Kwaliteitsbeleid. Institusionele Registrateur. Kwaliteitsverbetering. Status (Eerste) Goedgekeurde Beleid: Hersiening: Junie 2007

Vergelijkbare documenten
REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Beleid vir die aanbieding van kortkursusse aan die NWU

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

PROTOKOL RIGLYNE VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Posbeskrywing: Fakulteitsdekaan

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Diensbillikheidsbeleid

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

Opsomming. Universiteit van Stellenbosch GEHALTEVERSEKERING. Beleid en Prosedure: Steundiensafdeling-evaluerings ( )

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Ten minste elke vyf jaar, of vroeër na gelang van behoefte Vorige hersienings. Senior Direkteur: Voornemende Studente

DESIGN RELIGIESTUDIES

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KANTOOR VAN DIE REGISTRATEUR. Webbeleid. Dokumenttipe: Beleid Dokumentnommer: Rt 291/14

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Prysvorming deur vraag en aanbod

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

EUROPA Trust Company 2

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

Inleiding. Universiteit van Stellenbosch GEHALTEVERSEKERING. Temas en kriteria: Evaluering van departemente en programme

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

BELEID OOR FISIESE INFRASTRUKTUUR

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

BELEID OOR DIE SUID-AFRIKAANSE STANDAARD VIR SKOOLHOOFSKAP. Die verbetering van die professionele beeld en vaardighede van skoolhoofde

Sentraalbeplande stelsel

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

KONTANT BESTUUR BELEID

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

n Uitkomsgebaseerde model vir die assessering van die ontvangsjaarkind

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

22 November Viserektor: Leer en Onderrig. Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

Les 14: Entrepreneurskap

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

INLIGTINGSTUK AAN NUWE/POTENSIËLE BEHEERRAADSLEDE

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Beleid insake die aanbieding van kortkursusse aan die Universiteit Stellenbosch

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Reglement vir interne en eksterne moderering en die afhandeling van uitslae

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Senior Direkteur: Voornemende Studente

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Dit begin alles hier. Teologie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

RPO N KERN-ROLSPELER IN N VOLHOUBARE ROOIVLEIS- INDUSTRIE. Koos van der Ryst Voorsitter

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2015 ASSESSERING RIGLYNE WISKUNDE GRAAD 8

GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

RIGLYNE VIR BELEIDSFORMULERING, -ONTWIKKELING EN HERSIENING: UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Transcriptie:

Kwaliteitsbeleid Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Beleideienaar Verantwoordelike afdeling 2P/2.3 Institusionele Registrateur Direkteur: Kwaliteitsverbetering Kwaliteitsverbetering Status (Eerste) Goedgekeurde Beleid: 2004 Hersiening: Junie 2007 Hersiening: Mei 2011 Hersiening: Junie 2016 Goedgekeur deur Raad Datum van goedkeuring November 2016 Wysigings Ingesluit in hierdie weergawe Datum van wysigings Junie 2016 Volgende Hersieningsdatum Webadres van hierdie beleid Adres op die beleidsdatabasis Mei 2021 http://www.nwu.ac.za/content/policy_rules (10935746) H:\HSC\2. Management\2.1.3 Policy management\beleide\raad November 2016\2P-2.3_Quality Policy_eng.docm

