JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesaja sien die Toekoms

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

n Tempel Leier besoek Jesus

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Goeie Konings, Slegte Konings

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Van Vervolger tot Prediker

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

Die Kerk se Geboorte

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

HEMELVAART HEBREËRS 9:24

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur

HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Van Vervolger tot Prediker

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Simson, God se sterk Man

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

2 KRONIEKE 20:12, 15

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

Pragtige Koningin Ester

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Preek Romeine 1:16-17

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here gee ons in Sy Woord goeie nuus

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Toe God alles gemaak het

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

'n Man gestuur deur God

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

1 TESSALONISENSE 5:25

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Transcriptie:

JESAJA 1:14 Votum en seën Psalm 66 : 1 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3 Gebed Skriflesing: Jesaja 7:1-16 (AV 1933/53) Teks: Jesaja 7:14 (AV 1933/53) 1 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Preek: God by ons Gebed Kollekte Skrifberyming 57 (18-6) : 1, 3 Seën Skrifberyming 78 (13-3) 1 Vgl Josh McDowell: Evidence for Christianity bl 391 e.v.

2 Dis seker een van die mooiste woorde in die Bybel: Immanuel. Dit beteken letterlik: met ons is God. Wat kan mooier en beter wees as dít? In die lig van Kersfees wat nader kom, die tyd wanneer ons as Christene die geboorte van Christus vier kom ons kyk na hierdie woorde oor die Verlosser van die wêreld wat die Heilige Gees Jesaja laat profeteer het en wat werklikheid geword het toe die Here Jesus gebore is. Hierdie preek gaan oor God wat regtig hier op aarde was God by ons Kom ons kyk na die volgende: 1. dit wat die profeet hier profeteer; 2. hoe dit werklikheid geword het; 3. wat die gevolge daarvan vir ons is. 1. DIE PROFESIE Natuurlik was die Here altyd op n manier by Sy volk. Daar was nooit n tyd wat Hy nie by Sy kinders op hierdie aarde was nie, wat Hy nie hulle nood gesien het nie en nie hulle noodkrete gehoor het nie en hulle nie op een of ander manier gehelp het nie. Hy t ook partykeer Sy teenwoordigheid simbolies vir hulle gewys: o Toe hulle vir veertig jaar in die woestyn was op pad van Egipte af na Kanaän toe was die wolkkolom wat bedags oor hulle laer was en die vuurkolom wat snags oor die laer was, simbole van die Here se teenwoordigheid by Sy volk. 2 o En die tabernakel in die woestyn en die pragtige tempel wat Salomo gebou het toe hulle in hulle land gevestig was met die verbondsark wat in die allerheiligste vertrek gestaan het was simbolies van die Here wat saam met Sy volk in hulle land gebly het. 3 2 Exod 13:21-22; Num 9:15-23; Neh 9:12, 19 3 Exod 40:34-35; Openb 21:3; 2 Kron 3:1; Ps 122:1; Jes 2:3; Mat 21:13

3 Dis ook wat Jesaja (volgens hierdie hoofstuk) vir Agas mag gaan sê: dat die Here, al is die volk geestelik glad nie op n goeie peil nie, tog by hulle sal wees en hulle teen hulle vyande sal help. Hierdie hoofstuk beskryf die tyd van Agas, een van die goddeloosste konings wat die ryk van Juda ooit gehad het. Die koning van Aram en die koning van die tienstammeryk (genoem Israel) hét Agashulle (die Judeërs, die tweestammeryk) al n keer militêr amper vernietig. Daar het by daardie geleentheid op een dag 120 000 soldate van Juda geval, juis omdat Agas en sy mense so losbandig was en ontrou aan die Here. 4 Nie dat dit enige effek gehad het nie. toe die Arameërs hulle so verslaan het, het Agab vir húlle gode begin offer, want die oorlog (so het hy geredeneer) het mos nou gewys dat die Arameërs se gode dié wat hulle dien, help! 5 Hierdie gebeure in Jesaja 7 beskryf nou n volgende aanslag van die konings van Aram en Israel, waarmee hulle die ryk van Juda heeltemal en finaal wou vernietig. En hulle was so seker dat hulle sou slaag, dat hulle al klaar besluit het wie na die val van Agas die land sou kry en sou regeer! 6 Maar hulle t die Here buite rekening gelaat. Hulle t hulle sommetjies gemaak asof Hy nie daar is nie, asof Hy dit sou toelaat dat die stam van Juda en die koningsfamilie van Dawid, uit wie Hy belowe het dat die Verlosser van die wêreld gebore sou word, maar vernietig sou word. En dis die versekering wat Jesaja hier vir Agas, die koning van Juda uit die familie van Dawid, mag gaan gee: dat Aram en Israel niks teen hom sal kan uitrig nie, 7 en dat dit die tienstammeryk is wie se ondergang op pad is! 8 En al is Agas so koppig en ongelowig want dis glad nie vroom om n teken te weier as die Here dit vir jou aanbied nie; dis koppigheid; dit wys hy glo nie wat die Here sê nie; 4 2 Kron 28 5 2 Kron 28:23 6 Jes 7:6 7 Vgl dan ook Jes 7:1 se laaste sinsnede 8 Jes 7:8, 16

