1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Vergelijkbare documenten
TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

n Tempel Leier besoek Jesus

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Goeie Konings, Slegte Konings

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Preek Romeine 1:16-17

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Van Vervolger tot Prediker

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Die Kerk se Geboorte

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

MATTEUS 22:14. Votum en seën. Psalm 8 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983/91) Belydenis: DL 3/4:8-10. Teks: Matteus 22:14 (AV 1983/91)

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Welkom by Die Storie God se storie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

1 TESSALONISENSE 5:25

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Petrus en die Krag van Gebed

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Toe God alles gemaak het

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Toe God alles gemaak het

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

Fontein van die lewe. Liturgie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Transcriptie:

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges behoort aan Christus Gebed Kollekte Skrifberyming 11-2 (52) : 1 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Daar s wonderlike uitsprake in die Bybel: - groot woorde; - diepsinnige sinne; - uitsonderlike uitsprake. Hier staan byvoorbeeld in ons teksverse dat alles aan die gelowiges behoort, selfs iets soos die dood hoe werk dit? en dat Christus aan God behoort maar is Christus dan nie self ook God nie? Maar daar s ook in die Bybel die eenvoudigste sinne, helder en duidelike woorde, uitsprake wat n mens direk aanspreek, en soveel kere nuwe troos en hoop in ons harte plant. So staan hier byvoorbeeld ook in ons teksverse: maar julle behoort aan Christus Watter groter troos kan daar wees as hierdie eenvoudige sin: gelowiges behoort aan Christus? Kom ons hoor vanaand weer hierdie troos, soos wat dit hier in 1 Korintiërs 3 na vore kom en in HK 1 bely word. Ons kyk eers na die verband waarin hierdie sinnetjie maar julle behoort aan Christus staan, en dan na wat dit beteken. 1. DIE VERBAND 1 Korintiërs 3 gaan oor die plek wat die apostels (soos Paulus en Sefas {= Petrus}) en ander mense wat die Woord van God aan gemeentes bedien het (soos Apollos), in die Here se kerk het. Dit was in hierdie gemeente n probleem, want hulle t daar mos groepe gevorm wat hulleself dan spesiaal gekoppel het aan een van die bekende figure in die kerk: - party het gesê: ons is Paulus-mense; - ander het gesê: ons is Apollos-mense; - ander weer: ons is Petrus-mense. 1 Maar al hierdie bekende figure (so laat die Heilige Gees Paulus hier skryf) is net dienaars van God, 2 1 1 Kor 1:12 2 1 Kor 3:6

3 mense wat Hy in Sy kerk gebruik soos Hy dit goeddink: - om te plant in Sy saailand; - of om nat te maak; 3 - of om aan Sy tempel te bou. 4 Die gemeente verstaan die saak dus heeltemal verkeerd as hulle hierdie werkers wil ophemel en op n troontjie sit. In God se skema is die gemeente belangriker as die werkers: 5 - gemeentelede behoort nie aan hierdie dienaars van God nie; - maar hierdie dienaars van God behoort aan die gemeente: Alles behoort aan julle: of dit Paulus of Apollos of Sefas is! - die dienaars is daar vir die gemeente, om só met God se Woord by hulle te werk dat die gemeente geestelik sal groei en opgebou sal word; die gemeente is nie daar om vir die dienaars n soort van n platform te wees vir húlle eer en aansien nie. Eintlik, in God se skema, in Sy ordening van hierdie wêreld, is álles ondergeskik aan Sy kerk, nie net Sy dienaars nie, maar die hele wêreld, selfs lewe en dood, die hede (die dinge van nou) en die toekoms (die dinge wat nog kom). Ál hierdie dinge (so staan dit hier) behoort aan julle, die gelowiges, die ware kerk van die Here. n Mens sal n hele preek kan kan maak net oor wat dit beteken dat al hierdie dinge aan die gelowiges behoort. Maar om dit net baie kort te verduidelik: dat al hierdie dinge aan die gelowiges behoort, beteken dat hulle almal daar is om die gelowiges tot diens te wees. 6 Hulle word deur God gebruik tot beswil van Sy kinders. Hierdie wêreld, byvoorbeeld, bestaan nog omdat God nog besig is om Sy uitverkorenes bymekaar te maak. 7 As Hy daarmee klaar is, is hierdie wêreld se tyd verby! 3 1 Kor 3:6-9 4 1 Kor 3:9b-16 5 Vgl ook 1 Kor 4:9-13 6 Dit beteken ook dat hulle van alle mag oor gelowiges ontneem is (Rom 8:38-39). 7 God het die natuurverbond met Noag gesluit ter wille van die realisering van die genadeverbond.