KWALITEITSBELEID Kwaliteitsverbetering 1 AANHEF As ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika, wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ʼn sorgsaamheidsetiek, het die Noordwes-Universiteit in 2004 ʼn Kwaliteitsbeleid aanvaar en dit in 2007, 2011 en 2016 hersien. 2 UITGANGSPUNT Die Kwaliteitsbeleid van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die volgende uitgangspunte: Kwaliteitsversekering is die aktiwiteit om bewyse te verskaf wat nodig is om vertroue by alle betrokkenes in te boesem dat die kwaliteitverwante aktiwiteite doeltreffend uitgevoer word. Kwaliteitbeheer behels die ontwikkeling van stelsels om te verseker dat produkte of dienste ontwerp en geproduseer word om aan belanghebbendes se vereistes te voldoen of dit te oortref. Kwaliteitsevaluering 1 is die sistematiese bepaling van meriete, waarde en beduidendheid van iets of iemand. Evaluering word dikwels gebruik om onderwerpe van belang in ʼn wye verskeidenheid menslike ondernemings te karakteriseer en te takseer. Kwaliteitsbestuur is ʼn metode om te verseker dat al die aktiwiteite wat nodig is om ʼn produk of diens te ontwerp, te ontwikkel en te implementeer, doeltreffend is met betrekking tot die stelsel en sy werksverrigting. Kwaliteitsbestuurstelsel (KBS) is ʼn stelsel wat die nodige beleide en prosedures omskryf vir die verbetering van en beheer oor verskeie prosesse wat uiteindelik tot verbeterde besigheidsprestasie sal lei. Kwaliteitsverbetering is ʼn voortdurende proses van verbetering. 3 DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT Hierdie Kwaliteitsbeleid is geformuleer en hersien om die voortgesette ontwikkeling en implementering van ʼn Institusionele Kwaliteitsbestuurstelsel te rig, ter versekering van voortdurende kwaliteitsverbetering en ter koestering van ʼn kultuur van voortgesette verbetering. Dit is ter ondersteuning van die droom, naamlik om ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en sorgsaamheidsetiek. Die ontwikkeling van ʼn Kwaliteitsbestuurstelsel aan die NWU word dus nie as ʼn gebeurtenis beskou nie, maar as ʼn voortdurende proses. 3.1 Aanhef As deel van die NWU se doel-stelling naamlik om uit te blink in innoverende leer en onderrig en voorpuntnavorsing en ondersteun deur die handelsmerkbelofte, Dinamiese, Waardegedrewe en Uitnemendheid word duidelik melding gemaak van ʼn ingebedde kwaliteitsfokus. Die NWU streef dus daarna om ʼn akademiese instansie van hoë gehalte te wees. Kwaliteitsversekering en voortdurende kwaliteitsbevordering is fundamenteel tot die verwesenliking van die visie en missie van die NWU. Die NWU aanvaar selfgedrewe kwaliteitsversekering en kwaliteitsbevordering in alle akademiese en ondersteuningsfunksies as ʼn kernwaarde en implementeer dus ʼn stelsel van hierdie aard. Die kwaliteitsbeleid hou voorts rekening met die historiese konteks, vestiging en ontwikkeling van die NWU. 1 Op die gebied van evaluering is daar meningsverskille oor die verskil tussen die terme evaluering, hersiening (oorsig) en assessering. Vir die doeleindes van hierdie beleid word hierdie terme as uitruilbaar beskou. Kwaliteitsbeleid 1