4 en hy hét ook nie geglo dat die Here hulle sou help nie, want hy t by die heidense koning van Assirië hulp gaan soek teen die Arameërs en die Israeliete! maar al was hy so koppig en ongelowig, gee die Here tog vir Sy volk n teken dat Hy by hulle is en hulle sal help. En die teken wat Hy gee (so profeteer Jesaja) is dat n swanger maagd n kind sal kry en hom die naam Immanuel sal gee, die naam wat beteken met ons (immanu) is God (El). Dis met die eerste luister nie so n buitengewone profesie nie. Dat n vrou wat n maagd is, trou, ophou om n maagd te wees en swanger word (soos wat hierdie profesie in die Afrikaanse weergawe verstaan kan word), is nie vreemd nie. En dat kinders in die Bybelse tye name gegee is waarin iets van God gesê word, was ook nie vreemd nie: o Daar was byvoorbeeld die naam Josua, wat beteken: die Here is redding. o En daar was die naam wat die Here self vir Dawid se seun Salomo gegee het: Jedidja, wat beteken geliefde van die Here. 9 o En daar was die naam Samuel, wat Hanna vir die seuntjie waarvoor sy by die Here gesmeek het, gegee het en wat beteken: verhoor deur God. 10 Maar u sal saamstem dat hierdie naam, Immanuel, verder gaan as hierdie ander name. Dis n naam wat nie net iets van God vertel nie, maar wat ook, so klink dit vir n mens, iets van hierdie kindjie wat spesiaal hierdie naam gegee word, sê In n tyd waarin alles vir die Here se volk hopeloos gelyk het, en die koning en almal wat geestelik soos hy was, moed opgegee het, laat die Here se woordvoerder hiérdie profesie hoor: - Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar en hom Immánuel noem. 2. DIE VERVULLING VAN HIERDIE PROFESIE Oor hoe hierdie profesie vervul is, uitgekom het, werklikheid geword het, is daar onder goeie Bybelgetroue Skrifverklaarders verskil van mening. 9 2 Sam 12:25 10 1 Sam 1:20

5 Party sê dat dit in die eerste plek na n jongmeisie van daardie tyd verwys, wat n maagd was, maar toe op die gewone manier swanger sou word en n kind sou kry wat sy dan Immanuel sou noem, en dat die profesie dan later, met Christus se geboorte, nog voller en ryker werklikheid geword het. Ander, o.a. die groot kerkhervormer en Skrifverklaarder, Calvyn, sê dat hierdie profesie net na Christus verwys. En as die eerste groep sê dat iets wat eers baie eeue na hierdie tyd van Agas gebeur het, nie vir daardie mense n teken kon wees nie, dan sê die tweede groep dat die belofte van die Christus waaroor hierdie profesie (dáároor stem almal saam!) eintlik gaan, die volk van daardie tyd sou herinner het aan die Here se belofte dat die Christus uit die stam van Juda en uit die koningsfamilie van Dawid sou kom en dat dit dus vir hulle n versekering sou wees dat die Arameërs en die Tienstammeryk hulle nie sou kon uitwis nie. En as die tweede groep sê dat dit net God is wat met reg die naam Immanuel kan kry en dat n kindjie van daardie tyd dus nie so n naam kon gedra het nie, dan sal die eerste groep sê dat die naam nie noodwendig beteken dat die kind wat dit dra, God is nie; dit kan ook net n naam wees wat getuig dat God met Sy volk is n ma, wat met hierdie naam wat sy haar kindjie gegee het, elke keer wat sy die kindjie roep, vir almal wat haar hoor herinner aan die beloftes van die Here dat Hy Sy volk nooit sal los nie. En daar s nog meer sulke heen-en-weer argumente. 11 Maar gelukkig is hierdie verskil nie regtig vir ons belangrik nie. Want daar s geen twyfel by enige iemand wat die Here se woord glo, dat hierdie n profesie was meer as 700 jaar voor dit gebeur het van die geboorte van die Here Jesus nie. Maria was n maagd en het swanger geword terwyl sy n maagd gebly het, omdat die Kindjie wat in haar was nie op die gewone manier verwek is nie, maar deur die wonderwerkende krag van God in haar begin groei het. 12 11 Vgl ook Jes 8:8, 10 12 Luk 1:35; Mat 1:20