4 En die nuutgemaakte wêreld wat kom, word die besitting van God se kinders. 8 Die wêreld behoort aan die gelowiges! En hierdie lewe behoort aan ons. Hierdie lewe in al sy fasette is vir ons gegee as n geleentheid om God te dien, om goeie dinge met blydskap voor Hom te geniet, as n oefenskool vir ons geloof en volharding, as n ruimte waarbinne ons die lieflike boodskap van die verlossing wat Jesus gebring het, vir ander kan vertel. Hierdie lewe behoort aan ons! Ook die dood. Die dood word vir ons gegee as die manier waarop ons finaal kan klaarmaak met hierdie gebroke wêreld en met al die moeite en sorge van hierdie lewe en met die sonde, wat ons, soos n blok aan die been, geestelik bly terughou. Die dood behoort aan ons! En die hede behoort aan ons: - al die gawes en seëninge wat ons vandag geniet; - die voorreg om die Bybel te hê, om deel van die kerk te wees, om te kan bid en sing; - om deel te kan wees van huwelike, gesinne. Dis alles ons s n! Ook dit wat die toekoms inhou: - die verskriklike strawwe van God oor die goddelose wêreld gaan die mag van ons vyande breek; - die wederkoms van die Here Jesus, die nuwe aarde en die nuwe hemel en die nuwe Jerusalem, die lewe sonder moeite en pyn en angs en nood en hartseer en trane dit alles gaan óns tot voordeel strek ewige voordeel. Die toekoms is die gelowiges s n...! 8 Ps 37:9; Mat 5:5

5 In God se skema is al die dienaars en alle ander dinge ondergeskik aan die kerk, want hulle behoort aan die kerk. 9 Maar dan is die kerk op Sy beurt weer ondergeskik aan Christus, want ons behoort aan Hom (nou-nou meer hieroor). En Christus behoort aan God. Jesus Christus is die Seun van God, wat n ware mens ook geword het om in ons plek die straf op ons sondes vir ons te kan kom dra. As Seun van God is Hy volkome gelyk met God die Vader en God die Heilige Gees. Maar as die Een wat n mens ook geword om in ons skoene te kom staan, werk Hy onder die Vader. 10 Hy t Homself vrywillig verneder deur aan mense gelyk te word, 11 sodat hier met reg gesê kan word dat Hy, die Een aan Wie die gelowiges behoort, op Sy beurt weer aan God behoort. Dis wat hierdie verse is: - verse wat God se wêreld vir ons duidelik maak, Sy skema en strukturering van alles; - verse wat vir die Korintiërs duidelik sê wie waar inpas: heel bo die drie-enige God; dan die Middelaar tussen God en mens: Jesus Christus; dan die gelowiges, die kerk; en heel onder die dienaars oor wie hulle so n bohaai gemaak het! - wonderlike verse! - groot en diep sinne! - aangrypende uitsprake! En in hierdie verse staan die groot troos van die Bybel vir die gelowiges: maar julle behoort aan Christus. Kom ons kyk wat dit beteken. 2. DIE BETEKENIS 9 Hierdie uitspraak: dat alles aan die gelowiges behoort, is ook n indirekte verwysing na die koningskap van die gelowiges. Vgl ook Openb 21:7. 10 Vgl bv Joh 14:28; 1 Kor 11:3; 15:24-28; Hebr 2:9; 3:2 11 Flp 2:6-11