3.2 Doel Hierdie beleid het ten doel om toestande daar te stel vir die versekering en verbetering van die kwaliteit van die NWU se kernbesigheid, naamlik onderrig, leer, navorsing 2 en gemeenskapsbetrokkenheid / implementering van kundigheid. Sowel die akademiese as die ondersteuningsdienste moet toesien dat die droom, doel 3, handelsmerkbelofte, waardes en die institusionele beplanningsprioriteite waartoe die NWU verbind is, verwesenlik word. Die Kwaliteitsbeleid streef daarna om ʼn raamwerk te bied vir ʼn doeltreffende en funksionele kwaliteitsbestuurstelsels (KBS) met afdwingbare reëls en prosedures wat fokus op die: 3.2.1 Totstandbrenging en ontwikkeling van ʼn kwaliteitsversekeringskultuur in die akademiese sowel as die ondersteuningsdiensdomein op alle kampusse en die Institusionele Kantoor. 3.2.2 Bevordering van kwaliteitsversekering en -verbeteringsaksies 4 op institusionele, kampus- en fakulteitsvlak. 3.2.3 Bemagtiging van personeel in die ontwikkeling, implementering en uitvoering van kwaliteitversekeringstelsels, -prosesse, -prosedures en meganismes. 3.2.4 Monitering van die kwaliteitversekeringsaksies binne funksionele eenhede van die NWU (kampusse, fakulteite, skole, entiteite, afdelings, eenhede en ondersteuningsdienste). 3.2.5 Monitering van institusionele kwaliteitversekeringsaanspreeklikheid wat op nasionale en statutêre vlak van die NWU vereis word. 4 BENADERING TOT KWALITEIT 4.1 Voorts 5 beskou die NWU kwaliteit as: 4.1.1 Die beleide, stelsels, aktiwiteite, strukture, prosesse, prosedures en riglyne wat gerig is op die bereiking, handhawing, monitering en bevordering van kwaliteit. 4.1.2 Aktiwiteite wat moet verseker dat standaarde konsekwent en herhaaldelik gespesifiseer en bereik word. Dit behels ʼn voortdurende siklus van standaarde stel vir sleutelaktiwiteite, prestasies aan die hand van standaarde beoordeel, beplanning vir verbetering, en optrede om die gewenste veranderinge te implementeer. 4.1.3 Verwante aktiwiteite op alle vlakke, wat insluit beleidmaking, proses- en prosedureformulering en implementering, dokumentering, personeelbetrokkenheid, monitering, betrekking van kliënte, opleiding, en gesonde finansiële beplanning en bestuur. 4.1.4 Die Shewhart Cycle definieer kwaliteitverbetering aan die hand van vier sleutelaktiwiteite, naamlik: Beplan: Ontwerp of hersien besigheidsproseskomponente om resultate te verbeter (beplanning); Doen: Implementeer die plan en meet sy prestasie (aksie); Kontroleer: Assesseer die meting en rapporteer die resultate aan besluitnemers (evaluering); en Optree: Besluit op veranderings wat nodig is om die proses te verbeter (verbetering). Benewens die kwaliteitsversekeringsaktiwiteite fokus kwaliteitsbevordering op kwaliteitsverbetering en -bevordering deur die kombinering van selfevaluering met eksterne evaluering (indien moontlik), sowel as selfregulering en bestuur. 4.2 Selfevaluering word deur die NWU beskou as ʼn hoeksteen van kwaliteitverbetering. Formele kwaliteitevaluering/-assessering aan die NWU is ʼn eenmalige prosedure maar maak deel uit van ʼn 2 Die Institusionele Navorsingsteunkommissie doen gereelde Navorsingsentiteit-evaluerings (intern of ekstern) oor onder meer alle navorsingsgebaseerde meestersgraad- en doktorsgraad- akademiese programme. Die evaluerings word gereël deur die Institusionele Kantoor vir Navorsingsondersteuning. 3 Met inbegrip van Visie en Missie 4 Een van die permanente kwaliteitsdoelwitte van ʼn organisasie moet die deurlopende verbetering van sy prosesdoeltreffendheid, sy effektiwiteit en, derhalwe, algehele prestasie, wees. 5 Vergelyk uitgangspunt van hierdie beleid. Kwaliteitsbeleid 2

