Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Welkom by Die Storie God se storie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Goeie Konings, Slegte Konings

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

God eer Josef die slaaf

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Die Groot Gebod dennis de wet

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Toe God alles gemaak het

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

'n Man gestuur deur God

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Jona en die Groot Vis

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

SKRIFLESING: Rigters 6:1-27. TEKS: Rigters 6: Die Here stuur jóú om op te tree. Psalm 18 : 1. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Toe God alles gemaak het

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Van Vervolger tot Prediker

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Transcriptie:

SKRIFLESING: 1 Konings 17:1-16 TEKS: 1 Konings 17:13-14 TEMA: Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees. Psalm 146 : 1, 4 Psalm 25 : 3 Psalm 25 : 6 Psalm 128 : 1 1

Dis glad nie so maklik om regtig gehoorsaam te wees aan die Here nie: - om Hom regtig te dien soos wat Hy eintlik gedien behoort te word nie; - om vir Hom op te offer soos wat ons veronderstel is om te doen nie; - om teenoor ander mense op te tree soos wat Hy sä dat ons moet doen nie. Daar s eintlik min sulke radikale gehoorsaamheid in ons tyd. Daar s n hele paar redes waarom dit so is: - ons sukkel daarmee omdat ons sondige nature ons nog te veel van die sonde laat hou; - ons motivering daarvoor is nie sterk genoeg nie omdat ons dankbaarheid vir wat die Here vir ons gedoen het, so flou is; Çn: - ons is partykeer traag om die Here se opdragte te gehoorsaam omdat ons Hom nie genoeg vertrou nie; = ons doen nie wat Hy sä nie omdat ons nie glo wat Hy belowe nie. Dis net n mens wat die Here regtig vertrou, wat dit regkry om radikaal gehoorsaam te wees. So word ons geleer in die geskiedenis wat die Heilige Gees in hierdie verse van die Bybel vir ons laat opteken het. Kom ons kyk 1. na die Here se opdrag aan hierdie weduwee; 2. na die Here se belofte aan haar; 3. na hoe haar geloof haar radikaal gehoorsaam laat wees het. 1. DIE OPDRAG VAN DIE HERE Hierdie geskiedenis speel hom af in die tyd van koning Agab, een van die boosste konings wat die tien-stammeryk, Israel, gehad het: - hy t met die goddelose Isebel getrou en, waarskynlik onder haar en haar pa (die koning van n heidense buurland) se invloed, self die afgod BaÉl begin dien en die BaÉldiens in Israel aktief bevorder; - hy t bv. in die hoofstad Samaria n tempel en n altaar vir BaÉl laat bou. In sy tyd het Elia geleef en as profeet opgetree. En in sy tyd het die Here Israel met n vernietigende droogte getref, o.a. om hulle te wys hoe magteloos BaÉl, die sg. god van die vrugbaarheid was! 2

Die droogte het naderhand so erg geword dat die Here Sy profeet Elia, wat Hy aan die lewe wou hou, uit die gebied van Israel na een van die buurstate toe gestuur het. Maar selfs daar het die droogte al rampafmetings begin aanneem. Hoe erg dit was, sien ons aan hierdie weduwee. Ons hoor van haar by n tragiese oomblik in haar lewe: - sy s besig om houtjies bymekaar te maak vir n vuurtjie; - sy gaan daarop met haar laaste bietjie meel en (bak)olie vir haar en haar seuntjie n laaste etetjie maak; - en dan maar wag vir die onvermydelike honger-dood. n Mens kan jou indink hoe hierdie weduwee vir weke en maande dalk al met groot bekommernis die meel en olie al hoe minder sien word het; en hoe sy al hoe meer die porsies kleiner gemaak het om so lank as moontlik te probeer uithou. Maar nou het die einde van die pad vir haar en haar seuntjie gekom net genoeg meel en olie vir n laaste etetjie En wat sä die Here vir haar? Watter opdrag gee Hy haar deur Sy profeet? - maak eers daarvan vir my n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jéu en jou seun iets klaarmaak. - vrou, vat jou laaste meel en olie, daardie wat jy met soveel sorg nog tot nou toe gespaar het, en maak eers vir hierdie vreemdeling daarmee kos! Wat n opdrag! - haar laaste meel en olie, haar kind se laaste ete dàs wat die Here opeis! - sy staan (by wyse van spreke) klaar op die rand van die afgrond en dan kry sy die opdrag: gee nog n tree! Wat n radikale opdrag! 2. DIE BELOFTE VAN DIE HERE Die Here kom nie net met n radikale eis nie. Hy gee saam met die opdrag n belofte. Hy sä: - gee maar jou laaste meel en olie weg, want so sä die HERE, die God van Israel: 3

Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reön op die aarde sal gee. Saam met die bevel n belofte. En wat n belofte! - in n tyd van algemene hongersnood en ellende belowe die Here vir hierdie hulpelose vrou dat sy en haar seuntjie elke dag kos sal hä om te eet; - daarvoor sal Hy sorg deur n wonderwerk! Vrou, gee maar jou laaste weg. Die Here sal weer voorsien. Stap maar oor die afgrond. Die Here sal jou dra. n Wonderlike belofte. Maar, let op, eers net n belofte: - die Here gee haar nie eers n klomp vol meelpotte en oliekruike en sä dan vir haar gee maar n bietjie daarvan weg! nie; - nee, sy moet haar laaste weggee net op grond van n belofte dat daar nuwe voorraad sal kom! Hierdie vrou kry n radikale opdrag, maar ook n belofte van die Here. En wat doen sy? 3. DIE WEDUWEE SE GELOOF EN GEHOORSAAMHEID Sy glo die Here en sy doen wat Hy beveel. Sy aanvaar dat dit wat Hy belowe het, so gaan gebeur, en daarom kry sy dit reg om haar en haar kind se laaste voorraad weg te gee! En nou moet u nie dink dat dit om een of ander rede vir haar maklik was om die Here se belofte te glo nie. Dit wâs nie! - sy was nie n Israeliet, n lidmaat van die Ou Testamentiese kerk nie; - sy t nie in n verbondshuis en verbondsatmosfeer grootgeword nie; - sy t nie aan n volk soos Israel behoort wat al vir eeue lank die wonderdade van die Here in hulle geskiedenis geken het nie. Eintlik was dàt al n wonderwerk: dat sy die Here net op grond van wat Hy vir haar gesä het, en dit nog deur n ander mens ook, geglo het! 4

