God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Vergelijkbare documenten
TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Van Vervolger tot Prediker

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Goeie Konings, Slegte Konings

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Toe God alles gemaak het

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Jona en die Groot Vis

Toe God alles gemaak het

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Geroep vir Gemeenskap

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

1 Johannes 5: /03/2014

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

n Dubbele kruis-belydenis

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Kerk se Geboorte

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Petrus en die Krag van Gebed

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

God eer Josef die slaaf

Preek Romeine 1:16-17

Transcriptie:

SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3)

2 Is u regtig oortuig dat die Here u liefhet? Het Sy liefde u al regtig so oorweldig en ingeneem dat u heerlike rustigheid daaroor het? Een manier waarop ons dit kan toets of die Here se liefde ons al heeltemal ingeneem het, is deur onsself af te vra hoe ons oor die oordeelsdag voel; - is ons nog onrustig daaroor, bang daarvoor? - of is daar geen vrees meer by ons oor vir die oordeelsdag nie? Die Here se apostel sê hier: - volmaakte liefde dryf die vrees buite; - God se liefde vat ons vrees vir die oordeelsdag weg. Kom ons kyk 1. na die liefde wat nog nie volmaak is nie; 2. na die liefde wat volmaak geword het. 1. ONVOLMAAKTE LIEFDE Die liefde waaroor dit in hierdie deel van die Bybel gaan, is veral God se liefde vir ons. o Hierdie gedeelte begin met die uitspraak dat die liefde uit God kom. 1 o Verse 9 en 10 sê dat jy werklike liefde nie by ons liefde vir God leer ken nie, maar by Sý liefde vir ons, wat Hy gewys het toe Hy Sy Seun gestuur het om ons van ons sondes te verlos. o Twee keer in hierdie gedeelte word God se liefde so sterk as moontlik beskryf hier waar staan: God is liefde. 2 o En die vers net voor ons teksvers het weer van God se liefde vir ons gepraat: ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. Natuurlik is God se liefde vir ons n liefde wat ons ook laat liefhê dit word oor en oor in hierdie brief beklemtoon. 3 1 Vers 7 2 Verse 8 en 16 3 1 Joh 2:9-11; 3:14, 16, 23; 4:7, 11, 21

3 Johannes self was n mens wat deur die Here verander is van n seun van die donder 4 in die apostel van die liefde, soos hy in die kerkgeskiedenis bekend geword het. Maar hier in ons teksverse, gaan dit oor God se liefde vir ons. As Sy liefde vir ons by ons volmaak geword het, dan vrees ons nie meer die oordeelsdag nie, maar as ons nog bang is vir die oordeelsdag, dan het ons nog nie volmaak geword in Sy liefde vir ons nie. Die volmaak en onvolmaak in hierdie vers moet ons nou reg verstaan. Opsigself is God se liefde vir ons altyd altyd volledig, perfek, volmaak. Maar dit wat Hy met ons wil bereik met Sy liefde, kan op n sekere stadium van ons lewens nog onvolmaak wees, onvoltooid wees. Sy volmaakte liefde het dan nog nie volmaak Sy doel met ons bereik nie. God kan op n sekere stadium van Sy liefdevolle bemoeienis met ons nog nie daar wees waar Hy uiteindelik met ons wil en gaan wees nie, nog nie die eindpunt bereik het wat Hy met ons wil en gaan bereik nie. Dit kan in ons geestelike lewe wees dat ons nog op n punt is waar God se volmaakte liefde vir ons óns nog nie volkome oorweldig het en volkome ingeneem het nie. Hoe sal ons weet as God se liefde nog nie Sy doel volmaak met ons bereik het nie? Ons sal nog bang wees vir die oordeelsdag! Die oordeelsdag is daardie dag wanneer die Here Jesus Christus weer kom 5 en op die regterstoel van die heelal gaan sit 6 en alle mense wat geleef het, voor Hom gaan verskyn 7 en deur Hom geoordeel gaan word volgens wat hulle gepraat en gedoen het 8 en deur Hom geskei gaan word in twee groepe: die verlostes en die verdoemdes. 9 Die oordeelsdag ís vir sondaars n dag om voor bang te wees. 4 Mark 3:17 5 2 Tes 1:7 6 Mat 25:31 7 Openb 20:12 8 Mat 12:36-37; 2 Kor 5:10 99 Mat 25:33; Joh 5:28-29