sikliese proses op die onderskeie vlakke van akademiese en ondersteuningsaktiwiteite. Aangesien kwaliteitsversekering, kwaliteitsevaluering/-assessering en kwaliteitbevordering onderling gekoppel is, word die terme kwaliteitsversekering en kwaliteitsverbetering op ʼn omvattende manier deur die NWU gebruik. 4.3 Die NWU erken dat kwaliteit multidimensioneel en kontekstueel is. In die konteks van Suid-Afrika en die streek, sowel as in die konteks van die internasionale akademiese gemeenskap, behels kwaliteit vir die NWU: 4.3.1 Geskiktheid vir doel (die mate waartoe die instansie se akademiese en ondersteuningstrukture en ingebedde prosesse belyn is met hul gekose droom, doelwit, handelsmerkbelofte, waardes 6, missiestellings en met dié van die instansie); 4.3.2 Geskiktheid van doel (die mate waartoe die NWU omgaan met nasionale beleid en raamwerk, insluitende die Wet op Hoër Onderwys, SAKO, RHO/HOKK en ander DvHOO-vereistes, wat insluit korporatiewe bestuur, beplanning (PKM), befondsing en hulpbrontoewysing, sowel as die inagneming van internasionale verwikkelings); 4.3.3 Waarde vir geld (beoordeel met betrekking tot die volle spektrum van hoëronderwysdoelwitte); 4.3.4 Kliënt- en behoeftebevrediging; 4.3.5 Bekostigbaarheid; 4.3.6 Transformasie van studente en die instansie (ontwikkeling van die vermoëns van individue vir persoonlike verryking, sowel as die vereistes van maatskaplike ontwikkeling en groei in die ekonomie en indiensneming); en 4.3.7 Voldoening aan internasionale norme, herhaalbaarheid van prosesse. Kwaliteit aan die NWU is dus te vinde in die prosesse, die produkte, en die relevansie van die produkte en dienste. 5 NWU SE KWALITEITSBEGINSELS Die volgende beginsels rig die Kwaliteitsbestuurstelsel (KBS) met betrekking tot definisie en kwaliteit: 5.1 Akademies 5.1.1 Akademiese kwaliteit word die beste gewaarborg wanneer verantwoordelikheid daarvoor so na as moontlik aan die akademiese prosesse van onderrig, leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid geleë is, en dit deur die professionele verbintenis van personeel en studente gehandhaaf en bevorder word 7. Kwaliteitsversekering is ʼn voortdurende, aktiewe en responsiewe proses. Almal by die NWU moet verbind wees tot voortdurende verbetering. 5.1.2 Kritiese self- en eksterne evaluering van prosesse en prestasie en terugvoer van die evaluering sal ʼn gereelde eienskap van kwaliteitsversekering en -bevordering aan die NWU wees. Aktiewe deel en disseminasie van goeie praktyk en die aanpassing van idees is sentraal tot behoorlike bedryf van die kwaliteitsbestuurstelsel. 5.1.3 Die kwaliteitstelsel is doeltreffend as dit lei tot die bereiking van akademiese kwaliteit. Die uitkomstes van die aktiwiteite m.b.t. onderrig, leer, navorsing, implementering van kundigheid / gemeenskapsbetrokkenheid / gemeenskapsdiens is aanduiders van hierdie doeltreffendheid. Ter ondersteuning van die tersaaklike NWU-beleide moet alle fakulteitspesifieke prosesse en prosedure en die kwaliteitsversekering daarvan in ʼn Fakulteitkwaliteitshandleiding gedokumenteer word en jaarliks bygewerk word. 5.1.4 Doeltreffende kwaliteitsversekering vereis die gebruik van verteenwoordiging op eksterne akademiese, industrie-statutêre/nie-statutêre en/of professionele liggame/rade as deel van die eksterne evalueringsproses. Die NWU se akademiese werk en sy prosesse om die kwaliteit van daardie werk te waarborg, moet responsief wees vir die nasionale en internasionale kontekste. Dit 6 Etiek in alle strewes; Akademiese integriteit; Akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing; Verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, regverdigheid/deursigtigheid; en Waardering vir diversiteit. 7 Die ondersteunende prosesse oor hoe dit aangepak en gedokumenteer moet word, word sistematies uiteengesit in die ondersteunende riglyne wat beskikbaar is op die intranet van die Institusionele Kwaliteitsbevorderingskantoor. Kwaliteitsbeleid 3