6 Dit was God self, God die Seun, wat deur haar n menslike natuur ook aangeneem het, sodat Hy, Jesus Christus, wat God en mens was, as mens in ons skoene sou kon staan en in ons plek die straf van God op al ons sondes vir ons sou kon dra. sodat ons elkeen wat in Hom glo, voor God se regbank vrygespreek kan word en weer kinders van God kan wees. Die maagd Maria was swanger en toe haar Kindjie gebore word en hier op aarde tussen mense geleef het, was dit letterlik God wat by ons was. En so is hierdie profesie van Jesaja vervul, het dit in alle opsigte ten volle werklikheid geword. Jesus van Nasaret was God-by-mense, in hulle huise, in hulle sinagoges, by hulle huwelike, by hulle siekbeddens, by hulle grafte, saam op hulle bootjies op die see, saam aan hulle etenstafels Hy was God, wat op Sy aarde kom huisbesoek doen het. 13 Hý was regtig Immanuel. 3. DIE GEVOLGE DAARVAN VIR ONS Maar wat nou van ons wat nie daardie tyd toe Jesus Christus hier op aarde was, geleef het nie? Beteken hierdie Immanuel-profesie nog iets vir ons? Natuurlik beteken dit nog vir ons iets! Al is God se spesiale besoek van so 2000 jaar gelede verby, geniet ons nog elke dag die vrug van daardie besoek, en daarom vier ons nog elke jaar die aanbreek van daardie Immanuel-tydperk met groot vreugde hier in die Kersfees-tyd. 13 Luk 19:44

7 Die vrug van Jesus se lewe hier op aarde wat ons nog elke dag kan geniet, is onder ander die volgende: o Dit wat Hy mense van die koninkryk van die hemel kom leer het, kan ons vandag nog lees en hoor en weet. o Die wonders wat Hy gedoen het, oortuig ons vandag nog dat God die mag het om eendag al die gebrokenheid van hierdie lewe (siekte en honger en storms en dood) weg te vat en die volmaakte lewe te gee wat vir al God se kinders belowe is. o Ook ons sondes word vergewe omdat Hy toe vir ál God se kinders van alle eeue die straf op hulle sondes gedra het, veral toe Hy daar aan die kruis gely en doodgegaan het. o Ons kan elke dag in ons swakhede en versoekings en beproewings in ons gebede na Een toe vlug wat medelye met ons het, want Hy het self ook die stryd en versoekings van die aardse lewe deurgegaan toe Hy hier was. 14 o Ook in ons woon en werk Sy Heilige Gees; let wel, nie net by ons nie, maar in ons! die Gees wat Hy na Sy terugkeer na Sy hemelse woning toe vir Sy kerk hier op aarde gestuur het, en wat ons nuwe mense maak en wat ons troos en wat vir ewig by ons sal bly. Soos n goeie staatshoof van n land se besoek aan n klein plekkie vandag baie kere tot gevolg het dat daar daarna skole daar gebou word en die paaie in daardie area opgeknap word en aan allerhande klagtes van die mense aandag gegee word, so net op n baie groter skaal, op die ewigheidskaal het daardie spesiale besoek van God aan hierdie aarde van 2000 jaar gelede seëninge gebring wat ook ons vandag nog kan geniet; en dit terwyl ons wag vir daardie dag wanneer Hy weer gaan kom en ons in daardie Immanuel-ewigheid gaan inlei waar Hy nog ryker as toe Hy die vorige keer hierdie aarde besoek het, by ons gaan woon, saam met ons in die Vaderhuis met Sy baie kamers, saam met ons aan daardie tafel waar die fees net nooit einde gaan kry nie! AMEN 14 Hebr 4:15-16