4 Op daardie dag gaan die Regter elke sonde wat gedoen is, met al die lelik en seer en ellende wat dit in hierdie lewe veroorsaak het, streng en regverdig straf; en Hy gaan elke mens wat sonder berou en bekering aangehou sondig het, van Hom af wegstuur in die verskriklike ewige straf in, wat nie deur woorde beskryf kan word nie en waaroor ons selfs nie eers wil dink nie. En die oordeelsdag is nie net n dag waaraan heidense sondaars met vrees dink ás hulle daaraan dink nie, maar dis selfs n dag waaraan baie mense wat in die kerklike milieu leef met angs dink as hulle aan Jesus se woorde herinner word - dat nie elkeen wat vir Hom Here, Here! gesê het, gered gaan word nie; 10 - dat daar selfs mense wat in Sy Naam gepreek en wonders gedoen het, hel toe gestuur gaan word, omdat hulle nie Sy wil gedoen het nie; 11 en as hulle onthou wat in die Hebreërbrief staan: dat as jy opsetlik aanhou sondig terwyl jy weet dat dit verkeerd is, daar n punt kan kom waar daar nie meer vergewing is nie! 12 Die oordeelsdag, die dag waarop die straf van God uitgedeel gaan word, die hel se deur vir mense oopgemaak gaan word daar waar die wurm wat aan jou knaag nie sterf en die vuur wat jou brand, nie geblus word nie ís vir sondaars n dag om te vrees. Maar wat die Heilige Gees nou hier deur Johannes vir ons sê, is dat n verloste sondaar nie meer die oordeelsdag behoort te vrees nie. As jy nog die oordeelsdag vrees, beteken dit dat God se liefde vir jou nog nie ten volle by jou ingedring het nie; - jy s nog nie daar waar die Here jou uiteindelik met Sy liefde vir jou wil bring nie; - Sy liefde vir jou het nog nie by jou volmaak geword nie. As Sy liefde volmaak by jou geword het, sal dit anders wees. 2. VOLMAAKTE LIEFDE 10 Mat 7:21 11 Mat 7:22-23 12 Heb 10:26

5 Hoe meer die liefde van die Here by jou indring, hoe sterker die Heilige Gees jou oortuiging maak dat die Here jou liefhet, hoe minder gaan jy bang wees vir die oordeelsdag, todat jy by die punt gebring is waar Sy liefde jou volmaak ingeneem het en jy dan geen vrees meer vir die oordeelsdag sal hê nie; hierdie liefde van God wat jou dan ingeneem het, is soos n sterk mag wat al die vrees weggejaag het! Jy gaan dan (so skryf die apostel) vrymoedigheid hê in die oordeelsdag. Dit beteken - dat jy sonder huiwering daar voor die Regter sal gaan staan; - dat jy die vaste vertroue gaan hê dat die Regter jou goedgesind gaan wees; - dat jy die sekerheid gaan hê dat niks slegs daar met jou gaan gebeur nie; - dat jy die opgewonde verwagting gaan hê dat jy een van dié gaan wees vir wie daar gesê gaan word: Kom julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 13 En jy gaan hierdie vrymoedigheid hê omdat die liefde van God, wat jou ingeneem het, die liefde is wat Hy in Jesus Christus aan jou bewys het - die liefde van n Vader wat Sy Seun in jou plek gestraf het, sodat Hy jou nie meer hoef te straf nie; - die liefde van die Seun, wat daar aan die kruis veral, die hel wat jý met jóú sondes verdien het, volledig klaar vir jou gely het, sodat jy dit vir altyd kwytgeskeld kan wees. Hoe meer hierdie liefde in jou indring en jou oorrompel en inneem, hoe minder gaan jy die oordeelsdag vrees en hoe groter gaan die vrymoedigheid wees waarmee jy daaraan dink. Maar nou kan n mens wat nie die oordeelsdag vrees nie, wonder: is my vrymoedigheid waarmee ek aan die oordeelsdag dink, eg? Want daar ís ook mense wat met groot vrymoedigheid, eintlik vrypostigheid getuig van hoe reg hulle saak met die Here is en hoe min hulle die oordeelsdag vrees, en wat tog nie regtig kinders van die Here is nie. Party van hulle is so voor op die wa dat hulle selfs nog eendag as die Here die deure van Sy koninkryk in hulle gesigte gaan toemaak, met Hom gaan stry en sê: 13 Mat 25:34