vereis die gebruik van interne maar hoofsaaklik eksterne deelnemers in die eksterne evaluering (validering) van kwaliteitsversekeringsprosesse. 5.1.5 Alle fakulteite en akademiese aanbiedinge, naamlik kortleerprogrammodules 8, vakke, kwalifikasies/programme word geëvalueer/hersien en moet ʼn selfevalueringsproses 9 deurgaan op grond van die relevante HOKK/RHO en NWU-spesifieke kriteria en moet, in geselekteerde gevalle, gevolg word deur ʼn eksterne evaluering (validering). 5.1.6 Enige evaluering wat ʼn moet verbeter oplewer, sal opgevolg word deur ʼn tweede (opvolg)evaluering binne 12-18 maande. Enige evaluering wat ʼn voldoen nie oplewer, sal opgevolg word deur ʼn Senaatsbesluit oor die uitfaseringstrategie. 5.1.7 Evalueringsiklusse kan wissel tussen een en sewe jaar 10, volgens die volgende evalueringskedule: a) Kortleerprogramme (KLP), kortkursusse, voortgesette onderwysaanbiedinge en/of sertifikaatprogramme 11 van 1 jaar en minder elke drie jaar. b) Modules elke drie jaar. c) Vakke (wat deel uitmaak van die kern van enige kwalifikasie/program) op voorgraadse en honneursvlak elke 4 jaar. d) Voorgraadse kwalifikasies/programme van 3 jaar of minder elke 5 jaar. e) Voorgraadse kwalifikasies/programme van 4 jaar (insluitende uitgebreide programme) elke 5 jaar. f) Honneurskwalifikasies/programme elke 5 jaar. (Voorgraadse en honneurskwalifikasies/programme moet, indien prakties moontlik, kollektief geëvalueer word). g) Gestruktureerde meestersgraadkwalifikasies/programme elke 6 jaar. 12 h) Navorsings-M- en -D-programme elke 6 jaar 13 i) Fakulteite elke 7 jaar 14 j) Tematiese Evaluerings elke jaar 15 6 ONDERSTEUNINGSDIENSTE 6.1 Alle NWU-ondersteuningsdepartemente (funksies, dienste, akademiese, administratiewe, studenteen/of algemene ondersteuningseenhede) moet ʼn gedetailleerde kwaliteitshandleiding hê wat gereeld bygewerk moet word. Ondersteuningsdepartemente moet ʼn omvattende selfevaluering 16 ; 8 Sluit kortkursusse en enige tipe voortgesette-onderwys-aanbod in. 9 Die sistematiese beplanning, skedulering, dokumentering en uitvoer van die selfevaluerings moet deel uitmaak van elke fakulteit se beplanningsproses. 10 Sluit ook evaluerings deur statutêre liggame in. 11 Soos goedgekeur deur die DHOO. 12 Gestruktureerde meestersgraadkwalifikasies/-programme kan ook deel uitmaak van ʼn Navorsingsentiteit-evaluering. 13 As deel van die Navorsingsentiteit-evaluerings gereël deur die Institusionele Navorsingsondersteuningskantoor. Navorsingsmeestersgraad- en doktorsgraadkwalifikasies/-programme wat nie deel uitmaak van enige Navorsingsentiteit-evaluering nie moet (ook) elke 6 jaar geëvalueer word. 14 ʼn Rooster sal opgestel word om die evaluering van die fakulteite eweredig te versprei. 15 Tematiese Evaluerings, bv. Ontwerp, Onderrig-Leer, Assessering, Studenteretensie/Deurvloei sal geselekteer word, gebaseer op behoefte, en in oorleg met Dekane en die AVK: Onderrig-Leer. 16 Ook ter voorbereiding vir ʼn Omvattende Eweknie-evaluering Kwaliteitsbeleid 4

