir mense van Jesus vertel het. Hy voel leeggemaak... hy voel geoffer... Daarom sê hy, ek is ʼn drankoffer wat besig om uitgegooi te word... Wanneer ons vandag offer, doen ons dit steeds as ʼn teken van berou of as ʼn teken van dankbaarheid of as ʼn teken van oorgawe. Moeder Theresa het gesê, as jy gee wat jy het, het jy nog nie geoffer nie. Jy moet gee wat jy nie het nie. Broers en susters, ek skrik partymaal as ek Paulus se briewe lees en sien wat hy alles deurgemaak het t.w.v. die Here en Sy kerk. Ek skrik as ek dink hoe min ons bereid is om te gee en op te offer... Daar is regtig... en dis jammer om dit te sê, daar is regtig baie min mense in die kerk vandag wat bereid is om hulleself voor God uit te gooi en te sê, hier is ek Here, gebruik my. Daarom hoor ons baie keer mense kla dat dit altyd dieselfde mense is wat al die werk by die kerk moet doen Dit is so. Maar hoekom sou ons daaroor kla? Waarom sou ons na ander kyk? Waarom sou ons nie die voorreg wat ons het om te offer in die Here se kerk met albei hande aangryp nie? Dit lyk vir my of ons vergeet oor Wie die kerk gaan. Dit lyk vir my of ons dink die Here het ons nodig en nie ons het Hom nodig nie. Hy moet dankbaar wees dat ons in Hom glo Hy moet dankbaar wees dat ons aan Sy kerk behoort Hy moet dankbaar wees dat ons bereid is om iets te doen of iets te gee Kan ek en jy Hermi, Gert, Klaas, Anne-marie... vanoggend saam met Paulus sê, Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet? Paulus se 2e ek is uitspraak is, ek is aan die einde van my lewe Hy sê, Die tyd van my dood is voor die deur Paulus het dit gesê omdat hy op daardie stadium reeds oud was. Hy het besef hy het nie meer lank om te leef nie Is daar enige een van julle wat bereid is om nou agter Paulus aan te sê: Die tyd van my dood is voor die deur. Ek dink nie so nie. Baie van julle sal sê, ek is jonk en gesond en buitendien ek hou ek nie daarvan om oor die dood te praat nie Ja, dit is so die dood is nie ʼn lekker onderwerp om oor te praat nie. Tog is die dood so deel van ons bestaan soos eet en drink omdat dit kan enige tyd met enige iemand gebeur. Nie een van ons wat hier is kan met sekerheid sê, ek gaan vanaand of môre of volgende week

nog leef nie? En as jy dit nie met sekerheid kan sê nie, dan is jou dood mos voor die deur. Die 3e ding wat Paulus oor homself sê is, ek is ʼn goeie atleet. Hy sê, Ek het die goeie wedloop afgelê ek het die wedloop voltooi Op ʼn ander plek beskryf hy wat nodig is vir ʼn atleet om ʼn wedloop te voltooi. Jy moet oefen, jy moet die regte kos eet en jy moet jou oë op die wenpaal hou. Jy oefen vir hierdie wedloop deur elke dag die (wys die Bybel) reëls en voorskrifte en voor- en nadele van die wedloop te bestudeer. Jy oefen deur elke Sondag die oefenkampe by te woon waar die Handleiding verder verduidelik word, waar jy hoor wat se kos jy moet eet wat jou deur die wedloop kan help. En dan moet jy elke tree van die wedloop jou oë op die wenpaal hou want die Afrigter Jesus - wag by die wenpaal Hy het reeds hierdie wedloop voltooi Hoe lyk die wedloop wat ek en jy op die oomblik hardloop? Kan ek en jy vanoggend vir Jesus sê, ek is besig om ʼn goeie wedloop te hardloop? Ek is elke dag besig met die Handleiding (wys die Bybel) om te hoor hoe moet ek hardloop. Ek woon so gereeld as wat ek kan die oefenkampe by om te hoor wat se kos ek moet eet en hoe ek moet hardloop en my oë is op die wenpaal, op U ons Afrigter. Paulus se 4e ek is uitspraak is, ek is ʼn vasbyter Hy sê, ek het die wenstreep bereik ek het gelowig end-uit volgehou. Dis soos iemand wat in die Comrades wegspring en teen elke opdraande en elke afdraande vasbyt en dan 11 ure later sien jy hier voor jou die wenpaal. Jy sien die man met die pistool naderkom. Maar jy weet, ek is by die wenpaal ek kan dit maak ek gaan dit maak Is jy, Mureli, Hannelie, Heino... besig om hierdie wedloop gelowig te hardloop Is jy besig om teen elke opdraande en teen elke afdraande vas te byt of het jy moed opgegee? Het, moedeloosheid, teleurstelling of ander wêreldse dinge jou oorval. Af en toe maak jy die Handleiding oop af en toe kom jy na ʼn oefenkamp af en toe praat jy met die Afrigter en jou oë is nie regtig meer op die wenpaal nie? Hierdie wedloop is verseker nie maklik nie. Daar is baie styl opdraandes en baie styl afdraandes daar is skerp draaie en afdraai paaie Die enigste manier om by die wenpaal uit te kom is om end-uit gelowig volgehou. Die 5e ding wat Paulus oor homself sê is, ek is ʼn wenner Hy sien die wenpaal Hy sien die man met die pistool Maar hy sien ook die Afrigter Hy sien vir Jesus wat by die wenpaal wag met ʼn oorwinnaarskroon in sy hand. Hierdie oorwinnaarskroon gaan hy nie kry omdat hy 1e is of omdat