6 Dat ons aan Christus behoort, is n uitdrukking wat iets sê van Sy mag oor ons en iets van Sy liefde vir ons. Dis n mags-uitdrukking. Dit sê dat Hy die sê oor ons het. In hierdie verse, wat duidelik n soort rangorde in God se wêreld gee, is Christus bo die gemeente. o Hy s die Hoof van die kerk (sê die Bybel). 12 o Hy s ons Here, 13 die Eienaar van die gelowiges en daarom die Een wat sê wat hulle moet doen en wat met hulle moet gebeur. Dis n magsuitspraak. Maar dis ook n liefdes-uitdrukking. Dit herinner ons aan hoe ons Sy eiendom geword het: - deurdat Hy in ons plek gely het en gesterf het aan die kruis, sodat ons sonde-skuld betaal kan wees en God ons van alle skuld kan vryspreek; - deurdat Hy ons vir Hom gekoop het en met Sy bloed betaal het. 14 Dit herinner ons aan Sy verlossingswerk. En omdat Hy ons gekoop het, behoort ons nie meer aan die duiwel nie. Ons behoort ook nie meer aan die dood in dié sin dat die dood ons gaan insluk en ons vir altyd in die ewige dood die helse straf gaan vashou nie. Ons behoort aan Christus. Dis hierdie liefdes-betekenis van hierdie uitdrukking om aan Christus te behoort, wat die kerk gebruik wanneer dit hier in HK 1 bely wat ons troos. Troos (so sê een van die skrywers van die HK 15 ) is iets wat jy weet wat die hartseer sagter maak en jou gewillig maak om dit te dra. 12 Efes 1:22; 5:23; Kol 1:18 13 Hand 2:36; Rom 1:4; 1 Kor 1:8; Gal 1:3. 14 Bv Hand 20:28; 1 Kor 6:20; 1 Pet 1:19 15 Ursinus ( Schatboek )

7 Al die moeite en bekommernisse en skokke en teleurstellings en nood en swaarkry en vernederings en worstelings van hierdie lewe laat ons mos huil, dit maak ons hartseer. Maar as jy weet (dis wat die Bybel ons leer) dat jy aan Jesus Christus behoort, dan versag dit hierdie hartseer en dan gee dit jou die krag om dit te dra. Want as jy aan Hom behoort, dan beteken dit: - dat al jou sondes vergewe is, omdat Hy klaar daarvoor betaal het; - dat Hy jou bevry het van die houvas wat die duiwel en die sonde en die dood op jou gehad het; - dat Hy jou só oppas dat jy as n gelowige jou lewe hier sal klaarmaak; - dat Hy jou deur Sy Heilige Gees, wat in jou hart is, seker maak dat jy die ewige lewe het; - dat Hy só in jou werk dat jy graag vir Hom, aan Wie jy nou behoort, wíl lewe. Wat dit alles beteken en hoe juis dít ons hartseer versag en ons help om dit te dra, gaan nou vorentoe in detail uit die Skrif opgediep word aan die hand van die HK. julle (so sê die Skrif vir mense wat glo dat Jesus Christus vir hulle ook gely en gesterf en uit die dood opgestaan het) behoort aan Christus Ons hoor dit as n sinnetjie wat van die Here se liefde vir ons praat, wat ons troos so bely ons hier in HK 1, wat ons hartseer ligter maak en die laste van hierdie lewe draaglik Wat van mense wat nié aan die Here behoort nie die onbekeerdes en ongelowiges? Het u dit raakgesien dat ons teksverse, wat God se struktuur vir hierdie wêreld gee, hulle glad nie noem nie? - daar s die dienaars in die kerk; - daar s die kerk, die gelowiges; - daar s die Middelaar, Christus; - en daar s die drie-enige God; - maar daar s niks oor die ongelowiges nie. Dis die verskriklike: - in God se wêreld-skema is daar nie vir hulle plek nie; - daar kom n dag wanneer hulle vir altyd van God af weggedryf gaan word die buitenste duisternis in;

8 - hulle is die nuttelose boom, wat nie vrugte dra nie, en wat afgekap en weggegooi en verbrand word, 16 en waarvoor daar nie meer plek in die vrugteboord is nie. Maar júlle behoort aan Christus TEN SLOTTE Die Bybel is vol wonderlike woorde: - groot woorde; - diepsinnige sinne; - uitsonderlike uitsprake. Maar die Bybel is ook vol eenvoudige woorde, duidelik en dadelik verstaanbaar. Soos hierdie uitspraak, wat vertel van die Here Jesus se mag oor ons en Sy liefde vir ons: - julle behoort aan Christus. Vat hierdie woorde hierdie week saam. Gaan vee die trane daarmee af. Gaan voel hoeveel ligter die lewenslas word as hierdie woorde in jou hart leef AMEN 16 Eseg 15:2-7; Mat 3:10; Joh 15:6; Heb 6:8