selfondersoek 17 ; eweknie-evaluering en/of oorsigtelike evalueringsproses deurgaan op grond van aanvaarbare relevante kriteria 18 soos uiteengesit in paragraaf 6.4. 6.2 Eksterne evaluerings (eweknie-evaluering en/of oorsigtelike evaluering) kan ook onderneem word aan die hand van die riglyne vir die evaluering van ondersteuningsdienste. 19 6.3 Alle selfevaluerings, eweknie-evaluerings en/of oorsigtelike evaluerings moet opgevolg word deur ʼn verbeteringsplan met stappe om te reageer op die resultate of swakpunte/tekortkominge wat deur die evalueringsproses geïdentifiseer is. Dit word weer gevolg deur vorderingsverslae. 6.4 Evalueringsiklusse kan wissel tussen een en sewe jaar 20, volgens die volgende evalueringskedule: (a) Tematiese evaluerings/hersienings 21 soos geïdentifiseer in samewerking met Institusionele Bestuurslede elke jaar. (b) Kampusspesifieke ondersteuningsdepartemente met geen vergelykbare oor-kampusse-heenfunksie/rol nie elke vyf jaar. (c) Ondersteuningsdepartemente met ʼn institusionele en/of oor-kampusse-heen-funksie/rol elke ses/sewe jaar. 7 KWALITEITSVERSEKERINGSLIGGAME Die NWU onderskryf die werk van die RHO/HOKK (en ander Onderwys en Opleiding-kwaliteitsowerhede in hoër onderwys 22 ) en neem ten volle deel aan die nasionale hersienings en institusionele kwaliteitsoudits. 8 VERANTWOORDELIKHEID VIR KWALITEITSVERSEKERING 8.1 Die NWU beskou kwaliteitsversekering as deel van die verantwoordelikhede en aktiwiteite van alle personeellede (akademies sowel as ondersteuningspersoneel). 8.2 Elke kampus, fakulteit en ondersteuningsdepartement sal ʼn kwaliteitskoördineerder hê, wat sal optree as ʼn katalisator vir kwaliteit. AVK's, dekane, uitvoerende direkteurs, senior direkteurs, direkteurs, bestuurders, hoofde en alle ander bestuurders 23 bly egter verantwoordelik vir kwaliteitsversekering in hul onderskeie organisatoriese eenhede. 8.3 Dekane rapporteer oor die uitkoms van alle fakulteitsverwante kwaliteitsevaluerings aan die onderskeie adjunkvisekanseliers op ʼn toepaslike forum. 8.4 ʼn Jaarlikse opsommende verslag oor alle kwaliteitsverwante evaluerings en/of hersienings sal ter tafel gelê word by Institusionele Bestuur en die Senaat. 8.5 Oorkoepelende verantwoordelikheid vir kwaliteitsversekering berus by die Visekanselier, wat aan die Raad van die NWU sal verslag doen oor die status van kwaliteitsversekering. 8.6 In die formele gestruktureerde prosesse wat by die NWU geïmplementeer is, sal elke personeellid ʼn leidende rol speel in die evaluering en ontwikkeling van kwaliteit op alle vlakke van die instansie, en alle personeel moet verbind wees tot die kwaliteit van die instansie se stelsels, prosesse, produkte en dienste. 17 Ook ter voorbereiding vir ʼn Oorsigtelike Evaluering 18 Beskikbaar gestel deur die Institusionele Kwaliteitsbevorderingskantoor op die intranet van die NWU 19 Beskikbaar gestel deur die Institusionele Kwaliteitsbevorderingskantoor op die intranet van die NWU 20 Sluit ook evaluerings/akkrediteringsbesoeke deur statutêre liggame in, indien en waar toepaslik. 21 Tematiese evaluerings kan op een of meer kriterium fokus. 22 Insluitende Statutêre/Nie-Statutêre en Professionele Rade 23 Insluitende programleiers en vakvoorsitters Kwaliteitsbeleid 5

9 WYSIGINGS/HERSIENING Enige NWU-personeellid of -student mag sonder vrees vir vooroordeel enige voorstel vir verbetering van hierdie beleid voorlê aan die Kwaliteitsbevorderingskantoor of aan die Institusionele Registrateur. Alle veranderings is onderhewig aan die goedkeuring van Institusionele Bestuur, Senaat en Raad. Hierdie beleid moet minstens elke 5 jaar hersien word. Saamgestel deur dr JM Jacobsz Kwaliteitsverbetering Ontwikkel: 2004-11-05 Hersien: 2007-05-02 Hersien: 2011-03-15 Hersien: 2016-06-10 Original details: (10935746) H:\HSC\2. Management\2.1.3 Policy management\beleide\raad November 2016\2P-2.3_Quality Policy_eng.docm 16 Januarie 2017 File reference: 2P/2.3 Kwaliteitsbeleid 6