hy die wedloop in ʼn sekere tyd voltooi het nie, maar omdat hy die wenstreep bereik het omdat hy gelowig end-uit volgehou. Kan jy sê Willem, Marius, Berné, Dené, ek is so oortuig dat my verhouding met Jesus van so ʼn aard is dat Hy vir my by die wenpaal sal wag met ʼn oorwinnaarskroon in Sy hand Ek eet elke dag van die brood wat lewe gee... Jesus is die Lig op my pad... Hy is my Weg en my Waarheid en my lewe... Paulus se 6e ek is uitspraak sê iets van sy verhouding met ander gelowiges. Hy sien vir Jesus by die wenpaal staan met ʼn oorwinnaarskroon in Sy hand maar dan besef hy dis nie net ek wat gedurende my lewe as drankoffer uitgegiet is nie dis nie net ek wat vasgebyt het en die goeie wedloop voltooi het nie daar is ook ander gelowiges op aarde wat dieselfde gedoen het Daarom sê hy, Jesus het nie net vir my ʼn oorwinnaarskroon in Sy hand nie, maar [ook] vir almal wat met verlange uitsien na sy koms. Paulus was nie die enigste gelowige op aarde nie. Hy was ook nie ʼn indiwiduele gelowige nie. Hy was ʼn gemeente mens. Daarom lees ons in feitlik al sy briewe dat hy ander gelowiges verseker dat hy vir hulle bid. En by meer as 1 geleentheid vra hy vir gelowiges om vir hom te bid Hy beskou hierdie band met ander gelowiges so sterk dat hy in 1 Kor. 12 dit vgl. met ʼn mens se liggaam Hy sê, Willie, jy is die regterduim en Ingrid, jy is die linker oor en Alta, jy is die regter enkel en Pieter jy is die linker groottoon Kan jy hoor hoe hy dink gelowiges aan mekaar verbind is? Een liggaam Paulus is ʼn spansportman Gelowige wees op hierdie aarde is ʼn spansport ek het jou nodig en jy het my nodig. Kan jy vanoggend sê, ek is oppad wenpaal toe waar Jesus vir my met ʼn oorwinnaarskroon in Sy hand wag maar nie net vir my nie hier is ander saam met my in hierdie wedloop Wat maak jy met jou mede-atlete, jou medegelowiges in hierdie wedloop? Ken jy hulle? Stel jy belang om te weet wie langs jou hardloop, wie jy dalk teen die volgende opdraande kan nodig kry? In die 7e ek is uitspraak sê hy ek is gereed Paulus sê vir Jesus, ek is gereed Eintlik stel hy dit baie sterker Hy sê dat hy met verlange uitsien na die Here se koms. Hy sien met verlange uit om vir Jesus by die wenpaal te ontmoet. Dries, Maryna, Suretha, Johan (noem jou naam en vra vir jouself), is ek gereed om die Afrigter by die wenpaal te ontmoet en sien ek daarna uit

om wanneer my einde hier op aarde aanbreek vir Jesus, ons Afrigter, by die wenpaal te ontmoet? Ek lees nou die dag van ʼn sportafrigter wat voor ʼn baie belangrike wedstryd sy span gemotiveer het deur vir hulle sê: Julle het vandag ʼn baie belangrike vraag wat julle nou moet antwoord en dit is hoe wil julle vir die res van julle lewe onthou word Wil julle onthou word as die ouens wat hierdie wedstryd verloor het of wil julle onthou word as die ouens wat hierdie wedstryd gewen het? Dis natuurlik waar van sport wedstryde. Maar wat gaan gebeur die dag as jy sterf? Wat gaan ons op jou begrafnis kan sê? En wat gaan julle op my begrafnis kan sê? Sal ons familie en vriende en medegelowiges by my of jou begrafnis kan sê sy/haar hele lewe was ʼn offer aan God Hy/sy was soos ʼn drankoffer wat elke dag tot eer van God uitgegooi is? Sal hulle van jou en my kan sê, hy/sy het elke dag geleef met die wete, die tyd van my dood is voor die deur hy/sy het elke dag geleef asof dit hulle laaste dag is. Gaan hulle van jou en my na ons dood kan sê, hy/sy was ʼn goeie atleet. Hy/sy het die goeie wedloop afgelê; [hy/sy] het die wenstreep bereik Sal hulle van jou en my kan sê, hulle was vasbyters hulle het gelowig enduit volgehou. Sal hulle van jou en my kan sê, hulle is wenners Die Here het hulle reeds anderkant die graf ontmoet om die oorwinnaarskroon om elkeen se nek te hang? Broers en susters, sal hulle na ons dood van jou en my kan sê, hy/sy was ʼn mede-gelowige vir ander gelowiges. Hulle het saam ander gelowiges gewerk, saam gelag, saam swaargekry saam gebid en belangrikste van alles hulle het saam met ander gelowiges met verlange uit[ge]sien na [die koms van die Here Jesus]. As hulle dit van ons kan sê, sal ons vriende en familie en medegelowiges na ons dood kan treur soos mense met hoop omdat hulle weet, ons Afrigter het die oorwinnaarskroon om ons nekke gehang en ons saam Hom in Sy Ewige Koninkryk ingeneem. Miskien weet Jesus na vandag ʼn bietjie meer van jou en ʼn bietjie meer van my Ek wonder of dit wat ek en jy vandag vir Hom oor onsself gesê het, Hom rustiger of onrustiger maak? Amen?