Dàs al n wonderwerk, die wonderwerk van die Heilige Gees wat in n mens se hart inkom en jou sä radikaal nuut maak dat jy sommer net weet: hàçrdie God kan vertrou word! Dis vandag nog so dat niemand van ons as gebore sondaars, sommer vanself die Here sal vertrou nie. Ook ons moet eers weergebore word deur daardie kragtige en onweerstaanbare inwerking van God die Heilige Gees in jou binneste. Ook ons het dit nodig dat die Gees van die Here Jesus al ons aangebore wantroue van God met Sy bloed toemaak en uitvee, en dat Hy in die plek daarvan die oortuiging by ons bring: - die Here se woord is waar! - Sy beloftes sâl uitgevoer word! Dit het by hierdie weduwee nie vanself gekom dat sy die Here se belofte geglo het nie. Dit was genade van Bo. Maar hierdie geloof het haar sover gebring om hierdie radikale opdrag van die Here te gehoorsaam. Omdat sy Hom regtig vertrou het, daarom was sy bereid om Hom radikaal te gehoorsaam. En met hierdie voorbeeld wys die Heilige Gees vir ons dat radikale gehoorsaamheid op vertroue in die Here berus. As jy Hom regtig glo, kry jy dit reg om Hom regtig te gehoorsaam TOEPASSING Kom ons vra onsself vandag af: - is die rede vir ons gebrek aan radikale gehoorsaamheid aan die Here nie dalk dàt nie: dat ons Hom nie regtig vertrou nie? - ons doen nie wat Hy sä nie omdat ons nie regtig glo dat dit wat Hy belowe, gaan gebeur nie! U moet geen illusie daaroor hä nie: die opdragte van die Here wat vir ons ook geld, is radikaal: - die Here vra nie ietsie hier en ietsie daar nie; - Hy vra jou hele hart, jou hele lewe; - Hy vra die beste, die eerste; - Hy vra ook die laaste; partykeer is ons tyd klaar min, 5

Sy eise às radikaal. ons kragte klaar getap, ons verantwoordelikhede alreeds oorweldigend baie, en dan lä Hy jou nog meer op wat jy moet dra Maar ook dit wat die Here van äns eis, is omring met beloftes wat Hy gemaak het. Luister maar net na n paar: - Jesus sä: elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My Naam verlaat het [hoor hoe radikaal!] sal honderd maal soveel ontvang 1 - ons moet vry wees van geldgierigheid en tevrede wees met wat ons het [ n radikale eis in äns tyd], want belowe die Here Hy sal ons nooit begewe en nooit verlaat nie 2 - eer jou vader en jou moeder, luister vir jou ouers niks minder as dit nie verwag die Here van kinders sodat (luister na die belofte) dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde 3 - en gaan lees maar hoe daar saam met die opdragte wat die Here in die briewe aan die sewe gemeentes in Op 2-3 gee, elke keer n belofte is: wie oorwin, wie as kind van die Here gaan bly lewe, sal dit en dit en dit van die Here kry Die Here vra baie. Hy vra nie halwe treetjies nie, maar volle treã. Partykeer vra Hy so voel dit vir ons om oor die afgrond te stap. Maar Hy belowe net so baie, selfs ewige dinge! Vertrou ons Hom genoeg om daardie groot treã wat Hy vra, te gee? Vertrou ons Hom bv. genoeg - om enige plek en in enige situasie te sä en te wys dat ons Sy kinders is? - om op te kom vir Sy woord en vir die waarheid en betroubaarheid van die Bybel? - om elke week as t ware n hele dag uit ons lewens-skedule uit te haal en dit spesiaal aan die Here te wy? - om die koninkryk van God die nr. 1 item op ons begroting te maak? - om ons vyande lief te hä? - om in n skynbaar hopelose huwelik nog n keer te gaan probeer? 1 Mt 19:29 2 Heb 13:5 3 Ef 6:2-3 6

- om in n land soos Suid-Afrika kinders te hä en hulle vir die Here groot te maak? - om te breek met daardie skadelike middel of gewoonte waarsonder u dink u nooit sal kan lewe nie? - om vriende te los, of uit n verhouding te onttrek wat u geestelike lewe nie goeddoen nie? ens. U kan dit maar waag om radikaal gehoorsaam te wees, want die Here sâl Sy beloftes nakom. Wys die meel en die olie wat nie opgeraak het nie, dit nie baie duidelik nie? Wys Golgota, waar die hemelse Vader Sy enigste Seun prysgee om Sy beloftes na te kom, dit nie baie duidelik nie? U kan maar stap waar die Here sä dat u moet stap, al sien u nie n pad nie, al sien u net n afgrond. Die Here se beloftes wys dat Hy Sy kinders nooit sal beveel om te loop waar Hy nie vir hulle sal sorg nie. Ons kan die Here vertrou en daarom kân ons radikaal gehoorsaam wees. Ons tyd het dit so nodig: - mense wat wys dat hulle die Here glo en daarom regtig doen wat Hy sä. Sulke mense gaan hierdie wäreld laat dink! AMEN 7