6 - maar ons het dan in U teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer! 14 en dan gaan Hy vir hulle sê: - Ek ken julle nie Gaan weg van My 15 Hoe sal ons weet of ons vrymoedigheid die regte vrymoedigheid is, en nie dalk hierdie valse vrymoedigheid nie? Die Heilige Gees het Johannes n sinnetjie in vers 17 laat insit wat ons hiermee help: - die mense wat die egte vrymoedigheid het, is die mense wat soos Hy is, in hierdie wêreld is. Kom ons sê dit só: - dis mense wat in hulle lewe op hierdie aarde die beeld van die Here Jesus vertoon; - dis mense wat Sy voorbeeld, wat Hy tydens Sy aardse lewe vir ons gestel het, navolg; 16 - dis mense wat (byvoorbeeld) nederig is, soos wat die Here Jesus nederig was; 17 - dis mense wat hulle medemense liefhet met die selfopoffering waarmee die Here Jesus dit gedoen het; 18 - dis mense vir wie die wil van die hemelse Vader en om dit te dóén, so belangrik is soos wat dit vir die Here Jesus was; 19 ens. As jou lewe die verhaal vertel dat jy regtig die Here Jesus volg, dan is jy n mens wie se vrymoedigheid nie kunsmatig of vals is nie, maar eg. Daardie liefde van God, wat jou lewe ingeneem het en wat jou vrees vir die oordeelsdag weggevat het, is ook n liefde wat jóú verander in iemand wat God en jou naaste liefhet, iemand wat in hierdie wêreld lewe soos Hy is. Wanneer God se liefde volmaak by jou geword het, is jy nie meer bang vir die oordeelsdag nie. TEN SLOTTE 14 Luk 13:26 15 Luk 13:27 16 1 Joh 2:6 17 Filip 2:5 e.v. 18 Joh 13:14-15; 1 Joh 3:16 19 Joh 4:31-34; Mat 7:21

7 Is u al dáár: - niks meer bang om eendag voor die groot Regter te staan nie? - nie eers meer n stukkie onrustigheid as u aan doodgaan-en-voor-god-verskyn dink nie? - nie meer een van die mense wat enige gedagte aan die oordeelsdag dadelik onderdruk omdat dit u bangmaak om daaraan te dink nie? Is u ten volle daarvan oortuig dat God, as u voor Hom gaan staan, nie een van u sondes gaan sien nie, maar net Sy Seun, agter Wie u met u geloof in Hom wegkruip, en dat Hy u gaan behandel soos wat Sy Seun vir u verdien het? Is u al dáár? Hierdie vrymoedigheid, hierdie vreesloosheid, is iets wat die moeite werd is om regtig te begeer en met alle mag gebedsmag te soek! Want n mens wat hierdie vrymoedigheid gekry het, n mens wat dáár gebring is deur God se liefde vir ons dís n mens wat vrede gekry het, dís n mens vir wie die lewensreis n reis met n uitsien geword het AMEN